Hoe fascisme antifascisme geword het

Deel op

As ons na die ontploffing van geweld kyk wat hoofsaaklik in die Verenigde State losgebars het die afgelope paar maande kan ons konkludeer dat daar sprake is van ’n eindspel van een of ander aard. Duisende misleide jeugdiges is besig om amok te saai en om brute geweld te gebruik teen onskuldige winkeleienaars en willekeurige omstanders. Ondertussen is daar heelwat beelde op YouTube te sien (waarvan ‘n groot aantal ook al weer verwyder is) hoe winkeleienaars, oumense, vroue, kinders en selfs huisdiere die woede van die menigte moet ontgeld. As ‘n mens sou vra wat die rede is vir hierdie woede, word natuurlik verwys na die krimineel en dwelmgebruiker George Floyd wat ‘n dodelike slagoffer geword het van polisiegeweld nadat hy hom teen sy arrestasie verset het.

Wat hierdie protese interessant maak, is dat ons destyds dieselfde gesien het met die opkoms van fascisme in Italië en natuurlik die nasionaalsosialiste in Duitsland. En net soos die betogings van vandag, was die ekstreem nasionalistiese betogings van weleer ‘n produk van finansiering deur groot maatskappye. Mussolini het immers gesê dat ‘n mens fascisme net sowel korporatisme kan noem. As dit nie was vir die chemiebedryf IG Farben nie, sou Adolf Hitler waarskynlik nie meer as ‘n kanttekening in die geskiedenis gewees het nie.

Net soos wat die Nazi’s Joodse winkels en eiendomme vernietig het tydens die beruge Kristallnacht in November 1938, doen die hedendaagse Antifa en hul vennote Black Lives Matter presies dieselfde vandag. En net soos die perse en gegoede burgers in Duitsland hierdie terreur gesteun het, steun die perse en hoofstroom die BLM-betogings vandag.  In die hiperskakel (‘n artikel uit 2017) gaan die skrywer selfs sover soos om te beweer dat “Antifa die mees redelike mense” in die VS geword het.

Inderdaad kan ons weereens verneem dat die groot bedrywe hierdie geweld gebruik om hul eie belange te bevorder. Die oproerkraaiers is bloot voetsoldate van die groot kapitaal.

Die vraag is egter: Wat is die verskil? Hoekom was ideologiese geweld vroeër sterk nasionalisties en hoekom is dit vandag sterk antinasionalisties?

Die antwoord sou te make hê met die bekende ou gemeenplaas, naamlik: volg die geld. Net soos die hoogs geïndustrialiseerde lande van Europa destyds met trots gevul was oor hul tegnologiese produkte, was die verleiding groot gewees om hulself as ‘n hoogs bekwame volk te sien. En hoe meer mense in die gehalte van hierdie produkte begin glo, hoe beter weerkaats dit terug op die prestasie van die volk. ‘n Goeie volk maak goeie produkte, en goeie produkte verkoop beter. So ontstaan daar ‘n suksessiklus. Die aandeelhouers van hierdie groot bedrywe was bykans almal landgenote van daardie bedrywe self gewees, en hierdie kapitaal het die nodige energie verskaf om nasionalisme as ‘n groot deug te sien.

En net soos vandag, het die voorbokke van hierdie bewegings radikaal entoesiasties geword totdat nasionalisme ‘n karikatuur van sy oorspronklike bedoeling geword het, en daarna het dit bergafwaarts begin gaan. So is Antifa en BLM besig om radikaal hul doel verby te skiet en ‘n karikatuur te maak van hul oorspronklike bedoeling. Hulle glo al lankal nie meer in die edelmoedigheid van die stryd nie, maar wil net chaos veroorsaak – as daar ooit sprake was van edelmoed, bygesê.

Aangesien bedrywe in ons tyd nie meer landsgebonde is nie maar vanweë globalisme internasionaal werksaam is, is dit nie meer bevorderlik om nasionalistiese sentimente by mense te bewerkstellig nie. Waar landsgrense destyds gedien het om bedrywe daartussen te koester en te ontwikkel, het hierdie bedrywe nou so groot geword dat landsgrense en valutabeheer as ‘n belemmering gesien word, en terwille van verdere groei en ontwikkeling presteer hierdie bedrywe nou beter sonder grense. Die grootaandeelhouers is ook nie meer mense vanuit dieselfde land nie, maar dit kan nou enige persoon wees orals ter wêreld. Vandaar dat die verleiding nou groot is om mense massaal te indoktrineer en te intimideer teen enige vorm van nasionalisme.

Die gevaar is egter dat sonder ‘n gesonde dosis nasionale identiteit, geloof en deug gaan volkere tot niet. Hulle word slegs na waarde geskat as hulle ‘n produktiewe bydrae kan lewer tot die groot geldmasjien. Sodra hulle geen betekenisvolle bydrae kan lewer nie, is hulle van ‘n eksistensiële ondergang verseker. Daar is geen sprake meer van die ouer generasie wat die jonger generasie met insig, wysheid en skoonheid opvoed nie, geen fakkel wat aan die nuwe generasie oorhandig word nie. Almal is soos kinders, die hoofstroommedia is die dominee, en repressiewe toleransie (die verdrukking van afwykende stemme) is die dogma.

Pleks van hierdie tradisionele strukture word daar nou ‘n nuwe stelsel opgerig wat verbasend ooreenstem met die 10 stappe van kommunisme, soos wat in die Kommunistiese Manifes staan. Die belangrikste verskil is dat Marx en Engels die staat as eienaar van alle produksiemiddele wil hê, maar vanweë die aard en omvang van hierdie bedrywe is hulle al lankal in die geleentheid om state onder hul beheer te bring. Agter die staat sit met ander woorde privaat eienaars. Tog is hul doelstellings vir die gewone mens dieselfde. John D. Rockefeller het mos op ‘n stadium gesê dat hy ‘n wêreld van werkers wil hê en nie ‘n wêreld vol denkers nie, soortgelyk aan Marx en Engels se ideaal van ‘n werkersparadys.  So sien ons hoe kommunisme, die groot kapitaal en fascisme (gemaskeer as antifascisme) hul kragte gebundel het om nou in opstand te kom teen nasionale en kulturele belange.

Aangesien die grootste deel van die werkende bevolking vanweë die korona-epidemie vanuit die huis moet werk, weet ons ongetwyfeld wie hieraan verdien om die nuutste rekenaars en programmatuur te verskaf dat mense nog met mekaar kan vergader. Uiteraard gaan mense ook boeke en handelsware deur amazon.com bestel vanweë die kleinhandelaars wat hulle deure gesluit moet hou. Vervolgens het hierdie pandemie Jeff Bezos, Bill Gates en vennote tientalle miljarde dollars wins opgelewer, en in die geval van Bill Gates gaan hy nou entstowwe ontwikkel om ons met allerlei ongetoetste middele te vergiftig.

Die ironie is dat waar IG Farben destyds gifstowwe soos Zyklon B ontwikkel het, gaan IG Farben se dogteronderneming Bayer-Monsanto help om sy entstowwe te ontwikkel om die res van die wêreld siek te maak. En aangesien president Obama destyds die Monsanto Act bekragtig het, is hierdie bedryf gevrywaar van juridiese vervolging, en staan dus bo die wet.

Terwyl al hierdie narigheid gebeur is die elite besig om van die polisie ontslae te raak met hul “Defund the Police” aksies, en blykbaar is die rede hiervoor om voortaan mense gade te slaan met hommeltuie, kamera’s en ander tegnologiese middele. Dit beteken dat geregtigheid vanuit ‘n sentrale rekenaarkamer gaan geskied, en nie meer deur ‘n polisiekonstabel op die toneel nie. Die menslike oordeel is afwesig, wat dit makliker gaan maak om enige misdadige insident vir politieke doeleindes te misbruik. Immers, ‘n videobeeld wat buite konteks aan die publiek oorgedra word is ‘n skitterende propagandamiddel.

En so is die BLM/Antifa-oproerkraaiers geleidelik besig om die wêreld onveilig, grimmig en weerloos te maak. Goeie burgers is die nuwe kriminele en die kriminele is nou die moderne vryheidstryders. Hierdie chaos het suksesvol in Suid-Afrika gewerk en word nou wêreldwyd ingevoer. Dit mag dalk verklaar waarom die perse oorsee nooit veel aandag skenk aan die ernstige misdaadgolf in Suid-Afrika nie, en selfs hul bes probeer om dit stil te hou. Dit is moontlik ‘n strategie om die res van die wêreld slaapwandelend in hierdie nuwe distopia te lei deur te verwys na Suid-Afrika se “suksesverhaal”.

En so het fascisme antifascisme geword.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.