Suidpunt: Waarom Twitter ‘n volslae mislukking is

Deel op

Hierdie week het my adresboekie en die berigte wat op my Twitter-tuisblad verskyn sommer baie minder en ligter geword.

Selfs my beginblad op Firefox het ek verander vanaf Ecosia.org na my e-posadres. Alles te danke aan Twitter.

Ek het aanvanklik by Twitter aangesluit omrede ek die Pous volg, nie omdat ek Rooms-Katoliek is nie, maar omdat sy vertalers sy twiets in Duits, Latyn, Frans, Spaans, Italiaans, Pools, Portugees, Arabies en Engels plaas. As jy slim genoeg is, maak jy gewoon jou woordverwerkerprogram oop en plak die twiets naas mekaar. Ek is eintlik net daar vir die Duits, die Latyn en die Frans. So leer jy tale binne ‘n japtrap.

Ek het ook aangesluit omdat ek ‘n skrywersvriend se vordering volg. ‘n Ekstra hartjie hier en ‘n hartjie daar, glo ek, sal hom verder bemoedig.

En later sluit mens ook by ander organisasies en persone aan wat moontlik vir jou interessant is.

Maar my twee maande op Twitter was eenvoudig twee maande te lank.

Het ek maar vroeër Urban Dictionary geraadpleeg!

Twitter word so gedefinieer:

The new replacement for the walls of a public toilet. A place to write one’s thoughts, often while sitting on a toilet, hoping the public will read them.

En hier is my besware:

Daar’s waarskynlik meer robotte as mense

Toe dr. Dan Roodt aangesluit het op 27 Februarie 2009, was sy identiteitsnommer 22 146 210. As ek reg is, neem ek aan hy is die twee-en-twintig-miljoen-eenhonderd-ses-en-veertigduisend-tweehonderd-en-tiende persoon wat ‘n blad geskep het. Dit kan jy gaan soek by http://www.twitterjoindate.com/ . Nou goed. Kom ons probeer Suidpunt, die nimlike ekke op 7 April 2020. My gebruikersidentiteitnommer is 1 247 390 073 139 625 984. Of, as die getal te swaar is om uit te spreek: ek is nommer eentriljoen-tweehonderd-sewe-en-veertig-biljard-driehonderd-en-negentig-biljoen-drie-en-sewentig-miljard-honderd-nege-en-dertig-miljoen-seshonderd-vyf-en-twintigduisend-negehonderd-vier-en-tagtig.

Daar is seker nou al meer as 8 miljard mense ter wêreld, waarvan die oorwig nie internet het nie, laat staan nog by Twitter sou aansluit. Selfs as ons nog organisasies en besighede insluit en aanvaar dat ‘n enkele persoon, vir sy eie gerief, tot 5 rekeninge kan hê… haal dit steeds nie daardie hoë kerf nie. Dit is juis hoekom besighede aangeraai word om nie te veel ag te slaan op die hutsmerk of watter ander statistiek hulle ook al kry nie. Maar Radio Sonder Grense wil nie hoor nie. Maar, soos die toenmalige koningin Beatrix al gesê het: De leugen regeert.

As #menaretrash op die regterbalk verskyn, moet dit seker die absolute waarheid wees.

Die rede vir robotte is die gevolg daarvan as jy die wêreld vir elke gebruiker oopmaak. By Facebook is daar baie geslote groepe en individue aan wie jy eers ‘n vriendskapsversoek moet uitstuur. Dit is ‘n stuitmeganisme wat ‘n robotskepper twee keer sal laat nadink.

Die hutsmerk/hekkie/dingetjie het geen effek nie

Nou het elke muis (en robot) ‘n megafoon gekry om deel van ‘n blitsskare (flashmob) te word. As genoeg mense dieselfde bewoording gebruik, in hul viering as ‘n kollektivistiese trop skape, sal dit hopelik aandag trek. Ook maar net vir 24 uur. En dan? Wat dan? Net nog ‘n growwe denkfout is gemaak: Argumentum ad populum, oftewel “as almal sê dis so, dan is dit so”.

Ek stel werklik nie belang wat die Suid-Afrikaanse gepeupel en masjinerie se gesanik nou weer is nie, so hier’s ‘n wenk: stel voortaan jou “Trends” op Luxemburg. Jou bloeddruk sak sommer dadelik terug met 70 mmHg.

Twitter is die broeiplek van “imagined communities”

Die blankes oorsee het skynbaar nou almal ontpop in volkekundiges. Ene met doktorsgrade wat hulle summa cum laude geslaag het. Skynbaar praat hulle almal nou vlot Xhosa, is met vlieënde vaandels deur die inisiasieskool, het almal die besnydenis met witbesmeerde gesig ondergaan en verstaan die hele psige van elke swart etnisiteit op aarde nou op hul vingerpunte. Magtig, hulle weet selfs meer wat in ‘n stat in die DRK aangaan as die inwoners self wat op die oomblik in ‘n dodelike stryd met ‘n loslopende luiperd gewikkel is! Skynbaar bestaan hul hele Xhosa-woordeskat ook egter, ongeag daardie hele stel woordeboeke in die dorpsbiblioteek, slegs uit een toeristiese modewoord (waarvan die begrip vir hul maar onduidelik is): ubuntu. Bowendien gee die lot hulle oornag uit as hierdie eersteklas politieke ontleders wat sommer almal in Minneapolis bly en presies weet wat daar aangaan. Nee kyk, hulle ken die behoeftes en begeertes van die swartes nou sommer meer as die swartes self!

Sulke blanke arrogansie het ek lanklaas beleef.

Maar terug by Twitter.

Gewoonlik word “imagined communities” in ‘n liberale of ‘n marxistiese sin gebruik, soos Leon Lemmer al uitgewys het:

Die frase in die boektitel, ‘imagined communities’, impliseer nie dat nasies fiktief is nie. Dit verwys bloot na die feit dat daar so baie individue in ‘n nasie is dat ‘n lid slegs ‘n beperkte getal van hulle persoonlik kan ken en hy van die res min, indien enigiets, weet. Indirekte inligting en verbeelding is nodig om ‘n voorstelling van ‘n nasie in sy geheel te maak. […] Die boek Imagined communities is volgens Anderson ‘n poging om die Eurosentriese benadering tot nasionalisme teen te spreek.

Die begrip pas my egter uitstekend! Dis die beste bedinksel wat die akademie nog kon opgelewer het! Ons moet dit propageer! Want dit sny inderdaad twee kante toe!

Dan Roodt het al hoeveel onderhoude met mense gevoer, sommer op straatvlak, soos byvoorbeeld om uit te wys dat hoeveel individue wat hulself as swart eien, nie weet wat die ou Suid-Afrikaanse vlag simboliseer nie. Die hele idee wat die ANC byvoorbeeld voorgehou het van die ou landvlag wat almal so seermaak as simbool, gaan net nie op nie. Dit sê mos selfs die ANC, met sy swart leierskap, leef in hul eie “imagined community” of, sal ek sê, “twitter community”?

Soos die mitiese figure uit die Bestiarium van die Middeleeue (byvoorbeeld swartluiperds met perdepote), skilder die grootbek Europeër en Amerikaner met sy foontjie ook sy absolute waanbeelde van swartes. Soos hul voorouers, het die Europeërs en Amerikaners “ook maar net gehoor”, maar nooit self ‘n doodgewone dag deurgebring met doodgewone mense nie.

En jou Suid-Afrikaners? Veral die Engelssprekendes van Johannesburg? Wel, dis daai selfde tipe wat skree “Black Lives Matter!” en selfs hul hele profiel en banier veredel met die gebalde swart vuis (nie veel anders as hul voorouers met die black sash nie, raai), maar geen boemelaar, hul eie swartes, huisvesting sal gee agter hul knus driemeterhoë heining nie (tensy hy die bottelier is wat inwoon) of beslis nie in die laeinkomstebehuisingskemahuisies tussen die swartes gaan bly soos ‘n Duitse sendeling van ouds nie. Ek neem aan dis dieselfde tipe wat nie swart kindertjies sal aanneem nie en Swart Ekonomiese Bemagtiging, selfs die mees onlangse afgewaterde tipe van die Demokratiese Alliansie sedert 2018 e.v., met ewe veel mag en mening sal teenstaan. Haibô, wie bullshit jy nou eintlik? Jy kan mos nie uit twee monde praat nie, kan jy?

Nodeloos om te sê het ek diesulke name uit my witbladsye en telefoonboekietjie geskrap. Vir my eie veiligheid, natuurlik. Dis my volste reg op vrye assosiasie. Want as hul só skynheilig voor swartes kan swymel om hul afsetgebied te vergroot met ‘n bietjie beeldpoets en spog onder die ander blankes met hul ‘wokeness’, hul ‘maatskaplike verantwoordelikheid’ (waarom anders? dis mos ‘n prestasie, “ek is mos beter as jy!”, soos ‘n bokkop teen die muur, ‘n Safari-trofee, o, vaderland, KOLONIALE DENKE!!!), ek sê jou, ek wag al lankal vir daardie lang vlekvrye staalmes in die rug. Dink net hoeveel tyd en geld ek nou gaan spaar! Nee. Die lotjie het nou hul ware kleure begin wys!

Ja-nee, ek moet erken ek het hulle geswartlys op my .docx-boikotlys (dit trek seker nou al by 19 blaaie), want ek heul nie met huigelaars nie. Nee, op Twitter sal ek hulle nooit in der ewigheid versper om my bladsy te besigtig nie, want hoe sal ‘n toedeurkerk ‘n ongelowige kan bekeer? Wie weet, dalk kom die liewe mens nog tot sy sinne!

Is Europa en die VSA (en Suid-Afrika) nie maar net besig om ‘n “imagined community” te skep van swartwees nie? Om hierdie ras, wat te voet Afrika deurkruis het en malaria, leeus en buffels en wat nog als onder die Afrikason met UV-vlakke van 9 sonder enige Westerse medisyne kon verduur het, nou te kom staan en oppiep? Ek as Afrikaner sou dit nie waag met die Zoeloekoning nie! Watse verkleinering is dit? Watse vernedering is dit? Watse onsin is dit? Waar is die respek? Het die wêreld dan mál geword?!

Dink jouself in, my liewe Afrikaner. Hoe sal jy daarvan hou om elke dag te hoor: “Ons moet die Afrikaner meer spreekbeurt gee.” Ongehoord. “Die Afrikaner se stem word nie gehoor nie.” Dit begin klaar krap. “Die wêreld het toegekyk, en weggekyk…” OK. Dis genoeg! Bring my Mauser! Want as daar een ding is wat ek haat, is dit paternalisme en maternalisme van uitlanders wat van my of my kultuur nie van hul gat af weet nie!

Ek het dit al voorheen gesê, en ek gaan dit weer sê:

Die hele idee van die ‘Afrikanistiek’ (waaronder “African literature” ressorteer), as oorkoepelende vakgebied, is sélf hoogs verouderde imperialistiese en koloniale denke en kategorisering. Waarvan [die dosent] die leerstoel, onwetend, knus beklee en hierdie imperialisme vanaf haar akademiese troon met septer en ryksappel en ander kroonsierade dus voortsit.

[…]

Die Anglistiek en Frankistiek en Germanistiek en Danistiek en Neerlandistiek en Frisistiek en Fennistiek en Italianistiek en Hispanistiek en Slowakistiek en Slowenistiek en Roemenistiek en Lituanistiek en Lusitanistiek en Russistiek… dink jy vir een oomblik jy gaan al hierdie volke en nasies onder “Europese Letterkunde” of “Europaeistiek” in ‘n voorgraadse driejaarkursus kan indruk? Natuurlik kan dit nie! Die letterkunde bars geheel en al reeds uit sy nate! Die lewensuitkyke van die kulture verskil dag by nag, net soos die omgewing en omstandighede. Nou hoe de donder wil jy alle Afrikavolke op één vasteland, met hoeveel klimate, hoeveel gelowe, hoeveel kultuurverskille, hoeveel tale (glo tussen 1 500 en 2 000), uit verskillende tydperke ressorteer (ja, ook die Oudegiptenare) onder één enkele vakgebied? Dit is mos malligheid! Dit is mos hoogs veralgemenend, en veralgemening weet ons is net ‘n haarbreedte weg van stereotipering: alle swartes en almal van Afrika dink tog maar net dieselfde. Of is die vakgebied so klein omdat daar eenvoudig net geen belangstelling is nie? Indirek erken jy ook dus dit is wél ‘n klomp “blitskursusse” wat onder een dak saamgesnoer is? Waar is jou Zoeloe Letterkunde as afsonderlike en hoogs gespesialiseerde vakgebied was sterk op sy eie bene staan? Jou Xhosa? Jou Noord-Sotho? Jou Tswana? En waar is jou Amharistiek?

Maar kom ons droom voort. Ek is seker ook een of ander ryk sjeik het sy goue toilet verkoop (no shit) vir die saak? Ek is seker die hele Afrika-Unie het op Afrikadag ‘n paar los mieliepitte saamgestamp vir hul broeders in die Eerstewêreldland van die Verenigde State van Amerika wat so erg moet ly? Die land van kapitalistiese onderdrukking (snaaks dat niemand terug na Afrika verlang nie?). Almal in solidariteit vir die saak. Non?

Die ANC-regering, kaalgat en platsak en leeggesteel en gedompel in rommelstatus soos hy is, het maar ‘n flouerige gebaar, ‘n aanduiding, vanuit sy lendelam staatshospitaalbed gemaak vir hul broeders in Amerika. Suid-Afrikaners is gewoon mooi gevra om Vrydag swart te dra as simbool (en ‘n paar blankes sou ook, ‘nie veel anders as hul voorouers met die black sash nie, raai’).

Asof ‘n simbool nou ‘n aardskudding gaan veroorsaak? Die sluise van die hemel gaan oopmaak?

Aai, die gebrek aan logika.

So herhaal die selfde ou storie met dieselfde ou sous hom oor en oor.

Twittergebruikers het die geheue van ‘n toktokkie

Nee, ek bedoel nie soseer jou eie gekrabbel of ou onderwerp wat jy tot vervelens toe uit die put van vergetelheid ophaal nie (soms is dit liewer beter om die put met die blêrende kalf te demp). Maar dit kan nogal baie nuttig wees: as jy agterkom jy raak by tye neerslagtig en jy trek ‘n grafiek van die datums, kan jy die toestand so gou moontlik voorsien soos die stand van die maan, of selfs maandstonde. Eintlik sou ‘n dagboek met ‘n slotjie en sleuteltjie ewe goed kon werk, maar jy het nou maar eenmaal die swak om jou gevoelens wêreldkundig te maak. Dis jou saak, nie myne nie.

Maar had jy ‘n geheue, sou iets aan jou knaag. Iets wat uit jou kop probeer wurm.

Dalk was dit Disney se Zootropolis wat handel oor ‘roofdiere’ en ‘mak soogdiere’ wat deur ‘n skaap, Miss Bellwether, teen mekaar opgesweep word terwyl sy as burgemeesteres ageer (en die leeu, Mayor Lionheart, in die tronk sit). Stadig begin die ratjies draai.

Jy sou, soos enige rasegte INTJ wat geseënd is met ‘Ursache und Wirkung’ en liniêre denke wat saam met die plasenta, bloed, en gebulk van die moeder by geboorte uitgedruk word (asook die hoogmoed), ‘n patroon opmerk. Veral onder die media. Ons noem dit komkommertyd. Volgens die WAT:

2 a (joernalistiek) Tyd van die jaar, soos in die somervakansie, waarin daar normaalweg min van belang gebeur, dit stil, dood (vgl. DOOD III 3 c) is op handels- en politieke gebied en nuus vir koerante skaars is; pampoentyd.

Trouens, ons kry dit reeds aan die Franse hof. Soos ek uit die Franse Wikipedia op die Afrikaanse Wikipedia vertaal het. Ek gaan nou die belangrikste dele vir jou uitlig.

 

Die Gedierte van Gévaudan het tussen 30 Junie 1764 en 19 Junie 1767 ‘n gebied in Frankryk met ‘n reeks aanvalle op mense geteister. Tussen 88 tot 124 mense het in sy kloue beland en gesterf.

[…]

Die nuus oor hierdie “Gedierte van Gévaudan” versprei soos ‘n veldbrand, tot die punt waar vele van die koninklike troepe opgeroep is om te gaan ingryp. Allerlei gerugte doen die ronde. Die een handel oor die aard van hierdie “gedierte”: was dit ‘n wolf, ‘n vreemde diersoort uit die buiteland of selfs ‘n weerwolf? Die ander oor die rede vir hierdie slagting: is dit straf van God, of is hierdie dier doelbewus dresseer om te moor? Daar was op daardie tydstip sowat 20 000 wolwe dwarsoor die hele Frankryk. Skynbaar het honderde soortgelyke aanvalle dwarsdeur die geskiedenis van Frankryk ongesiens verbygegaan, want geen haan het ooit daarna gekraai nie. Maar wat hierdie voorvalle nou so uitsonderlik maak is die besondere geleë tyd. Na afloop van die Sewejarige Oorlog was opspraakwekkende nuus maar aan die skraal kant. Nou was hierdie nuwe gebeurtenis water op die pers se meulens. Veral die plaaslike Courrier d’Avignon, daarna La Gazette de France en uiteindelik die internasionale koerante het hieruit munt geslaan. Binne enkele maande word honderde artikels geplaas wat die hele aangeleentheid in ‘n egte strokiesprentreeks laat ontaard.

Wha-ha! Weer uitgevang!

Après la guerre, c’était l’hystérie!  En hoe is daar nie jag gemaak op al wat wolf is nie? Mon pauvre loup.

Komies en indrukwekkend. Die wolwestorie het byna 3 jaar aangehou. Die nuus van COVID-19 skaars ‘n maand of twee. En wat ‘n meevallertjie kry die media toe nie? Soos ‘n rype appel in sy skoot!

Maar moenie kom kommer nie, liewe leser. Oor ‘n maand of wat is George Floyd ook, saam met sy liggaam, ‘n vae figment, met sy, soos die BBC-tannie hom toegedig het, ‘legacy’. Net nog ‘n statistiek. Soos met elke betoging wat in Suid-Afrika nog gewoed het. En elke kosvragmotor wat omgekeer en geplunder is. Probeer my, of eerder, die geskiedenis verkeerd bewys, ag toe?

Maar kom kyk na die Post van 7 November 1964, bl. 10. Die woorde van Martin Luther King aan die woord:

In a period of turbulence, mistakes, which under other circumstances might have been contained, are frequently made worse by unexpected developments. This occurred when some elements who had never been a part of the civil-rights movement erupted in violence in the subways and on the streets in New York and other cities. The headlines of a sensation-seeking press enlarged essentially small events to the level of catastrophes.

These exaggerations obscured the fact that crime lives in the heart of all large cities. The irritating deeds of certain irresponsible civil-rights forces, and the senseless violence in which the perpetrators were Negro, merged in the minds of many people. For a large section of the population, Negroes became a menace. The physical safety of people who must use the streets and subways is closer to them than the abstract questions of justice for a minority, however appalling its grievances. Civil-rights leaders cannot control crime. They can control the demonstrations they initiate, however.

They have a responsibility to maintain discipline and guidance so that no one is able to confuse constructive protest with criminal acts, which all condemn. The ghetto has hidden many things from whites, and not the least of these is the rampant racketeering that has a sanctuary in the slums and corrupts the ghetto’s already miserable life. The mayors of troubled cities who look only into Negro excesses for the causes of unrest would do well to look critically into their own law-enforcement agencies.

In 1963, at the time of the Washington march, the whole nation talked of Negro freedom and the Negro began to believe in its reality. Then shattered dreams and the persistence of grinding poverty drove a small but desperate group of Negroes into the swamp of senseless violence. Riots solved nothing, but they stunned the nation. One of the questions they evoked was doubt about the Negro’s attachment to the doctrine of nonviolence. Ironically, many important civic leaders began to lecture Negroes to adhere to nonviolence. It is important to recall that Negroes created the theory of nonviolence as it applies to American conditions. For years they fought within their own ranks to achieve its acceptance. They had to overcome the accusation that nonviolence counselled love for murderers. Only after dozens of Birminghams, large and small, was it acknowledged that it took more courage to employ nonviolent direct action than impetuous force.

Yet a distorted understanding of nonviolence began to emerge among white leaders. They failed to perceive that nonviolence can exist only in a context of justice. When the white power structure calls upon the Negro to reject violence but does not impose upon itself the task of creating necessary social change, it is in fact asking for submission to injustice. Nothing in the theory of nonviolence counsels this suicidal course. The simple fact is that there cannot be nonviolence and tranquillity without significant reforms of the evils that endangered the peace in the first place.

It is the effort of the power structure to benefit from nonviolence without yielding meaningful change that is responsible for the rise of elements who would discredit it. Is the dilemma impossible of resolution? The best course for the Negro happens to be the best course for whites as well and for the nation as a whole.

Nou toe nou, die dialektiek van geweld. Beteken dit die Afrikaner (‘n minderheidsgroep in Suid-Afrika) kan nou links en regs geboue opblaas soos hy lus kry omdat hy veronreg voel? Maar nee, daarvoor het hy reeds te veel belasting betaal en om die ekonomie te laat skade ly, skaad hy net homself en sy medelandsburgers. Maar weer, dit was moontlik ‘n tydperk in Amerika toe Amerikaners, net soos in Suid-Afrika, min inkomstebelasting betaal het. Dit was immers nog lank voor die maatskaplike toelaes deur die regering uitgedeel is, soos in Europa begin is. En tog, as ons mekaar se huise afbrand… sit ons albei sonder dak.

King kom met ‘n ander voorstel, naamlik werkskepping, wat absoluut niks dui op Swart Ekonomiese Bemagtiging nie.

There must be a grand alliance of Negro and white. This alliance must consist of the vast majorities of each group. It must have the objective of eradicating social evils which oppress both white and Negro. The unemployment which afflicts one third of Negro youth also affects over 12½  percent of white youth. It is not only more moral for both races to work together but more logical. One argument against a grand alliance holds that the shortage of jobs creates a natural climate of competition which tends to divide, not unify. If those who need jobs regard them as bones thrown to hungry animals, a destructive competition would seem inevitable. However, Negroes certainly do not want nor could they find the path to freedom by taking jobs from the white man. Instead, they want the white man to collaborate with them in making new jobs. This is the key point. Our economy, our resources are well able to provide full employment. It has also been argued that while alliances for economic advancement can be achieved, several “subjective questions” such as housing and schools will be more stubborn. But these questions are based upon a myth, not reality. Just as Negroes would be foolish to seek to overcome 90 percent of the population by organizing their 10 percent in hostile combat, whites would be equally foolish to think that the Negroes’ 10 percent is capable of crowding the schools and neighborhoods of 90 percent.

The majority of Negroes want an alliance with white Americans to tackle the social injustices that afflict both of them.

If a few Negro extremists and white extremists manage to divide their people, the tragic result will be the ascendancy of extreme reaction which exploits all people. For some Americans deluded by myths, the candidacy of a Goldwater seemed a solution for their ills. Essentially he identified big government, radicalism and bureaucracy as the cause of all evils. Civil-rights legislation, in his view, is not a social necessity- it is merely oppressive big government. He ignored the towering presence of discrimination and segregation, but vividly exaggerated crime in the streets. The poverty of the Negroes, he implied, is due to want of ambition and industry. The picture that emerged to delight the racist was that of undeserving, shiftless, criminally dangerous radicals who have manipulated government for their selfish ends, but whose grievances are largely fanciful, and will wither away if left to the states.

King was nooit ‘n Republikein of ‘n Demokraat nie, hoewel daar gedeeltes wat ek hierbo lees [as mens die kultuurbotsings van integrasie nou oor die hoof sien] in vandag se terme duidelik nader staan aan die party van Donald Trump. En dit skryf hy in ‘n tydskrif, The Saturday Evening Post wat, te oordeel aan die advertensies met hoofsaaklik blankes in, miskien as “blankgerig” beskou kon word?

Terwyl ons nou by hierdie onderwerp is. Die ironie van die saak is juis dat die internet elkeen ‘n platform gun, ‘n seepkissie, ‘n podium waarop elkeen sy longe kan uitskree, wat destyds nie daar was nie. Ek is reg, ja? Ook jy, liewe leser, kan briewe aan PRAAG skryf en jou sê sê.

Nou, waarom op dees aarde moes Paw Patrol, ‘n kinderprogram (die word ‘Kanada’ lui ‘n klokkie), op Twitter sê:

https://twitter.com/pawpatrol/status/1267808607694917633

Is dit ‘n siek grap? As die hoofstroommedia, Kanada en Hollywood ‘n skuldgevoel het omdat hulle nie genoeg diverse groepe op hul puntekaart op meganiese wyse verteenwoordig nie, dan is dit hulle probleem, nie myne nie. Jy kon lankal soos Drum, You, Huisgenoot en Kuier asook die ander Caxton-blaaie vervolmaak het in hul onderskeie teikengroepe en alles bied wat daardie groepe wil hê (want jy het verskillende belangegroepe, duh!). Ek gaan nie die berge inhol agter ‘n storie aan nie, want dit is nie my werk nie. Dis joune as joernalis. As jy met geweld jou skuldgevoel op my wil kom afdwing, gaan ek met ewe veel geweld die rooi knoppie druk en my geldkraantjie toedraai om jou bek finaal stil te maak. Die wêreld sal my later ewig dankbaar wees omdat ek hom van jou gesanik verlos het.

Met ander woorde, mense, dis 57 jaar sedert Martin Luther King en niks het verander nie. Die massahisterie van Twitter gaan weereens weinig of op niks uitloop. Die geraas sal oorwaai. Sit gerus agteroor en skink vir jou solank ‘n glasie gemmer en hoor die voëltjies tjirp. Die mossies, bedoel ek nou. Luister hoe die gras groei…. Salig, is dit nie?

Twitter bied geen plek vir debatvoering nie

Trevin Wax skryf reeds in 2014:

In recent months, we’ve seen the rise of “the Twitter Battles” around hot-button issues like Hobby Lobby, gay marriage, religious freedom, evangelical orthodoxy, etc. They tend to develop this way:

·         A well-known person with a large following from a particular tribe says something shocking or inflammatory, intended to provoke a response from his or her ideological opponents.

·         Or the battle begins when one well-known person engages another well-known person on a hot-button issue where emotions run high.

·         The two ideological opponents banter back and forth a few times, reducing the complexity of their views into 140-character soundbites.

·         The followers from both tribes act like fans in the stands, cheering on their hero either by praising them or by bashing their opponents.

·         Everyone gets properly outraged and the conversation ends wearily.

I know what a Twitter battle is because I’ve engaged in them a time or two. After the last one, I came to the realization that these online interactions are virtually useless in creating and sustaining real and meaningful conversations about highly-charged issues.

Twitter is a place for conversation, but once we go into battle mode, I think the legitimate conversation is already over. Twitter battles are like putting on a spectacle for the perverse pleasure (or dismay) of the Twitter audience. Has anyone watching one of these debacles ever said,

“You know what? You convinced me! I’m wrong and you’re right.” No one. Ever.

[…]

Chat and instant messaging can be an efficient form of communication within an organization, but Twitter is like a public chat with cheerleaders on both sides expanding the conversation until the balloon becomes full of hot air. The continually buzzing phone is a magnet that draws us into a vortex of increasingly hostile rhetoric until the true lines of division are hidden behind masks of outrage.

Twitter is a platform I enjoy and benefit from. But Twitter battles are another thing altogether. They simply serve to reinforce the worst stereotypes about us and our ideological opponents. That’s why we should yearn for thoughtful interaction with each other’s points of view, not immediate and incendiary reactions (and all sides of a debate can be guilty of this!).

Twitter may be the place where good interaction begins, but our time would be better served if we continued important conversations elsewhere.

So Twitter is eintlik net daar om ‘n klip in die bos te gooi? En wag vir die vyftig helhonde wat op jou losgelaat gaan word.

Ek stem ook nie saam dat “klets” doeltreffend is nie. Veral nie wat tyd betref nie. Terwyl ek eendag aan my skrywersvriend ‘n brief skryf, het ek bereken 12½ minute klets gaan jou veel minder inligting bied (veral met die lang wag vir die persoon om terug te skryf) as ‘n goed beredeneerde kant en klaar opstel wat ook 12½ minute lank is, dit wil sê 2 500 woorde.

Twiets verskaf net min genoeg inligting vir ‘n reaksie. En ‘n teenreaksie. En nog ‘n reaksie, ens. ens. ens. Soveel kosbare tyd wat verlore gaan, dink jy nie so nie? Ek ruik ‘n samesweringsteorie om die Weste, nee, die hele wêreldrond, te vertraag.

Selfs nadat die getal tot 250 lettertjies per twiet vergroot is, het dit steeds nog niks gebaat nie. Die misverstande en die aggressie het nie opgehou nie.

As dienende eksemplaar, die uitsonderlike debat tussen Elon Musk (tegno-slimseun), Ivanka Trump (die presidentsdogter van Amerika) en Lilly Wachowski (die regisseur van die Oscar-wenner The Matrix en voorheen deel van die Gebroeders Wachowski, nou die Wachowski-susters):

https://twitter.com/lilly_wachowski/status/1262104754496339968

Verstommende intellek! Die toppunt van menslike vernuf! Dit het duisende jare se geswoeg en gesweet geduur om uit die diktatuur van die natuur te beweeg om hierdie punt van beskawing te bereik. Genoeg om Sofia, die godin van wysheid, se water te laat breek om partenogeneties haar eie replika in mensevorm voort te bring! Wat ‘n seën vir die mensdom!

So ook die logika van die mense verstom my.

Goed soos “ondersteun swart besighede!” ‘n Slagspreuk. Nie ‘n argument nie. ‘n Slagspreuk. Ons almal weet die aanvoorders bedoel dit nie regtig nie, want dit gaan teen die hele grein van sakesin in. ‘n Sakeman sal dit aflag. Wat ‘n sakeman in die eerste plek soek is nie ras nie, maar resultate. Wat die media dus eintlik mee te koop loop is: “swartes is so sleg dat ons blankes moet aanmoedig om by hulle te gaan koop”. Want ‘n goeie perd verkoop mos homself! Logies. En dit bly steeds jou volste reg om nie by ‘n plek te gaan koop nie. Of juis te gaan koop. Tydens die Spur-boikot, weens daardie rasseherrie, kon blankes steeds besluit het: “Gaaf. Nou sal die restaurant stiller wees, so, meer plek vir my.” Dis nou as jy kans sou sien om soveel vir ‘n wafel met bolletjie roomys te betaal as vir ‘n tweeliterhouer roomys in die supermark net langsaan.

Maar terug by die slagspreuk.

Ten eerste: hoe weet jy of ‘n besigheid aan ‘n swart man of vrou behoort as jy op die internet rondsoek? Algemene spreekwoord: “On the internet, nobody knows you’re a dog”.

Ten tweede: Ek werk, soos die res van die mensdom, volgens ‘n aangepaste homo oeconomicus beginsel wat aanvoer “die beste produk teen die beste prys op die beskikbare tyd waarvan mens bewus is, met die minste probleme en met die meeste gerief teen die vinnigste tyd.” Ek het byvoorbeeld eers skaam-skaam aanlyn begin koop by ‘n verkoper, nadat ek die produk gegoogle het, maar later bou jy sakevertroue op en koop selfs meer van die verkoper. Van die verkoper se kant word afslag toegestaan, ens. ens. ens. Vind jy ‘n goedkoper prys elders steek jy eers bietjie voelers daar uit… Dis hoe die lewe werk. Vryheid van keuse, noem hulle dit.

Nie eers die bekendes met ‘n aanhang gebruik Twitter baie nie

Waarmee hou die skoonhede en aktrises Monica Bellucci en Milla Jovovich hulle besig? Op hul Twitterblad gaan daar werklik nie veel aan nie. Bellucci stuur hoofsaaklik eksklusiewe foto’s van haar mooie lyf (want dis wat modelle doen) en Jovovich is meer doenig op Instagram (ook nie so baie nie, want sy moet seker haar gesin(sfoto’s) beskerm).

En, onder die meer regsgesindes, het ons die Fransman Jean Raspail wat, te midde van Steve Bannon se vermelding van sy boek, ook nie juis veel wêreldwye aandag getrek nie en dus ook nie veel doenig op Twitter is nie. Ek laat my nie vertel dis die Franse taal nie.

Ek dink ‘n probleem is die boodskappe met die aapstert. As jy op Facebook op iemand se muur ‘n boodskap skryf, is dit, tensy jy dit anders wil hê, onmiddellik beskikbaar vir almal om te lees en op kommentaar te lewer. By Twitter moet die ontvanger eers jou boodskap hertwiet voordat ander dit te siene kan kry.

As jy nou werklik nuuskierig is kan jy byvoorbeeld ou boodskappe tussen twee persone soek, wat ‘n voordeel is bo Facebook (dink ek): byvoorbeeld “(from:danroodt) (to:helenzille)” in die soekbalk. Maar jou gemiddelde Twittergebruiker is nie so intelligent nie.

Twitter en tydmors is sinoniem

Het Twitter al enige huis of kantoor gebou? Nee.

Trek Twitter die onkruid in die tuin uit? Nee.

Was Twitter die skottelgoed en wasgoed en motor? Nee.

Skryf Twitter jou eksamen? Nee.

Dra Twitter by tot jou pensioen? Nee.

Kan ek Twitter op my CV aanbring? Nee.

Kan ek Twitter-plasings op Wikipedia gebruik as bron? Nee.

Kan ek Twitter-plasings in my akademiese werk gebruik as bron? Nee.

Is ‘n monument al ooit daarmee gebou? Ook nie.

Kan ek enige mens se hele Twitterblad gemaklik aflaai? Nee. Ek het al probeer. Dit werk nie.

Kan ek vriendskappe daar bou? Nee, jy kan wel komplimente uitdeel aan vreemdes en potensiële bondgenote, maar dit kos véél, véél, véél meer as 500 twiets voordat iemand respek vir jou kry, watwou nog ‘n bloedeed sweer? Jy sal waarskynlik met ‘n lys kontakte sit wat eintlik maar aandag- en smartvrate is.

Kan mens om taalhulp vra oor die sinonieme “ensis” en “gladius”; “capillus” en “coma” en “crinis”; “ater” en “niger”; “albus” en “candidus” en “niveus”; “at” en “sed”; “fluvius” en “amnis”? ‘n Besliste nee.

Kan ek kritiese gesprekke voer in opstelvorm wat goed beredeneerd is? Nee.

Kan ek soos op Amazon produkte resenseer wat ek daar gekoop het? Nee.

Kan Twitter ‘n boek skryf of resenseer? Nee.

Het Twitter presidente gesink? Nee. Maar mev. Zille het gekrul (dit was ‘n aangeleentheid binne die party self, wat absoluut niks met my of my beker rooibos te make het nie).

Het Twitter ‘n invloed op verkiesings? In Suid-Afrika beslis nie, want daar is véél, véél, véél minder Suid-Afrikaners met ‘n Twitterrekening as ‘n Facebookrekening. Verder moes ek letterlik eers gaan soek vir ‘n persoon of organisasie voordat ek hom/haar kan volg of sy gesprekke deurlees. Jou gemiddelde Suid-Afrikaanse stemmer besit tien teen een nie eens ‘n yskas nie. Maar ten minste kry die joernaliste (wat in ‘n borrel van “imagined communities” leef) nou uiteindelik ‘n goedkoop sappige happie om oor te skryf. Die nuus kom nou sommer na hulle toe. “Dank die hemel, want ek is so nie lus om nou Hillbrow toe te ry nie.”

Het Twitter sowaar enige nut onder die son? Die vet weet. Al waaraan ek kan dink is die plaasmoorde waarvan die Hollanders nou meer bewus word.

Gevolgtrekking

Oor die algemeen is Twitter nie eintlik uitgeknip vir intelligente mense nie, maar vir rustelose sensasiesoekers met identiteitsprobleme. Wat aanvanklik ‘n wonderlike webwerf kon wees om tred te hou met die allerjongste projekte ens. het heeltemal ontaard.

En Twitter probeer tog so hard om jou op sy webwerf te hou, vir advertensiegeld. Geld is tog waaroor dit gaan, het jy nie geweet nie? Sy tegnologie wat jou belangstellings dophou is genoeg om enige mens ongemaklik te laat.

Ek het reeds uitgeteken en gaan nou vir ‘n maand wag vir die hele bohaai om oor te waai.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.