Afrikaners sal m??t saamstaan

Deel op

Terwyl die debat rondom die powere vertoning van die enigste oorblywende Afrikanerparty in die parlement, die Vryheidsfront Plus, voortwoed, sê sommige mense dat Afrikaners nie oor die nodige getalle beskik om by die stembus hond haaraf te maak nie, gegewe die immer stygende swart bevolking wat tans boonop vanuit ons buurlande aangevul word. Dieselfde mense meen dat die Afrikaner nie deur middel van partypolitiek nie, maar deur sogenaamde burgerlike organisasies sy regte en kultuur kan verdedig.

Deel op

Feit is egter dat, solank as wat daar vyftig of meer Afrikaanse organisasies bestaan wat elkeen op sy eis die volk wil red, nóg die owerheid, nóg die volk daarbuite die huidige Afrikanerleierskap ernstig gaan opneem.

Terwyl daar konsensus oor kwessies soos die behoefte aan moedertaalonderrig en groter veiligheid bestaan, heers daar tog verskille in benadering en filosofie onder Afrikaners. Breedweg kan daar drie denkskole onderskei word:

1. Diegene wat tevrede is met die huidige grondwetlike bestel en bloot minderheidsregte vir die Afrikaner teenoor die owerheid wil beding. Onder diegene tel die FW de Klerk-stigting, Solidariteit, die Afrikanerbond en ander organisasies.

2. Diegene wat die huidige bestel as ontoereikend sien en Afrikanerselfbeskikking, hetsy in munisipale gebiede, hetsy in 'n aparte volkstaan voorstaan. Onder hierdie groep ressorteer die Vryheidsfront Plus, Radio Pretoria, die Tussentydse Afrikanerraad, Boerevryheidstigting en ander. Dit is ook PRAAG se standpunt.

3. Diegene wat die huidige bestel in sy geheel verwerp en weier om aan verkiesings of gesprekke met die regerende ANC deel te neem. Die HNP en sy verskillende splintergroepe is waarskynlik die beste verteenwoordigers van dié benadering wat die volk tot verset wil oproep.

Nieteenstaande dié verskille in benadering, streef elke faksie op sy manier Afrikanervryheid na en wil nie toesien dat ons volk vergaan of deur 'n groter Suid-Afrika volkome geassimileer word nie.

Dis van die uiterste belang dat alle bestaande groeperings met mekaar moet praat en onderhandel ten einde 'n verenigde front teenoor die regering, maar ook die DA-opposisie wat filosofies tot die verdwyning van die Afrikaner verbind is, daar te stel. Al wil die drie verskillende faksies nie met mekaar saamwerk nie, sou dit nogtans sin maak om drie oorhoofse federasies te vorm wat op elkeen van daardie benaderings geskoei is.

Indien nugterheid seëvier, sou die drie faksies soos hulle tans daar uitsien egter wel van tyd tot tyd met mekaar vergader om die gedagte van Afrikanereenheid te bespreek en gemeenskaplike beleid oor Afrikaanse skole en universiteite, asook gemeenskapsveiligheid en -welsyn, te formuleer.

Die meeste meningsvormers, selfs dié van links, is dit tans eens dat Suid-Afrika op die mespunt verkeer en oor die volgende paar jaar óf in chaos van die Zimabwe-tipe gaan versink, óf 'n samewerkingsmodel tussen die verskillende volkere en gemeenskappe gaan vind wat op die lang duur sukses sal verseker.

Juis omdat Afrikaners nie oor getalle beskik nie, het ons geen keuse as om 'n beeld van groter eenheid teenoor die regering en die buiteland te projekteer nie.

Die Afrikaner het 'n sleutelrol om te speel indien misdaad en die huidige verval in infrastruktuur en staatsdepartemente gestuit gaan word. Maar dan sal ons veel meer georganiseerd moet raak met duidelike politieke, ekonomiese en kulturele doelwitte wat nagestreef moet word.

насосное оборудование харьковФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.