Medeskepper van Asterix sterf op 92

Deel op

Die legendariese Albert Uderzo – illustreerder, skrywer, humoris, geskiedkundige, nasionalis en een helfte van die duo Goscinny & Uderzo wat vir ons Asterix gegee het – is nie meer nie. Hy is vanoggend in sy huis in Neuilly, Frankryk, oorlede. Volgens sy skoonseun, Bernard de Choisy, was Uderzo afgemat gewees die afgelope ruk en het oplaas aan ʼn hartaanval wat geen verband hou met die Sjinese virus nie, gesterf.

Uderzo en sy skeppersmaat, René Goscinny, het die eerste Asterix-boek die lig laat sien in 1959. Dit het die strokiesprent verhef tot iets meer as pulpleesstof. Dit was briljante satire met uitspattige karakters, ondeunde storielyne, dubbelkantige uitdrukkings en algemene draakstekery, alles in die gloed van ʼn vurige Franse nasionalisme. Goscinny was die skrywer daarvan en Uderzo het dit geïllustreer. Anders as die ietwat infantiele styl van Amerikaanse strokies, was sy tekenstyl ʼn baanbrekende vermenging van die absurde en die aangrypende.

Asterix was die poort vir vier geslagte nie net na ʼn strokiesprokieswêreld nie, maar na die ruim van noukeurige en aangrypende geskiedenis.Goscinny & Uderzo se vlymskerp satire het geen volk of ras ontsien nie en dit sal lank neem voor die politiek-korrekte tydsgees iets soortgelyks weer sou toelaat.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.