Pierre Fouché: Paul Kruger se Duitse lewensherinneringe – Deel 1

Deel op

Daar bestaan ‘n klein, skrapse boekie van 200 bladsye waarvan min mense weet, maar wat wel moontlik die bron was waaruit die Duitssprekende lande in die vroeë twintigste eeu besondere begeestering en inspirasie geput het.

Die boek genaamd Im Kampf um Südafrika: Lebenserinnerungen des Präsidenten Paul Krüger het in 1902 verskyn, as deel van ‘n klein reeks boeke onder die titel “Im Kampf um Südafrika” wat destyds in Duits gedruk is. Hierdie boek verskyn nog in dieselfde jaar as wat die Tweede Anglo-Boereoorlog amptelik beëindig is, wat sig ook in die verteltrant van die boek weerspieël: daar word naamlik na die “huidige oorlog” verwys.

Soos wat mens van die titel van die boek kan aflei, gaan dit oor die lewensherinneringe van oudpresident Paul Kruger. Die boek is dus ‘n biografie, en byna ‘n autobiografie omdat skynbaar alle inhoud van die boek deur Kruger self weergegee is, wat dan deur die skrywers of medearbeiders van die boek opgeteken is. In die inleiding word daar oor Kruger se aard en persoonlikheid melding gemaak, ‘n man wat dade ver bo woorde geskat het, en wat sy lewensregverdiging en -lot so vanselfsprekend alleen in God se hande beskou het, dat hy hom oor die skriftelike behoud van sy nalatenskap weinig bekommer het. En was dit nie vir die bemoeiinge van die skrywers om Kruger se woorde te boek te stel nie, dan sou ons waarskynlik hierdie ryke geskiedkundige bron armer gewees het.

Dit word genoem dat president Kruger uiteindelik na die versoeke om ‘n boek oor sy lewensverhaal te skryf, oorgegee het: maar dat dit in die derde persoon opgeteken moes word, “sodat Kruger nie van homself praat nie, maar van iemand, wat nie aan homself, maar slegs aan die geskiedenis behoort. Sy religieuse gevoel het hierdie toegewing vereis.” [1]

Wat hierdie boek vandag vir ons so merkwaardig maak, is die kulturele invloed wat dit in die jare na sy verskyning in Duitsland gehad het. Dit is naamlik opmerklik hoe eenders die vertelstyl van hierdie boek (deur Kruger aan sy sekretarisse weergegee) is teenoor dié van die film Ohm Kruger wat in 1941 verskyn het (in die fliek vertel Kruger sy lewensverhaal aan sy verpleegster in Switserland, die fliek word in terugskouing op die verlede vertoon). Heel moontlik het hierdie boek as ‘n belangrike inspirasiebron vir daardie film gedien. Twee aansienlike akteurs wat in die film verskyn is Emil Jannings (as Paul Kruger) en Werner Hinz (as een van Kruger se seuns).

Hierdie twee manne het ook Koning Frederik Willem I sowel as sy seun Frederik die Grote in Der alte und der junge König, 1935 vertolk. Dat dieselfde akteurs wat Duitsland se grootste koningsfamilie vertolk het, ook gebruik is om Suid-Afrika se grootste staatsman van daardie tyd weer te gee, moet as ‘n geweldige eerbetoon en innige meegevoel beskou word, veral as mens bedink welke hoë agting daar in daardie tyd vir genoemde Pruisiese koningshuis was.

Die boek begin by Kruger se vroegste herinneringe as negejarige knaap, wat saam met sy ouers en ooms sy geboorteland verlaat. Hy vertel van sy beskeie herkoms en die lewenswyse van sy gesin (hy is met geen silwer lepel in die mond gebore nie). Interessant is die volgende stelling:

“Afgesien daarvan, dat ‘n ou vrou vir my moeder gewaarseg het, dat haar seun Stefanus Johannes Paulus eendag ‘n hoër lewensbaan sal betree, weet ek nie, wat my sou laat kon dink het, dat God vir my ‘n besondere lewensopdrag sou gee nie.” [2]

Hy vertel verder oor al die jagtogte wat hy reeds van kindsbeen af meegemaak het. “Ek kan natuurlik vandag nie meer sê nie, hoeveel diere ek al gejag het. Dit is te veel, om alles te kan onthou, veral wat leeus, buffels, renosters, kameelperde en ander groot wild aanbetref; buitendien is dit reeds byna 50 jare gelede, dat ek op ‘n groot jagtog was. Sover ek nog weet, het ek tussen 30 en 40 olifante en 5 seekoeie self geskiet. Van leeus, wat ek alleen geskiet het, weet ek van vyf. As ek alleen op die jag gegaan het, het ek buiten goeie perde altyd ‘n begeleider saamgeneem. Op uitgestrekte jagtogte het ek gewoonlik twee of drie waens van arm mense saam laat kom, om vir hulle die geskote wild oor te laat.” [3]

Kruger se aansien in die openbare lewe het volgens hom in 1852 in gewig toegeneem, toe hy as Veldkornet gekies word. Daar volg dan allerlei interessante verhale van togte teen wederspannige en booshartige Bantoes wat hy meegemaak of self aangevoer het. So vertel hy menigte stories van een of ander grootkop- swart stamhoof wat vir homself ‘n naam wil maak deur die boere se vee te steel, plase aan te val en om op enige moontlike manier vir die blanke inwoners ‘n las te wees. In daardie tyd het die twee republieke en hul inwoners natuurlik ‘n baie effektiewe antwoord op sulke oproerigheid gehad: en so het Kruger menigte strafkommando’s teen die genoemde moelikheidmakers gevoer.

Uit hierdie veldtogte sien mens reeds vroeg die glans van Kruger se heldemoed asook sy geslepe listigheid. Hy berig van ‘n strafkommando wat in 1853 teen die stamhoofde Makapaan en Mapela saamgetrek het, om die grusame en onderduimse moorde wat deur bg. gepleeg is, te wreek. Hier word berig dat die volgelinge van Makapaan en Mapela deur twee Boerekommando’s op ‘n punt in die berge ingedwing is, waar die kommando’s hulle dan deur hongersnood tot oorgawe wou dwing. Kruger berig verder:

“Nadat die [swartes] reeds lank hier vasgehou was en klomp verliese deur hongersnood gely het, sonder dat ons doel enigsins nader gekom het, versoek Kruger toe om ‘n einde aan hierdie stryd te maak en deur lis ‘n oorgawe te bereik. Hy kruip toe in die donker in die holte, waarin die [swartes] hulself bevind, sonder dat iemand iets agterkom. Terwyl hy tussen hulle sit, spreek hy hulle toe in hulle eie taal aan, asof hy een van hulle was, en beweer, dit is tog beter om hulself oor te gee, as om van honger te sterf. Hy sê toe verder, dat die wittes hulle sekerlik nie sou doodmaak nie, en bied toe self aan, om uit te gaan na die wittes en met hulle daaroor te onderhandel. Toe skreeu daar op een slag ‘n gewapende [swarte]: ‘Magoa’ (d.w.s. blanke man). Maar ook hierdie gevaarlike oomblik gaan toe verby, want soos wat die [swarte] ‘Magoa’ geroep het en die ander dieper in die grot in vlug, so spring Kruger toe op en vlug saam met hulle die grot verder in. Die [swartes] soek nou orals na die wit man, net nie daar nie, waar hy eintlik geskuil het, naamlik tussen hulle. Nadat hulle hulself gekalmeer het, raai Kruger hulle toe nog ‘n keer in hulle eie taal aan, om hulself tog oor te gee. Ten einde het dit hom geluk om 170-180 vroue en kinders saam met hom buitentoe te neem; en eers toe hulle buite was, kom hulle agter, dat dit Kruger was en geen [swarte] nie, wat met hulle gepraat het. Sy plan was eintlik gewees, om deur vrywillige oorgawe die [swartes] se skuldige kapteins in die hande te kry. Maar dit was toe nie moontlik gewees nie, en die beleëring moes voortgesit word.” [4]

[Deel 2 vervolg]

Aanhalings:
Im Kampf um Südafrika: Lebenserinnerungen des Präsidenten Paul Krüger. H.C. Bredell, P. Grobler, A. Schowalter. J.F. Lehmanns Verlag. München. 1902

[1] Vorwort, “Aber die Aufzeichnungen mußten in dritter Person niedergeschrieben werden, als rede Krüger nicht von sich selbst, sondern von einem, der nicht sich selbst, sondern nur der Geschichte angehört. Sein religiöses Gefühl hat dieses Zugeständnis erfordert.”

[2] idem, bl. 2, “Abgesehen davon, daß eine alte Frau meiner Mutter gegenüber ihrem Sohne Stefanus Johannes Paulus eine höhere Lebensbahn geweissagt haben solle, weiß ich nicht, was irgendwie hätte ahnen lassen können, daß mir Gott ein besonderes Werk übertragen werde.”

[3] idem, bl. 27, “Ich kann natürlich heute nicht mehr sagen, wie viele Raubtiere ich erlegt habe. Es ist zu viel, um das alles zu behalten, zumal was Löwen, Büffel, Rhinozerosse, Giraffen und anderes großes Wild angeht, und außerdem sind es fast 50 Jahre her, daß ich auf keinem größeren Jagdzuge mehr war. … So viel ich noch weiß, habe ich zwischen 30 und 40 Elefanten und 5 Flußpferde (“Seekühe”) selbst geschossen. Von Löwen, die ich allen geschossen habe, weiß ich fünf. Wenn ich eigens auf Jagd ging, nahm ich mir außer guten Pferden allzeit einen Begleiter mit. Auf ausgedehnten Jagdzügen ließ ich gewöhnlich zwei oder drei Wagen von armen Leuten mitfahren, um ihnen das geschossene Wild zu überlassen.”

[4] idem, bl. 45-46, “Nachdem die Kaffern bereits lange Zeit hier festlagen und schon viel Verluste durch die Hungersnot erlitten hatten, ohne daß wir ihrem Ziel näher kommen konnten, versuchte Krüger, ein Ende herbeizuführen und durch List eine Uebergabe zu erreichen. Er kroch zu diesem Zwecke in der Dunkelheit in die Höhle, worin sich die Kaffern befanden, ohne daß ihn jemand gewahr wurde. Mitten unter ihnen sitzend, redete er sie dann in ihrer eigenen Sprache an, als sei er einer der Ihrigen, und meinte, es sei doch besser, sich zu ergeben, als vor Hunger zu sterben. Er sagte weiter, die Weißen würden sie sicher nicht töten, und bot sich selbst an, hinaus zugehen zu den Weißen und darüber mit ihnen zu unterhandeln. Da mit einem Male rief ein bewaffneter Kaffer: »Magoa« (d. h. weißer Mann). Aber auch dieser gefährliche Augenblick ging vorüber, denn sowie der Kaffer »Magoa« rief und die anderen tiefer in die Höhle flüchteten, sprang Krüger auch auf und flüchtete mitten unter ihnen ebenfalls in den Hintergrund der Höhle. Die Kaffern suchten nun überall nach dem weißen Mann, nur da nicht, wo er war, nämlich in ihrer eigenen Mitte. Nachdem sie sich etwas beruhigt hatten, redete Krüger ihnen wiederum in ihrer eigenen Sprache zu, sich doch zu ergeben. Schließlich glückte es ihm, 170-180 Frauen und Kinder mit sich heraus nehmen zu dürfen; und erst als er draußen war, merkten sie, daß Krüger es war und kein Kaffer, der zu ihnen gesprochen hatte. Sein Plan war eigentlich gewesen, durch freiwillige Uebergabe der Kaffern ihre schuldigen Kapitäne in die Hände zu bekommen. Aber das war nicht zu erreichen gewesen, und die Belagerung mußte fortgesetzt werden.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.