Video: Trouma is ‘n monster – Dan Roodt in gesprek met Mariandra Heunis

Deel op

Mariandra Heunis, weduwee van plaasmoordslagoffer Johann Heunis, praat openhartig oor hoe sy die voorval wat in haar woorde “ons gesin uitmekaar geruk het” oorkom het. Binne twee weke ná haar man se dood moes sy begrafnis hou en geboorte aan ‘n seuntjie, hul vierde kind, skenk. Drie jaar lank het sy vir die saak teen plaasmoorde geveg, hier en oorsee, maar ná vele dreigemente gekies vir haar en haar kinders se veiligheid en ietwat teruggetree uit die stryd. “My hart is altyd by die saak, maar ek moes terugtree op ‘n persoonlike vlak… Ons is ‘n volk van oorwinnaars, ons oorleef,” sê sy.

Haar man was die broodwinner en ná sy dood moes sy dringend ‘n inkomste verdien deur by dieselfde begrafnisonderneming te gaan werk wat haar man se teraarderbestelling hanteer het. Op hierdie ongewone wyse het sy ‘n nuwe beroep betree en is vandag ‘n volwaardige begrafnisondernemer. “Ons werk nie met die dood nie, ons werk met liefde,” sê sy. “Ek het ook aan die ander kant van die tafel gesit, ek verstaan werklik die proses, ek verstaan die rouproses, ek verstaan trouma.” Haar verhaal is een van dapperheid, herstel en om vir haar oorlede man “die beste weduwee te wees wat daar bestaan”. Sy tree insgelyks op as rouberader, troumaberader, lewensafrigter en motiveringspreker. “Ek het self hierdie pad gestap, dit is my roeping,” meen sy.

Kyk die video op die praag-YouTube-kanaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.