Leon Lemmer: Empatie as bodemlose put

Deel op

In hierdie rubriek is empatie die kernbegrip. Maar daar is ‘n bondel verwante begrippe. In die HAT (2015) word hulle soos volg verduidelik:

empatie [“empathy”]: vermoë om jou in die plek van ‘n ander te stel om sy/haar reaksies en houding te begryp; vermoë om jou persoonlikheid in die voorwerp van bepeinsing te projekteer en so ‘n volledige begrip daarvan te bekom; invoeling; inlewing

deernis [“compassion”]: diep medelye

medelye: hartseer/droefheid oor die lot/swaarkry van (‘n) ander; deernis; erbarming; simpatie

erbarm: medely(d)e hê met; jou ontferm oor; barmhartigheid betoon aan

simpatie: gevoel van jammerte vir iemand wat hom/haar in ‘n slegte situasie bevind; ingesteldheid om meelewend in ‘n ander se gevoelens te deel; meegevoel; sielsverwandskap

jammer: jy [het] medelye met iemand; jammerte: spyt, meegevoel

meelewe: saamvoel met ander; jou indink in die toestand van ‘n ander

meegevoel: handeling van te deel in ‘n ander se smart/lyding/teleurstelling; simpatie

Die HAT-inskrywings het bepaal in watter vorm (bv as selfstandige naamwoord of werkwoord) die begrippe hier aangebied word. Dit is duidelik dat daar oorvleueling/ineenvloeiing van betekenis is. Al hierdie begrippe is aan graadverskille onderworpe. Hulle kan bv meer of minder en vlak of diep wees. Dit gaan hier eerder om emosie/gevoel as rede/rasionaliteit.

In hoeverre dit moontlik is om jou in die plek van ‘n ander te stel, is moeilik om te bepaal. In die wysgerige literatuur is daar op ‘n uitgebreide skaal geredekawel oor die vraag: “What is it like to be a bat?” (Wikipedia). Thomas Nagel (gebore in 1937) het in 1974 aanleiding hiertoe gegee met die publikasie van ‘n artikel. Dit is vir ‘n mens nie moontlik om hom beduidend in te dink in hoe ‘n vlermuis die werklikheid ervaar nie omdat mense in ‘n te groot mate van vlermuise verskil. Dit is vir ‘n mens veel makliker om hom in die plek van ‘n medemens te stel omdat daar sterker ooreenkomste is. Maar elke mens verskil van elke ander mens en mense se ervaring en omstandighede is ook in meerdere of mindere mate verskillend. Dit lyk nie of “‘n volledige begrip” moontlik is soos die HAT hier bo oor empatie beweer nie.

René Descartes (1596-1650) het oor die dualiteit van die mens besin; dat hy gees en liggaam is. Ons het hier egter met twee kenmerke van die mens te make; twee aspekte eerder as twee substansies. Die mens is ‘n funksionerende eenheid; ‘n deurleefde liggaam. Sonder gees is die liggaam ‘n lyk. Sonder ‘n brein het ‘n mens nie ‘n gees of bewussyn nie. Die mens se gees word enersyds deur bv bewustheid van gevoel en emosie en andersyds deur rasionaliteit gekenmerk. Pleks van hierdie twee dimensies te ontken, behoort hulle eerder in ewewig gehou te word. Volgens bv Charles Morris (The Aryan race: Its origins and achievements, European Freedom Publications: 1888/2019, 289p; Amazon Kindle $4,59) slaag blankes hierin vanweë hulle oeroorsprong in die praktiese geelras en die emosionele swart ras. Blankes dank hulle sukses daaraan dat hulle die insig het om wanneer nodig eerder rasioneel as emosioneel te reageer. Naas die swartes is die Asiate, volgens Morris, ook tot oordrewe emosionaliteit geneig. Byvoorbeeld, die Hindoes het “perhaps the most developed and exuberant imagination that has ever appeared upon the face of the earth” (Kindle 1266).

Empatie is eerder emosioneel as rasioneel gegrondves. In daardie opsig kan die geskiktheid van empatie as die grondslag van gedrag (etiek/moraliteit) bevraagteken word. Dit is wat ‘n Amerikaanse sielkundige, Paul Bloom, doen in sy boek, Against empathy: The case for rational compassion (London: The Bodley Head, 2017, 284p; Amazon Kindle $12,66). “In am going to argue three things … First, our moral decisions and actions are powerfully shaped by the force of empathy. Second, this often makes the world worse. And third, we have the capacity to do better” (Kindle 157)

Uit die boektitel blyk dat Bloom stelling teen empatie as emosionele verskynsel inneem, maar nie teen (meer) rasionele deernis nie – die eerste twee begrippe waarop die aandag hier bo gevestig is. Bloom noem ook dat die term simpatie voorheen dikwels as ‘n sinoniem vir empatie gebruik is (240). Dit dui op vloeibaarheid in die betekenis van hierdie begrippe. “[But] terms like sympathy and pity are about your reaction to the feelings of others, not the mirroring of them [as in empathy]” (554). Ons leef in ‘n tydperk wat al hoe meer deur irrasionaliteit gekenmerk word. Dit is onder meer te wyte aan die luidrugtige propaganda wat daar uit die Derde Wêreld opklink. Ná 1994 het Suid-Afrika al hoe meer onmiskenbaar deel van die Derde Wêreld geword, waarin bv demokrasie eerder om emosionele as rasionele redes aangehang word. Wat Bloom in die konteks van gedrag doen, naamlik om dit oorwegend op ‘n rasionele grondslag te plaas, is soortgelyk aan wat Jason Brennan (Praag 7.05.2017) in die geval van demokrasie gedoen het. In demokrasie regeer Jan Rap en sy maat. “Epistocracy means the rule of the knowledgeable.”

Bloom skryf: “Empathy is like cholesterol, with a good type and a bad type” (206). Eersgenoemde noem Bloom “cognitive empathy” (of deernis) en laasgenoemde “emotional empathy” (247). Empatie kan dus deur rasionaliteit getemper word of suiwer emosioneel wees. “Empathy is more than a reflex. It can be nurtured, stanched, developed, and extended through the imagination. It can be focused and directed by acts of will” (255). Empatie is nie noodwendig sleg nie. “Empathy makes us care more about other people, more likely to try to improve their lives” (263). “It is easy to see why so many people view empathy as a powerful force for goodness and moral change” (68).

Insgelyks is empatie nie noodwendig goed nie. Bloom argumenteer dat ons, in die geheel beskou, sonder empatie beter daaraan toe sou wees. “There is more to kindness and morality than empathy” (373). “Maximizing good results, fundamentally, is what morality is all about” (409). “What really matters for kindness in our everyday interactions is not empathy but capacities such as self-control and intelligence and a more diffuse compassion” (486). Die (veral langtermyn-)gevolge van dade (“consequentialism” genoem – 401) moet in ag geneem word (387). “Achieving long-term goals often requires inflicting short-term pain” (494).

Dit is veral diegene wat (onregverdigbaar) by empatie (soos by skuldgevoelens in andere) baat, wat die grootste voorstanders daarvan is. Barack Obama het bv gesê: “The biggest deficit that we have in our society and in the world right now is an empathy deficit” (270). Obama wou hê dat veral die blankes nog meer ter bevoordeling van vir veral die swartes moet doen. Dit kan “empathetic correctness” (337) genoem word. “Many believe that empathy will save the world, and this is particularly the case for those who champion liberal or progressive causes … For every specific problem, lack of empathy is seen as the diagnoses and more empathy as the cure” (284). Obama kan ‘n “super-empath” (365) genoem word. In die nuwe Suid-Afrika is daar baie “super-empaths”, insluitende ‘n geil klompie oud-Broederbonders, bv Leon Wessels.

Om die vloeibaarheid van die begrip empatie hok te slaan en dit so duidelik moontlik van soortgelyke begrippe te (probeer) onderskei, beperk Bloom die betekenis van empatie tot “our capacity … to see the world through other’s eyes, to feel what they feel” (68). “Empathy is the act of coming to experience the world as you think someone else does” (240). In die praktyk is dit kwalik haalbaar. Nieblankes kla deesdae steen en been oor hoe swaar hulle tydens apartheid gehad het. ‘n Mens sou dus verwag dat hulle hulle in die plek van bv die (soos dit dikwels gestel word) “armste van die armes” en dié in ellende kon indink. Maar selfs al sou hulle dit in ‘n mate kon doen, is daar bitter min blyke hiervan in die nuwe Suid-Afrika. Die (nieblankes, veral swart) politici en staatsamptenare op die drie regeringsvlakke (sentraal, provinsiaal en plaaslik) gee bitter min blyke van empatie. Hulle lewe eerder luuks en sommige kyk hoeveel persoonlike gewin daar uit korrupsie geput kan word. Vir diesulkes gaan dit eerder om selfverryking as dienslewering en empatie.

Vóór 1994 was blanke bedelaars nie plaaslik op straat te sien nie. Ná 1994 het dit ‘n algemene verskynsel geword. Enersyds kan dit gewyt word aan die volslae mislukking van die NP se grondwetlike onderhandelinge en andersyds aan die blatante manier waarop die ANC op grond van ras teen blankes diskrimineer. Ek en seker ook baie ander Afrikaners het spontaan groot deernis met blanke bedelaars, maar om rasionele redes weerhou ek my daarvan om aan diesulkes bv geld te gee. Ek reageer eerder rasioneel deur enersyds De Klerk & kie se verraderlike magsoorgawe te veroordeel en andersyds die kommunistiese, terroristiese, rassistiese, korrupte, ens, ANC aan die kaak te stel.

Om rasionele redes weerhou ek hulp aan alle bedelaars. As ek uit die goedheid van my hart bv brood sou gee aan ‘n bedelaar wat by my huis aanklop, sou dit waarskynlik nie die enigste keer wees nie, maar bloot die eerste keer. Daardie bedelaar sal my weer probeer opklop en hoe meer ek toegee, des te meer sal die versoeke/eise en bedelaars word. Ondersteuning van ‘n welsynsprojek of -instansie kan ‘n beter opsie vir die uiting van deernis wees. Maar ook hier behoort rasionaliteit in minstens twee opsigte ‘n deurslaggewende rol te speel. Eerstens, die geld wat aan ‘n welsynsprojek of -instansie geskenk word, moet (verkieslik) volledig aan welsyn bestee word en nie aan die salarisse en ander voordele van die personeel nie. Daar moet ook doeltreffendheid, dus afdoende positiewe resultate, en geen korrupsie wees nie. Tweedens is positiewe resultate as sodanig nie voldoende nie. As ‘n mens hier met die bodemlose putsindroom te make het, is dit raadsaam dat rasionaliteit oor deernis moet seëvier en jy jou liewer van samewerking weerhou. Armoede en ellende neem plaaslik eksponensieel toe en kan mettertyd tot ‘n revolusie lei, maar welsynswerk sal revolusie nie verhoed nie. Welsynswerk kan ‘n revolusie hoogstens ‘n bietjie uitgestel. Die kernprobleem is die dwase grondslag waarop die land sedert 1994 funksioneer (bv een mens, een stem, met alle stemme van gelyke waarde), met as resultaat groot aanhang vir politieke partye soos die ANC en EFF.

“Empathy has its merits. It can be a great source of pleasure, involved in art and fiction and sports, and it can be a valuable aspect of intimate relationships. And it can sometimes spark us to do good. But on the whole, it’s a poor moral guide … if we want to be good and caring people, if we want to make the world a better place, then we are better off without empathy” (75). “The problem we face as a society and as individuals are rarely due to lack of empathy. Actually, they are often due to too much of it … we should strive to use our heads rather than our hearts” (104). “I believe our emotional nature has been oversold” (134). Dink bv aan hoe blankes geïntimideer word om skuldig oor allerhande dinge te voel; selfs gebeure van eeue gelede. Dit is dié opsig waarin ons deesdae plaaslik glo nie almal eenders is nie. Blankes word per definisie skuldig verklaar terwyl swartes na bewering niks het om oor skuldig te voel nie. Enigiets wat teen swartes gehou kan word, word uitgetippex. Byvoorbeeld, terrorisme, korrupsie en ondoeltreffendheid word nie as verwytbare euwels gereken waarvoor swartes verskoning moet vra nie.

Dit word dikwels beweer dat swartes geneig is om (emosioneel) voorkeur aan korttermynvoordele te gee terwyl blankes eerder (rasioneel) op langtermynvoordele ingestel is. Empatie is in hierdie konteks ter sake. “Empathy is a spotlight focussing on certain people in the here and now. This makes us care more about them, but it leaves us insensitive to the long-term consequences of our acts and blind as well to the suffering of those we do not or cannot empathize with. Empathy is biased … It is shortsighted, motivating actions that might make things better in the short term but lead to tragic results in the future. It is innumerate, favoring the one over the many” (157). “Empathy causes us to overrate present costs and underrate future costs” (762).

Die gelykheids- en oordrewe eendersverklaring van mense druis in teen ons diepste menswees. “If there ever arose a human who was indifferent to friend versus stranger, to his child versus another child, his genes got trounced by the genes of those who cared more for their own. This is why we are not naturally-born egalitarians. These parochial desires don’t ever go away, and perhaps never should go away” (142). Dit is intuïtief en natuurlik om kant vir jou eie etniese groep en ras te kies (150). “Although we might … believe that the suffering of our neighbor is just as awful as the suffering of someone living in another country, it’s far easier to empathize with those who are close to us, those who are similar to us, and those we see as more attractive or vulnerable and less scary … a white American might believe that a black person matters just as much as a white person, but he or she will typically find it a lot easier to empathize with the plight of the latter than the former” (430). “[Empathy] is a spotlight that has a narrow focus, one that shines most brightly on those we love and gets dim for those who are strange or different or frightening” (472).

Daar is lesers wat liries oor Bloom se boek is. Daar sal seker altyd diegene wees wat voel dat hulle by die raad van ‘n sielkundige gebaat het. Vir my het die boek nie bevredig of oortuig nie. Duidelike betekenisonderskeid by woorde in alledaagse gebruik, anders as by esoteriese akademies-wetenskaplike terminologie, is kwalik haalbaar. Waarop Bloom se betoog neerkom, is dat ons pleks van (emosionele) empatie eerder deernis (“compassion”) moet hê omdat rasionaliteit glo by deernis ‘n groter rol speel. “Concern [omgee] or compassion … is a better moral guide than empathy” (322). “Compassion and concern are more diffuse than empathy” (562). “Compassion and concern don’t require mirroring of others’ feelings” (569). In elk geval: “You’re not going to feel the pain of those whose problems you see as their own fault or that you view as insignificant. It’s hard to feel empathy for whiners” (938).

Afrika is in groter mate as enige ander kontinent sinoniem met ellende. Afrikane skryf dit by voorkeur toe aan die nalatenskap van kolonialisme. In werklikheid het die meeste Afrika-lande sedert die jare sestig ruim tyd gehad om toestande in hulle lande te verbeter. Die praktyk toon dat die meeste van hulle nie die vermoë het om dit te doen nie. Insgelyks sit Suid-Afrika reeds meer as ‘n kwarteeu met ‘n swart bewind. Soos ander “onafhanklike” Afrika-lande het Suid-Afrika sedert 1994 skouspelagtig agteruit geboer, met Eskom as ‘n sprekende voorbeeld. Daar moet nie toegelaat word dat sulke onbekwame, korrupte elemente empatie by blankes of Afrikaners wek nie. Afrikane het self die bodemlose put gegrawe. Hulle bestuur en administreer dit sodat dit onbepaalde kan voortbestaan. “Empathy is also influenced by the group” (945). Met my mede-Afrikaners, my etnies-eie mense, het ek moers baie deernis/simpatie, maar dit behoort te wees net in soverre hulle dit verdien. Sulke gevoelens word maklik binne die etnies-eie kring gewek, maar (baie) moeiliker daar buite. Dit beklemtoon die werklikheid van die ons/hulle-onderskeid. Dit is nie ‘n ydele konstruk nie.

Bloom se onderskeid tussen (emosionele) empatie aan die een kant en (meer rasionele) deernis of omgee aan die ander kant, is egter ‘n kwessie van definisie. Hy kon kortpad gevat het deur bloot te betoog dat emosie deur rasionaliteit getemper behoort te word. Dit is onder meer nodig omdat: “Every charity, every political movement, every social cause will use empathy to motivate action” (308). “While I think empathy is a terrible guide to moral judgment, I don’t doubt that it can be strategically used to motivate people to do good things” (625). “There are positive effects of just about any strong feeling” (660). Maar dit kan gevaarlik wees as ‘n mens se emosies met jou op loop gaan sonder dat dit deur rasionaliteit getemper word. “We are better people if we disregard our gut feelings” (734).

“We do best when we rely on reason. Michael Lynch defines reason as the act of justification and explanation … Reason is subject to bias … but at its best it can lead to moral insight” (697). “Morality is, at the very least, the effort to guide one’s conduct by reason – that is, to do what there are the best reasons for doing” (711). Maar ook rasionaliteit moet nie oorbeklemtoon word nie. Dit kan hoogs eienaardige mense tot gevolg hê, soos Paul Dirac (1902-1984), Kurt Gödel (1906-1978) en Paul Erdős (1913-1996) – “the oddball’s oddball”.

Onderliggend is daar die kwessie van die sogenaamde goue reël: dat jy ander moet behandel soos jy self behandel wil wees. Bloom kom naby hieraan wanneer hy skryf: “Empathy makes the experience of others salient and important – your pain becomes my pain, your thirst becomes my thirst … Empathy guides us to treat others as we treat ourselves and hence expands our selfish concerns to encompass other people” (301). Dit is egter oordrewe om te beweer dat ‘n ander se pyn, dors, ens, vanweë empatie werklik ook myne word. Een van my groot krampe is juis diegene wat verkondig hoeveel pyn hulle weens die vorige plaaslike politieke bedeling, dus vanweë apartheid, ervaar het en selfs steeds ervaar. Soos gebruiklik kry blankes die skuld. ‘n Poging om bv ‘n ander se pyn te ervaar lei nie noodwendig tot beter gedrag by die empateerder nie. Dit word ook nie noodwendig verwag nie, want daar is deesdae ‘n leërskare wat eerder hulle beweerde benadeling soos ‘n kleinood masochisties as (permanente/lewenslange) slagoffers wil vertroetel.

Die goue gedragsreël word in talle godsdienste aangetref. Byvoorbeeld: “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen” (Matteus 7:12) en “Behandel ander mense soos julle self behandel wil word” (Lukas 6:31). Immanuel Kant (1724-1804) het uitgebreid hieroor in sy deontologie/pligteleer geredekawel voordat hy (suiwer) rasioneel sy kategoriese imperatief* geformuleer het, wat eintlik maar op dieselfde as die Bybelse voorskrifte neerkom (in Engelse vertaling): “Act only according to that maxim whereby you can, at the same time, will that it should become a universal law.” Ná verloop van eeue was dit steeds nie moontlik om op hierdie goue reël te verbeter nie. [* “A categorical imperative is a directive saying what ought to be done from the perspective of pure reason alone” (The Cambridge Dictionary of Philosophy, 2nd edition, 1999, p 465).]

Ons is van nature geneig om tussen familie en nie-familie, Afrikaners en nie-Afrikaners, blankes en nie-blankes, Afrikaanssprekendes en nie-Afrikaanssprekendes, ens, te onderskei. Hierdie binêre/tweedelige benadering van ons/hulle help ons om sin van die werklikheid te maak. Daar is diegene wat hierdie soort fundamentele begrip probeer afbreek deur alewig brûe te wil bou. In hierdie konteks is een van die gewilde maniere van doen, om mense emosioneel te betrek. Met die oog hierop word dikwels op empatie staatgemaak. Empatie sal seker nooit uit die mode raak nie, al hou dit wesenlike gevare in, soos hier bo aangetoon. “Daar kom nie ‘n einde aan die skryf van baie boeke nie” (Prediker 12:12); ook nie aan die skryf van boeke oor (en meesal ten gunste van) empatie nie. Die jongste is Kaitlin Ugolik Phillips se boek, The future of feeling: Building empathy in a tech-obsessed world (2020, 223p; Amazon Kindle $5,74).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.