ANC: Uittreeklousule is belangrikste

Deel op

'n Koalisie met die ANC-regering is nie onmoontlik nie – ongeag die afsydige houding van die meeste Afrikaners teenoor volksvreemde idiologieë en hul bitterheid oor ons lot. Dis meer moontlik as met die DA en kan tot groter voordeel vir ons mense strek. Daar is geen voordeel om met verloorders saam te werk of te betoog nie.

Deel op

Alles sal afhang van minstens twee of selfs drie waarborge wat deur die Zuma-regering verskaf moet word:

1. Verbeel u hoedat die getraumatiseerde, verharde fundamentalistiese Afrikanerharte kan versag as Zuma eerstens die Boerevolk erken as ‘n inheemse stam / volk van Afrika en daaroor geen verder kwessie sal wees nie? Hy het dit tog klaar in die openbaar gedoen en nou moet hy net gestalte daaraan gee.

2. Dink net aan die trane en gebede van dankbaarheid indien al ons politieke gevangenes vrygelaat word en alle vervolging gestaak word en die lei skoongevee sou word! Want ek ken die Afrikaners en hulle is goeie, lojale en hardwerkende burgers waaroor die wêreld gaande is.

3. En verder indien ons as gelyke burgers toegelaat sou word om soos al die ander burgers van stamme, volke en tale hul eie selfbeskikking mag uitwerk – hoedat die Afrikaners sal help om hul tuislande saam met ons eie te ontwikkel.

Die een hand was tog die ander….

Dink net hoedat Zuma ge–Connie Mulder is deur Naspers – maar sonder sukses. Moontlik sou ons die ANC-regering teen die media- en propaganda-aanslag sou kon help want ons ken mos hulle vuilspel.

2. Dink net as die regering byvoorbeeld een staatsdepartement aan die VF+ kan gee, byvoorbeeld Gesondheid, hoedat ons daarvan ‘n beter sukses sal kan maak as Natuurbewaring en Toerisme onder Kortbroek – en tot die ganse volk en land se voordeel – want ons het die kundiges en hulle praat Afrikaans en Engels en selfs Zoeloe en ander inheemse tale.

So dan lê daar vir eers bemarking voor om die konsep of produk van samewerking aan ons mense te verkoop met alle moontlike verkoopstegnieke.

Maar soos alle kontrakte is die uittreeklousule die belangrikste.

As ons nie probeer nie sal ons nooit weet nie!купить брюки теплые на мальчикаФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.