Polisie hanteer Kaapse betogers teen plaasmoorde hardhandig

Pretoria vandag waar duisende motorfietsryers teen plaasmoorde saamgetrek het
Deel op

Die landwye motorfietsbetogings teen plaasmoorde vandag was ‘n reusesukses met duisende deelnemers in groot stede landwyd. By die Uniegebou in Pretoria is wit kruise gedra en teen die heining rondom die grasperk vasgemaak aangesiend die polisie die optoggangers verhoed het om die park binne te gaan.

Gebede is op verskeie plekke in Afrikaans en Engels gehou, ook by die Uniegebou.

Maar in Kaapstad het die polisie aggressief geraak toe van die motorfietsryers ‘n petisie by die parlement wou gaan oorhandig. Die polisie het ‘n ryer van sy motorfiets afgestamp, vuiste geswaai en een polisielid het selfs sy pistool teen die ongewapende ryer uitgehaal (sien video hier onder).

Die polisie het ook van skok- en rookgranate gebruik gemaak, wat op die video gehoor kan word. Dit het die hoofsaaklik blanke skare genoop om te skree: “F*ck the police.”

Op Twitter en ander sosiale media, het gebruikers hul misnoeë met die SAPD te kenne gegee. Sommige het plaasmoorde as ‘n “stadige oorlog” getipeer.

Hutsmerke soos #VoetsekANC en #VoetsekSAPS was baie gewild op Twitter.

Die motorfietsoptogte is insgelyks deur die hoofstroommedia gedek. Selfs die SAUK/SABC wat gewoonlik geen ag slaan op meer behoudende menings en bewegings onder minderheidsgroepe nie, het onderhoude met die motorfietsryers gevoer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.