Onluste in Nigerië — weermag dalk ontplooi

Betogers versper die Lagos-Ibadan-snelweg in Nigerië
Deel op

Die goewerneur het Donderdag gesê die Nigeriese weermag het aangebied om in die staat Lagos te ontplooi indien nodig om belangrike sake- en regeringspersele te beskerm.

Onrus het dwarsdeur die staat uitgebreek, wat onder ‘n 24 uur-aandklokreël verkeer. Die onluste is veroorsaak deur betogings en skietery op burgerlikes deur veiligheidsmagte Dinsdagaand.

Goewerneur Babjide Sanwo-Olu het in ‘n onderhoud op die plaaslike stasie Arise TV gesê dat die hoof van die weermag Woensdag omstreeks 12:00 gebel het “om te sê dat as ek nodig het dat die weermag moet uitkom, sal ons hulle ontplooi.”

Hy het gesê dat die belangrikste bekommernis die veiligheid van belangrike sake- en regeringsinstellings, soos Lagos se hawens, is.

‘Ons het eintlik net ‘n gesprek oor veiligheidsondersteuning,’ het hy gesê.

Sanwo-Olu het nie gesê of hy die aanbod sou aanvaar nie, maar het leiers versoek om jongmense, insluitend betogers, van die strate af te hou.

Brande het Woensdag dwarsdeur Lagos, die handelshoofstad van die land, gewoed terwyl rondlopende groepe jong mans, asook sommige betogers wat nog op straat was, en gewapende polisie in sommige buurte gebots het.

Die weermag het ontken dat soldate op die plek van die skietery by die Lekki-tolhek in Lagos was, waar mense in weerwil van die aandklokreël bymekaargekom het. Vier getuies het aan Reuters gesê soldate het daar koeëls afgevuur en minstens twee mense is geskiet. Die menseregtegroep Amnesty International het gesê die Nigeriese weermag en polisie het Dinsdag minstens 12 vreedsame betogers op twee plekke in Lagos – Lekki en Alausa – doodgemaak.

Sanwo-Olu het gesê dat hy nie soldate na die tolhek gestuur het nie. Die Nigeriese president Muhammadu Buhari, het Woensdag in ‘n verklaring ‘n beroep op kalmte gedoen het, maar nie direk na die voorval verwys nie.

Buhari het gesê dat kringtelevisiekameras op die Lekki Bridge, wat volgens sosiale media voor die voorval verwyder is, daar was en ten tyde van die skietery gewerk het en deel sou uitmaak van die staat se ondersoek na die voorval.

Hy het bygevoeg dat hy die beeldmateriaal “absoluut” openbaar sou maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.