Brief: Korona is nie Suid-Afrika se eerste virus met politieke gevolge nie

Deel op

Op 23 Februarie 2020, het Rapport oor Thabo Mbeki se miv-beleid berig, en dit volksmoord, asook die grootste misdaad teen die mensdom in die geskiedenis van Suid-Afrika genoem. The Economist het moontlik RW Johnson se rubriek in Rapport of ander skrywes oorspronklik in Engels gelees, want dit beskryf die gebeure soos volg:

In almost every year of the past two decades more than a third of deaths in South Africa have been aids-related. Thabo Mbeki, the president from 1999 to 2008, swallowed a crank theory he found online that the human immunodeficiency virus (hiv) does not cause aids, which it does. He delayed life-saving treatment, cutting short hundreds of thousands of lives.

Rondom 2013 was ek by Dr Paul Jourdan, outeur van die ANC se SIMS (State Intervention in the Mineral Sector) in sy konsultasiekantoor by die Universiteit van die Witwatersrand. Ons het op die internet gekyk na Statistiek SA se data oor lewensverwagting en sterftes in KZN, vergeleke met die Oos-Kaap, oor die tydperk van President Mbeki sonder miv-medisyne, en daarna tydens President Zuma met miv-medisyne.

Die data het duidelik gewys dat die Oos-Kaap oor daardie tydperke ‘n tradisie van besnydenis gehad het, en KZN nog nie. KZN se gebrek aan miv-medisyne vanaf president Mbeki het volgens Statisiek SA sigbaar 300 000 mense voortydig in KZN laat sterf.

Tradisioneel onbesnede bevolkings in KZN se epidemiese dodetalle weens die mi-virus sonder medisyne, was ‘n belangrike rede waarom ‘n KZN-geleide koalisie in die ANC (wat destyds dokter Zweli Mkize ingesluit het), sonder ‘n miljard rand se sake-ondersteuning, suksesvol ‘n partygreep en staatskaping in Polokwane teen Mbeki kon uitvoer.

Die mi-virus het dus tot die politieke verrassing in Polokwane gelei. Nadat geheime sakegeld die regering weer reggestel het, tref ‘n koronavirus Suid-Afrika se siek ekonomie. Wat is die volgende verrassing?

Openlike sakeskenkings van ongeveer 3 miljard rand teen die virus se ekonomiese gevolge is nie genoeg om die sakesektor se bewind te stabiliseer, en alle bevolkings te beskerm tydens moontlike toekomstige ekonomiese betogings nie. RW Johnson se IMF-voorspelling gaan waarskynlik waar word, post-COVID-virus.

Die partyfaksie wat onverwags staatskontrakte verloor het, kyk met belang na hulle aangestelde Openbare Beskermer se appèlaansoek by die hoogste Grondwetlike Hof. As die Hoogste Hof die applaansoek verwerp, sal die  verloorfaksie beweer dat die Konstitusionele Hof soos die Hooggeregshof in Gauteng gekaap is.

Voeg daarby die Parlement se afdankaksie teen die verloorfaksie se Openbare Beskermer, en Jacob Zuma sal in sy hofsaak getuig dat die Staat nou werklik deur Sakegeld gekaap is, dat die Sake-President, net soos Sake-Parlement en Sake-Howe, Sake se President is, en dat nie staatskaping vir geld nie, maar staatskaping deur geld die oorsaak van die bankrot Suid-Afrikaanse staat met IMF-lening is.

Soos wat die COVID-virus internasionale sake tussen supermoondhede versuur, sal dit ook ‘n impak op die geskiedenis van Suid-Afrika se bloedjong regstaat he.

Dat die Reg die Mag volg is reg vir Carl Schmitt, maar as dit in Suid-Afrika openlik deur geld gebeur, naamlik deur Sake se belegging in die belastingvrye CR17-fonds, waarvoor Hooggeregshowe nou saam met die Parlement moet optree teen die Openbare Beskermer, tesame met die IMF wat Sake-President Ramaphosa se komende ekonomiese krisis met markvoorwaardes moet ondersteun, dan gaan ‘n groot politieke verassing weens ‘n virus weer volg.

—Bert Mouw

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.