Leon Lemmer: Bruce Whitfield se vermenging van optimisme en pessimisme

Bruce Whitfield
Deel op

Iedere motiveringspreker weet dat daar net een manier is om met praatjies jou brood te verdien. Jy móét optimisties wees. In die plaaslike hoofstroom-inligtingsmedia, bv koerante, val dit op hoe daar meesal gepoog word om nuus oor die nuwe Suid-Afrika so positief moontlik in te klee. ‘n Uitsondering is sake-nuus, waar getalle/statistiek duidelik spreek en dit gevolglik moeilik(er) is om agteruitgang te verdoesel. Rommelstatus is rommelstatus al sou die berigte in die res van die koerant Cyril Ramaphosa tot ‘n held probeer verhef. “There has been no marked improvement in key economic outcomes since Cyril Ramaphosa ascended to power” (Whitfield, bron hier onder, Kindle 1635).

Bruce Whitfield, ‘n plaaslike joernalis wat artikels oor die sakewêreld skryf en ook oor die radio (bv 702) verslag doen, het ‘n boek gepubliseer: The upside of down: How chaos and uncertainty breed opportunity in South Africa (Johannesburg: Pan Macmillan, 2020, 244p, R266 (loot); Amazon Kindle $9,65). Die teks is ‘n klassieke voorbeeld van ‘n outeur wat optimisties probeer wees ten spyte van die chaos en ellende waarin Suid-Afrika sedert 1994 verval het. “Everyone likes positive stories” (2455). “Where there is crisis, there is opportunity” (1896). “In The art of war [“a book that is 2 500 years old”], Sun Tzu wrote: ‘In the midst of chaos, there is also opportunity'” (2762). Let op wat gee die outeur rede tot optimisme: “South Africans have a far better idea today of the consequences of failed government and grotesque political mismanagement of a country” (2682). Dít is om na strooihalms te gryp. Die outeur stel homself op as ‘n (onafhanklike) buitestander wat (onbevoordeeld) oor Afrikaners en apartheid kan oordeel. Weens sy polities byderwetse uitgangspunt misluk hy hierin skouspelagtig. Die boek is eintlik vir diegene “who refuse to get mired in the negativity of the Sunday afternoon braai discussion” (1479) – ‘n opmerking wat as ‘n stekie na Afrikaners vertolk kan word.

Wat tydens die lees van die boek opgeval het, is dat sodra Whitfield hom buite sy spesialiteitsgebied bevind, hy geneig is om met ongekwalifiseerde of ongenuanseerde veralgemenings, wat bevraagteken kan word, vorendag te kom. Dit geld by uitstek ideologiese sake, bv politiek en propaganda. Dan neig die teks om oppervlakkige joernalistiek te word. Byvoorbeeld: “The judiciary … has been crucial in steadfastly [!] upholding the rule of law and ensuring that the hard-won [!] constitution has remained the lodestar [!] of our society” (39). Dit lyk nie asof Whitfield die boek van Koos Malan, There is no supreme constitution: A critique of statist-individualist constitutionalism (2019), gelees het nie. Op die agterkant van hierdie boek staan: “The trite threefold separation of powers is more metaphorical than real and therefore unable to secure effective checks and balances.” Oor die Suid-Afrikaanse Grondwet skryf Martin Brassey, ‘n regsgeleerde, daar: “If individuals rely on it for protection, they live in a fool’s paradise.” Dink bv aan die skandalige hofuitspraak oor Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Vrystaat. Hermann Giliomee het tereg uitgewys dat die howe nie onafhanklik van die ANC-regime funksioneer nie. Maar Whitfield verkies om eerder die gewilde ANC-fabel te glo dat Suid-Afrika ‘n “world-leading constitution” het (2543).

Politieke byderwetse propaganda word sonder meer deur Whitfield onderskryf: “The political settlement of 1994 not only brought democratic rights and freedoms in South Africa, but it also provided the conditions in which the economy could flourish and businesses could contribute to the economic growth of the country and the building of a better life for all” (53). Op die agterkant van Malan se boek staan egter: “The bill of individual rights cannot guarantee justice, because rights are subject to the ideologically-driven exercise of judicial interpretation, often with damaging consequences for those relying on the bill of rights.” Die ANC as terreurorganisasie het sanksie teen Suid-Afrika bepleit. Die opheffing van sanksies het teoreties beter handelstoestande geskep. Weens onbekwaamheid en korrupsie bly die ANC-regime egter in groot mate in gebreke om ander inwoners as hulleself daarby te laat baat.

Whitfield is uiteraard bewus van die toestand waarin Suid-Afrika verval het. “Unemployment has risen to unsustainably high levels” (62). Naas ekonomiese maatreëls is daar ander maniere om werkloosheid aan bande te lê, bv geboortebeperking en doeltreffende grensbeheer teen inkommers. Die ANC-regime versuim om genoeg hieromtrent te doen. “Service delivery at local government level is failing” (62). Dit kan ook in ietwat mindere mate van die sentrale regering en die provinsiale owerhede gesê word. Wat nodig is, is om bekwame amptenare op ‘n nie-rassistiese en nie-seksistiese grondslag aan te stel. Polities byderwets stel Whitfield dit nie voor nie. Die kernrede waarom die nuwe Suid-Afrika deur agteruitgang en verval gekenmerk word, is dat die grondslag waarop die land funksioneer foutief is. Algemene stemreg in ‘n eenheidstaat het rampspoedige gevolge. Die beste, bv bekwaamste, inwoners behoort in beheer van sake te wees, maar sodanige voorstel moet nie van Whitfield verwag word nie.

Die kern van Whitfield se boodskap, dus hoe hy aan die negatiewe ‘n positiewe klank probeer gee, is: “South Africa is a deeply challenging place in which to live and work … But it’s in the very crisis in which South Africa finds itself today that there lies an enormous opportunity for renewal, growth and optimism” (67). Dit is die ANC-regime wat alewig gewag maak van die uitdagings waarmee hy gekonfronteer word. Dinge is in so ‘n mate op ‘n laagtepunt dat dit bykans by dié laagste punt is, wat beteken dat beweging vandaar net in een rigting kan wees, naamlik opwaarts. Maar dit sal alleenlik gebeur as daar fundamentele veranderinge aangebring word; daar nie bloot kosmeties gesus word nie. Daar moet die erkenning kom dat alle mense en groepe nie eenders en dus ewe goed en ewe bekwaam is nie. Die beste mense moet regeer, sover moontlik in die beste belang van al die inwoners. Dit is tans glad nie die geval nie. Diegene wat hulle vóór 1994 as bekwaam bewys het, word om rassistiese en seksistiese redes gemarginaliseer.

Trevor Manuel word beskryf as “the man who had restored the economic fortunes of South Africa from the ashes of apartheid, to return and restore global confidence in a rapidly failing state” (113). Manuel is geen opgeleide ekonoom of finansiële deskundige nie. Hy was gewoon ‘n geval van eenoog wat hom in die land van die blindes bevind het. Whitfield opper geen beswaar teen die yslike ANC-kabinet met ‘n sestigtal ministers en adjunk-ministers en hulle buitensporige vergoeding en byvoordele nie. Manuel is vir begroting na begroting geloof omdat hy inkomste en uitgawes gebalanseer het deur bv brandstof telkens verder te belas. Dit is ‘n maklike berekening om te doen. Manuel se opvolgers gaan voort met hierdie elementêre strategie sonder om ag te slaan op die inflasionêre druk wat duur brandstof veroorsaak. Manuel was bloot ‘n mindere mislukking as die ander ministers.

In sy boek soek Whitfield in die huidige geestesklimaat deurgaans aanvaarding van homself en sy idees deur die politiek van vóór 1994, spesifiek apartheid, af te kraak. Hy verwys na “the bloody fog of the apartheid era” (2673) maar wys nie uit dat die bloedvergieting hoofsaaklik ‘n maaksel van die ANC/UDF/SAKP was nie. “Rather than fulfilling the nationalist ambition of empowering Afrikaners, apartheid held back not only the development of a nation, but also that of the very people in whose name it was devised and executed. It is nothing if not ironic that the fall of apartheid brought greater economic liberation to more Afrikaners than the National Party ever did. While the fall of apartheid and the Afrikaner nationalist state gave black South Africans their political freedom, it also forced Afrikaners to rethink their future without the sheltering protection of the state” (665).

Whitfield gee valslik voor dat ons sedert 1994 ‘n wen-wen situasie ervaar. In werklikheid is die mate van staatsafhanlikheid wat sommige Afrikaners tydens apartheid ervaar het, bv as bekleërs van staatsdiensposte, vervang met ‘n bedeling waarin baie meer swartes teen buitensporige vergoeding daardie poste beklee – al munt baie van hulle uit in onbekwaamheid. Daarby kom die afhanklikheid van staatstoelaes by hoofsaaklik swartes. Daar is geen ironie in die feit dat Afrikaners nou vir hulle voortbestaan op hulleself aangewese is nie. Dit is gewoon immoreel en ‘n skande dat Afrikaners, wat meer as enige ander etniese groep tot die ontwikkeling en voorspoed van die land bygedra het, nou soos tweedeklasburgers behandel word. Die teendeel behoort te geld: Daar kan ‘n sterk saak uitgemaak word dat Afrikaners op grond van hulle bewese prestasies beter as enige ander etniese groep behandel behoort te word. Die Afrikanerdom is onontbeerlik vir die heil van Suid-Afrika. Ja, die NP-regering het inderdaad die ontwikkeling van ‘n enkele Suid-Afrikaanse potpourri-nasie ontmoedig deur eerder baie te doen om etniese nasieskap te bevorder, wat kultureel meer homogene en dus hegter nasies tot gevolg kon hê.

Ken Owen, die destydse redakteur van die Sunday Times, word soos volg aangehaal: “Whites in the civil service, too will soon be migrating to the private sector. They surely realise that, despite the guarantees and the promises of the transition, they are quietly being sidelined, as their predecessors quietly sidelined the English civil servants after 1948” (674). Hier word daar na FW de Klerk se valse belofte van vóór die 1992-referendum verwys, naamlik dat politieke magsdeling met swartes nie daartoe sou lei dat blankes hulle werk verloor nie. In werklikheid het blankes sedert 1994 op groot skaal hulle werk verloor; nie net in die staatsdiens nie, maar ook in die privaat sektor. Druk word deur die ANC-regime op ondernemings uitgeoefen en wetgewing is aanvaar om alle groot instansies tot transformasie te verplig, wat daarop neerkom dat teen blankes ten gunste van swartes gediskrimineer móét word, anders kan drakoniese boetes opgelê word.

Daar was nooit sprake dat rassediskriminasie, na bewering die grootste euwel van apartheid, met ingang 1994 afgeskaf sou word nie. Daar bestaan geen verpligting in die 1996-Grondwet of elders dat rassediskriminasie teen blankes ooit opgehef gaan word nie. Owen se bewering dat die NP-regering sedert 1948 net so skandalig soos die ANC-regime opgetree het deur Engelssprekendes uit die staatsdiens te werk, is vals. Sy opmerking is ‘n uitdrukking van anti-Afrikaner sentiment: “To the ANC the government has become precisely [!] what it was to the Nationsalists: a fountain of money, a trough” (679). Tydens die NP-bewind is staatsamptenare heelwat minder as dié in die privaat sektor vergoed. Die ANC het hierdie situasie omgekeer terwyl daar baie minder druk op amptenare in die staatsdiens as in die privaat sektor is om te presteer omdat geen jag op wins gemaak hoef te word nie. Belasting kan onbeperk verhoog word om (te veel) staatsamptenare te mildelik te vergoed. Korrupsie in die staats- en semi-staatsdiens was tydens die NP-bewind die uitsondering terwyl dit sedert 1994 dikwels eerder die reël geword het. Dit kan daarop dui dat blankes moreel meerderwaardig is terwyl ANC-propaganda presies die teenoorgestelde beweer.

Hermann Giliomee het deeglike navorsing gedoen en tot die gevolgtrekking gekom dat Afrikaners, anders as wat Owen beweer, eers na verloop van baie jare die meerderheid staatsamptenare geword het. Die ANC-regime het op sy immorele manier gesorg dat swartes feitlik oornag beheer oor die staatsdiens oorneem deur die blankes gewetenloos uit te werk; vandaar die ineenstorting van doeltreffende dienslewering. Iets waaroor ook geswyg word, is die groot ontwrigting, smart en onreg wat die nuwe rassediskriminasie in die staatsdiens én in die privaat sektor by blankes veroorsaak het en steeds veroorsaak. Dit is geen wen-wen situasie nie, maar ‘n onverdiende en onregverdigbare wen situasie vir swartes en insgelyks so ‘n verloor situasie vir die blankes én die land.

Whitfield is ‘n heeltemal ander mening toegedaan: “Freed from the shackles of a system that served only [!] the interests of a minority of the population, Afrikaners were well positioned to exploit the economic benefits of the political liberation of the majority of the country’s citizens” (706). In werklikheid het al die inwoners van die land onmeetlik gebaat by die voorbeeld wat die blankes gestel het in die uitlewing van Europese beskawing, bv hoe ‘n ordentlike woonplek of funksionele sake-onderneming daar uitsien, wat ‘n suksesvolle land aan infrastruktuur (paaie, brue, hawens, ens) nodig het, asook die daarstelling van openbare instellings soos skole, hospitale, howe en tronke. Anders as wat Whitfield te kenne gee, kan daar nie sonder meer van ekonomiese voordele vir blankes in die nuwe Suid-Afrika sprake wees nie as die infrastruktuur verval, die staatdiens ondoeltreffend en korrup is, ‘n mens nêrens veilig voel nie en daar boonop om elke hoek en draai blatant teen blankes op grond van hulle ras (in hulle geval myns insiens onmiskenbaar ‘n bate) gediskrimineer word.

Oor die nuwe Suid-Afrika skryf Whitfield: “For all its deep flaws, it’s actually in a better way than most of us think and certainly [!] better than it was at any [!] point in the apartheid era” (256). Ek sou eerder aanvoer dat die terroristiese ANC, met die geweld en boikotte wat hy bewerkstellig het, rus, vrede, welvaart, ens, in die ou Suid-Afrika aan bande gelê het. Met bv sy kenmerkende onbekwaamheid en korrupsie gaan die ANC as regime in die nuwe Suid-Afrika voort om die land oor die afgrond te sleep, met baie van sy volgelinge wat die voorbeeld voortsit wat die ANC destyds met bv geweldpleging en nie-betaling gestel het.

Maar Whitfield borduur voort: “You cannot [?] argue that South Africa is worse off today than it was in 1994. Nelson Mandela inherited a bankrupt state, economically, politically and morally [!], and set about creating an environment in which confidence drove growth” (515). Whitfield se siening van die 1994-oorgang (eintlik -ondergang) is: “The country could have gone either way. It could have regressed even further from the broken state in which the National Party left it, or it could have flourished, as it did under Mandela” (2596). Die hoofrede waarom dit gelyk het asof Suid-Afrika in die Mandela-era beter daaraan toe was as sedertdien, is omdat die meeste van wat tydens die blanke politieke bewind tot stand gebring is, toe nog staande was. Ook dat 1994 saamgeval het met die einde van die ANC se terrorisme plaaslik en die boikotte wat hy ten koste van Suid-Afrika in die buiteland aangestig het. Die punt is dat die aanvanklike euforie oor die swart regering spoedig verdamp het, selfs reeds tydens die Mandela-era. Whitfield voeg darem by: “Cyril Ramaphosa arguably has a tougher job than Nelson Mandela did in 1994, when there was a sense of optimisme and hope, which eludes the country today” (521).

“A total of 44.3% of households in South Africa receive at least one social grant, up from 30.8% in 2003. The highest proportion of households dependent on grants is in the Eastern Cape, where 59% of households receive some form of state suppport, closely followed by the Northern Cape at 57.4% and the Free State at 50.7%” (357). Red nou ‘n land met sulke mense! Nelson Mandela, daarenteen, het beweer dat die land se inwoners sy grootste bate is. Hy het met hierdie kompliment gekom omdat hy wou hê dat hulle vir die ANC stem. Diegene wat staatstoelaes ontvang, is geneig om te stem vir ‘n party soos die ANC wat op hierdie manier (roekeloos) rykdom sonder enige teenprestasie (behalwe steun vir die ANC) herversprei. “A cynic might argue that the ANC’s greatest asset is its ability to keep its citizens dependent on it. That dependence keeps voters coming back and renewing their commitment to the party every five years at the ballot box” (1612). Mense wat op grond van eng korttermyn-eiebelang stem pleks van wat op die lange duur in landsbelang is, moet liefs nie stemreg hê nie. Sodra iemand ‘n staatstoelae ontvang, behoort sy stemreg opgeskort te word.

“Stats SA figures also reflect South Africa’s legacy of racial polarisation. More than one in three black South Africans depend on a grant, compared to 29.9% of so-called coloured people, and 12.5% of Indians. This is in stark contrast to the 7.5% of white South Africans reliant on the state” (362). Whitfield impliseer dat hierdie verskille in staatsafhanklikheid uitsluitlik aan apartheid toegeskryf kan/moet word. Ingevolge ANC-propaganda word hierdie verskille uitsluitlik aan die historiese bevoordeling van blankes toegeskryf. ‘n Alternatiewe siening is dat hierdie persentasies ten minste deels op verskille in prestasie dui. In breër perspektief kan gevra word waarom Afrika die agterlikste bevolking het. “In 2030 nearly nine out of ten extremely poor people in the world will be in sub-Saharan Africa” (1156). Dit kan kwalik uitsluitlik aan apartheid, rassediskriminasie, kolonialisme, imperialisme, ens, toegeskryf word. Daar kan ander sondebokke as die blankes wees, bv oorerwing/DNS of eie toedoen.

Volgens Whitfield gebruik 90.3% Suid-Afrikaanse huishoudings elektrisiteit (411). “Eskom has a huge problem on its hands because it is unable to collect from certain municipalities. President Cyril Ramaphosa in October 2019 pleaded with residents of Soweto in particular to end the culture of non-payment which helped bankrupt the apartheid state, but which is now at risk of doing the same thing to the country post-liberation” (417). Daar word dikwels van die beweerde nalatenskap van apartheid gewag gemaak. Nie-betaling vir elektrisiteit, water, riolering, vullisverwydering, munisipale belasting, televisielisensies, ens, is egter van die bedenklike nalatenskappe van die ANC se terrorisme, toe hy ten alle koste die politieke mag in die land wou inpalm. Nou sit dit ANC-regime met die gebakte pere. Van onder meer die blanke belastingbetalers word deesdae verwag om namens nie-betalers op te dok. Dit is klaarblyklik immoreel. Maar die ANC gaan voort met sy valse aanspraak dat hy moreel die hoë grond beklee. Wat nodig is, is dat diens aan nie-betalers summier gestaak word én dat hulle van diefstal aangekla en daarvoor gestraf word.

“Agriculture, like mining, has been plagued by policy uncertainty in recent years” (469). “There are believed to be about 35 000 white commercial farmers in South Africa and about 5 000 black farmers – the latter number is steadily growing” (474). Wat nie genoem word nie, is dat die blanke boere al hoe minder word, dat hulle baie meer produktief as die swartes boer en dat die kos wat hulle produseer onontbeerlik vir die vinnig groeiende bevolking (weens hoë “natuurlike” aanwas en inkommers) is. Die ANC-regime se beoogde onteiening sonder vergoeding van blankes se eiendom word nie deur Whitfield veroordeel nie. Hy neig eerder om ook hieroor positief te wees: “Government’s new approach to land reform, which looks to distribute state-owned land as a first step towards restitution, is a good start. It understands that Zimbabwe-style confiscation is a recipe for disaster and it is looking at compromises that will deliver fair outcomes for those who want a stake in the country’s future but cannot afford to buy one” (2423). Whitfield spreek hom dus nie uit teen onteiening sonder vergoeding van blankes se eiendom, dus statutêr-toegelate diefstal deur die ANC-regime, nie. Ook laat hy hom nie uit oor die afskaffing van die kommandostelsel en die sistematiese ontwapening van die inwoners nie terwyl misdaad, bv plaasmoorde, ongebreideld voortgaan.

Let op hierdie gemene formulering: “Back in the 1960s, during the heyday of apartheid, the exploitation of cheap labour and plentiful natural resources provided the base for an extraordinary decade when growth averaged 6.9% a year” (679). Hierin kan daar die implisiete bewering wees dat die natuurlike hulpbronne, bv minerale, soos na bewering grond, deur die blankes van die swartes gesteel is. Daar is ook die geykte bewering dat die gebruik van swart arbeid deur blankes met (gewetenlose) uitbuiting gepaard gegaan het. Wat klaarblyklik aan Whitfield se siel krap, is dat daar substansiële groei tydens die NP-regering was terwyl die ANC-regime, ten spyte van al die (dwase) simpatie wat hy internasionaal geniet, feitlik geen groei in die ekonomie kan bewerkstellig nie. Was die destydse fenomenale groei (primêr) weens uitbuiting of te danke aan bv die vindingrykheid, doeltreffendheid, toewyding, ens, van die blankes? Suid-Afrika was ‘n gerekende eerstewêreldland wat in 1994 feitlik oornag onmiskenbaar in ‘n derdewêreldland ontaard het. In ‘n kapitalistiese land word vergoeding deur vraag en aanbod bepaal. Die marxistiese ANC-regime stel minimum lone vas en doen alles in sy vermoë om die ontslag van onproduktiewe (swart) werkers aan bande te lê. Die land en sy inwoners sal beter daaraan toe wees as werkgewers werkers vryelik kan aanstel en ontslaan en hulle vergoeding sonder regeringsinmenging deur vraag en aanbod bepaal word. Dan sal daar ongetwyfeld minder werkloses én hoër produktiwiteit wees.

Whitfield erken dat semi-staatsondernemings, anders as tans, goed tydens die NP-bewind bestuur is, maar hy is klaarblyklik nie tot hierdie kompliment in staat sonder om met ‘n anti-Afrikaner stekie vorendag te kom nie. “Eskom, Armscor [Denel] and Sasol, among others [SAA, SABC], were all part of the creation of highly effective, well-run state-owned enterprises as the Afrikaner government built a 20th-century version of the laager … Afrikaner businesses were also established with the intention to support the economic aspirations of the volk” (683). Die privaat ondernemings van Afrikaners, Nasionale Pers, Sanlam, Volkskas, ens, het in die vorige eeu as teenhangers vir die oorheersing deur Engelssprekende blankes in die sakewêreld gedien. Hiermee kan kwalik met reg fout gevind word. Wat die doeltreffendheid van die Afrikaners in die staatsdiens, semi-staatsdiens en privaat sektor tuisbring, is dat hulle, sonder om swartes uit te buit, tot die skepping van suksesvolle ondernemings in staat is.

Eens trotse Afrikaner-ondernemings, soos die genoemde drie, het in die nuwe Suid-Afrika in nie-Afrikaner- en selfs anti-Afrikaner-instansies en ook in grootliks nie-Afrikaans-ondernemings ontaard wat so pro-ANC moontlik probeer wees. Sanlam het op groot skaal en binne ‘n kort tydsbestek van baie van sy blanke werknemers ontslae geraak en hulle met nieblankes vervang. Dit het groot en onregverdigbare smart in baie huisgesinne veroorsaak. Hierdie gebeure behoort veral swaar op die gewete van Johan van Zyl, destydse hoofbestuurder van Sanlam, te rus. Whitfield se siening is egter: “Sanlam was back in the game, moving from an apartheid dinosaur to a 21st-century South African Company. Sanlam, once the bastion of Afrikaner capitalism, had come of age and reinvented itself as a more nimble player in developing markets with a strong presence across the African continent … Had is not changed its outlook, it would probably no longer exist” (842). Met ander woorde, die nuwe Suid-Afrika het, volgens Whitfield, ‘n land geword waarin Afrikaner-ondernemings eintlik nie kan voortbestaan nie.

“The apartheid state would never have condoned the existence of a Capitec in its current form. It needed to wait for democracy to exist. Much the same is true of Curro, the private-schools business, which serves a broad demographic of South Aftricans wary of the failings of public education” (824). Dit is glad nie duidelik waarom beweer word dat ‘n handelsbank wat lae fooie hef tydens apartheid ontoelaatbaar sou gewees het nie. Toe het daar ook privaat skole bestaan. Omdat skoolonderrig, veral vir swartes, sedert 1994 slegter as Bantoe-onderwys geword het, het daar ‘n groter behoefte aan privaat skole ontstaan. In 2016 “78% of Grade 4 students in South Africa could not read for meaning … One of the biggest problems … is that children … are pushed into an English language curriculum” (1173). “More than three-quarters of schools are largely dysfunctional” (1186). “Pass rates are inflated” (1182). “The first building block of a true black economic empowerment is a world-class education” (1200).

Curro trek baie swart leerlinge omdat baie swart ouers in die staatsdiens en elders buitensporige vergoeding ontvang en hulle dus privaat skole vir hulle kinders kan bekostig. Curro “now operates more than 110 schools on 80 campuses and has its own teacher-training college. It educates more than 40 000 youngsters a year, and the number is growing” (1335). Maar daar was geen belemmering vir die bestaan van privaat skole tydens apartheid nie, behalwe dat hulle toelatingsbeleid etnisiteit moes respekteer. By skole, soos by so baie ander plaaslike onverkwiklikhede, kom die werklike groot probleme veral by swartes voor. Dink aan die talle skole wat veral tydens skoolvakansie en ook nou tydens die Covid-19-inperking gevandaliseer is. Toon dit dat die land se bevolking, soos Nelson Mandela dit gestel het, sy grootste bate is? ‘n Ander eienaardigheid waaraan die praktyk gekenmerk word, is dat dit lyk asof sommige kinders by die skole opdaag nie soseer om te leer nie maar eerder om kos gratis te ontvang.

Die ekonomiese werklikheid bring mee dat daar realistiese stellings in die boek voorkom. “South Africa is now a fragile state, expected to continue to weaken” (951). “Unless South Africa gets another substantial boost, it’s hard to see how it could achieve a performance even close to historical levels” (975). In ten minste hierdie opsig kan ‘n mens jou afvra: Wat is die beste, ‘n blanke of ‘n swart politieke bewind?

Vir die karakterisering van die land verkies Whitfield die woord “unfair” bo “unequal”. “South Africa is a fundamentally unfair country … in the dictionary sense: ‘not based on or behaving according to the principles of equality and justice.’ Synonyms include words like ‘unjust’ or ‘inequitable’ … those words are better ways of describing the huge disparities that exist in South Africa” (993). Hierdie ongelykhede word deesdae meesal sonder meer aan apartheid, dus die blankes, toegeskryf. By implikasie word tekortkominge by nieblankes hiermee ontken of ten minste verswyg. Maar Whitfield erken darem: “Inequality has always existed. It’s a fact of life everywhere. All societies have an elite” (998). Ongelykheid kan dus nie (uitsluitlik) aan apartheid en die boosheid van Afrikaners toegeskryf word nie. Dan volg hierdie suikerklontjie: “You may not be able to fix inequality, but you can surely take steps to ensure a fairer society” (1003) – met of sonder (daadwerklike) teenprestasie deur die “benadeeldes”?

Whitfield beweer: “The legacy of apartheid and its destructive impact on family life continue to have massive consequences today” (1125). Nolwazi Mkhwanazi word soos volg aangehaal: “The apartheid regime’s deliberate and systematic incursion into family life has meant that the contexts in which children are cared for are often circumscribed by variables beyond the control of the family” (1129). Albei hierdie mense soek dus die sondebok buite die disfunksionele toestand waarin baie swart gesinne verkeer. Ek verpes sodanige paternalisme waarvolgens swartes vrygestel word van (enige) eie verantwoordelikheid vir hulle gedrag. Wanneer Paasnaweek en die Kerstyd jaarliks aanbreek, asook by die aanvang van die Covid-19-inperking, het groot getalle swart werkers, meesal mans, uit veral die stedelike gebiede na hulle gesinne in wat voorheen die tuislande was asook die buurstate vertrek. Dit toon dat trekarbeid steeds in groot mate met ons is. Die verskil is dat die NP-regering uiters kwalik vir trekarbeid geneem is terwyl geen kritiek daaroor teen die ANC-regime uitgespreek word nie.

Die algemene voorkoms van swart enkelouergesinne en swart kleinkinders wat deur hulle grootouers grootgemaak word, behoort nie by uitstek aan apartheid toegeskryf te word nie – trekarbeid het immers ‘n baie langer geskiedenis as apartheid. Dit behoort eerder gewyt te word aan die ongedissiplineerde seksuele lewe van baie swartes; ‘n situasie wat bestendig word weens die betaling van kindertoelaes deur die staat (hoe meer buite-egtelike kinders, hoe groter die toelae). ‘n Ongetroude (swart) vrou kan sonder om ander werk te doen, aan die lewe bly deur bloot kinders voort te bring en gevolglik op al hoe hoër toelaes aanspraak te maak. Nie-konvensionele gesinne is dikwels die teelaarde vir onsosiale gedrag, bv misdaad, by sulke kinders.

Bruce Whitfield beoog om nog ‘n boek te skryf (2819). Ek sal dit nie koop nie en ook nie lees nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.