Leon Lemmer: Om ‘n piet-my-vrou te dood

Die Amerikaanse Burgeroorlog tussen die Noorde en die Suide
Deel op

In Amerika is daar die populêre mening dat daar in die suidelike state op groot skaal van slawe-arbeid in boerdery gebruik gemaak is terwyl die meer geïndustrialiseerde noordelike state hulle op ‘n voorbeeldige manier nie eintlik aan hierdie mensonterende praktyk skuldig gemaak het nie. Hierdie indruk word versterk deur die feit dat Abraham Lincoln (1809-1865) die slawe met ingang 1863, dus tydens die Amerikaanse Burgeroorlog (1861-1865), vrygestel het. Dit verduidelik waarom Lincoln in die populêre literatuur so buitensporig verheerlik word. Barack Obama het bv daarop aangedring dat hy op Lincoln se Bybel sweer toe hy in 2009 as president ingehuldig is. Wat verswyg word, is dat Lincoln, ten einde die suidelike state te oorwin, die slawe tot opstand aangemoedig het en dat hy hulle ook ingespan het om teen die blanke suiderlinge te veg. Hiermee het Lincoln hom in ‘n hoek vasgeverf en het hy eintlik geen ander opsie gehad as die algehele vrystelling van die slawe nie. Terselfdertyd het hy voortgegaan om hom vir die repatriasie van slawe te beywer. Met die oog hierop is reeds in 1821 begin om vrygestelde slawe in Liberië in Wes-Afrika te vestig.

Wat tydens die Amerikaanse Burgeroorlog gebeur het, herinner aan die Anglo-Boereoorlog (ABO 1899-1902) toe die Britte die swartes teen die Boere aangehits en hulle in die stryd misbruik het. Aan die swartes is stemreg en plase belowe. Anders as in Amerika het niks van hierdie beloftes ná die ABO tereg gekom nie. In die plaaslike geskiedenis is daar nog iets wat ooreenkomste met die gebeure in Amerika toon. In die Slawemuseum in Kaapstad word die Hollanders (die oer-Afrikaners) as die slawe-eienaars en die Britte as die bevryders van die slawe voorgestel, soos Marthinus van Bart in sy boek, Kaap van slawe (2012), aantoon. In werklikheid was die Britte internasionaal die grootste slawehandelaars en is baie slawe tydens hulle bewind aan die Kaap ingevoer, voordat die slawe in 1834 (effektief 1838) vrygestel is. Dit is die Hollanders wat tydens die Bataafse bewind (1803-1806) ‘n voorbeeld aan die Britte gestel het deur die invoer van slawe te verbied.

Uncle Tom’s cabin

Harriet Beecher Stowe (1811-1896) se boek, Uncle Tom’s cabin (1852, Amazon Kindle $0), is ‘n anti-slawerny roman, waarin die Tom-karakter ‘n benadeelde slaaf is. Stowe was ‘n noordelike Amerikaner wat die suiderlinge probeer teregwys het. Die boek word geloof as ‘n voorbeeld van hoe leesstof sosiale verandering kan bewerkstellig. Die bewering dat Lincoln aan die outeur sou gesê het dat haar boek die Burgeroorlog veroorsaak het, is egter ‘n leuen wat uit 1896 dateer. Tom word veral sedert die 1960’s in die burgerregtepolitiek gesteotipeer as ‘n onvoorbeeldige swarte omdat hy alles gedoen het wat die blankes verlang. Die strategie is deesdae dat swartes hardegat moet wees en nie blanke baasskap moet duld nie. Hierdie onverkwiklike gesindheid het ook na Suid-Afrika oorgewaai. Dit vind ook aangepaste navolging in militante feminisme.

Hoewel Stowe se boek ‘n blitsverkoper was, is daar ‘n paar dosyn boeke wat in reaksie daarop gepubliseer is en haar teenspreek, bv Mary Henderson Eastman (1818-1887) se Aunt Phillis’s cabin or, Southern life as it is (1852, Amazon Kindle $0). Eastman toon aan dat daar Bybelse gronde vir slawerny is. Dieselfde kan van apartheid gesê word. Maar dit maak nie ‘n duik in wat mense deesdae voorgesê word om te glo nie. Die kafeteria-benadering tot die Bybel (en eintlik enige ideologie) het gekom om te bly; dus, jy kan vryelik kies wat jy wil glo. Hierdie anti-Stowe-boeke was en is glad nie so gewild soos Stowe s’n nie.

‘n Ander verskynsel uit daardie tyd wat heelwat ruimte vir kreatiewe verbeelding, dus leuens, laat, is die sogenaamde Underground Railway, ‘n benaming vir die ontsnappingsroetes wat slawe sedert die einde van die 18de eeu uit die Suide na noordelike Amerikaanse state, Kanada en Meksiko gevolg het; ook na Florida, voordat dit in 1821/1845 deel van die VSA geword het. Soos in Suid-Afrika was daar talle blankes wat die Amerikaanse swartes met hulle onwettige, dus misdadige, bedrywighede bygestaan nie.

Ek skryf vervolgens oor meer onlangse gebeure, wat deur die “mockingbird” (piet-my-vrou) gesimboliseer word. Dit is ‘n Amerikaanse sangvoël wat ‘n harde geraas maak en daarby die sang van ander voëls kan namaak. ‘n Mockingbird het wit merke op sy swart vlerke, wat aanduidend is van hoe blankes help om swartes se begeertes te verwesenlik, dus as’t ware vlerke daaraan te gee. ‘n Foto van ‘n Amerikaanse mockingbird toon ‘n voël wat swart vlerke met ‘n wit omranding het.

Nelle Harper Lee

Nelle Harper Lee (1926-2016) is veral bekend as die outeur van die roman, To kill a mockingbird (1960, 322p; Amazon Kindle $7,98). Later is nog ‘n boek van haar gepubliseer, Go set a watchman (2015, 293p; Amazon Kindle $10,15). Nelle is in Monroeville, Alabama, gebore, die jongste van vier kinders: Alice (1911-2014), Louise (1916-2009) en Edwin (1920-1951). Net laasgenoemde was jonk genoeg om ‘n speelmaat vir Nelle te wees. Die homoseksuele Truman Capote (1924-1984) het egter van 1928 tot 1934 dikwels in Monroeville kom bly en dus ook hulle speelmaat geword. Die onvroulikheid van Nelle as “tomboy” word beklemtoon. Anders as Louise en Edwin het sowel Nelle as Alice nooit getrou nie. Hulle het aanvanklik in die winters saam in Monroeville gewoon wanneer Nelle uit New York City gekom het. Van 1978 af het hulle permanent saam in Monroeville gebly.

Nelle se ouers was A(masa) C(oleman) Lee (1880-1962) en Frances Finch (1880-1951). Hy was ‘n regspraktisyn en is in hierdie opsig deur sy dogter, Alice, nagevolg. Daar is gehoop dat Nelle dieselfde sou doen, maar sy het nie haar regsstudie voltooi nie en eerder in 1949 na New York City verhuis en tot 1978 deeltyds daar gewoon om te skryf en aanvanklik om naby Truman te wees. In 1936, toe Nelle 10 jaar oud was, het AC twee swartes wat van moord op ‘n blanke winkelier aangekla is, verdedig maar hy het die saak verloor. Albei, ‘n pa en sy seun, is gehang.

Nadat sy haar Mockingbird-boek voltooi het, het Nelle vir Truman gehelp om inligting in te samel oor ‘n gesinsmoord wat in 1959 gepleeg is. Op grond hiervan het hy ‘n boek gepubliseer, In cold blood (1965), maar nooit werklik erkenning aan Nelle vir haar aandeel gegee nie. Daar word beweer dat Truman jaloers op Nelle se sukses met haar 1960-boek was. Hulle vriendskap het gevolglik verflou. Nelle het hom later ‘n psigopaat genoem.

Nelle “exists rather uneasily as both a southerner in New York City and as an expat in her own hometown” (Tom Santopietro, bron hier onder, Kindle 3369). “Spending the winter months back in Monroeville, [Nelle] continued to live simply with her sister Alice in their one-story brick ranch home. Alice, who continued to practice law well into her nineties, oversaw Nelle’s business affairs and served as gatekeeper for those wishing to interview her sister (when told she should have a form letter for saying no to interview requests, Nelle joked that her form letter would state ‘hell no!’) … While Alice went to office, Nelle would read or visit friends; there never had been evidence of a serious love interest, male or female” (3082).

“As the years went by, [Nelle] developed muscular degeneration and began using hearing aids” (3069). “Nelle’s bouts of drinking were sporadic and proved to be the exception rather than the rule” (3144). “In 2007 … she suffered a stroke, which resulted in a partial paralysis of her left arm and leg” (3182). Later: “Nearly deaf and with severely limited eyesight, she was still able to move about in her wheelchair” (3206). Teen 2010 “Nelle’s short term memory had faded” (3206). Sy het nou so geïsoleerd gelewe dat gesê is: “The good Lord himself couldn’t get to her” (3219). In die oord waar sy versorg is, was daar letterlik ‘n wag (“watchman”) voor haar deur. Net enkele mense is toegelaat om haar te besoek. “Lee died in Monroeville on February 19, 2016, at age eighty-nine … She is buried in the cemetry next to the Methodist church, resting alongside her parents and siblings” (3850).

Charles J Shields het ‘n lewensbeskrywing van Nelle gepubliseer: I am Scout: The biography of Harper Lee (2009/2014, 252p; Amazon Kindle $8,15). Shields beskyf sowel Nelle as Truman as “in appearance and behavior alike, each seemed half boy and half girl.” John Megna (1952-1995), wat die rol van Dill/Truman in die Mockingbird-rolprent vertolk, is aan vigs dood. Truman is weens drank- en dwelmgebruik dood. Nadat die romanskrywer, John Knowles, die volwasse Nelle ontmoet het, het hy haar beskryf as “A masculine sort of woman.” ‘n Joernalis, Marja Mills, het met die bekende truuk vorendag gekom om in 2004 langs Nelle en Alice in Monroeville te gaan woon, 18 maande daar te bly en met hulle bevriend te raak sodat sy ‘n boek oor die publisiteitsku outeur van Mockingbird en haar suster kon publiseer: The Mockingbird next door: Life with Harper Lee (2014, 290p; Amazon Kindle $9,82).

To kill a mockingbird

Nelle gebruik die skrywersnaam Harper Lee. Die verhaal speel oor drie jaar af en begin omstreeks 1932 in die kinderjare van die 6-jarige verteller, Jean Louise (Scout) Finch. Daar is sterk outobiografiese ooreenkomste met Nelle. Dieselfde geld Scout se broer, Jeremy (Jem), wat vier jaar ouer as sy is – soortgelyk aan Edwin, wat 6 jaar ouer as Nelle was. Hulle ander maat is die karakter Dill, wat op Truman Capote gebaseer is. Die verhaal speel af in Maycomb, wat klaarblyklik ‘n ander naam vir Monroeville is.

Die hoofkarakter is Scout en Jem se pa, Atticus Finch, ‘n regsgeleerde, soos Nelle se pa, A C. Nelle se ma se nooiensvan was Finch. Naas die bogenoemde 1936-hofsaak waarby A C betrokke was, is daar die Scottsborro Boys-saak van 1931 waardeur Harper waarskynlik beïnvloed is. Tydens ‘n treinrit het blanke jeugdiges aanvanklik probeer om 9 swartes, van 13 tot 19 jaar oud, van die trein te kry, maar uiteindelik was dit die blankes wat die aftog moes blaas. Twee blanke vroue wat op die trein was, het hierna valslik beweer dat die swartes hulle verkrag het. ‘n Horde (“mob”) blankes wou hierdie swartes eiehandig regsien (“lynch”/vermoor). Die blanke jurie het 8 van die swartes skuldig bevind. Hierna het ‘n reeks hofsake gevolg, waarin die swartes al hoe minder skuldig bevind is.

Soos A C is Atticus ‘n wewenaar. Sy huishoudster is Calpurnia, ‘n swart vrou vir wie die kinders baie lief is en deur Atticus gerespekteer word. Sy leer bv vir Scout en ook vir haar eie kind lees. Maar die verhaal kry sy gewilde koers as ‘n swarte, Tom Robinson, daarvan beskuldig word dat hy ‘n blanke vrou, Mayella Ewell, verkrag het. Sy het Tom gesoen en probeer om hom te verlei maar nie daarin geslaag nie. Haar pa, Bob, het gesien wat gebeur en haar aangerand en sodoende haar gesig beseer. Sy het egter beweer dat dit Tom is wat haar beseer en verkrag het. Atticus het Tom in die hofsaak verdedig en aangevoer dat Tom nie Mayella kon beseer het nie omdat sy linkerhand onbruikbaar is terwyl Mayella se beserings op ‘n linkshandige aanvaller, soos Bob, dui. Die jurie, bestaande uit blanke mans, het Tom skuldig bevind. Daar is ‘n toneel waarin ‘n groep blankes probeer om Tom in die hande te kry om self met hom af te reken, maar hulle word deur die tussenkoms van Scout gestuit. Atticus wou teen Tom se doodsvonnis appelleer, maar Tom het probeer om uit die tronk te ontsnap en is doodgeskiet.

Tom en Calpurnia, twee swart karakters, word as voortreflike mense uitgebeeld. Tom het in die hof selfs respek betoon teenoor Mayella wat die valse klag teen hom gelê het. Die blankes, Bob en sy dogter Mayella, word as vuil, agterlike mense (“poor white trash”) voorgestel. Bob is ‘n alkoholis, spoeg in Atticus se gesig, probeer om Scout en Jem te vermoor deur hulle met ‘n mes aan te val en breek Jem se arm in die proses. Hulle lewens word deur Arthur (Boo) Radley, ‘n kluisenaar, gered, wat dieselfde mes gebruik om Bob dood te steek. Boo word nie vervolg nie omdat daar tot die gevolgtrekking gekom is dat Bob dood is deur op sy mes te val.

Atticus sê: “It is a sin to kill a mockingbird.” Dit is glo ‘n voël wat nooit kwaad doen nie. Dus, onskuldiges (soos Tom) en onskadelikes (soos Boo) behoort toegelaat te word om te lewe. Scout was van mening “putting Boo in jail ‘would be like shooting a mockingbird.'”

Tom Santopietro

Een van die jongste boeke wat oor Mockingbird gepubliseer is, is Tom Santopietro se Why ‘To kill a mockingbird’ matters: What Harper Lee’s book and the iconic film means to us today (New York: St Martin’s Press, 2018, 320p; Amazon Kindle $16,09). Soos uit die boektitel afgelei kan word, val die klem eerder op die rolprent as die boek, asook op die verwerkings vir verhoogopvoerings.

Die verskyning van Mockingbird in 1960 het saamgeval met erge rasse-onrus in Amerika, wat terugdateer tot 1954 toe daar ‘n hofuitspraak was waarvolgens skole gedesegregeer moet word. ”The right book in the right place at the right time” (Kindle 471). Polities byderwets noem Santopietro dat die boek rassegelykheid en ordentlikheid propageer en dat die rolprentweergawe, vrygestel in 1962, ‘n houvas op die Amerikaanse nasionale bewussyn verkry het (65). Die film het ‘n “discussion of America’s original national sin, slavery,” ontlok (89).

Die Suide is glo ‘n gebroke wêreld omdat daar rassesegregasie is (2270); “the ugly racism permeating Maycomb” (2319). Nelle, wat nie naastenby ‘n intellektueel was nie, het gesê: “I think Reverend [Martin Luther] King and the NAACP [National Association for the Advancement of Colored People] are going about it in exactly the right way. The people in the South may not like it, but they respect it” (1943). Volgens die draaiboekskrywer van Mockingbird, Horton Foote (1916-2009), “the darkness [of Maycomb/Monroeville] is revealed in a pervasive small-town sadness, a loneliness that can quickly tumble into despair when societal and self-inflicted lies alike are actually believed” (2141). “The truth will set you free” (2152).

Sowel Nelle as Truman het aanvaar dat hulle anders, “oddballs” (155), is. “If both Nelle and Truman were made to feel separate – alone, even – then they would be alone together” (167). “Said Nelle in later years, ‘We lived in our imagination most of the time.’ They remained outsiders, standing apart, observing southern society with an ironic, occasionally jaundiced eye while searching for the telling social clue. Why, they asked themselves, did different equal bad? Why were blacks treated as second-class citizens?” (179). Dit toon die verband tussen die swart burgerregte-bewegings en die latere gay-bevryding waarop ek by vorige geleenthede die aandag gevestig het. “[Nelle] never would attempt to fit the accepted mold … That refusal to play by the rules went hand in hand with an increasingly liberal worldview” (202). “Are there ‘others’ in our own lives? How do we treat them – with Scout’s understanding, or as nuisances to be stepped over?” (2330).

“As [Nelle] had constructed the novel, the twenty-three-year-old Jean Louise, back in her hometown of Maycomb, Alabama, for a three-day visit, had to confront the fact that her beloved father, Atticus, was a racist” (292). Dit is soos die aanvanklike verhaal was. In die finale weergawe het Atticus die teenoorgestelde van ‘n rassis geword. “Atticus’s actions will place him on the right side of history” (666). Die rol van rassis word afgeskuif op Bob Ewell. Op aandrang van ‘n literêre redakteur, Tay Hohoff (1898-1974), wat aan ‘n groot uitgewery verbonde was, het Nelle oor ‘n tydperk van bykans drie jaar telkens haar teks herskryf. Daar word gesê dat Hohoff die roman herbedink (“reconceived”) het. Nelle wou ten alle koste haar boek gepubliseer kry en het haar deur Hohoff laat lei. Dit is vir my duidelik dat Hohoff, in die klimaat van rasse-onrus, die potensiaal van die boek as ‘n blitsverkoper raakgesien het, mits die boodskap polities korrek is.

Dat Hohoff sensitief vir maatskaplike probleme was, blyk uit die boek waaraan sy geskryf het toe sy vir Nelle met die heroriëntasie van die Mockingbird-verhaal gehelp het. Die boek se titel is A ministry to man (1959). Dit handel oor die humanis en sosiale aktivis, John Lovejoy Elliott (1868-1942), wat hom aktief vir die belange van immigrante beywer het – in sy tyd weliswaar blanke immigrante. Mario Puzo (1920-1999) het die skryf van ‘n roman “the art of retrospective falsification” genoem (304). ‘n Storie oor ‘n blanke wat onskuldig ter dood veroordeel is, sou kwalik ‘n blitsverkoper word. Dieselfde geld vir die skuldigbevinding van ‘n skuldige swarte. Vir verontwaardigde reaksie op en ‘n groot afset vir die boek moes ‘n onskuldige swarte deur blankes skuldig bevind en gedood word; presies wat in die finale weergawe van die verhaal gebeur.

“Placed against the backdrop of the increasingly loud Alabama-centered civil rights movement, [Nelle] had struck a chord: Intentional or not, indeed desired or not, To kill a mockingbird began to operate as a symbol of the civil rights movement, at least for white America” (618). Die swartes hou dikwels nie daarvan as blankes oor hulle skryf nie, selfs al is die bedoeling opreg. Sommige swartes het bv gekla dat die swart karakters een-dimensioneel en die teks neerbuigend (“patronizing”) is (508). Maar swart aktiviste, soos Andrew Young en Oprah Winfrey, het ingesien dat die boodskap in die boek swartes kon bevoordeel (630).

Maar veral swart kritici en skeptici het hulleself afgevra of “Mockingbird simply represented another manifestation of white people patting themselves on the back while feeling that they were blessed with a nobility capable of leading African-Americans into the battle against racism?” (2367). “Some now asked if Harper Lee even had the right to tell this story: a privileged white woman telling the story of segregation in the South?” (2380). Die Grieks-Amerikaanse rolprentkritikus, Andrew Sarris (1928-2012), het geskryf: “The Negro is less a rounded character than liberal construct, a projection of the moral superiority Negroes supposedly attain through their suffering and degradation. It is too late for the Negro to act as a moral litmus paper for the white conscience” (1980).

Die rolprentweergawe van Mockingbird was waarskynlik aanvanklik meer invloedryk as die gedrukte boek. Pleks van te lees en die karakters en tonele te verbeel, word sulke aktiwiteite vir die filmtoeskouer met beeld en klank gedoen. Gregory Peck (1916-2003) het die rol van Atticus vertolk; op so ‘n wyse dat hy die “Abe Lincoln of Alabama” genoem is; ook “the dignified American man of principle” (918). Hy het glo “Lincolnesque quality” (2176). “He seemed the flesh-and-blood personification of a Lincolnesque presidential figure” (2669).

Peck het gesorg dat daar in die finale redigering minder klem op die kinderdae van Scout, Jem en Dill as in die oorspronklike draaiboek geplaas word en meer op sy rol as Atticus, waarmee die boodskap in groter mate verpolitiseer is. “Atticus (with the inadvertent help of his children) has bravely faced down a lynch mob, and in his principled stand he has delivered true justice” (2235). Daar word verwys na “Peck’s increasingly well-known offscreen liberal beliefs” (931). “[He] was even named by some as a Communist sympathizer” (944). Maar Santopietro skryf “he was at his most interesting playing upstanding men of decency struggling to do the right thing” (944).

Die vraag is of daar nie te ver gegaan is deur Atticus (“Saint Atticus of Hollywood” – 2719, “a Christ-like figure” – 2424) en Tom té goed voor te stel nie. “Tom, in fact, appears to be such a paragon of virtue that he is even willing to help the bedraggled and clearly unstable Mayella Ewell. Faced with such near perfection, viewers and readers alike can certainly be forgiven for wondering if either Atticus or Tom actually possessed a single recognizable flaw” (2424). Aan die ander kant, in die “donker tyd” van rasse-segregasie (“the corrupt system” – 2435) in die Suide, “Bob Ewell seems to be the one and only racially insensitive individual on hand” (2412). Maar Mary Badham (gebore in 1952), wat die rol van Scout in die rolprent vertolk, het net (oordrewe) lof vir die film: “This is God’s picture and a lot of people think that’s silly. But if you think about the time period this picture was made, it had a lot of important things to say that still need to be said today and will go on being needed for ever and ever” (2857). “President Obama has publicly referred to the film as one of his favorites” (3563). Nelle se suster, Louise, daarenteen, het Mockingbird (blykbaar die boek en die rolprent) “ridiculous” genoem (3082).

“It is in the realm of the live theater … where Mockingbird has made its biggest splash in recent decades” (3613). Waar in die rolprent groter klem op die hofsaak, dus op Atticus en Tom, as in die boek geplaas is, gebeur iets soortgelyks in die teater: “heightening the importance of housekeeper Calpurnia” (3663), wat eintlik voorspelbaar was. “She acts as spur to Atticus, forcing him to realize that he has acquiesced to the systemic racism that pervades Maycomb” (3663).

Go set a watchman

Toe Alice weens ouderdom nie meer doeltreffend na haar suster, Nelle, se belange kon omsien nie en veral na Alice se dood in 2014, het sake skeefgeloop. Nelle, wat self al hoe meer onbekwaam geword het, het ten prooi van gewetenlose uitbuiters geval. In ‘n stadium het sy die kopiereg van Mockingbird weggeteken. Dit het ‘n hofstryd gekos om die saak in die reine te bring. Daarna het sy ingewillig dat ‘n manuskrip van haar as haar tweede boek gepubliseer word terwyl sy nóg die inkomste nodig hehad het en nóg minder die publisiteit wat daarop gevolg het. Dit is geld wat alles spoedig in ander mense se sakke sou beland omdat Nelle nege maande daarna dood is. Die boek is op 14 Julie 2015 gepubliseer en Nelle is op 19 Februarie 2016 oorlede.

Die manuskrip is na bewering in 2014 deur Tonja Carter in Nelle kluis in ‘n regspraktyk ontdek, die onderneming wat Carter by Alice oorgeneem het. Die bestaan van die manuskrip was egter reeds in 2011 bekend. Daar is gespekuleer dat Carter gewag het dat Alice moet doodgaan voordat sy die manuskrip aan ‘n uitgewery voorgelê het. Carter het die publikasie van Nelle se nuwe roman aangekondig skaars twee maande na Alice se dood. Sy het beweer dat die outeur “Happy as hell” daaroor is. Daar was groot skeptisisme hieroor omdat Nelle dekades lank gesê het dat sy nie ‘n verdere boek sou publiseer nie. Carter, daarenteen, het daarop gesinspeel dat daar ‘n derde manuskrip is wat moontlik gepubliseer kan word.

Nelle het haar laaste testament op 11 Februarie 2016, 8 dae voor haar dood, onderteken. Daarin word Carter as die eksekuteur van die boedel aangestel. Die opbrengs moet in die Mockingbird Trust gestort word, wat in 2011 gestig is. Carter het as een van die twee trustees wye magte verkry. In Monroeville is Carter baie ongewild, veral by diegene wat die Lees geken het. Haar man se restaurant is geboikot en moes ‘n tyd lank sluit.

Die uitgewery het die manuskrip, anders as in die geval van Mockingbird, minimaal geredigeer en as Harper Lee se nuwe roman bemark. In 2015 was dit dadelik ‘n bitsverkoper. Miljoene rand het ingerol. Die boektitel is: Go set a watchman. Die titel is ontleen aan Isaiah 21:6: “For thus the Lord said to me: Go, set a watchman; let him announce what he sees” (3420). Jesaja 21:6: “So het die Here vir my gesê: Sit ‘n wag uit, hy moet sê wat hy sien.” Dit is ‘n wag wat as ‘n morele kompas funksioneer. “Every man’s watchman is his conscience” (3432). Hoewel sommige die boek as ‘n vervolg op Mockingbird vertolk het, het dit spoedig geblyk ‘n eerste weergawe van Mockingbird te wees, geskryf in 1957.

Die ergste is dat Nelle se pa daarin heeltemal anders uitgebeeld word as die voorbeeldige, verligte Atticus in Mockingbird. Hy is pro-segregasie en anti-swart, wat heel moontlik ‘n meer realistiese beeld van hom is, gegewe die destydse situasie in die Suide. “Watchman hinges … on Jean Louise’s discovery that Atticus, her idol, is not just dead set against integration but actually espouses racist views” (3381). “Watchman doesn’t fit our redemption narrative; Atticus becomes worse over the ensuing decades, and cuts across the grain of our national impulse” (3495).

Waar die gebeure in Mockingbird in die vroeë dertigerjare plaasvind, speel dié in Watchman twee dekades later af. Daar is sinne wat woordelikse herhaling is van wat in Mockingbird staan. Soos wat in 1951 met Nelle se broer gebeur het, word genoem dat Jem dood is. In hierdie boek is Scout reeds polities meer verlig as haar pa. In New York City het Nelle geleer om neer te sien op die bekrompenheid in die platteland. Die naam van Scout se jeugmaat is Henry. Sy sê aan hom dat sy hom nie lief het nie en nie met hom sal trou nie. ‘n Ander verandering is dat Calpurnia as huishulp afgetree het en met Atticus se suster, Alexandra, vervang is. Nog meer insiggewend is dat Tom in hierdie eerste weergawe van die verhaal in die hofsaak onskuldig bevind en vrygespreek word.

Die tydsberekening vir die vrystelling van die boek was (toevallig) weer in die kol. “Just as Mockingbird had been published as the civil rights movement gained momentum, so, too, did Watchman’s publication in the summer of 2015 fit the new century’s zeitgeist, touching as it did upon America’s open wound of racial injustice. Atticus the racist made headlines during a time of police violence in Ferguson, Missouri; renewed national debate over whether the Confederate flag should fly over the South Carolina state capitol; and the announcement of a $5,9 million settlement reached between New York City and the family of Eric Garner, an unarmed black man killed by police on Staten Island in 2014″ (3457). Let daarop dat daar na “police violence” verwys word terwyl die swartes se geweldpleging verswyg word.

Joseph Madison Beck

Joseph Madison Beck (gebore in 1943), ‘n regspraktisyn, het ‘n boek geskryf oor sy pa, Foster Campbell Beck, wat ‘n swarte, Charles White, teen ‘n klag van verkragting van ‘n blanke vrou in 1938 in Troy, Alabama, verdedig het: My father and Atticus Finch: A lawyer’s fight for justice in 1930s Alabama (New York: WW Norton, 2016, 216p; Amazon Kindle $17,61). White het skuld erken, maar Foster Beck het aangevoer dat dit onder dwang was. White is skuldig bevind. Die Becks was hierna baie ongewild in Alabama omdat Foster ‘n swarte wat ‘n blanke (na bewering) benadeel het, verdedig het. Voorspelbaar beklemtoon die outeur hoe polities verlig die Becks reeds in die 1930’s was. Die boek is vóór die publikasie van Go set a watchman geskryf, dus toe Atticus Finch nog as onbesproke voorbeeldig beskou is. Die verwysing na Atticus in die boektitel is klaarblyklik daarop gemik om belangstelling in die boek aan te wakker en die afset daarvan te verhoog. Nelle Harper Lee het teenoor die outeur ontken dat sy deur die White-saak beïnvloed is toe sy Mockingbird geskryf het. Dit was immers een van vele soortgelyke hofsake uit daardie tyd.

Joseph Crespino

Van Joseph Crespino, is die volgende boek gepubliseer: Atticus Finch: The biography; Harper Lee, her father, and the making of an American icon (New York: Basic Books, 2018, 240p). Daar is nie ‘n Kindle-weergawe nie. In die Amazon-katalogus is daar die volgende beskrywing: “Who was the real Atticus Finch? A prize-winning historian reveals the man behind the legend. The publication of Go set a watchman in 2015 forever changed how we think about Atticus Finch. Once seen as a paragon of decency, he was reduced to a small-town racist. How are we to understand this transformation? In Atticus Finch, historian Joseph Crespino draws on exclusive sources to reveal how Harper Lee’s father provided the central inspiration for each of her books. A lawyer and newspaperman, A C Lee was a principled opponent of mob rule, yet he was also a racial paternalist. Harper Lee created the Atticus of Watchman out of the ambivalence she felt toward white southerners like him. But when a militant segregationist movement arose that mocked his values, she revised the character in To kill a mockingbird to defend her father and to remind the South of its best traditions.”

Slot

Mockingbird is in 40 tale vertaal en sowat 40 miljoen eksemplare van die boek is verkoop. “At the time of Harper Lee’s death in 2016, her annual royalties remained in excess of three million dollars … By some estimates, To kill a mockingbird remains required reading in over 70 percent of American high schools” (Santopietro 3525). Teen ‘n wisselkoers van $1 = R18 was dit ‘n jaarlikse inkomste van R54 miljoen, dus R4½ miljoen per maand.

Gestel iemand wil ‘n boek skryf en R50+ miljoen per jaar in ruil daarvoor ontvang. Uit die bostaande volg dit dat die resep soos volg is:

  • Verander die teks wat hoofsaaklik oor jou kinderjare handel na een waarin die klem verskuif na ‘n hofsaak met ‘n sterk politieke inslag.
  • Verander die hoofkarakter van ‘n rassis na een wat politieke oorverligtheid uitstraal.
  • Verander die onskuldige swarte wat van verkragtig (of moord) aangekla en vrygespreek word na een wat deur blankes skuldig bevind word.
  • Verander die obskure blanke huishoudster na ‘n swarte wat ‘n onontbeerlike rol in die huishouding speel en in elke opsig uitmuntend is.
  • Stel al die swart karakters voor asof hulle foutloos en moreel voortreflik is en kontrasteer hulle met ‘n horde moorddadige blanke rassiste.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.