Media swyg oor moord op 5-jarige blanke kind

Cannon Hinnant (links) en Darius Nathaniel Sessoms
Deel op

‘n Swart misdadiger het onlangs ‘n vyfjarige blanke seuntjie, Cannon Hinnant, koelbloedig met sy pistool tereggestel. Klein Cannon was besig om buite te speel, toe die 25-jarige Darius Nathaniel Sessoms na hom toe hardloop en hom skiet. Dié grusame daad is slegs deur plaaslike nuusmedia in die VSA gedek.

Anders as met die George Floyd-geval, word die moord op Cannon Hinnant geheel en al deur die Amerikaanse hoofstroommedia geïgnoreer.

Cannon het buite sy huis in Wilson, Noord-Carolina, op sy fiets gery toe die swart misdadiger hom doodskiet terwyl Cannon se twee jong sussies van 8 en 7 jaar oud, asook ‘n buurvrou toekyk. Sessoms woon langs die Hinnant-gesin.

‘Ek het gesien hoe hy net na hom toe hardloop en [hy] die pistool teen sy kop sit en hom skiet,’ het die buurvrou Doris Labrant aan WRAL gesê. Die swart misdadiger word van eerstegraadse moord aangekla.

Geen besonderhede oor ‘n moontlike motief vir die skietery is bekendgemaak nie, maar volgens die polisie was die moord nie lukraak nie. Labrant het beskryf hoe Sessoms na Cannon toe hardloop, die pistool teen sy kop plaas en die sneller trek, voordat hy na sy eie huis terughardloop.

Labrant het gesê dat gedink hetd die swart man speel eenvoudig met die kinders. ‘Ek het ‘n oomblik gedink: “Dit kan nie waar wees nie. Mense hardloop nie oor die straat en maak kinders dood nie.” Maar toe besef sy die pistool is eg toe sy die reaksie van Cannon se pa sien.

Die Wayne County-vrederegterskantoor het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle sê dat “Sessoms in Maart 2016 skuldig bevind is aan misdaad betreffende vuurwapens in Wilson County, ‘n misdryf in April 2016 vir die aanhou van ‘n plek met beheerde stof in Wake County en die besit van dagga in Nash County in November 2016, volgens die departement van openbare veiligheidsrekords in Noord-Carolina”.

Cannon se familie en vriende eis “Geregtigheid vir Cannon” op sosiale media. Maar die dood van Cannon het weinig simpatie ontlok by ‘n swart wetstoepassingsbeampte in New Jersey wat gesê het dat die vyfjarige vir die koeël moes “gekoes” het.

Fox News het berig dat die swart aanhoudingsbeampte Rome Smith van die Cumberland County-jeugaanhoudingsentrum op Facebook kommentaar gelewer het: “Hy moes gekoes het. Julle sal altyd probeer om ‘n swart persoon wat deur die polisie onskuldig doodgemaak word, skelm te beskuldig en te diskrediteer. Blameer Cannon se ouers dat hulle nie na hom gekyk het nie !!!”

Baie mense meen die dood was rasgemotiveerd, berig NJ.com.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.