Die voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en stigter van die Vryheidsfront, genl. Constand Viljoen is vandag oorlede. Hy was 86 jaar oud. Dr. Pieter Mulder, die vorige leier van die Vryheidsfront Plus, het dit in ‘n twiet bevestig.
Genl Constand Viljoen is vanmiddag oorlede. Hy was 86 jaar oud. Hy was deel van ’n vorige Suid-Afrikaanse leierskap uit die onstuimige tagterjare as hoof van die SA Weermag. Het ook ’n belangrike rol gespeel in die 1994 politieke oorgang. My simpatie aan sy vrou en kinders.
— Pieter Mulder (@pieter_mulder) April 3, 2020