Joseph Secrève: Je suis Afrikaner

Witkruismonument aan plaasmoorde, duskant Pietersburg. Foto: praag.
Deel op

In verband met ’n intense studie wat ek gedoen het die laaste paar jaar was ek effens weggewees van rubrieke skryf, maar noudat die situasie wêreldwyd uiters sorgwekkend afteken, dink ek dit is belangrik om die publiek van ’n paar pertinente gedagtes op die hoogte te stel.

Toe die Paryse gemorsblad Charlie Hebdo enkele jare gelede slagoffer geword het van ‘n djihadiese aanslag met noodlottige afloop, het stemme en spandoeke regoor die wêreld Je suis Charlie uitgeblaker. Almal het in solidariteit met die slagoffers gestaan, net om enkele maande later te verneem hoe die Bataclan-nagklub aldaar ‘n heelwat groter moordaanslag beleef.

Net soos almal in solidariteit met hierdie spotblad saamgestaan het, sien ons nou hoe die hele Westerse wêreld dieselfde ellende trotseer as wat die Afrikaner mutatis mutandis ondergaan het tydens die Groot Verraad van 1990. Mandela is vrygelaat, wat sommige Suid-Afrikaners met hoop gevul het en ander somber gestem het.

Vandag, ses-en-twintig jaar na die magsoorname, is die gruwel in Suid-Afrika so erg dat al sou ‘n mens spreekwoordelikerwys terug in die tyd kon reis en ons grootouers videobeelde van vandag vertoon, sou dit na alle waarskynlikheid met ongeloof begroet word. Dink maar aan die duisende gestroopte plase, infrastruktuur in verval, geraamtes van woonstelle in Hillbrow en Berea, kamikazivlieëniers gemaskeer as taxibestuurders, ensovoorts. Selfs Desmond Tutu het die huidige situasie al bekla as “erger as apartheid” maar die bende Kruiperkaners soos Max du Preez en vennote staar hulself blind teen die klere van die keiser en kan eenvoudig nie ophou met anti-Afrikanerpropaganda voer nie.

Kortweg, ons leef in ‘n era van volslae verstandsverbystering!

Die tyd is nou in feite reg dat die hele wêreld se Westerse volke in die skoene van die Afrikaners staan. En net soos met die Afrikaner sien ons ‘n mengsel van skok en ongeloof enersyds, en andersyds ‘n histrioniese smeekbede om vergifnis aan die donker-getinte medemens.

Ondertussen is daar al genoeg mense, wittes en swartes in die Verenigde State wat omgekom het as gevolg van hierdie aanhitsery en professionele oproerkraaiers wat betaal word om vernieling en aanranding te veroorsaak. Soos u in die hiperskakel kan sien, het selfs die ekstreemlinkse Christenhaters The Young Turks hierdie nuusbrokkie uitgelek.

Die vraag is: Hoekom nou? Wat sit hieragter?

Eers het die wêreld vir twee maande binnegesit vanweë Bill Gates se bedrogepidemie, wat die wêreldekonomie ‘n knou toegedien het wat nog jare sal vat om te herstel. Dit is aanneemlik dat die frustrasie wat hieruit ontstaan het die gemoedere laat oplaai het, en soos ‘n stoomketel druk afblaas, word enige geweldsinsident tans gebruik as gasheer om hierdie frustrasie ‘n gesig te gee. Daarteenoor staan dat die werkloosheid dalk wat mense genoop het om George Soros se tjek te aanvaar in ruil vir amok saai, soos ons in die boonste skakel kan sien.

Ek dink egter nie dat dit die werklike rede is nie, aangesien mense tot sulke drastiese optredes oorgaan vanweë ‘n bepaalde kernoortuiging en nie sommer vir ‘n paar dollars nie, maar mense verskil nou eenmaal.

Daar is ook ‘n ander moontlike rede, naamlik dat niemand minder nie as Barack Obama hieragter sit. Die ondersoeksjoernalis Paul Sperry het hierdie gebeurtenis ondersoek dat Obama se stigting besig is om duisende jong linkses met Saul Alinsky-agtige taktieke op te lei, en hulle is nou besig om hul slag te slaan. Die (alternatiewe) perse begin nou steeds harder te roep oor “Obamagate” naamlik dat Obama op Trump se telefoonoproepe bespioneer het toe hy nog president was, en dit blyk nou dat hy aktiewe pogings onderneem het om Trump se presidentskap te verhinder. Dit is niks minder as ‘n staatsgreep nie.

Dit gebeur min of meer op die vooraand van die voorbereidings van die nuwe presidentsverkiesings, en soos ons nou al goed weet, is die linkse elite doodsbang dat Trump nog ‘n keer president gaan word. Hulle het al hul boesemvriende Jeffrey Epstein, Harvey Weinstein en ander sedemisdadigers verloor as gevolg van Trump se klandestiene ingrepe om hierdie figure te arresteer, en hulle reageer angstig op wie volgende sal val.

‘n Hele ander verklaring vir hierdie geweld kan in die sterre gevind word. Dit klink natuurlik soos bog, maar daar is ‘n rede hoekom ek dink dit in oënskou geneem moet word. Blykbaar is daar een of ander astrologiese ontwikkeling wat maak dat die wêreld die komende paar maande ontwrig gaan word. Dit sou piek on Oktober en daarna weer geleidelik afneem. Wat hierdie verklaring ‘n bietjie meer rugbaarheid gee is dat die wêreld se rykstes glo hierdie dinge. Soos die bankier J.P. Morgan destyds gesê het: “Miljoenêrs glo nie in sterrewiggelary nie. Miljardêrs wel!” As sulke ryk en invloedryke mense sulke goed glo, word dit meestal ‘n waarheid. Onthou die woorde van die sosioloog W.I. Thomas: “If people perceive situations as real, they will become real in their consequences.”

Of daar werklik iets bonatuurliks hieragter sit of nie, is irrelevant. Hulle gaan sorg dat dit waar word. En soos gewoonlik is hul gunsteling taktiek juis om tweedrag te saai deur mense teen mekaar aan te hits en uit te speel. Per definisie beteken dit dat die feitlike gebeure nie saak maak nie. Die lont in die kruidvat – die dood van die swart valsgeldbetaler George Floyd – word aangevoer as oorsaak, maar is in werklikheid ‘n verskoning om hierdie skielike drif om te verniel te regverdig.

In elk geval ervaar die wêreld so min of meer dieselfde ellende wat vir die Afrikaner nou al gemeenplaas geword het. Wat kan ‘n mens daaraan doen, is natuurlik die volgende vraag. Die lot van die Afrikaner is bykans vergeet in die wêreld, aangesien mense elders nou te besig is om hul eie vure te blus.

In elk geval weet almal nou wat dit is om ‘n Afrikaner te wees.

Ek wonder hoe lank dit nog die Europeër of Amerikaner gaan vat om Van Wyk Louw se beginsel van voortbestaan in geregtigheid te ontdek?

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.