Klein partye sal moet keuses maak

Deel op
ImageVerskeie politieke ontleders vra of ondersteuners van klein partye sal volhou om lojaal te bly as hul stemme so vermors word.

Kyk mens na die getalle van die klein partye op nasionale vlak, lyk die prentjie uiters verdoemend.

Deel op

 

 

IVP 804260 LP's 18 Gemiddeld per LP 44,681
OD 162 915 LP's 4              "                 40,728
UDM 149 680 LP's 4           "                 37,420
VF+ 146796 LP's 4             "                 36,699
ACDP 142 658 LP's 3         "                 47,552
Gemiddelde getal kiesers per setel       41,416

Daar is skynbaar 'n redelike ingewikkelde formule wat gebruik word om die getal setels te bereken, maar bogaande toon dat elke LP ongeveer 41,000 kiesers verteenwoordig.

Kyk mens na bogenoemde getalle lyk dit of die volgende twee opsies strategiese moontlikhede vir die VF+ is:

Óf die VF+ groepeer saam met ander streekspartye soos die IVP, UDM, OD en selfs die ACDC en ontwikkel 'n gesamentlike strategie wat die groepsidentiteite van al die kiesers sal beskerm, of hy gaan in koalisie met die ANC om binne die regeringsparty die Afrikaners se belange te bevorder.

Die eerste opsie sal vanweë korporatiewe en persoonlike egos moeilik haalbaar wees en sal in direkte opposissie met die DA, COPE en die ANC staan. Daarmee vorm hulle dan 'n sigbare teiken wat deur die sterker drie soos 'n slaansak bearbei sal word. Behalwe vir politieke masochiste, is dit 'n haas onverteerbare vooruitsig en laat dit slegs die eerste opsie as polities haalbaar.

In so 'n geval verkry 'n ANC/ VF+ koalisie dan 'n tweederde meerderheid in situasies wanneer dit die VF+ sou pas, byvoorbeeld as bepaalde vorms van selfbeskikking vir minderhede deurgevoer moet word.

In sy stuk, 'Waarom nie by die ANC aansluit nie?' beredeneer Anton Barnard heel logies dat as die VF+ getrou aan sy roeping wil bly om Afrikanerbelange te bevorder, hy baie ernstig sal daaraan moet dink of dit praktiese politiek sal wees.

Oor my skouer hoor ek reeds 'n growwe rasperstem wat kners: "So, nou wil julle Boereverraaiers met die Kommuniste en die antichrist gaan heul. Wat het dan van julle beginsels geword?"

Waarop mens sou kon antwoord: "Beginsels? Watter beginsels? Praat jy van die haatbeginsel waarin ons die Engelse en die swartes moet haat? Van wanneer af is haat tot 'n beginsel verhef? Gaan samewerking met die maghebber nou outomaties verhef word tot liefde vir iemand anders se saak?

Of wat dan van die beginsel van standvastigheid, waar verwag word dat mens altyd dieselfde deuntjie moet sing? Slegs baie dom mense steun so 'n standpunt; intelligenter mense gebruik hul gesonde verstande om elke moontlikheid te ondersoek om probleme op te los. Die enigste geloofwaardiege en standvastige beginsel vir die mens op aarde is om God se Gebooie te onderhou en sy naaste soos homself sal liefhê. 'n Godloënaar se politieke beginsels is nie 'n sikspens werd nie. Sy haatbeginsel sal omgesit moet word in een van liefde voordat sy medemens hom ernstig sal opneem.

En verder: wat dan van die bykans 2,000 boere wat sedert 1994 wreed vermoor is en die duisende onskuldige mense wat daagliks geplunder en gemartel word? Wil julle werklik met die vyand gaan heul?

Hierop kan mens antwoord dat, sou ons nie iets vindingryks doen en gou weer elemente van mag en invloed bekom nie, gaan daar 'n verdere 2000 boere op die plase sterf, gaan daar meer jong Afrikaners armlastig word en sonder werk, kos of dak sit. Dan sou die Groot Trek en die Vryheidsoorloë futiele grepe in Afrika se geskiedenis wees. Dan sal die Afrikanervolk geoffer word aan rassiste en godloënaars wat aan 'n ernstige graad van die magsindroom lei.

Binne so 'n koalisie sal die VF+ in staat wees om sy verkiesingsbeloftes beter na te kom as daarbuite. Hy sal egter teen 'n gesamentlike koukus moet waak, want die verstandhouding moet wees dat die VF+ party die gewete van die Afrikanersaak binne die koalisie sal wees, en nie om die ANC of kommunistiese party se agendas te dien nie. Daarvoor is die ANC se eie getalle heeltemal voldoende.

для девочки играФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.