Karel Combrinck: Molog en die media

Deel op

Uiteraard sluit hierdie in ‘n mate aan by Dr Roodt se video oor die walglike skepsel Joe Biden. Ek wil darem net sê dat ek dié stukkie geskryf het voordat ek na dr Roodt se video gekyk het. Miskien kan  ‘n bietjie vertroosting gevind  word in die feit dat baie miloene Amerikaners vir Joe Biden net so walglik vind soos ons.

In sy video lê dr Roodt sterk klem op die houdings en handelswyses van die media en baie van ons het seker al gewonder waarom die wêreld se kommunikasiemedia, die gedrukte pers, televisie, radio, die filmbedryf en uitgewerye so te sê voor die voet links is. Die universiteite is wel nie deel van die media nie, maar dieselfde geld ook maar daar: Hulle is veronderstel om objektiewe waarnemers en mededelers van kennis en die waarheid te wees, met onbevange ontledings en kommentaar, maar hulle is so te sê almal onverbloem links en bevooroordeeld.

Eers moet ons vra of daar met reg gepraat kan word van wêreldmedia. Dit is merkwaardig dat daar tussen koerante en ander media-instellings die wêreld oor, ‘n groot ooreenkoms is wat betref die keuse van onderwerpe, die inhoud en veral redaksionele menings, vertolkings en kommentare. Dr Roodt het in sy video ook hierdie verskynsel uitgelig. Wat betref die universiteite: is daar enige betekenisvolle verskil tussen die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van bv New York of Washington? Deels danksy die leierskap van professor Wurm De Villiers, geen.

Baie van die materiaal wat koerante in Amerika, Australië of Suid-Afrika gebruik, kom van groot internasionale persagentskappe wat deur ‘n handjie vol geldmagnate beheer word. Talle berigte en kommentare word ook oor en weer bykans woordeliks,  uit ander publikasie binne en buitelands «gelig».

En daarmee is die towerwoord dan ook uit : Geldmagte. Die media word besit en beheer deur ‘n handjie vol rykes. ‘n Onlangse studie het getoon dat 90% van alle media in die VSA deur net ses groot finansiële instellings besit word wat op hul beurt ‘n menigte ander media-instellings besit en beheer, m.a.w. ‘n soort oligargiese klub. So is dit ook in die res van die wêreld, waaronder Suid-Afrika. Die Naspers is byvoorbeeld uit en uit ‘n geldmaakorganisasie wat behoudende waardes tot  ‘n spotterny maak. En natuurlik links. Vir watter rede op aarde kry Naspers dit reg om Joseph Biden te ondersteun behalwe dat hy Afrikaners haat, links is en walglik.

Dit is ook so dat die media handlangers is van regerings. Regerings word, net soos die media, ook deur die finansiële oligargie beheer. Baie lede van Westerse regerings, selfs eerste ministers en presidente is werktuie van die internasionale geldmag, insbesonder die groot banke soos Rothschild en Goldman Sachs en daar is van hierdie regeringslede wat selfs deur die geldmag «geplant» word. ‘n Voorbeeld: In 1969 het mnr Georges Pompidou direk oorgestap van die Rothschildbank waarvan hy direkteur was, na die Franse presidentskap. In 1973 het hy wetgewing laat aanneem waarvolgens die vermoë van die staat ontneem is om renteloos geld van die Franse sentrale bank te leen. Voortaan was die Franse regering verplig om geld teen betaling van rente aan die private banke (insluitend natuurlik Rothschild) te leen waardeur die banke eindeloos verryk is en die staat in skuld gedompel is waarvan die land sedertdien  nooit weer herstel het nie. (Baie Franse het dit genoem die «Rothschildwet».

Die vraag bly egter nog steeds : waarom links? As die wêreldmedia deur grootgeld beheer word hoe kan dit dan links wees? Die geldmagte is tog nie links nie. Wel, die antwoord hierop is dat die geldmagte nog links nog regs is . Hulle is geldmagte, einde van storie. Die groot geldmagte is op wêreldbeheer ingestel. Beheer oor staatsfinansies, beheer oor wat ons sê en skryf en oor wat ons mag publiseer en inderdaad ook beheer oor wat ons dink. Hulle strewe is na selfs meer fabelagtige rykdomme as wat hulle reeds het. En fabelgtige rykdomme beteken haas onbeperkte mag.

En hiervoor benodig hulle propagandamiddele en die propagandamiddele is die media.

Vir die internasionale kartel van geldparasiete maak dit nie saak of ons ontwikkel in ‘n wêreld sonder rasverskille, sonder grense en sonder kulturele skeidslyne nie. Trouens dit is juis wat hulle in staat stel om groter beheer oor die mensdom te kan uitoefen en meer geld te kan maak: ‘n amorfe massa gekondisioneerde verbuikers en nuttige idiote wat hulle vermoë om vir hulleself te dink aan “meningsvormers”  in die media en by implikasie aan die kartel oorhandig het.

Die oligargie bevorder linksheid omdat regse regerings in hulle pad staan. Regse regerings het ‘n sterker sin vir nasionalisme, volksidentiteit, nasionale soewereiniteit, ras- en kulturele verskille en nasionale grense, alles dinge wat die internasionale geldmag vrees en verafsku. En om die wêreldmening te kondisioneer om die geldmagte se doel te dien, gebruik hulle die media en daarom sorg hulle dat die media links is.

Regse regerings, soos in die vorige paragraaf gedefinieer, bestaan daar haas nie meer nie behalwe miskien in kommunistiese lande soos Rooi Sjina en Noord-Korea. Almal is bewus van die felle aanslag waaronder ‘n relatief regse President Trump gebuk moes gaan of die Hongaar Victor Orban en beide hoofsaaklik weens dieselfde rede: hulle teenkanting teen instroming uit die derde wêreld.

Dis nie mnr Trump of Joseph Biden wat Amerika en die wêreld regeer nie. Dis die internasionale geldkartel, aangevoer deur ‘n dosyn parasitiese banke. Mnr Trump en Joseph Biden is daar grootliks om die Amerikaanse bevolking te sus met die illusie dat hulle in ‘n demokrasie leef. En in Europa nie veel anders nie. Die Europese Unie is in die lewe geroep hoofsaaklik  om die rykes verder te verryk: ‘n Groter bevolking om uit te buit, groter beheer oor die regerings van lidlande, doelbewuste aanmoediging van immigrasie uit die derde wêreld (goedkoper arbeid, meer verbruikers, meer nuttige idiote wat gemanipuleer kan word , aftakeling van volksidentiteit) en ondergrawing van nasionale soewereiniteit, alles dinge waartoe die media ywerig meewerk.

Die enigste manier waarop hierdie sataniese alliansie van bank, media en regering gestuit kan word, is deur bewuswording van die publiek. Dis duidelik dat in die aangesig van die (linkse) media alternatiewe middele, die sosiale media soos dit ook genoem word, ‘n sleutelrol speel. Daarom moet ons ook bedag wees daarop dat die magte van Molog ‘n einde sal wil maak aan die bedrywighede van die sosiale media.

(Die Oxford Dictionary beskryf Moloch as “a power or influence to which everything is sacrificed”.

Maar vir menings uit die perd se bek kom ons kyk na enkele aanhalings van mense wat weet :

Eerstens, John Swinton, op sy dag Redakteur van die New York Times. In sy aftreerede as redakteur sê hy :

There is no such thing in America as an independent press. You are all slaves. You know it, and I know it. There is not one of you who dares to express an honest opinion. If you expressed it, you would know beforehand that it would never appear in print. I am paid for keeping honest opinions out of the paper. You are paid similar salaries for doing similar things. If I should allow honest opinions to be printed in one issue of my paper, before twenty-four hours my occupation would be gone. The man who would be so foolish as to write honest opinions would be out on the street hunting for another job. The business of a New York journalist is to distort the truth, to lie outright, to pervert, to villify, to fawn at the feet of Mammon, and to sell his country and his race for his daily bread, or for what is about the same — his salary. You know this, and I know it; and what foolery to be toasting an “Independent Press”! We are the tools and vassals of rich men behind the scenes. We are jumping-jacks. They pull the strings and we dance. Our time, our talents, our lives, our possibilities, are all the property of other men. We are intellectual prostitutes.

In ‘n toespraak in 1991 voor die Trilaterale Kommissie deur bankier David Rockefeller sê hy :

We are grateful to the Washington Post, The New York Times, Time Magazine and other great publications whose directors have attended our meetings and respected their promises of discretion for almost forty years.

It would have been impossible for us to develop our plan for the world if we had been subjected to the light of publicity during those years.

But, the world is now more sophisticated and prepared to march towards a world government.

The supranational sovereignty of an intellectual elite and world bankers is surely preferable to the national auto-determination practiced in past centuries.

 

En derdens Henry Ford :

It is well enough that people of the nation do not understand our banking and monetary system for, if they did, I believe there will be a revolution before tomorrow morning.

Wat kan duideliker wees: Die geldmagte, regerings en die media voer mekaar direk en indirek en die media is hiervan bewus en bevorder dit doelbewus. Die groot vraag is hoe lank gaan die Westerse openbare mening hulle nog aan die neus laat lei voordat hulle rebelleer. Dit sal miskien nooit gebeur nie, maar wie weet, dalk gebeur dit sommer oornag. Die kruitvat loop oor en wat nog skort, is net ‘n vuurhoutjie — koronavirus?

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.