Koronavirus kan ure lank in lug en dae op oppervlaktes oorleef

Deel op

Volgens ‘n nuwe studie wat leidrade verskaf om mense te help om die respiratoriese siekte genaamd COVID te voorkom, kan die hoogs aansteeklike nuwe koronavirus wat in ‘n wêreldwye pandemie ontplof het, ure lank aansteeklik bly in druppels in die lug. Op oppervlaktes kan dit tot dae lank oorleef en steeds mense besmet.

Wetenskaplikes van die Amerikaanse National Institute of Allergy and Infectious Diseases (NIAID), wat deel uitmaak van die Amerikaanse National Institute of Health, het probeer om die virus wat van ‘n besmette persoon op alledaagse oppervlaktes in ‘n huishouding of hospitaal beland, na te boots soos wat gebeur as daar gehoes of aan voorwerpe geraak word.

Hulle het ‘n aërosol gebruik om die mikroskopiese druppels wat in ‘n hoes of ‘n nies geskep word, na te maak.

Die wetenskaplikes het toe ondersoek ingestel na hoe lank die virus op hierdie oppervlaktes aansteeklik bly, volgens die studie wat Dinsdag aanlyn verskyn het in die New England Journal of Medicine — dieselfde dag waarop die aantal Amerikaanse COVID-19-gevalle tot 5 200 gestyg het en sterftes nader aan 100 gekom het.

Die toetse toon dat wanneer die virus gedra word deur die druppels wat vrygestel word as iemand hoes of nies, dit steeds lewensvatbaar is of mense nog minstens drie uur lank in aërosols kan besmet.

Op plastiek en vlekvrye staal kan lewensvatbare virusse ná drie dae opgespoor word. Op karton was die virus ná 24 uur nie lewensvatbaar nie. Op koper het dit vier uur geduur voordat die virus skadeloos geraak het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.