Italië vestig nou hoop op, Avigan, ʼn Japannese middel om die Sjinese virus te beveg.
Die regering het die groen lig gegee “om ʼn eksperimenterings- en navorsingsprogram te ontwikkel om die uitwerking van die middel (Avigan) tydens die vroeë fases van die siekte te evalueer.” Aldus die Italiaanse Minister van Gesondheid, Roberto Speranza, na afloop van ʼn vergadering van die Tegnies-wetenskaplike komitee.
Volgens die Raadslid vir die Begroting, Davide Caparini, is Avigan as ʼn voorskriflose middel in Japan beskikbaar sedert 2014 waar dit suksesvol as griepwerend gebruik is. Hy het beklemtoon dat die Italiaanse navorsers nog moet vasstel tot watter mate die middel suksesvol sal wees.
Die navorsingseksperimente sal onmiddellik afskop in Lombardye.
ʼn Generiese middel, Favipiravir, is deur die Toyama Chemiese Maatskappy, ʼn filiaal van Fujifilm, ontwikkel en vir Covid-19-pasiënte toegedien in Sjina.