Joost van der Westhuizen se broer skiet 2 swart rowers dood, 3de ontsnap

Pieter van der Westhuizen op die toneel, pas na die skietgeveg
Deel op

Volgens Twitter-berigte het Pieter van der Westhuizen, broer van die ontslape rugbyspeler Joost van der Westhuizen vandag drie swart rowers doodgeskiet, maar agterna is bevestig dat dit net twee was met die derde rower wat saam met ‘n vierde in ‘n voertuig ontsnap het. Die drie rowers het blykbaar gewapen by ‘n kerk ingestorm, waarna Van der Westhuizen sy pistool uitgehaal en op hulle losgebrand het.

Tekenend van die rassespanning wat tans in die land rondom misdaad en geweld heers, het ‘n hele klompie twiets onmiddellik Van der Westhuizen se optrede as ‘n heldedaad besing. Binne ‘n uur of so het 151 mense die “hou van”-knoppie op die twiet gedruk.

Volgens ‘n twiet deur ‘n voormalige kollega, Carien Schultz, was Van der Westhuizen voorheen ‘n polisiebeampte wat die Silwerkruis vir Dapperheid verwerf het.

‘n Woordvoerder van die polisie, Brigadier Mathapelo Peters, het die voorval bevestig en gesê dat twee uit die drie rowers in die kerk gedood is.

“Die derde verdagte het gevlug in ‘n wegkom-motor wat buite die kerk geparkeer was,” het Peters gesê. “Luidens inligting blyk dit dat die drie verdagtes die kerk tydens die diens ingegaan het en lidmate met vuurwapens aangehou en van hul persoonlik besittings beroof het.

“Polisielede op die toneel het een vuurwapen gevind.

“Net die pastoor is lig beseer,” het sy voortgegaan.

Daar is vroeër hier berig dat al drie rowers deur Van der Westhuizen doodgeskiet is, maar die berig is nou met die korrekte inligting bygewerk. Nog foto’s sal binnekort hier geplaas word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.