Koop Steve Hofmeyr se nuwe boek, ‘Die kwesbares’, hier

Deel op

Die sanger en skrywer, Steve Hofmeyr, het so pas te midde van die koronavirusinperking ‘n splinternuwe misdaadroman, Die kwesbares, gepubliseer. Dit kan reeds as e-boek vanaf Amazon Kindle afgelaai word (klik hier onder op die klein voorblad van die boek om na die Amazonblad deur te gaan).

Hier volg die opsomming op die rugkant van die boek.

Daar’s altyd daardie een persoon van wie jy nie weg kan stap nie. Al weet jy dat jy moet. In die derde aflewering van die reeks speel die Sluiper klaar met homself. Hy lê sy wapens neer en kies die liefde. Die dodelikste ding wat hy ooit kon doen. Nie net laat dit hom uiters kwesbaar nie, maar dit bring hom lynreg te staan teen die boosaardigste figuur met wie hy nog ooit te make gehad het: Jesús Fidencio Hernández, beter bekend as die Veearts van Baia Farta. So ook met die spoke uit sy verlede.

En dié konfrontasie gaan bloedig wees. Brutaal en allesverwoestend. Want dit dwing die Sluiper terug na ou vergete gedragspatrone. Na ingeoefende rituele van vernietiging, want rituele maak die ontasbare tasbaar; gee die onwerklike ʼn mate van stoflikheid. Dit plaas die grootsheid van die onvoorsienbare in jou palm. Dit wals in op plekke waar woorde nie kan bykom nie. Soms heel dit selfs wonde. En dis seker beter as niks. ʼn Titseltjie genesing vir die kwesbares.

Met hierdie derde aflewering in die Sluiper-reeks oortref Steve Hofmeyr selfs die ontsaglik hoë standaard wat hy met  Die onaantasbares  (2017) en  Die Lucky Strike  (2018) gestel het. As aksieroman is  Die kwesbares  heeltemal uniek in die Afrikaanse lettere. Trefseker en sekuur. Soos ʼn koeël.

Lees ‘n uittreksel uit die boek nou dadelik op Amazon Kindle deur op die klein voorblad hier bo te klik. Indien dit jou geval, kan jy agterna die e-boek koop en dit verder op jou rekenaar, foon of ander toestel lees.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.