Volschenk behaal wêreldrekord

Deel op
Jan Ernst Abraham Volschenk se olie-op-doek het gisteraand by ‘n uitgelese kunsveiling vir ‘n beroering of twee gesorg. Nie net het die titel van die skildery, Die Vallei van die Kafferkuils naby Riversdal, ‘n fladdering veroorsaak nie, maar die werk het ook ‘n rekordprys vir ‘n Volschenk behaal, naamlik R600 000.

Die “mees uitstaande kunsveiling op Suid-Afrikaanse bodem”, volgens kenners, het Donderdag in Johannesburg plaasgevind. Die insolvente boedel van die vermoorde mynmagnaat Brett Kebble se kunsversameling is opgeveil by Summerplace.

Die afslaer, Graham Britz, het die bod geopen vir die 133 werke wat aan 800 geregistreerde kopers aangebied is by die geleentheid. Internasionale kopers het per telefoon deelgeneem.

Irma Stern se Vrou met Karosnaaldwerk, het ook aandag getrek. Die werk is gewaardeer vir tussen R5 miljoen en R7 miljoen, maar kon egter net R4,5 miljoen haal.

Vladimir Tretchikoff se Verlore Orgidee, was die verrassing van die aand. Dit is gewaardeer vir R1,2 miljoen, maar is verkoop vir die reusebedrag van R2,9 miljoen.

Ander werke sluit dié van Maggie Loubser, JF Pierneef, William Kentridge, George Pemba, Walter Battiss en Thomas Bowler in. Britz sê Kebble het buitengewoon goed presteer met sy beleggings in kunswerke.

1 euro depositлобановский политик

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.