Hiermee word u uitgenooi om lid te word van die Groep van onskuldige Afrikaners.
Ons weier om om verskoning te vra vir die optrede of beleid van enige Boere- of Afrikanerregering in die verlede sedert 1652, veral nie vir sogenaamde “apartheid” nie.
Feit is dat feitlik alle groepe (Afrikaners, Engelse, bruines, Indiërs, swart etniese groepe) in die verlede aan allerlei vorme van segregasie en self-segregasie deelgeneem het, en dit tot vandag toe doen. Geen ander groep het tot dusver daarvoor om verskoning gevra nie; waarom sou ons?
Op die vasteland van Afrika beklee Afrikaners die eerste posisie sover dit regverdige en menslike optrede betref. Anders as die koloniale moondhede en verskeie postkoloniale state op die vasteland, het ons ons nog nooit aan georganiseerde massamoord, marteling, terreur of etniese suiwering skuldig gemaak nie.
Daarom is ons onskuldig en amper moreel onkreukbaar. Ons verteenwoordig ‘n voorbeeld van wetsgehoorsaamheid, selfbeheersing en etiese optrede in die aangesig van intense vyandigheid, terreur en onreg, in die verlede soos in die hede.
Trouens, vele ander groepe in die land behoort ons om verskoning te vra vir hul groteske misdade soos die Britse konsentrasiekampe, die 200 voorvalle van terreur in die tagtigerjare, steun vir kommunisme wat op sigself ‘n misdaad teen die mensdom was, asook ons huidige verdrukking by wyse van kulturele, talige en rassediskriminasie, plaasmoorde en die aanhoudende diefstal van ons bates, hetsy deur gemeneregmisdaad, hetsy deur amptelike wetgewing soos “onteiening sonder vergoeding”.
Ons verwerp enige opportunistiese poging deur sogenaamde “wit Afrikaners wat deur apartheid bevoordeel is” om namens Afrikaners te erken dat hulle as groep aan ‘n vergesogte “misaad teen die mensdom” skuldig is, nóg dat óns meer as enigiemand anders in die verlede bevoordeel of benadeel is. Hierdie poging word gemotiveer deur intellektuele oppervlakkigheid, sikofansie en gedienstigheid aan die korrupte ANC-terroristebewind.
Weens die verdeeldheid wat daar tans heers, sowel tussen die onbenullige kliek van Kruiperkaners en gewone Afrikaners, asook tussen die regime en die meeste minderheidsgroepe, is geen demokratiese debat moontlik nie. Boonop word streng sensuur deur die ANC-gedienstige hoofstroommedia toegepas sodat geen dissidente mening geduld of selfs buite die internet om gepubliseer mag word nie.
Nietemin wil ons die skuldige “wit Afrikaners” vra om te besin oor hul onsinnige, onnosele standpunte wat die huidige klimaat van Boerehaat en etniese wrewel jeens Afrikaners kan vererger omdat dit Anglo-Afromarxisme en ander vorme van ekstremisme onderskraag en aanhits.
Soos ons voorouers oor eeue heen, sal ons bly voorstry vir vryheid en geregtigheid.
Maar bowenal is ons onskuldig in elke moontlike sin van die woord. Ons beaam dit met vreugde, teen die hele wêreld in.
Teken die onderstaande petisie indien u wil lid word van hierdie meningsgroep. En moenie vergeet om dié skakel te twiet en te deel op Facebook nie!
Eerste 4 lede:
Dr. Dan Roodt, skrywer en aktivis
Steve Hofmeyr, sanger, skrywer en aktivis
Gustav Venter, skrywer, draaiboekskrywer en filmmaker
352 | Mr Walt E. | Jan 02, 2021 |
351 | Mrs Naomie E. | Jan 02, 2021 |
350 | Mrs Bianca R. | Nov 26, 2020 |
349 | Ms Dawid B. | Nov 07, 2020 |
348 | Ms Lizette V. | Okt 24, 2020 |
347 | Ms Hannes V. | Okt 23, 2020 |
346 | Ms Reyleah D. | Okt 11, 2020 |
345 | Mrs Hanina C. | Okt 10, 2020 |
344 | Ms A Moller M. | Aug 10, 2020 |
343 | Mrs Anita S. | Aug 02, 2020 |
342 | Ms Magda H. | Jun 27, 2020 |
341 | Mr Garth S. | Jun 17, 2020 |
340 | Miss Yolandi S. | Jun 16, 2020 |
339 | Mrs Chrisna V. | Jun 14, 2020 |
338 | Mr Andrè v. | Jun 06, 2020 |
337 | Dr. Niel v. | Jun 03, 2020 |
336 | Mr Johan G. | Mei 22, 2020 |
335 | Mr CHRISTO V. | Mei 21, 2020 |
334 | Mr Francois D. | Mei 11, 2020 |
333 | Mrs Rone K. | Mei 07, 2020 |
332 | Mr Marius K. | Mei 06, 2020 |
331 | Mr Louis L. | Mei 06, 2020 |
330 | Mr Nicolaas JS S. | Mei 05, 2020 |
329 | Mr Jacob Cornelis K. | Mei 04, 2020 |
328 | Ms Annemarie Tania M. | Mei 04, 2020 |
327 | Mr Leon J. | Mei 03, 2020 |
326 | Mr Dirk Cornelis D. | Mei 03, 2020 |
325 | Mr Richard S. | Mei 02, 2020 |
324 | Ms Gerhard v. | Mei 02, 2020 |
323 | Mrs Lynn T. | Mei 01, 2020 |
322 | Mr Eugene d. | Apr 30, 2020 |
321 | Mr Pieter T. | Apr 30, 2020 |
320 | Mr Nico L. | Apr 28, 2020 |
319 | Mr Frikkie J. | Apr 27, 2020 |
318 | Mr Willem Johannes L. | Apr 26, 2020 |
317 | Mrs Rina S. | Apr 26, 2020 |
316 | Mr Ben G. | Apr 26, 2020 |
315 | Mr Carel W. | Apr 25, 2020 |
314 | Mr Rossouw v. | Apr 25, 2020 |
313 | Mr Sam B. | Apr 24, 2020 |
312 | Mrs Hanli B. | Apr 24, 2020 |
311 | Dr. Gert G. | Apr 24, 2020 |
310 | Mr Louis C. | Apr 23, 2020 |
309 | Mr Rene R. | Apr 22, 2020 |
308 | Mr Chris V. | Apr 22, 2020 |
307 | Ms Joshua M. | Apr 20, 2020 |
306 | Ms lisinda o. | Apr 20, 2020 |
305 | Ms jj h. | Apr 20, 2020 |
304 | Ms Julie J. | Apr 19, 2020 |
303 | Mr Mathys V. | Apr 19, 2020 |
< > |