Karel Combrinck: Dimitri Tsafendas — moordenaar van ‘n volk

Tsafendas
Dimitri Tsafendas
Deel op

‘n Boek het verlede jaar verskyn oor die lewe van die politieke sluipmoordenaar Dimitri Tsafendas. Die boek is getiteld  The man who killed Apartheid. The life of Dimitri Tsafendas, deur ene Harris Dousemetzis. (Uitgewer Jacana Media). Ek het die boek so pas ontdek en was nie eers bewus daarvan dat dit bestaan nie.

Soos almal weet, was Dimitri Tsafendas verantwoordelik vir die moord op Dr Verwoerd op 6 September 1966. Wie nog, behalwe Tsafendas by die moord aandadig was, sal ons hopelik eendag weet.

Gegewe die titel, die aard van die uitgewer en die tydsgewrig waarin die boek geskryf is, verwag ons hier geen ware objektiwteit nie. Tog skyn die boek te bevestig wat baie van ons sedert die moord op dr Verwoerd reeds vermoed  het: Tsafensdas was wel polities sterk gemotiveer en dit inderdaad ten gunste van die internasionale kommunisme. Die weergawe wat ons oor die jare deur Nasionale Party politici opgedis is nl., dat Tsafendas ‘n geestelik versteurde was wat sy opdragte van ‘n soort lintwurm ontvang het, is en was nog altyd ‘n wolhaarstorie. Die rede waarom die NP-regering Tsafendas se ware motivering verswyg het, was duidelik dat as hulle moes erken Tsafendas was ‘n kommunis en geswore vyand van Suid-Afrika, waarom was hy dan in die parlement ?

Inderdaad is alles omtrent hierdie gebeurtenis vreemd, om die minste te sê, en selfs grotesk. Tsafendas het ‘n rekord gehad van pro-kommunistiese radikalisme wat oor dekades gestrek het, sedert sy verblyf in Portugees beheerde Mosambiek toe hy nog maar twintig jaar oud was. Dat ‘n persoon soos hierdie ‘n bode kon word waar hy vryelik op die vloer van die Suid-Afrikaanse parlement kon rondbeweeg, is gewoon verbysterend.

Tsafendas se gevaarlike politieke verbintenisse was dus vir lange jare voor die moord op dr Verwoerd reeds bekend aan almal behalwe die Suid-Afrikaanse regering met sy batterye veiligheidsdienste. In ‘n onderhoud oor sy boek som die outeur sy boek so op :

This book now reveals the truth about tsafendas ; that he was deeply political from an ealy age. He was arrested numerous times in Mozambique, the country of his birth. In Portugal, the security police opened a file on him in 1938, when he was aged only twenty. After the assassination, Tsafendas volunteered a series of incontestable political reasons for killing Verwoerd, but these, along with details of his political past, were never allowed to see the light of day.

(Verdere navorsing kan bevestig of hierdie gegewens juis is of nie, maar op die oog af lyk dit geloofwaardig.)

Tsafendas also related to his interrogators his long history of political activism, from his membership of the South African Communist Party (SACP) between 1936 to 1942 to his time in London in the ealy 1960s, when he had attended meetings of the Comittee of African Organzations and had held ‘the posters up’ at ‘anti-colonial’, ‘anti-apartheid’ and ‘anti-racial meetings’.

Hierdie enkele opmerkings is ter herdenking aan die sterfte van dr Verwoerd op 6 September 1966 eerder as wat dit ‘n volledige boekbespreking is. Mnr Lemmer mag moontlik ‘n volledige bespreking op sy skouers wil neem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.