Eskom vra privaatkragleweransiers om te help

Deel op

Eskom is nou van plan om oorskotkrag van bestaande kragopwekkingsaanlegte aan te koop. Dit is ʼn aanduiding dat die kragvoorsiener sy beleid jeens privaatkragverskaffers aangepas het. Hoewel Eskom voorheen tydens noodomstandighede sodanige krag aangekoop het, was die staatsmaatskappy tot dusver traag om dit te doen aangesien dit nie strook met hulle kommunistiese model nie.

Eskom het nou op die regering se tenderwebwerf voorstelle vir kraglewering aangevra van privaatinstellings met die vermoë om ten minste 5 megawatt se surpluskrag te lewer.

Dié maatreël is ʼn tydelike een en volgens die voorstelaanvraag is die langste wat so ʼn kontrak sal duur 36 maande.

Energiekenners meen dit is egter te betwyfel of Eskom homself sal kan speen van sodanige private kragbydrae.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.