Leon Lemmer: Oor klaviere in Siberië

'n Verlate klavier en saal in Siberië
Deel op

Die dra van ‘n das is ‘n verskynsel wat in die middel van die 17de eeu, dus in die tyd van Jan van Riebeeck, in Europa begin het. Dit het veral by Westerse mans deel van hulle formele kleredrag geword. 18 Oktober is Wêrelddasdag. Deesdae word Vrydag soms tot Loslitdag verklaar en word dasse nie gedra nie. As modeverskynsel is dasdra in wisselende mate deur vroue aangehang; soms (bloot) om uitdrukking te gee aan die begeerte om stroomop te wees, soos by Antjie Krog. Omdat die das ‘n Westerse verskynsel is, is dit in die Midde-Ooste tot ‘n simbool van blanke onderdrukking verhef. ‘n Palestyn dra nie ‘n das nie. In Amerika, onder die swartes, word ‘n das met ondergeskiktheid aan blankes geassosieer en dus verwerp. Indien enigsins moontlik bring Amerikaanse swartes enigiets met slawerny in verband. Die das word dus deur hulle beskou as ‘n simbool van die ketting wat hulle verslaafde voorgeslag, al daardie broers en susters, na bewering om hulle nek gehad het.

Plaaslik het die dra van ‘n das ná 1994 feitlik oornag in onbruik verval. Enersyds is dit te wyte aan kruipsug by die ANC-regime. Andersyds is dit ‘n feit dat die Suid-Afrikaanse klimaat sodanig is dat dit veral in die somer ongerieflik kan wees om ‘n das te dra. Wat baie plaaslike blankes nie besef nie is dat ons ná-blanke-era, die ontwitting van die plaaslike openbare lewe, deur ons daslose samelewing gesimboliseer word. Hoewel dit belangrik is dat ‘n mens gerieflik moet aantrek, moet dit verkieslik nie tot slordigheid lei nie. Netjiese, mooi kleredrag is nie kenmerkend van die nuwe Suid-Afrika nie. Daar is formele, waardige geleenthede waar (blanke) mans steeds ‘n das behoort te dra, bv by begrafnisse en troues. Om estetiese redes kan dit ook nie verkeerd wees om ‘n das kerk toe te dra en by belangrike byeenkomste in bv ‘n werksituasie nie.

Ek wil die aandag op ‘n ander tipies Europese of Westerse verskynsel vestig, naamlik klassieke musiek. Daar is geen moontlikheid dat ‘n swarte ‘n Beethoven- of Mahler-simfonie kan komponeer nie. Die ras- en etniese verskille is te groot. Soos die das het klassieke musiek ná 1994 grootliks uit die plaaslike openbare lewe verdwyn. Die enkele simfonie-orkeste wat nog bestaan, sukkel om te oorleef. Op die SABC-, e- en DStv-kanale word bitter min klassieke musiek uitgesaai. Dit bevestig dat ons in Suid-Afrika in ‘n ná- (Europese/Westerse) beskawingsera leef.

Anders as in Afrika geniet klassieke musiek groot en toenemende aanhang in Oosterse lande, veral Japan en China. Anders as in Afrika is daar ontwikkeling en ekonomiese voorspoed in daardie lande, asook in ander opkomende lande in Suidoos-Asië, byvoorbeeld Suid-Korea. Klassieke musiek is nie die direkte oorsaak van hulle ekonomiese ontwaking nie. Dit is eerder omdat Oosterlinge selektief sommige aspekte van Westerse kultuur omarm, sonder om hulle eie kultuur te ondergrawe. Om hierdie rede het hulle ekonomies voorspoedig geword. Terselfdertyd het dit dit vir hulle moontlik gemaak om ‘n waardering vir klassieke musiek te ontwikkel.

Musiekinstrumente word, soos baie ander vervaardigde produkte, deesdae by uitstek in die Ooste gemaak. Maar daardie instrumente word nie almal na Westerse lande uitgevoer nie. Hulle word ook op groot skaal deur die inheemse inwoners gekoop en benut. Musiekonderrig word op groot skaal in daardie lande verskaf. Baie Oosterse musici dien deesdae in orkeste in die Weste, insluitend ‘n hele aantal prominente dirigente. Daar is selfs Oosterse musici wat musiek in die tradisie van Westerse klassieke musiek komponeer. In hierdie lande is daar ook baie meer simfonie-orkeste as in Suid-Afrika.

Dit bring my by die klavier as ‘n Europese/Westerse musiekinstrument. Soos die das het die klavier in die 17de eeu in Europa ontluik. Die klavier het uit byvoorbeeld die spinet ontwikkel. “The German word Klavier sometimes referred to a harpsichord, spinet, virginal or clavichord” (Sophy Roberts, bron hier onder, Kindle 659). Roberts beskou 1700 as die beginjaar van die klavier toe Bartolomeo Cristofori in Florence, Italië, ‘n musiekinstrument “that plays soft (piano) and loud (forte)” vervaardig het (4738). Die skrywer, George Bernard Shaw (1856-1950), het gesê: “The pianoforte is the most important of all musical instruments; its invention was to music what the invention of printing was to poetry” (4777). Die pianis en komponis, Franz Liszt (1811-1886),word soos volg aangehaal: “My piano is to me what his vessel is to the sailor, his horse to the Arab, nay even more, till now it has been myself, my speech, my life” (424). Liszt se uitvoerings in Rusland het tot die gewildheid van klaviermusiek in daardie land bygedra.

Klaviermusiek is nie noodwendig klassieke musiek nie, maar in ‘n skitterende nuwe boek word die verspreiding van – of ten minste begeerte na – beskawing met klaviere geassosieer. Ek verwys na Sophy Roberts (gebore in 1973) se The lost pianos of Siberia (London: Doubleday, 2020, 430p; Kindle $24,48). Die outeur noem die boek “a personal, literary adventure” (463). Klaviere is oënskynlik haar tema, maar naas inligting oor klaviere word baie historiese en kulturele inligting oor Rusland verskaf. Die outeur is uitstekend ingelig en die teks is goed geformuleer, interessant en meevoerend. Die foto’s is toepaslik. Aan alle aspekte van die boek is tot in die fynste besonderhede aandag geskenk. Wat veral nuttig is, is dat daar aan die begin van elke hoofstuk ‘n kaart van Rusland is waarop die plekke aangedui word wat in die betrokke hoofstuk genoem word.

Die resensente is liries oor die boek. Dit word as ‘n melodieuse boek met woorde wat sing beskryf. Volgens Roberts “each piano sings differently” (1066). ‘n Musikus het gesê: “Every piano has its own voice” (3482). Dit herinner aan wat die skrywer, Anton Chekhov (1860-1904), oor sy besoek aan Siberië – hy was tot by Sakhalin in die ooste – in 1890 geskryf het: “From Baikal onwards, the poetry of Siberia begins. Before Baikal it was all prose” (1773). Die tema van die boek is die musikale kolonisering van Siberië. Dit is gesê na aanleiding van ‘n roman, The piano tuner (2002) van Daniel Mason (gebore in 1976), waarin “the Erard [piano] functioned as a symbol of European nineteenth-century colonization in Asia” (843). Die Duitsgebore Sebastian/Sébastien Erard (1752-1831) het klaviere in Parys, Frankryk, vervaardig.

Weens die hoë humiditeit in tropiese Birma (Mianmar) – die land waarin die roman van Mason afspeel – bly ‘n klavier nie lank bruikbaar nie, tensy dit in omstandighede bewaar word waar die vogtigheid in die lug beheer word. Dieselfde moet ook in Siberië gedoen word, maar eerder weens die lae humiditeit. Een van die maniere in Siberië is “with the humidity kept in balance by hanging wet linen in the cottage” (1992). Meer gesofistikeerd is ‘n “humidity-controlled storage room” (3486). Roberts skryf: “I was told Siberia was a terrible place for pianos, especially because of the low humidity in winter” (1052). “In Siberia, violent swings in humidity and heat can shrink the wood. The soundboard, a large, thin piece of wood which transforms vibrations into musical tones, can easily crack” (1543). Sy verwys byvoorbeeld na ‘n Beckstein: “The piano’s bald hammers and loose strings [were] barely able to produce a sound. Located [in Kiathta] in one of the museum’s cold corners, its bones were chilled from a draught that slunk in through the windows” (1728). “How could such a piano ever sing again?” (2572).

“Only with the assistance of high culture, distributed beyond the city’s elite theatres, concert halls and galleries, will humanity thrive” (2622). Die kulturele kolonisering van Siberië het geskied deurdat veral regop- maar selfs vleuelklaviere uit die weste van Rusland na Siberië gekarwei is; per pad met perdekarre en later vragmotors, per treinspoor en selfs per slee (1292; ook 1476). Tydens die 1917-revolusie “pianos were tied on top of trains fleeing Russia through Siberia into Manchuria and beyond” (770). “During the Great Patriotic War [1941-1945], the country’s most significant national treasures [including pianos] were sent to Siberia for safekeeping” (775). Soms is klaviere per skip uit Wes-Rusland en Europa na die Siberiese ooskus vervoer. Deesdae word klaviere per vliegtuig afgelewer (3264). Party van hulle is in China vervaardig (3777).

Die aangrypendste gebeurtenis in die boek is toe ‘n oorgevoelige Russiese man van Oekraïense oorsprong, Kostya Lomatchenko, ‘n klavierstemmer en -restoureerder in Novosibirsk, in trane uitgebars het toe hy besef dat Roberts opreg belangstel in die werk wat hy doen (3504). Sy het daarna die nodige reëlings getref en dit vir hom finansieel moontlik gemaak om ‘n kursus in klavierstemming aan die CF Theodore Steinway-akademie in Hamburg by te woon (3504). Hy het die opleiding suksesvol voltooi. Die insiggewendste foto in die boek is van ‘n pragtige, jong, blanke Russiese vrou, Anna Khidirov, wat in haar ouers se deftige huis in Khabarovsk, noord van Vladivostok, sit met hulle Stürzwage-vleuelklavier in die agtergrond (4423). Die klavier het per slee van St Petersburg tot in Tobolsk (4434) en daarna per trein tot in Khabarovsk gekom (4449). Hierdie fotobeeld is heeltemal anders as die populêre voorstelling van Siberië by mense wat nog nooit daar was nie.

Die outeur is ‘n joernalis wat met haar man en twee kinders in ‘n kusdorpie in die suidweste van Engeland woon. Sy noem dat sy haar kinderjare in Magdeburg en Leipzig in Duitsland deurgebring het (828). Haar voorliefde is om afgeleë lande te besoek en dan daaroor te skryf. Dit is ‘n geval van: “I’m interested to be where I was not” (4561). Die indruk wat sy wek, is dat sy ‘n persoon met geestelike diepte is. Sy skryf uit diepe oortuiging: “The piano … was such a magnificent symbol of European culture” (1059). Sy verwys byvoorbeeld na “those brilliant exiles of 1825 who spead their European culture through a region [Siberia] that still feels fundamentally Asiatic – fenceless steppe country imbued with Buddhist history” (1770) – veral Tibettaanse Boeddhisme, soos in Mongolië. Roberts se gees is groot genoeg om diegene wat sy teëkom toe te laat om oor enige aspek van Rusland, veral Siberië, te praat. Maar sy waak daarteen om op te veel syspore te beland. “A piano, a piano, I kept telling myself; I needed to keep the object front of mind, not the symbolism Russians can read into every experience” (2665).

Roberts dring nie ‘n (ideologiese) standpunt van buite op die inwoners of haar lesers op nie. Sy haal byvoorbeeld ‘n ander reisverhaalskrywer, Astolphe-Louis-Léonor, die Marquis de Custine (1790-1857), soos volg aan (iets wat ook van die ANC gesê kan word): “The Russians have gone rotten without ever ripening!” (924). Nêrens maak sy haar skuldig aan sulke uiterste uitsprake nie. ‘n Britse ekonoom, AF Spencer, wat in 1919 Rusland besoek het, het (tereg) opgemerk: “There are few places on the earth’s surface about which the majority of mankind have such definite ideas with so little personal knowledge as Siberia” (924). Dit is seker ook in groot mate waar van “apartheid-Suid-Afrika.”

Maar Roberts is heel moontlik ook eienaardig. “I am no musician” (1131). “I have no formal musical knowledge” (1281). “I didn’t expect pianos to ever lead me, travelling further and further from my home in England in pursuit of an instrument I don’t even play” (813). Sy besef darem dat om klaviere in Siberië die onderwerp van haar eerste boek te maak nogal eksentriek is. Dit is so vergesog dat die Russiese owerheid nie wou glo waarmee sy as buitelandse besoeker en joernalis in Siberië besig was nie. Van 2016 tot 2018 het sy Siberië agt keer besoek. Sy het tolke as gidse gebruik. Sy het by klavierstemmers uitgevind waar klaviere is en hiervoor ook in verbinding met plaaslike uitsaaikanale en koerante getree. Hierdie onderneming moes ongetwyfeld baie geld gekos het.

Siberië omvat driekwart (12 050 000 vierkante kilometer) van die Russiese grondgebied, maar het slegs 40 miljoen inwoners. Suid-Afrika, wat 1 222 081 vierkante kilometer beslaan, het ‘n baie groter bevolking. Die naam Siberië is moontlik van die Tartar-woord sibir afgelei, wat “the sleeping land” beteken (544). Dit strek van die Oeralgebergte in die weste tot aan die Stille Oseaan in die ooste. Roberts het ook die eilande aan die Siberiese ooskus besoek: Sakhalin en die Kommandeur- en Koerile-eilande. Van ‘n inwoner word gesê: “Music – it is all that beautifies her life during long, long Sakhalin winter evenings … Disciplined classical music is her only happiness” (2126).

Roberts het hierdie eilande in die somer besoek (2144, 4315) omdat die See van Okhotsk sewe maande van die jaar bevrore is (3141). Die res van Siberië het sy in die winter deurreis omdat sy allergies vir muskietsteke is (496). “In summer … Siberia turned into a mire of mud covered with mosquitoes” (1300; ook 2167, 2248). Weens sy geografiese ligging is Siberië oorwegend toendragebied, dus sonder bome omdat die grond permanent gevries is. Roberts wou graag die Sewernaja Zemlja-eilande in die Noordelike Yssee verken, maar die Russiese owerheid het om sekuriteitsredes toegang aan haar geweier (4712).

Die outeur het ook Harbin, die tuiste van die oudste Chinese simfonie-orkes, in die noordooste van China besoek. Die indrukwekkende moderne operagebou (kyk “Harbin,” Wikipedia) lyk heeltemal anders as die stereotiepe beeld van Chinese argitektuur. Harbin was ‘n oorwegend Russiese stad toe die spoorlyn gebou is wat aansluiting by die Russiese Trans-Siberiese spoorwegstelsel vind. “It seemed strange to me that in a country which now counted piano talent as one of its most important cultural exports, there was only negligible evidence of the wonderful old Russian artists who did so much to turn the Chinese ear to piano music” (2865). “It was as if there was no past before Mao” (2877) – soortgelyk aan ons eie kommunistiese regime wat voorgee dat ons eintlike geskiedenis, ons ná-koloniale-era, in 1994 begin het.

Siberië word met straf- of arbeidskampe (Gulag) geassosieer. Lenin het daarmee in 1918 begin (4791). Lank voor dit het die gewoonte posgevat om veral om politieke redes Russe na Siberië te verband. Byvoorbeeld, in 1825 “the Decembrist Uprising [in St Petersburg] results in the exile of more than a hundred high-profile Russian aristocrats and gentlemen revolutionaries to Siberia” (4756). Sint Petersburg het ook as Petrograd (1914-1924) en Leningrad (1924-1991) bekend gestaan. In die Petrograd-era het ‘n Amerikaanse joernalis John Reed na “the meltdown of [Russian] civil society” verwys. “He wrote about electricity shortages, robberies … and servant problems” (2311). Dit is dinge wat ons daagliks in die nuwe Suid-Afrika beleef.

“From 1801 to 1917, more than a million subjects were banished to Siberia under the Tsarist penal exile system. From 1929 to 1953, 2 749 163 forced labourers died in the Soviet Gulag” (479). Alexander Solzhenitsyn (1918-2008) se boek, The Gulag Archipelago (1973), is op eerstehandse ondervinding gebaseer, byvoorbeeld: “To ‘play the piano’ meant having your fingerprints taken when you first arrived in camp” (620).

Siberië is egter baie meer en baie beter as bloot die goelag. Dieselfde geld vir Suid-Afrika tydens apartheid. “Many … migrants … ventured into Siberia for the taste of freedom – to live far from the reach of the Tsar and the moral reprimands of the Russian Orthodox Church” (1589). Deesdae trek Siberië ook immigrante uit ander lande. Daardie groot geografiese gebied kan nie sonder meer as hel op aarde beskryf of as “a godforsaken place” (2244) afgemaak word nie. Dit is net so min waar van Suid-Afrika tydens apartheid toe die regering groot moeite ondervind het om hordes swartes buite te hou wat hulle onwettig in die land wou vestig

Die geskiedenis van klaviere in Rusland het in 1774 begin (633) toe die Duitsgebore Katherina die Grote (1729-1796, keiserin 1762-1796) ‘n klavier bestel het wat in Londen gemaak is (4743), onder meer omdat sy aan Wes-Europese kultuur verknog was (638). “Catherine the Great … helped turn Russia into a European musical nation” (1063), maar “[she] claimed her musical ear was deaf as a post. ‘It’s just noise to me’, she wrote wryly to a friend, with one account claiming she was assigned court musicians to tell her when to clap” (1131). “She acquired an affection for opera, and opened a theater where it could be performed in the Hermitage [a major art museum in St Peterburg]” (1153).

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is Katherina se klavier vir veilige bewaring na Novosibirsk, “the de facto capital of Siberia” (3354), gestuur (3407). “Catherine’s 1774 piano anglais, its decorative cabinetry as pretty as a Fabergé egg, now stands behind red rope in Pavlovsk, an eighteenth-century Tasarist pleasure palace outside St Petersburg which functioned as one of Russia’s most important centers of musical life” (677). Dit is ‘n vierkantige klavier wat deur die Duitser, Johannes (Johann Christoph) Zumpe (1726-1790), in Londen vervaardig is. “European culture thrived in St Petersburg, even if the deeper questions surfacing in Western Europe – in books by, for example, Jean-Jacques Rousseau [1712-1778], the philosopher whose theories about the pursuit of individual liberty and the natural equality of men inspired a generation of Romantics – had no place in the Russian court” (642).

Teen 1830 kon gesê word “the piano resembles the modern instrument we play today” (4760). “A home-grown piano-making industry began to take off in Moscow and St Peterburg” (1214). Dit is veral Duitse klaviervervaardigers wat hulle in Rusland gevestig het. “By 1810, six Western entrepreneurs had set up piano workshops in Russia, [later] including a St Petersburg factory founded [in 1841] by the Bavarian-born maker Jacob Becker. This single workshop built more than eleven thousand pianos before the century was out” (1249). Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het die produksie tot stilstand gekom (2325). Jacob Becker, “the Russian Steinway” (3861), het regop- en vleuelklaviere vervaardig maar moet nie met Becker Brothers, wat klaviere in New York City gemaak het (1892-1940), verwar word nie. “After the 1917 Russian Revolution, the [Jacob] Becker factory became state property, and was renamed Red October” (1263). “The Red October factory closed in 2004” (1267). Roberts het Becker- en Red October-klaviere tot in die verste uithoeke van Siberië opgespoor, bv in Kamchatka (3233, 3236). Ralph Waldo Emerson (1803-1882) het met verwysing na Amerika opgemerk: “‘Tis wonderful how soon a piano gets into a log-hut on the frontier” (3880).

Die opening van die Konservatorium in St Petersburg in 1862 het die begin van die era van professionele Russiese musici ingelui (4768). Hoewel die grammofoon in 1877 uitgevind is, sou dit eers in die 1910’s begin om die klavier as die hoofbron van musiek in huise te verdring (4773). In 1908 “Henry Ford introduces the Model T motor car. In the West, it won’t be long before the car overtakes the piano as a show of status” (4783; ook 2099). In my motorhuis is daar ‘n prestigelose Ford (‘n Fiesta, nie ‘n Mustang nie) en nie ‘n Porsche nie. Ek kan dus maar noem dat, danksy my skoonpa, daar ‘n Duitse regopklavier, ‘n Carl Ecke, in my woonstel staan. Russiese klaviervervaardiging het van 1953 tot 1970 sy hoogtepunt bereik (4796). Dit is veral sulke klaviere wat Roberts van 2016 af twee jaar lank in Siberië opgespoor het. Teen 1969 kon gesê word: “Japan now manufactures more pianos than any other country” (4801). Toe Roberts in 2016/18 in Siberië was “the last of Russia’s piano factories had closed” (1267).

Roberts skryf: “In the summer of 2015, I encountered Russia’s piano history for the first time” (806). Die aanleiding vir die boek was ‘n besoek wat Roberts in 2016 aan die Orkhon-vallei, by Karakorum in Mongolië, ‘n land suid van Siberië, gebring het. Sy het by ‘n welgestelde Duitse rolprentvervaardiger, Franz-Christoph Giercke, in sy ger (‘n nomadiese tent van seil en hout) tuisgegaan. Daar het sy ‘n Boeddhistiese pianis van Siberiese oorsprong, Odgerel Sampilnorov, ontmoet wat ‘n klavier nodig gehad het om reg aan haar uitsonderlike musiektalent te laat geskied (821), soos vir uitvoerings van Johann Sebastiaan Bach se komposisies (825) – “in the Orkhon Valley in summer, and at her home in Ulaanbaatar [the Mongolian capital] in winter” (851). Odgerel sê: “Bach taught me how to breathe” (1581). Bach se komposisies is gewild by Russiese pianiste. Op Vera Lotar-Shevchenko se graf in Akademgorodok staan: “Life in which there is Bach is blessed” (3696).

“Odgerel studied for nine years at a conservatory in Perugia, Italy” (828). “She gave recitals on Giercke’s Yamaha baby grand” (832). “She could play all the key piano pieces of the eighteenth, nineteenth and twentieth centuries” (828). Giercke het in 2016 in Roberts se oor gefluister: “We must find her one of the lost pianos of Siberia!” (839) – vandaar die boektitel. Met die rolprentvervaardiger se finansiële ondersteuning (869) het Roberts onderneem om ‘n geskikte klavier in Siberië te gaan soek. Ná verloop van twee jaar is die klavier in Mongolië afgelewer. Roberts kon nie saam met die klavier van Siberië na Mongolië reis nie omdat die Russiese owerheid nie haar visum wou hernu nie (4716).

Die klavier, wat Roberts in Novosibirsk opgespoor het, is “a 1930s Grotrian-Steinweg … a German piano” (3486; ook 3540), “one of the best uprights ever made” (4618), ‘n toonbeeld van “the superiority of German engineering” (3551). Dit is die klavier wat Vasily Lomatchenko, bogenoemde Kostya se pa, in 1962 gekoop het met ‘n kwart van die geld wat hy ontvang het toe hy sy huis verkoop het, “in the belief that a cultured life would change the family’s fortunes” (3528). Roberts het nie geweet daar bestaan ‘n plek soos Novosibirsk toe sy in 2015 oor klaviermusiek begin lees het nie (515).

Dit was nodig om hierdie klavier drie maande lank in Novosibirsk te restoreer voordat dit in Mei 2018 per pad op ‘n sleepwa, getrek met ‘n vragmotor, na Mongolië vervoer is. Giercke en Roberts het met die oog op die restourasie die nodige onderdele uit Duitsland bestel, asook “a system to stabilize humidity in order to protect the piano in the dry air of Mongolia” (4622). In Rusland is daar baie streng regulasies oor die uitvoer van waardevolle items soos klaviere. Hulle is ook nie toegelaat om die grenspos by Kosh-Agach te gebruik nie. Die klavier moes via Kiakhta, die enigste ander grenspos wat daar tussen die twee lande bestaan, vervoer word. Dit het ‘n 2 000 myl lange tog genoodsaak wat 8 dae in beslag geneem het (4632).

Terwyl Odgerel haar Grotrian-Steinweg-klavier bespeel het, “it was as if she were revealing the singing heart of the instrument” (4686). Roberts het tot die gevolgtrekking gekom “that people basically want the same thing: harmony, beauty, continuity” (4657). Dit is ‘n Europese perspektief. Roberts ken nie Afrika nie. Hier vind ‘n mens chaos in oormaat, baie wat lelik is en ‘n voorliefde vir revolusies.

Wat Roberts ontdek het, is dat daar hoë Westerse kultuur in Siberië is. “Tens of thousands of uprights were distributed into small towns, with piano factories even opening in Siberia, in Tyumen and Vladivostok” (1263; ook 788). “There is an ubandance of beautiful grand pianos in a bitterly cold town called Mirny – a fifties Soviet settlement enriched by the largest open-cast diamond mine in the world – and more than fifty Steinway pianos in a school for gifted children in Khanty-Mansiysk at the heart of Western Siberia’s oil fields. Such extravagances, however, are few and far between. What is more remarkable are the pianos dating from the boom years of the Empire’s nineteenth-century pianomania. Lost symbols of Western culture in an Asiatic realm, these instruments arrived in Siberia carrying the melodies of Europe’s musical salons a long way from the cultural context of their birth … The fact they survive stands as testimony to the human spirit’s need for solace. ‘Truly, there would be reason to go mad if it were not for music,’ said the Russian pianist and composer Pyotr Tchaikovsky [1840-1893]” (625). “Music was a way to keep the people’s spirits up” (3309).

Vir Roberts was daar ook teleurstellings, byvoorbeeld waar myne gesluit en baie van die inwoners weggetrek het. In die verre noordooste, “in Kadykchan [Kolyma], the only remnants of music were broken pianos in a practice room in the town’s abandoned school, the instruments’ innards strewn about the floor” (3278). “In a garage there was an upright piano stored with rotting rubber gas masks; another in a disused cinema; and an ill-sounding Red October … in a music school” (3289). Haar troos is die Grotrian-Steinweg-klavier: “[It is] the only piano of its kind in Mongolia … [It] continues to sing with one of the most beautiful voices I ever heard in the two years of searching” (4679).

Daar is diegene wat ‘n Siberië onafhanklik van Wes-Rusland begeer (1672 – kyk “Siberian Republic,” Wikipedia). In Rusland is daar baie gebiede wat in wisselende mate outonomie geniet, soos die Joodse Outonome Oblast in Siberië, met Birobidzhan as die administratiewe sentrum. Roberts verwys hierna (4581). Ek het voorheen daaroor geskryf (Praag 8.01.2017). Die outeur van die Kongo-roman, Heart of darkness (1899 – Praag 27.04.2019), die Pool Joseph Conrad (1857-1924), het nasionalisme in sy moederland as “not so much alive as surviving” gekarakteriseer (1820). Dit is myns insiens ook die geval met Afrikanernasionalisme.

Sedert 1994 voel dit vir my asof Afrikaners kultureel nie meer plase besit nie; selfs nie eens huise met tuine nie. Ons word kultureel tot klein woonstelletjies ingeperk en spreekwoordelik toegelaat om net ‘n paar potplante op ons balkonne te hê. Dit is dan wanneer die uitgestrekte en dun bevolkte Siberië met sy etniese minderheidsgroepe en relatiewe outonomie na ‘n aantreklike opsie vir die vestiging van ‘n Afrikanertuisland begin lyk. In Siberië kan daar plekke wees wat minder onherbergsaam as Pategonië is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.