Leon Lemmer: Vryheid van uitdrukking, anders die tirannie van stilte

Een van die Mohammed-spotprente wat deur Jyllands-Posten gepubliseer is
Deel op

Flemming Rose (gebore in 1958) is ‘n Deense joernalis. Een van sy groot bates is dat hy op universiteit Russies bestudeer het en dit goed magtig is. Hy het met ‘n Russiese vrou getrou. Aanvanklik was hy die buitelandse korrespondent van die koerant, Berlingske Tidende, eers in Moskou (1980-1996) en daarna in Washington DC (1996-1999). Hierna was Rose die buitelandse korrespondent van die Deense koerant, Jyllands-Posten, in Moskou (1999-2004) en toe die redakteur vir kultuur (2004-2010) en later vir buitelandse sake (2010-2015) van dieselfde koerant in Kopenhagen. In 2017 het Rose ‘n senior genoot van die konserwatiewe Cato Institute in Washington DC geword.

Mohammed-spotprente

Op 30 September 2005 het Rose 12 spotprente van Mohammed en Moslems in Jyllands-Posten gepubliseer. Die aanleiding was dat die skrywer, Kåre Bluitgen (gebore in 1959 – hy het al Suid-Afrika besoek), nie ‘n illustreerder kon vind vir ‘n kinderboek wat hy oor Mohammed geskryf het nie. Die illustreerders was bang vir Moslem-weerwraak, want Mohammed mag ingevolge die Islam-geloof nie uitgebeeld word nie. Rose is sterk teen selfsensuur gekant en het gevolglik 40 spotprenttekenaars uitgenooi om tekeninge van Mohammed te maak en aan die koerant vir publikasie voor te lê. Dit blyk toe dat verskeie van hierdie tekenaars dit nie wou waag om deel te neem nie.

Die spotprent wat die grootste verontwaardiging uitgelok het, was die een van Kurt Westergaard (gebore in 1935) wat Mohammed as ‘n Moslem-terroris met ‘n bom in sy tulband uitgebeeld het. Die heftige, insluitende gewelddadige, reaksie van Moslems het eers aan die begin van 2006 momentum gekry. Soos in die geval van Rose, verskyn Westergaard se naam op ‘n Moslem-moordlys. Hulle het doodsdreigemente ontvang. Hulle het wêreldbekend geword, maar teen ‘n duur prys. Daar was aanslae op Westergaard se lewe. Hy geniet sedertdien voltydse polisiebeskerming.

Tydens die Moslem-reaksie is meer as 250 mense gedood, kerke en Deense ambassades aangeval en boikotte van Deense produkte gepropageer. As ‘n demonstrasie van persvryheid is die spotprente deur ander publikasies hergepubliseer. In 2015 het hierdie gebeure deels tot die Charlie Hebdo-slagting aanleiding gegee (Praag 30.05.2020). In 2015 het Jyllands-Posten dit egter nie gewaag om die gewraakte spotprente weer te publiseer nie. Veiligheidsoorwegings is as rede aangevoer. Dit val saam met Rose se verskuiwing van kultuur na buitelandse sake by hierdie koerant. Dit is duidelik dat die koerant se redakteur besluit het dat hulle genoeg vanweë Rose se aktiwiteite gely het. Dit verduidelik ook waarom Rose later na Amerika verhuis het.

Die Amerikaanse Grondwet, wat in 1789 in werking getree het, se eerste wysiging is in 1791 aanvaar en lui soos volg: “Congress shall make no law respecting an establishment of religion, or prohibiting the free exercise thereof; or abridging the freedom of speech, or of the press; or the right of the people peaceably to assemble, and to petition the Government to a redress of grievances.” Hierdie bepaling het heel moontlik as rigsnoer vir Suid-Afrika se 1996-Grondwet gedien, maar baie van die inwoners weet nie hoe om vreedsaam te betoog nie en griewe word dikwels, selfs by voorkeur, gewelddadig gelug. Rose beskou Amerika as die toonaangewende land wat vryheid van uitdrukking betref, maar dit is eienaardig dat juis Amerikaanse koerante en tydskrifte hulle van die herpublikasie van die Deense spotprente weerhou het.

In Denemarke word die veiligheidsituasie negatief deur die groot aantal Moslem-inkommers beïnvloed. Die veranderde gesindheid by Jyllands-Posten toon dat dreigemente van geweld en werklike geweldpleging vir Moslems die resultate lewer wat hulle begeer – net soos die terrorisme van die ANC die begeerde resultaat opgelewer het, naamlik om politieke beheer oor Suid-Afrika te verkry. Die Moslems, soos die ANC-kornuite, het hulle as meesters van intimidasie bewys, pleks van tot positiewe prestasie in staat te wees. Die koelbloedige sluipmoord op die Nederlandse rolprentvervaardiger, Theo van Gogh (1957-2004), deur ‘n Marokkaanse Moslem, oefen sedertdien veral in Europa groot invloed uit.

Onderliggend is daar natuurlik die euwel van politieke korrektheid; dat niks negatiefs oor nieblankes gesê of selfs gedink mag word nie, al stuit die gedrag van inkommers tradisionele Europeërs daagliks voor die bors. Rose redeneer dat Moslems dieselfde as ingesete inwoners behandel moet word. Met die Christelike religie en Christene word dikwels die spot gedryf, gevolglik moet Moslems aanvaar dat in Europa ook met hulle en Islam die spot gedryf mag word, anders maak Moslems daarop aanspraak dat daar ten gunste van hulle en hulle godsdiens gediskrimineer moet word. Dit is Rose se eerstehandse ervaring van toestande in Rusland wat hom aanspoor om teen selfsensuur en staatsensuur te velde te trek. Hy wil die vrye uitwisseling van inligting, bv idees, bevorder.

Rose erken dat die spotprente aanstoot kon gee, maar as net wat nie-aanstootlik is gepubliseer mag word, sou baie minder inligting in die openbare domein beland. In die pers is daar daagliks berigte wat vir my afstootlik is, bv as selfdegeslag- en rasgemengde huwelike verheerlik word, of terroriste hemelhoog geprys word. Maar ek moet volwasse genoeg (probeer) wees om te aanvaar dat daar verskil van mening oor baie sake is en dat ek nie verantwoordelikheid of skuld vir ander mense se dwaasheid hoef te aanvaar nie.

Dit lyk asof vryheid van uitdrukking wêreldwyd ingekort word; asof die linkse, liberale, polities byderwetse narratief toenemend feitlik die enigste een is wat versprei word. Gelukkig is daar die internet wat deesdae met bv sy sosiale media alternatiewe standpunte versprei. In hierdie opsig vervul Praag ‘n onontbeerlike rol. Sonder Praag sou daar byna geen ander stemme as dié van Naspers/Media24/MultiChoice en die SABC in Afrikaans beskikbaar gewees het nie.

Rose het aanvanklik die frase “freedom of speech” gebruik, maar in die letterlike sin is dit te beperkend omdat die aanleiding vir sy kruistog spotprente was. Later het hy soms eerder die omvattender frase “freedom of expression” gebruik. In laaste instansie het uitdrukking sy grondslag in wat gedink word. Sedert 1994 ervaar ons plaaslik dat die ANC-regime, met sy marxistiese sug na gesentraliseerde beheer, graag ons (veral Afrikaners) se denke wil beheer. Ons mag eintlik nie dink swartes is onbekwame regeerders nie. Ons mag eintlik nie dink dat swartes anders (sê maar bv minder kundig, kreatief of vindingryk) as blankes dink nie, ens.

Verder poog die ANC-regime om beheer uit te oefen oor die woorde wat ons gebruik om uitdrukking aan ons gedagtes te gee. Sommige geykte, hoogs doelmatige woorde is verbode verklaar. Suid-Afrika is dalk die enigste land waarin die gebruik van ‘n enkele woord (ses letters) jou jare se tronkstraf op die hals kan haal. Desnieteenstaande word terselfdertyd beweer dat ons groot era van vryheid in 1994 aangebreek het. As jy te vryelik uitdrukking gee aan gedagtes wat nie polities byderwets genoeg is nie, kan dit van owerheidsweë as haatspraak geëtiketteer word. Dan kan die onverkwiklike Menseregtekommissie jou lastig val, op allerhande maniere probeer afdreig en selfs sorgdra dat jy bv beboet en heropgevoed word. Dit grens aan Stalinisme.

Rose het sy geskrifte oor veral selfsensuur in ‘n boek saamgevat: The tyranny of silence (Washington: Cato Institute, 2014, 240p; Amazon Kindle $9,19). Op die omslag is die newetitel: “How one cartoon ignited a global debate on the future of free speech.” Die spotprent waarna in die newetitel verwys word, is dié van Kurt Westergaard. In die teks blyk die moeite wat Rose gedoen het om sy idees uit te dra; veral in Europa, maar ook in Amerika. Hy het onderhoude met talle deskundiges in verskeie lande gevoer. Ek het gewonder in hoeverre Jyllands-Posten sy reis- en verblyfkoste gedra het. Maar die uiteinde van die saak was dat die redakteur sy steun aan Rose se veldtog onttrek en hy as joernalis bedank het.

Uitdrukkingsvryheid

Flemming Rose het ‘n duidelike uiteensetting gegee van die kern van sy idees in ‘n lesing wat hy op 19 Januarie 2017 gelewer het: Attacks on freedom of speech in today’s world (Guatemala: Universidad Francisco Marroquín, 2017, 23p; Amazon Kindle $1,14). Hy is uiters pessimisties oor die vooruitsigte van uitdrukkingsvryheid. Hy verwys na die talle lande wat wetgewing teen sogenaamde haatspraak aangeneem het. “What is hate speech to one man may be poetry to another.” “Hate-speech laws quite often turn out to be a way of enforcing the social norms of one group, of what they believe is right and not right, on everybody else.” Dit is ongetwyfeld die geval in Suid-Afrika. Dit is eintlik net blankes wat, volgens die ANC se insig, hulle aan haatspraak skuldig kan maak. Byvoorbeeld, Julius Malema kom elke keer skotvry daarvan af as blankes dink dat hy hom doelbewus en uittartend aan haatspraak skuldig gemaak het.

Flemming Rose toe hy in Suid-Afrika was en by die Universiteit van Kaapstad weggewys is

Die internet is dié ideale instrument vir uitdrukkingsvryheid. In verskeie lande word daar egter gepoog om beheer uit te oefen oor die inligting wat oor die internet versprei word. “This should not surprise us. It’s been this way all the way throughout history every time we have seen a development of new communication technology, be it the printing press in the fifteenth century, the invention of the radio or television or the telefax.”

“Fundamentally, you can divide the approach to free speech into two fundamental ways of understanding it, handling it, and approaching it. There is one way of looking at free speech that implies that freedom of expression is not any special right. It’s a right like many other rights and the right to freedom of expression has to be balanced against other rights. It means that freedom of expression is seen as an instrument to achieve some higher purpose. It’s not a value in and by itself. We can limit it – the government has the right to limit it according to this view – to serve the interests of democracy, the truth, social peace, equality, the fight against hate or racism, security, protection of the nation, and other things.” Dit is ongetwyfeld die standpunt van die ANC-regime.

“The other way to look at it – as I do – is to see free speech as an individual right that has not been given to us by the state and therefore cannot be taken away from us by the state, even though many states do so. I think free speech is a right and a value in and by itself. The only country where this is expressed in the constitution is the First Amendment to the Constitution of the United States. In the United States you cannot balance freedom of expression against other rights.”

“Freedom of expression is just not a political right. It is about who we are as human beings because what makes human beings different from other beings is that we have the capacity of language.” “If you infringe upon that right, that is really human and defining of the human, you are not only committing a political crime, you are also committing a crime against human nature.” Die ANC-regime en ander ANC-kamerade kom graag met die valse beskuldiging vorendag dat apartheid ‘n misdaad teen menslikheid was. In soverre ons uitdrukkingsvryheid sedert 1994 aan bande gelê word, is dit die ANC-regime wat ‘n misdaad teen die fundamentele aard van ons as mense pleeg.

“So I think that freedom of expression is something very, very fundamental. And it’s based on an understanding of the individual as a morally autonomous human being that has the capacity to make up its mind about what to say and how to understand and react to what other people say and think. I believe that no politician, no individual, no group, no opinion should have the power to hide speech and opinions from us because they think that we can’t handle it and we are not able to choose for ourselves how to react. So in that sense I believe that freedom of expression is also about human dignity. We should treat one another as grown-ups, as independent autonomous individuals, not as children or immature creatures or robots. Our dignity is taken away if the state has the power to decide what we are allowed to hear and say. And I believe that it leads to an infantilization of our society and our lives and it undermines our opportunity to develop the moral autonomy that accompanies a free and responsible life.”

Ek dink Rose is hier ooridealisties en dus onrealisties as hy die idee van die outonomie van individue na alle lande sou uitbrei. Hy dink ingevolge die opset in Europa. In Suid-Afrika sit ons met ‘n groot ongeletterde bevolking wat in baie gevalle glad nie in staat is om bv ingeligte besluite te neem nie omdat hulle nie oor die nodige inligting en soms selfs insig beskik nie. Hulle kan by voorkeur impulsief handel en hulle eerder deur emosie as rasionaliteit laat lei. In so ‘n opset is demokrasie gebaseer op algemene stemreg, met stemme van gelyke waarde in ‘n eenheidstaat, fataal, soos sedert 1994 maar alte duidelik blyk. Individuele vryheid kan nie heeltemal onbeperk wees nie. Byvoorbeeld, ‘n individu behoort nie sy vryheid op so ‘n manier uit te leef dat dit die vryheid van ander inkort nie. In die praktyk kan dit nodig wees om uitdrukkingsvryheid in enkele opsigte te beperk. Rose krabbel dus ietwat terug van sy verabsoluterings in die vorige paragraaf as hy vervolgens juis hiervoor voorsiening maak.

“If you execute this principle, ‘if you accept my taboo, I’ll accept yours,’ in a consistent way, you will end, I believe, with a tyranny of silence, because there will not be anything that some people out there will not find offensive at some point, and then they can play the taboo or the insult card and ask you to shut up. So I think that is the wrong way. Even though it sounds nice, it will be a disaster. The other way to go is to ask ourselves what are the minimal limitations we need on speech in order to be able to live together in peace, without compromising fundamental liberties like freedom of religion and freedom of speech.” “I believe that we need some limitations but there are too many in most countries in the world.”

Rose verklaar hom vervolgens ten gunste van drie beperkings op uitdrukkingsvryheid. “I believe that incitement to violence should be a criminal offense … I also believe that it’s okay to have libel laws … And, finally, I also think that we have a right to protect our privacy in the sense that the media and other people should not have a right to make public everything about our private lives without consequences.”

Akademiese vryheid

Tydens die Covid-19-pandemie het dit weer duidelik geblyk dat universitêre outonomie sedert 1994 eintlik nie meer in Suid-Afrika bestaan nie. Die minister van hoër onderwys reik eenvoudig instruksies aan al die universiteite uit en hulle kom dit soos gebruiklik gedwee na, sonder om te mor of te kla, want hulle weet dat die ANC-regime al openlik verklaar het dat die toekenning van staatsubsidies afhanklik van absolute gehoorsaam aan sodanige instruksies is. “On the level of the formal regulation of institutional autonomy, the ANC is seeking to achieve a far greater centralised control of the universities than any apartheid government dared to dream” (John Higgins, bron hier onder, p 60-61). “The ANC government seems bent on repeating the damage to academic freedom and university autonomy characteristic of much recent African experience” (68).

Die ANC-regime verwag waaragtig van universiteite dat hulle “should demonstrate how they have met national policy goals and priorities” (72). Sulke buitensporige en onregverdigbare verwagtinge is nooit deur die NP-regering van universiteite gekoester nie. Maar daar is hoegenaamd geen verset teen die ANC-regime van die kant van die universiteite nie. Die bose ANC-regime kan dus ongesteurd voortgaan om die skroef al hoe stywer te draai. In hierdie klimaat van ANC-gedienstigheid is daar ook bitter min sprake van die uitlewing van akademiese vryheid.

“The contradictions between academic freedom and political militantism … have been a fundamental cause for the loss of the best academic talent in most Third World countries” (130). Dit geld nie net die dosente nie. In die nuwe Suid-Afrika is dit veral akademies bekwame blanke kandidate wat nie eens toelating tot universitêre studie gegun word nie, omdat om politieke redes voorkeur aan akademies swakker swart kandidate gegee word. Dit word gedoen ten spyte van die bewese feit dat die sukseskoers van blanke studente baie beter as dié van swartes is.

Rose se paaie het met dié van Suid-Afrika gekruis toe in 2015 besluit is om hom te vra om in 2016 ‘n lesing oor akademiese vryheid aan die Universiteit Kaapstad te lewer. Die rektor, Max Price, het egter ‘n stokkie daarvoor gesteek omdat hy bang was dat dit tot onrus op die kampus kon lei. Uit vrees vir geweldpleging is Rose se vryheid van spraak aan bande gelê. In die plek van Rose se boodskap is daar dus niks nie – die tirannie van stilte – terwyl geweld en dreigemente van geweld, die gunsteling stokperdjie van so baie Suid-Afrikaners, weer geseëvier het.

John Higgins se boek, Academic freedom in a democratic South Africa: Essays and interviews on higher education and the humanities (Johannesburg: Wits University Press, 2013, 272p, R320), gee insig in die huidige toedrag van sake. Daar is nie ‘n Kindle-weergawe van die boek nie. Die teks is onder meer gebaseer op artikels wat voorheen gepubliseer is en is nie altyd sterk op akademiese vryheid gefokus nie. Higgins was toe ‘n kollega van JM Coetzee in die departement Engels aan die Universiteit Kaapstad. Coetzee het die voorwoord geskryf.

Op die agterkant van die boek word die teks soos volg gekarakteriseer: “This book argues that the core content of academic freedom – the principle of supporting and extending open intellectual enquiry – is essential to realising the full public value of higher education, and emphasises the central role that the humanities, and the particular forms of argument and analysis they embody, bring to this task.” Die ironie is dat veral in Amerika die studie van die humaniora, maar ook die sosiale wetenskappe, deesdae mank gaan aan allerhande beperkinge. Daar word van dosente verwag om die studente vooraf te waarsku as hulle dalk iets gaan sê wat ontstellend mag wees terwyl die studente hulle ook kan terugtrek in veilige ruimtes waar hulle hulle dogmas ongehinderd kan koester, ens.

Die afwysing van Rose as spreker in 2015 was nie ‘n nuwe verskynsel aan die Universiteit Kaapstad nie. Toe Stuart Saunders die rektor was, is die Ierse anti-apartheid aktivis, Conor Cruise O’Brien (1917-2008), in 1986 verbied om met die aanbieding van lesings voort te gaan omdat hy hom teen die internasionale akademiese boikot van Suid-Afrika uitgespreek en gevolglik protes op die kampus ontlok het (p 19). O’Brien se standpunt was: “Nobody who is a liberal could endorse an academic boycott” (26). In sy boek, On liberty (1859), kom John Stuart Mill (1806-1873) met die volgende belangrike stelling vorendag: “We can never be sure that the opinion we are endeavoring to stifle is a false opinion; and if we were sure, stifling it would be an evil still” (31). In die huidige era van fopinligting sal die laaste sinsnede seker minder entoesiasties as voorheen ondersteun word. Met verwysing na Ludwig Wittgenstein (1889-1951) se begrip van “family resemblance” in taal skryf Higgins tereg: “Concepts derive a great deal of their meaning from the circumstances in which they are used” (39).

“The African National Congress (ANC) in power seemed to be reproducing the Afrikaner reduction of the universities to instruments of state policy in ways that meant the ‘English’ conception of academic freedom – struggled for during the apartheid years – was an inconvenient ideal” (45). Dit is duidelik dat Higgins polities erg linksgesind is. Die marxistiese Raymond Williams (1921-1988) was een van sy mentors (100). Maar Higgins het genoeg objektiwiteit om tot die gevolgtrekking te kom dat die era ná 1994 “to the detriment of academic freedom in both principle and practice” is (43). “For [Thomas Benjamin] Davie, academic freedom meant ‘our freedom from external interference in (a) who shall teach, (b) what we teach, (c) how we teach, and (d) whom we teach'” (56). In die praktyk word daar egter in talle opsigte inbreuk hierop gemaak. ‘n Ander definisie van akademiese vryheid is: “A scholar’s freedom to express ideas without risk of official interference or professional disadvantage.” In die praktyk kom ook hiervan dikwels min te tereg. Vóór 1994 kon jy jou aansien as akademikus aan Afrikaanse universiteite groot skade aandoen as jy jou teen apartheid sou uitspreek. Sedert 1994 kan ‘n dosent dit eintlik nie waag om teen die ANC-regime se beleid van gedwonge rasse-integrasie te wees nie. “It’s possible that nowhere is the gap between practice and ideal greater than in the case of academic freedom” (47).

In die 1996-Grondwet, artikel 16(1), staan: “Everyone has the right to freedom of expression, which includes … (d) academic freedom and freedom of scientific reseach.” Dit is dooie letters by uitnemendheid. As ek by enige plaaslike universiteit aansoek sou doen om bv ‘n vergelykende studie van die intelligensie van blankes en swartes te onderneem, of om die voortreflikhede van apartheid of Afrikaners na te vors, sou dit ongetwyfeld sonder seremonie afgekeur word; maak nie saak hoe voortreflik my akademiese rekord en my metodologie is nie. Verlede jaar het die Universiteit Stellenbosch hom amptelik gedistansieer van navorsingsresultate wat negatief op bruin vroue gereflekteer het. Die polities korrekte dogma wat in die nuwe Suid-Afrika sonder meer aangehang word, is dat navorsingsresultate negatief oor blankes mag wees maar bewaar jou siel as nieblankes nie (uiters) voortreflik voorgestel word nie. As daar tekortkominge by nieblankes vasgestel is, sou dit seker noodsaaklik wees om blankes die skuld daarvoor te gee.

Kontrasteer die toestand waarin die plaaslike universiteite verval het met wat Jacques Derrida (1930-2004) skryf: “The university demands and ought to be granted in principle, besides what is called academic freedom, an unconditional freedom to question and to assert, or even going still further, the right to say publicly all that is required by research, knowledge, and thought concerning the truth … The university professes the truth, and that is its profession. It declares and promises an unlimited commitment to the truth” en “The modern and European idea of the university presumes, in its principle, the unconditional right to truth; better still, the unconditional right to ask any question necessary on the subject of the history and value itself of truth, science or even humanity” (180).

Aan die einde van die boek vra Higgings homself af “whether academic freedom is best understood as an individual right, or as an institutional practice” (255). Ek dink die twee gaan hand aan hand. Die institusionele kultuur van ‘n universiteit behoort sodanig te wees dat sowel universitêre outonomie as akademiese vryheid as onvervreembare regte gekoester en gepropageer word. By die regering behoort daar in hierdie opsigte geen twyfel gelaat te word oor wat ‘n universiteit voorstaan nie. Hierdie kern van sy institusionele kultuur behoort deur te werk na al die dosente en navorsers. Hulle behoort akademiese vryheid as rigtinggewend in hulle daaglikse arbeid te aanvaar en uit te leef. “In its core meaning, academic freedom refers to the right of qualified academics to challenge the paradigms of knowledge and understanding current in their field of specialisation … The PhD is intended – as it were – to enable you to perform knowledge rather than just to repeat it; to be in a position to argue an expert opinion rather than just hold an opinion” (257).

Die ANC-regime wil op sy gebruiklike rassistiese manier soveel moontlik swart studente aan die universiteite opdring. Die universiteite is dwaas genoeg om hiermee akkoord te gaan deur die toelatingstandaarde vir swart studente te verlaag en gevolglik (waarskynlik) ook die akademiese gehalte van die onderrig wat aangebied word en die kwaliteit van die kwalifikasies wat verwerf word. Wat van deurslaggewende belang in enige onderrigsituasie is, is die vermoë om in die betrokke onderrigtaal te lees en te skryf. Die ANC-regime dring Engels as die uitverkore onderrigtaal aan al die universiteite op, in die waan dat swart studente Engels in afdoende mate magtig is.

“The general ability to read and write is the sine qua non of any form of education … It should not be forgotten that the invention of writing – the currency of literacy – deserves credit as one of the primary technological inventions of the human species, perhaps surpassing in its far-reaching effects that of any other single invention. Writing, in cultural historian Jack Goody’s [1919-2015] words, is the ‘technology of the intellect’ par excellance” (85).

Higgins raak ‘n waarheid oor die nuwe Suid-Afrika kwyt wanneer hy sê: “There seems to be a genuine blindness to the power of literacy, and even to the economic power of literacy … The current neo-liberal attack on the humanities seems to be a profoundly anti-democratic move in the sense that it’s denying people the empowerment associated with the broader aspects of literacy, or what I call critical literacy” (203). Hier verwys hy na wat “the power of critical consciousness” genoem kan word (221). “If you are not training people to think for themselves, then you’re not training people to be part of a participatory democracy” (206).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.