Dan Roodt: Korona en vleislus

Deel op

Ek sit hier en moet besluit of ek oor ‘n dag of wat op die vliegtuig moet klim Frankryk toe of nie. Almal raai my af om te gaan, want die hele land is nou in ‘n toestand van afsondering: skole, restaurante, kafees, openbare plekke en alle winkels wat nie van lewensbelang is nie, is gesluit. Vandag vergader die Suid-Afrikaanse kabinet van die ANC-terroristebewind en waarskynlik gaan hulle ook drakoniese maatreëls afkondig. Ek sien nog kans vir Frankryk onder beleg van korona, maar ek is nie lus om by my terugkeer by Jan Smutslughawe iewers in ‘n ANC-konsentrasiekamp onder “kwarantyn” geplaas te word nie.

‘n Doktersvriend, wat my ook afraai om te vlieg, noem terloops dat hy nou self onder kwarantyn verkeer want hy moes ‘n week of wat gelede ‘n pasiënt uit Iran in Pretoria ondersoek en agterna het die man positief vir Covid-19 getoets. Gelukkig is my vriend darem tuis onder kwarantyn en nie in ‘n Proteahotel of ander vreemde plek tussen ander moontlike draers van die virus nie. Dit sal my nie pla om onder tuiskwarantyn te wees nie; ek sal net my kruideniersware aanlyn bestel en laat aflewer.

Die globale toestand waarin ons verkeer het my gister weer so ‘n bietjie laat wonder oor die vleisprobleem. Meeste mense hou van vleis en Chinese selfs van vlermuis- en ietermagôvleis. Of pas uitgebroeide klein voëltjies wat hulle sommer so uit die nes haal en lewendig opvreet; daar is so ‘n video op Twitter wat ek eerder nie hier sal plaas nie, dis te grillerig.

Die probleem lyk vir my só: As jy doer op ‘n plaas as bestaansboer leef met ‘n paar beeste en hoenders vir eie gebruik, met die diere wat vry rondloop, sal dit waarskynlik nie lei tot ‘n globale epidemie of pandemie soos tans nie. Maar sodra mense in groot stede in hul miljoene begin leef en diere op ewe groot skaal geteel, gevoer en geslag word om hulle te voed, ontstaan allerlei risiko’s. Sulke diere het geen natuurlike lewens nie en bring hul bestaan in eng ruimtes vol ontlasting, urine, virusse en bakterieë deur. Eintlik is hulle nie lewende wesens nie, slegs “vleis” wat “geproduseer” word.

Chinese eet blykbaar ook katte en honde. Dis seker insgelyks “vleis”, nes ‘n vlermuis of ‘n ietermagog.

Die probleem is egter dat die onhigiëniese toestande van Chinese “nat markte” waar diere terstond geslag en verorber word, ewe seer deur die hele “dierlike voedselketting” bestaan – ook in die Weste en in Suid-Afrika. Dis ‘n teelaarde vir mikro-organismes, soos die koronavirus, voëlgriep (SARS), varkgriep en die res.

Dis seker nie toevallig dat daar die afgelope tien tot twintig jaar telkens ‘n virale uitbraak was nie. Want ons skep die ideale toestande waaronder daardie virusse van dier tot dier, en van dier tot mens, oorgedra kan word. En soos wat die Chinese ryker geword het, het hul nuwe koopkrag hul vleislus aangewakker. Pleks dat hulle by rys en tofu gebly het!

Een antwoord is natuurlik om van vleis af te sien, nie omdat dit polities korrek of “goed vir die klimaat” is nie, maar omdat dit die planeet dalk veiliger kan maak. As dit so aanhou, gaan jy dit naderhand nie meer op straat kan waag sonder ‘n wit pak met ‘n helm en ‘n asemhalingstoestel nie, want die kieme gaan oral krioel.

Wie onthou nog malkoeisiekte? Terwyl almal nou gal braak oor China waar Covid-19 ontstaan het, vergeet hulle van malkoeisiekte oftewel bees- sponsagtige ensefalopatie (BSE) wat in die middeltagtigerjare in die Verenigde Koninkryk uitgebroei het. Sover ek dit verstaan, was dit te wyte aan die breine van dooie koeie wat aan lewende koeie gevoer is. Dis seker ‘n vorm van beeskannibalisme wat deur mense op dié arme diere afgedwing is. Een bees kon dit nie aan ‘n ander bees oordra nie, maar mense wat die besmette beeste eet, ontwikkel ‘n soortgelyke breinsiekte genaamd Creutzfeldt-Jakobsiekte wat gate in hul harsings veroorsaak. Hieroor bevat Wikipedia die volgende interessante inskrywing:

It is thought that humans can contract the variant form of the disease by eating food from animals infected with bovine spongiform encephalopathy (BSE), the bovine form of TSE also known as mad cow disease.

Cannibalism has also been implicated as a transmission mechanism for abnormal prions, causing the disease known as kuru, once found primarily among women and children of the Fore people in Papua New Guinea. While the men of the tribe ate the body of the deceased, women and children consumed other parts, such as the brain, and were more likely than men to contract kuru from infected tissue.

Ek leef van rys, tofu, neute, sade, groente en vrugte, en was nog nooit gesonder nie. Toenemend laat die eet van vleis my gril, of dit nou mensvleis, vlermuisvleis, ietermagôvleis, beesvleis, varkvleis, hoendervleis of wildsvleis is.

Ek het via Google op die volgende aanhaling afgekom:

“Meat and poultry producers must bear primary responsibility for keeping pathogens out of their products, but when it comes to beef, chicken, and other raw meats, restaurateurs and home cooks must treat them like hazardous materials and take steps to minimize risk,” said CSPI senior food safety attorney Sarah Klein. “Care should be taken to avoid spreading germs from the meat around the kitchen, and meat thermometers should be used to ensure that ground beef, chicken, and other meats are fully cooked.”

“Hazardous materials,” inderdaad.

Hier is iets oor tofu.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.