Brief: ANC-bewind gaan blanke kleinsake uitsluit van Covid-19-hulp!

Deel op

30% Buitelanders het meer waarde vir die regering as sy wit burgers.

Swart werkers in die diens van nie-SEB-maatskappye suig ook duidelik aan die agterspeen.

Dit is ongelooflik dat ‘n regering in ‘n krisissituasie soos hierdie nog teen sy eie burgers kan diskrimineer op grond van velkleur.

Afgesien van die onmenslikheid en kortsigtigheid hiervan, is dit ook ‘n groot verleentheid vir SA want dit is seker die enigste land ter wêreld waar ‘n regering so kortsigtig is.

Self en ek glo baie ander ook, het ek gehoop dat hierdie tipe rassisme ten minste in hierdie moeilike tyd, sal verdwyn.

Duidelik is dit nie die geval nie.

Die ANC kies nie die land nie, maar kies steeds sy NDR-ideologie.

En steeds gaan wit boere elke dag hard werk om te verseker daar is kos vir ALMAL… net om later weer te hoor, ons wil julle nie eintlik hê nie.

Maar ons moet positief bly, aanhou bid, en toegee en toegee… die geduld raak nou op!

Suid-Afrika gaan van Vrydagoggend vroeg in “lockdown” wees. Pleks dat die land fokus op die bekamping van COVID-19, is die fokus op ‘n klomp rassistiese SEB-maatreëls wat versteek is in die finansiële hulp wat president Cyril Ramaphosa Maandagaand aangekondig het. Dit is jammer dat baie energie nou in die verkeerde rigting gaan.

Italië gaan deur ‘n lewende hel. Lombardye in Italië het ‘n maand gelede 750 hoësorgbeddens gehad. Nou het hul meer as 3000 hoësorg- COVID-19-pasiënte.

—Koot van der Ryst

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.