Dan Roodt: Kan ons ook trots op apartheid voel?

Deel op

Racial segregation has appeared in all parts of the world where there are multiracial communities, except where racial amalgamation occurred on a large scale as in Hawaii and Brazil. — Encyclopaedia Britannica

In my roman Moltrein, wat in die tagtigerjare in Parys afspeel, beskryf ek iewers die woord “apartheid” wat “die aardbol soos ‘n reusagtige graffito ontsier”. Vanweë die miljoene dollar vanuit Skandinawië, Nederland en Kanada wat aan propaganda teen die ou regering bestee is, het dit een van die wêreld se waardevolste handelsmerke geword. Elke moontlike domeinuitgang soos apartheid.com of apartheid.org is reeds geregistreer en daar word jaloers oor dié stukkie kubereiendom gewaak.

Jare gelede al was ek reeds siek vir die aanhoudende gesanik oor apartheid. Die gedagte dat apartheid ‘n “misdaad teen die mensdom” was, is eenvoudig so lagwekkend dat geen mens met ‘n normale IK dit ernstig sou kon opneem nie. Nietemin gier dit daagliks in die ANC-beheerde media daaroor — wat omtrent die totaliteit van hoofstroommedia in Suid-Afrika verteenwoordig. Dít nou veral na aanleiding van die FW de Klerk-stigting se onlangse verwerping van “apartheid as misaand teen die mensdom” wat as ‘n “Sowjet-agitpropprojek “beskryf is.

“Die gedagte dat apartheid ‘n ‘misdaad teen die mensdom was, was en bly, ‘n ‘agitprop’-projek wat deur die Sowjetunie en hul ANC/SAKP-bondgenote geloods is om blanke Suid-Afrikaners te stigmatiseer deur hulle met werklike misdade teen die mensdom te assosieer – wat oor die algemeen totalitêre verdrukking en menseslagtings van miljoene mense ingesluit het.” (uit: FW de Klerkstigting se verklaring)

[The idea that apartheid was ‘a crime against humanity’ was, and remains, an ‘agitprop’ project initiated by the Soviets and their ANC/SACP allies to stigmatise white South Africans by associating them with genuine crimes against humanity – which have generally included totalitarian repression and the slaughter of millions of people.]

Ek sou dit nie self beter kon stel nie. Vir enkele sekondes het ek selfs ‘n greintjie agting vir FW de Klerk begin ontwikkel. Maar hy is nie verniet FW nie, want toe die linkse propagandamasjien binne ure in rat kom en hul “skok en afgryse” uitspreek, het hy binne ‘n dag of twee weer voor hulle gekoutou en sy uitmuntende verklaring teruggetrek.

Koutou; FW de Klerk is links voor

FW de Klerk is so dom dat ‘n term soos “agitprop” nie binne sy woordeskat bestaan nie. Vermoedelik het hy nie self die goed bewoorde verklaring uitgereik nie, maar een van sy werknemers soos Dave Steward of Dayne Morkel.

Wat as ‘n onderonsie tussen die EFF en De Klerk in die parlement begin het, het ‘n stortvloed reaksies oor apartheid en die Stigting se verklaring veroorsaak. ‘n Professor van UNISA, Jo-Ansie van Wyk, het selfs op Netwerk24 vir mense verduidelik wat “agitprop” beteken; ek hoop die idioot van ‘n FW het dit gelees. ‘n Mens is nooit te oud om te leer nie, lui die gesegde mos. Onder andere verskaf sy die volgende definisie:

Die woord ‘agitprop’ is ‘n portmanteau, of samevoeging, van twee Russiese woorde, ‘agitatsiya’ en ‘propaganda’ (agitasie en propaganda). Dit verwys na die politieke kommunikasiestrategieë en instrumente van die Sowjet-era se departement van agitasie en propaganda, wat deel was van sentrale en streekkomitees van die Kommunistiese Party van die Sowetunie.

Agitprop verwys dus na die mobilisering of opstokery van burgers om die regime te ondersteun, dikwels deur kuns, literatuur, drama en kommunikasie. (My beklemtoning.)

Suid-Afrika het ná 1994 ‘n totalitêre samelewing geword met ‘n eenpartyregering wat toenemend alle fasette van die maatskappy probeer beheer, maar veral hoe mense dink en hul uitdruk. Vandaar ook die “haatspraak”-wetgewing wat binnekort ontplooi gaan word om enigeen wat van die heersende ideologie afwyk, swaar te beboet of tronk toe te stuur. Wat ek tans hier skryf, mag dalk oor ‘n paar jaar onwettig wees, want daar geen reeds stemme op wat eis dat elkeen wat die ANC se agitpropbegrip van “apartheid as misdaad teen die mensdom” bevraagteken, soos Joodsevolksmoordontkenners in Duitsland behandel moet word en summier in die gevangenis gesmyt behoort te word.

Apartheid, ‘n postmoderne woord

Onlangs het ek die volgende op Engels getwiet:

Weens die herhaling daarvan binne die Sowjetagtige agitpropprojek van die ANC, SAKP en die voormalige, sogenaamde anti-apartheidsbeweging, het die woord “apartheid” eintlik semanties leeg of sinneloos geraak. Die graffito wat die aardbol ontsier, maar eintlik niks meer beteken nie.

Die Nasionale Partyregering het gepoog om van die pejoratiewe betekenis weg te kom wat die term in die plaaslike Engelse media, asook internasionaal, verkry het deur nuwe terme uit te dink, soos “afsonderlike ontwikkeling” en selfs “plurale demokrasie” (toe Piet Koornhof nog minister van samewerking en ontwikkeling was, vanaf 1978 tot 1984).

Selfs toe sosiale rasseskeiding onder PW Botha afgeskaf is en daar gemengde kroeë, vervoer en universiteite was, het die ANC en die buiteland volgehou deur “apartheid” as hul gunstelingterm en -belediging vir die Afrikanerbewind te gebruik. Daarom word die tydvak 1948-1994 klakkeloos op Engels as “the apartheid era” bestempel, sonder inagname van die belangrike beleidsverskuiwings en selfs skeurings wat daar in die Nasionale Party tydens die onderhawige periode plaasgevind het.

Ek het al verskeie kere genoem dat die term “apartheid” vir die meer radikale plaaslike Engelse ‘n metoniem vir “Afrikaner” is. Daarom word Afrikaans die “apartheidstaal” genoem, die Afrikaanse letterkunde is “apartheidsliteratuur”, “Die Stem” is die “apartheid anthem”, en dergelike meer. Jy kan seker boerewors en pap die “apartheidsdis” noem. Daar bestaan slegs twee periodes in die Suid-Afrikaanse geskiedenis toe Afrikaners sterk inspraak in die regering geniet het, en dit was tydens die Boererepublieke in die Noorde van die land, asook tussen 1948 en 1989, totdat FW de Klerk finaal boedel oorgegee en Afrikaners in die hand van die radikale afro-anglo-marxistiese terreurorganisasies gegee het. Toevallig was die tydperke van Afrikanerregering in Suid-Afrika ook die jare toe die land die meeste vooruitgegaan het, “goue tye” as’t ware.

Hier onder bespreek ek nou enkele fasette van die term “apartheid” en toon ook aan waarom selfs die rasseskeiding of segregasie wat onder apartheid beoefen is, kwalik verkeerd en allermins ‘n “misdaad teen die mensdom” was.

Apartheid as Suid-Afrika se Goue Tyd

Die voormalige Rand Daily Mail (die mees linkse koerant van destyds) het twee weke voor die sluipmoord op dr. Verwoerd in 1966 die volgende geskryf:

“Dr Verwoerd has reached the peak of a remarkable career … The nation is suffering from a surfeit of prosperity.”

Laasgenoemde aanhaling geskied in Hermann Geliomee se artikel, Remembering Verwoerd. In dieselfde paragraaf kwoteer hy insgelyks nog ‘n liberale, Engelse publikasie, die Financial Mail wat in 1967 die periode tussen 1961 en 1966 die “Fabelagtige Jare” (Fabulous Years) genoem het.

Hoe het die Engelse mening in dié land gevorder vanaf die “Fabelagtige Jare” van “Verwoerdiaanse apartheid” toe die land ‘n “oorversadiging aan voorspoed” beleef het, tot nou waar hierdie vooruitgang en ekonomiese groei as ‘n “misdaad teen die mensdom” getipeer word?

Leon Lemmer skryf in sy mees onlangse rubriek:

Wat ek verwerplik vind, is dat historici nie genoegsaam aandag vestig op die mate waarin die Boere (en selfs die 1820-Britse setlaars en hulle nageslag) aan hulle lot oorgelaat is nie. Die destydse toestande aan die Kaap en in bv Algerië word nie vergelyk nie. In Algerië, anders as aan die Kaap, kon die blankes op uitstekende militêre beskerming staatmaak (Praag 16.11.2019). Hoekom word hierdie verskil nie uitgewys nie? Seker omdat dit die destydse plaaslike blankes in ‘n beter lig sou stel. Om dieselfde rede word die uitmuntende prestasie van blankes oor eeue, ver van Europa in Suidelike Afrika, nie genoeg beklemtoon nie. Om in so ‘n eens moeilik bereikbare geografiese gebied – en daarby in Afrika – Westerse beskawing/kultuur/waardes te vestig, was en is ‘n ongelooflike prestasie.

As ons vyande dus praat van “400 jaar van apartheid”, kan ons dit soos Leon Lemmer verwoord as ‘n “ongelooflike prestasie” wat sonder die hulp of bystand van enige “moederland” geskied het. Maar veral die periode ná 1948, die “fabelagtige jare” waarvan die Financial Mail gepraat het, moet as ons Goue Tyd beskryf word, toe Suid-Afrika geïndustrialiseer het en ‘n opbloei op alle gebiede, ekonomies, kultureel, sportief, militêr, beleef het.

So iets het nog nooit op die vasteland van Afrika plaasgevind nie… in elkeen van ons middestede kan ons die vervalle reste daarvan, die wolkekrabbers en monumente, die snelweë en ingenieursprestasies, gadeslaan. Eskom, SAL en Transnet het nog gewerk. Noem dit die “argeologie van apartheid”, die geboue van tientalle verdiepings, die boomryke, netjiese voorstede, selfs die lokasies wat soveel beter daar kon uitgesien het as die inwoners maar net vir dienste en elektrisiteit betaal het en hul bevolkingsaanwas kon temper deur middel van die gratis geboortebeperking wat aan hulle beskikbaar gestel is!

Apartheid as afsonderlike ontwikkeling

Nou onlangs was ek by Sun City naby Rustenburg met vakansie vir ‘n paar dae. Veral die guitige “Palace of the Lost City” met sy ruie kunsmatige tuine verteenwoordig iets tussen ‘n Walt Disney-fantasie en Rider Haggard se boeke (wat ek nog nooit gelees het nie, bygesê).

Die gedagte tref my toe skielik: Is die hele Sun City-kompleks nie insgelyks ‘n voorbeeld van apartheid-in-werking nie? Immers is dit uitsluitlik binne ‘n vorige tuisland, die Republiek van Bophutatswana, gebou en het werk aan duisende ongeskoolde werkers verskaf, met toeriste van regoor die wêreld wat steeds daarheen stroom.

Op die pad na Sun City kom mens heelwat netjiese baksteenhuise teë wat aantoon dat daar koopkrag in die gebied bestaan wat sowel deur Sun City as die vele platinamyne in die gebied verseker word.

Terwyl ek soggens in die soort kunsmatige woud wandel wat landskapsargitekte by Sun City aangelê het, of langs die Gary Player-gholfbaan, dink ek stilletjies: “Dis dan hoe ‘n misdaad teen die mensdom lyk.” Vir die gemiddelde linkse kommentator wat die afgelope twee weke gal gebraak het oor apartheid, lyk die Duitse konsentrasiekampe van die tweede wêreldoorlog of die Sowjetunie se goelags seker beter as die vakansieoord by Sun City. Maar as jou werklikheidsin so aangetas is en jy so fanaties vassteek in jou haat vir alles wat in die Goue Tyd van Afrikanerregering tot stand gekom het, sal jy seker volhard in jou absurde aantygings van “volksmoord en misdaad teen die mensdom”.

Só lyk ‘n “apartheidskonsentrasiekamp” in die tuisland Bophutatswana

Boonop weet ons dat die geskiedenis van postkoloniale Afrika deur allerlei burgeroorloë en etniese stryde gekenmerk is. Het apartheid, wat ten minste aan elke Bantoestam ‘n eie gebied toegeken het, ons nie gevrywaar van verwoestende burgeroorloë en selfs volksmoorde soos in die res van Afrika nie?

Dan was daar nog al die tuislandontwikkelingskorporasies, die duisende swart skole en hospitale wat die ou regering gebou het, sonder korrupsie… (so anders as die ANC-terroristebewind!)

Apartheid as rasseskeiding

Terwyl daar in die verlede van “groot” en “klein apartheid” gepraat is, het ek nog altyd ‘n ongemak ervaar oor “klein apartheid”. Jare gelede toe ek nog ‘n nagraadse student was, het ek ‘n fotograaf van Rapport my laat afneem by sulke “apartheidsbordjies” by die stasie op Doornfontein, naby waar die koerant se kantore destyds geleë was, as ‘n soort ironiese kommentaar op “klein apartheid”. Die foto’s is destyds in Rapport gepubliseer.

Sekerlik hoef niemand skuldig te voel oor “groot apartheid” oftewel die afsonderlike ontwikkeling van die verskillende swart etniese groepe in die land nie. Dit verskil nie veel van wat al die Westerse lande, asook die Verenigde Nasies, in Afrika ná die onafhanklikwording van die voormalige kolonies, probeer uitrig het nie. Apartheid was niks meer of minder as “ontwikkelingshulp” wat deur die ontwikkelde Westerse minderheid aan die onontwikkelde swart meerderheid toegestaan is nie.

Indien ontwikkelingshulp dus ‘n “misdaad teen die mensdom” is, dan moet Swede met sy SIDA (Swedish International Development Aid), asook die ander Skandinawiese lande, Nederland, Frankryk, Duitsland, die VK, die VSA en elke ander Westerse land wat al fondse vir Afrika uitgedeel het óók skuldig wees aan “misdade teen die mensdom”. Nie dat Swede en ander onskuldig is nie, want hulle het immers die werklike misdaad teen die mensdom in ons land — die ANC se terreurveldtog teen onskuldige burgerlikes — gefinansier. Dit is egter ‘n ander verhaal waarby ons binnekort sal stilstaan.

Maar wat van daardie aparte strande, bankies in parke, ingange by poskantore, treinwaens, busse, en someer? Deesdae twiet vele mense, veral swartes, maar ook blanke linkses aanmekaar sulke foto’s uit die verlede om ons dit voor die kop te gooi. Tot onlangs het dit my ook met ‘n gevoel van ongemak gelaat. Moontlik was dit vernederend vir swartes of kleurlinge om nie op dieselfde bus te ry nie of by ‘n ander toonbank in die poskantoor gehelp te word nie. Bygesê: vandag het die “geïntegreerde” poskantoor merendeels opgehou werk en ontvang ek nie meer pos in my posbus nie.

Maar sodanige “klein apartheid” het natuurlik in vele ander lande, asook ander Afrikakolonies soos dié van die Britte, Belge, Portugese en Franse, bestaan. In die VSA, veral die suidelike state, was dit vry algemeen. Is al daardie lande dan ook skuldig aan ‘n “misdaad teen die mensdom”? Kennelik nie. Slegs Suid-Afrika is.

Rasseskeiding in die VSA: aparte waterkrane vir blank en swart.

Waarom dan dié dubbele standaarde? wonder ‘n mens.

Apartheid is vandag ‘n internasionale term. Daar word van Israel as ‘n “apartheidstaat” gepraat vanweë dié land se behandeling van die Palestynse bevolking. Trouens, vandeesmaand (Maart) word “Israeli-apartheidsweek” in Suid-Afrika gehou.

In die VSA is daar ‘n boek gepubliseer met die titel, American Apartheid, deur Douglas S. Massey en Nancy A. Denton. Volgens die uitgewer, Harvard University Press, ontleed die boek die hedendaagse segregasie wat daar steeds in die VSA bestaan, ondanks dekades van gedwonge integrasie. Die teks word só opgesom:

This powerful and disturbing book clearly links persistent poverty among blacks in the United States to the unparalleled degree of deliberate segregation they experience in American cities.

American Apartheid shows how the black ghetto was created by whites during the first half of the twentieth century in order to isolate growing urban black populations. It goes on to show that, despite the Fair Housing Act of 1968, segregation is perpetuated today through an interlocking set of individual actions, institutional practices, and governmental policies. In some urban areas the degree of black segregation is so intense and occurs in so many dimensions simultaneously that it amounts to “hypersegregation.”

Is die grote Amerika dan ook skuldig aan ‘n “misdaad teen die mensdom” as dit by sy swart bevolking kom en wat volgens die skrywers aan “Amerikaanse apartheid” onderwerp word?

My apartheid, jou apartheid… almal se apartheid. In feitlik alle ontwikkelde en selfs onontwikkelde lande bestaan daar etniese enklawes of gebiede wat grotendeels deur spesifieke groepe soos swartes, Chinese of Moslems beset word.

Hoe ontstaan rasseskeiding? As ‘n mens die linkse sluipskrywers kan glo, was Suid-Afrika vóór 1948 ‘n multikulturele of veelrassige utopie waarin almal “gelukkig saam en deurmekaar” gewoon het. Die misdaadhool Sophiatown word gewoonlik as ‘n voorbeeld van dié paradyslike toestand van “veelrassigheid” voorgehou. Niks kan natuurlik verder van die waarheid wees nie. Die rasse en groepe in Suid-Afrika het lank voor formele apartheid reeds afsonderlik van mekaar gewoon en geassosieer. Kyk maar na Mahatma Gandhi se “rassistiese” opmerkings oor swartes.

In ‘n ope brief aan die Natalse Parlement in 1893, het Gandhi geskryf:

“I venture to point out that both the English and the Indians spring from a common stock, called the Indo-Aryan. … A general belief seems to prevail in the Colony that the Indians are little better, if at all, than savages or the Natives of Africa. Even the children are taught to believe in that manner, with the result that the Indian is being dragged down to the position of a raw Kaffir.”

‘n Lig het egter vir my opgegaan toe ek via Google op die Engelse Wikipediabladsy oor “racial segregation” afgekom het. Dit lyk asof die blote bestaan van rasseverskeidenheid spontaan tot rasseskeiding lei. Na aanleiding van ‘n soortgelyke formulering deur die Encyclopaedia Britannica lees ons op Wikipedia:

Wherever there have been multiracial communities, there has been racial segregation. Only areas with extensive miscegenation, or mixing, such as Hawaii and Brazil, despite some social stratification, seem to be exempt.

Met ander woorde, rasseverskeidenheid oftewel “veelrassigheid” veroorsaak apartheid, en nie andersom nie.

Blykbaar het die Chinese apartheid oftewel rasseskeiding in 779 uitgevind:

Several laws enforcing racial segregation of foreigners from Chinese were passed by the Han Chinese during the Tang dynasty. In 779 the Tang dynasty issued an edict which forced Uighurs to wear their ethnic dress, stopped them from marrying Chinese females, and banned them from pretending to be Chinese. Chinese disliked Uighurs because they practiced usury. The magistrate who issued the orders may have wanted to protect “purity” in Chinese custom. In 836, when Lu Chun was appointed as governor of Canton, he was disgusted to find Chinese living with foreigners and intermarriage between Chinese and foreigners. Lu enforced separation, banning interracial marriages, and made it illegal for foreigners to own property. Lu Chun believed his principles were just and upright. The 836 law specifically banned Chinese from forming relationships with “Dark peoples” or “People of colour”, which was used to describe foreigners, such as “Iranians, Sogdians, Arabs, Indians, Malays, Sumatrans”, among others.

De facto apartheid of rasseskeiding bestaan oral, selfs in die huidige ANC-oorheersde Suid-Afrika. Dis nóg verkeerd nóg iets om oor skuldig te voel.

Apartheid as afsonderlike ontwikkeling in Kanada en Frankryk (Nieu-Kaledonië)

Min mense weet dit, maar tot op hede word die goeie vorm van apartheid (teenoor bose ANC-apartheid, sien hier onder) wat Afrikaners beoefen het, steeds deur twee Westerse demokrasieë, te wete Kanada en Frankryk, toegepas.

In Kanada geld ‘n stelsel van tuislande wat vir die inheemse Indiaanbevolking opsy gesit is. Verskeie Indiaanstamme, waaronder die Mohawks, handhaaf ook rassewette om hul getalle en identiteit te beskerm. Volgens die Wikipediablad oor “Racial Segregation” geld die volgende tans in Kanada:

The Mohawk tribe of Kahnawake has been criticized for evicting non-Mohawks from the Mohawk reserve. Mohawks who marry outside of their tribal nation lose their right to live in their homelands. The Mohawk government claims that its policy of nationally exclusive membership is for the preservation of its identity, but there is no exemption for those who adopt Mohawk language or culture. The policy is based on a 1981 moratorium which was made law in 1984. All interracial couples are sent eviction notices regardless of how long they have lived on the reserve. The only exemption is for mixed national couples married before the 1981 moratorium.

Although some concerned Mohawk citizens contested the nationally exclusive membership policy, the Canadian Human Rights Tribunal ruled that the Mohawk government may adopt policies it deems necessary to ensure the survival of its people.

Let op die frase onmiddellik hier bo: …the Canadian Human Rights Tribunal ruled that the Mohawk government may adopt policies it deems necessary to ensure the survival of its people. 

Die onmiddellike vraag wat by my opkom, is: Was Afrikaners nie ook, as kleine blanke minderheid op hierdie grote swart vasteland wat as Afrika bekendstaan, daarop geregtig “om beleid aan te neem wat ons as nodig ag om die voortbestaan van ons volk te verseker” nie, waaronder selfs die Wet op gemengde huwelike, die Ontugwet en dergelike meer? Of is ons dan minder werd as die Mohawks van Kanada?

In die meer onlangse verlede het ‘n Franse Sosialistiese regering ‘n soortgelyke apartheidsbestel op die eiland Nieu-Kaledonië in die Stille Oseaan ingestel.

Nieu-Kaledonië (Frans: Nouvelle-Calédonie vir Nieu-Skotland) is ‘n oorsese gebied van Frankryk in die Stille Oseaan en lê in Melanesië. Nieu-Kaledonië bestaan uit drie provinsies met ‘n oppervlakte van 18 576 km² en het ‘n bevolking van 256 000 in 2012 gehad. (Afrikaanse Wikipedia.)

Die probleem is insgelyks dat die bevolking van Nieu-Kaledonië veelrassig en veelvolkig is, bestaande uit blanke Franse en die inheemse Kanakke wat op ‘n stadium onluste gepleeg en selfs ‘n onafhanklikheidsbeweging met terreuraktiwiteite geloods het.

Frankryk het ‘n bladsy uit dr. Verwoerd se boek geneem en die eiland verdeel in ‘n aantal provinsies oftewel tuislande waarin elke etniese groep homself kon regeer. Die totale bevolking, waaronder die Kanakke, het so baie van apartheid gehou dat hulle in ‘n onafhanklikheidsreferendum op 4 November 2018 teen onafhanklikheid van Frankryk gestem het.

Nes onder die goeie Afrikanerapartheid in Suid-Afrika van weleer, geniet die Kanakke ook stamregering en ander maatreëls om hul kultuur, identiteit en gebruike te behou. Soos die Engelse Wikipedia dit stel:

Kanak society has several layers of customary authority, from the 4,000–5,000 family-based clans to the eight customary areas (aires coutumières) that make up the territory. Clans are led by clan chiefs and constitute 341 tribes, each headed by a tribal chief. The tribes are further grouped into 57 customary chiefdoms (chefferies), each headed by a head chief, and forming the administrative subdivisions of the customary areas.

The Customary Senate is the assembly of the various traditional councils of the Kanaks, and has jurisdiction over the law proposals concerning the Kanak identity. The Customary Senate is composed of 16 members appointed by each traditional council, with two representatives per each customary area. In its advisory role, the Customary Senate must be consulted on law proposals “concerning the Kanak identity” as defined in the Nouméa Accord. It also has a deliberative role on law proposals that would affect identity, the civil customary statute, and the land system. A new president is appointed each year in August or September, and the presidency rotates between the eight customary areas.

Kanak people have recourse to customary authorities regarding civil matters such as marriage, adoption, inheritance, and some land issues. The French administration typically respects decisions made in the customary system. However, their jurisdiction is sharply limited in penal matters, as some matters relating to the customary justice system, including the use of corporal punishment, are seen as clashing with the human rights obligations of France.

Klink dit dalk bekend?

Apartheid as misdaad teen die mensdom

Kommunisme het 100 miljoen mense gedood, maar is nie deur die VN getipeer as ‘n “misdaad teen die mensdom” nie. In Suid-Afrika het die veiligheidsmagte oor 40 jaar van Afrikanerregering, volgens die Waarheids- en Versoeningskommissie se syfers, ‘n raps meer as 500 mense in onluste en ander situasies gedood. Nietemin het ‘n klomp kommunistiese en Afrika-state met veel swakker menseregterekords as Suid-Afrika op 30 November 1973 tydens ‘n sitting van die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies verklaar dat “apartheid ‘n misdaad teen die mensdom is”.

Was dit nie ‘n klug nie? Oftewel Sowjet-agitprop soos die FW de Klerkstigting dit so mooi gestel het nie?

Feit is dat niemand, waaronder die duisende lewende amptenare, politici en regeringslui wat deel van die stelsel van vóór 1994 was, nog ooit van die “apartheidsmisdaad” aangekla is nie. Ek daag elkeen wat in die hoofstroommedia teen apartheid as “volksmoord” en “misdaad teen die mensdom” uitvaar, om ‘n klag by die naaste polisiestasie, hier of oorsee, aanhangig te maak en te kyk hoe ver die saak gaan. Geen hof, behalwe miskien in Julius Malema se toekomstige Rooi Suid-Afrika, sal so ‘n klag aanhoor nie.

Net so kan Kanada of Frankryk seker insgelyks van ‘n “misdaad teen die mensdom” aangekla word, want hulle beoefen mos apartheid sover dit die Mohawks en die Kanakke aanbetref? Vertel dit vir Justin Trudeau of Emmanuel Macron. Trouens, ek daag enigeen van die Netwerk24- en ander linkse sluipskrywers soos Ma(r)x du Preez, Antjie Krog, Anton van Niekerk, Leopold Scholtz, Willemien Brummer, Elmien du Plessis, Lindie Koorts, Christi van der Westhuizen en wie nog uit om dadelik vir Trudeau en Macron voor die Internasionale Geregshof te bring sodat hulle kragtens die Roomse Statuut en die Internasionale Konvensie oor die Onderdrukking en Bestraffing van die Apartheidsmisdaad verhoor kan word!

Kom nou, here en dames, ekskuus, “vroue” want hulle is nie dames nie, hardloop Den Haag toe voordat die paadjie vol duwweltjies word.

Tot dan sal die narrery rondom apartheid, die “groot misdaad teen die mensdom”, dag vir dag, week na week, en jaar na jaar, in die media voortduur.

ANC-terrorisme as misdaad teen die mensdom

Op ‘n ernstiger noot: Niemand is nog ooit van apartheid aangekla nie, wat nog te sê skuldig bevind. Maar die soort terrorisme wat die ANC en sy buitelandse finansiers soos Swede, Noorweë, Denemarke, Denemarke, Kanada en ander lande teen onskuldige burgerlikes in Suid-Afrika gepleeg het, is wel internasionale misdade, verdragsmisdade en selfs ‘n misdaad teen die mensdom.

Suid-Afrika se probleem is nie die sogenaamde “nalatenskap van apartheid” waarmee daar tot vervelens toe gesmous word nie. Soos ek reeds hier bo aangedui het, is dit allerweë erken dat Suid-Afrika in die sestigerjare ‘n paradys vir almal was, ‘n Goue Tydvak in ons geskiedenis.

Die nalatenskap van ANC-terrorisme en buitelandse inmenging in ons land is egter ‘n perd van ‘n ander kleur. Dit het die kultuur van geweld, wanorde, misdadigheid en rassehaat waarmee ons tans te kampe het, geskep. Die land is gedestabiliseer as deel van die Sweedse beleid van “regimeverandering vir Suid-Afrika”.

Oor ‘n week gaan die Sweedse eerste minister, Stefan Löfven, ons land besoek. Ek beplan om binne dae ‘n ope brief aan hom te rig wat sowel hier as in Swede in Sweeds gepubliseer sal word en waarin ek hom konfronteer met die funeste gevolge van Sweedse finansiële steun aan die ekstremistiese Afro-marxistiese terreurbeweging wat as die ANC bekendstaan.

Terrorisme, veral waar dit herhaaldelik en sistematies aangewend word om vrees by ‘n hele bevolking in te boesem soos die ANC gemaak het, is volgens verskeie internasionale kenners wel ‘n misdaad teen die mensdom. Afrikaners behoort hierop te fokus. Hoe kan ons die spul korrupte terro’s en oorlogsmisdadigers wat ons tans regeer, aan die pen laat ry? Hoe kry ons hulle voor die Internasionale Geregshof in Den Haag of in ‘n ander nasionale hof buite Suid-Afrika waar hulle vir hul gruweldade soos die Kerkstraatbom, die Amanzimtotibom en die Magookroegbom verhoor en gestraf kan word? Is Tutu se kwytskeldings van die ANC-terroriste by die WVK enigsins geldig, want was hy nie ook ‘n ANC-lid en daarom self ‘n terroris nie?

Pleks van die Sowjetagitprop van die ANC en sy meelopers in die media te verduur, behoort ons ons eie veldtog te loods om geregtigheid vir die ANC se gruweldade uit die verlede te verkry.

Ten slotte: ANC-apartheid

Eintlik moet die woord “apartheid” uit die Roomse Statuut van 2002 verwyder word, want dit is sinneloos om dit steeds daar te hou. Tensy dit na die “ANC-apartheid” van ná 1994 verwys. Die term “ANC-apartheid” is gemunt deur die Nederlandse parlementariër, Martin Bosma, en as ‘n mens so verwys na die stelsel van diskriminasie wat tans geld en wat beslis daarop gemik is om die blanke rassegroep leed aan te doen en selfs uit te wis, pas dit veel beter by die definisies van die sogenaamde “International Convention on the Suppression and Punishment of the Crime of Apartheid” van 1973 as enige beleid van die NP vanaf 1948 tot 1994:

  1. Denial to a member or members of a racial group or groups of the right to life and liberty of person

    1. By murder of members of a racial group or groups;
    2. By the infliction upon the members of a racial group or groups of serious bodily or mental harm, by the infringement of their freedom or dignity, or by subjecting them to torture or to cruel, inhuman or degrading treatment or punishment;
    3. By arbitrary arrest and illegal imprisonment of the members of a racial group or groups;
  2. Deliberate imposition on a racial group or groups of living conditions calculated to cause its or their physical destruction in whole or in part;

  3. Any legislative measures and other measures calculated to prevent a racial group or groups from participation in the political, social, economic and cultural life of the country and the deliberate creation of conditions preventing the full development of such a group or groups, in particular by denying to members of a racial group or groups basic human rights and freedoms, including the right to work, the right to form recognised trade unions, the right to education, the right to leave and to return to their country, the right to a nationality, the right to freedom of movement and residence, the right to freedom of opinion and expression, and the right to freedom of peaceful assembly and association…

Verskeie van dié artikels is van toepassing op die ANC-apartheid wat tans teen ons geld, en Afrikanerjuriste behoort dit te ondersoek en ‘n internasionale hofsaak teen die ANC-terroristebewind aan die gang te kry.

Geen steen behoort onaangeroer te bly in ons pogings om die ANC-terroriste aan die pen te laat ry nie.

Die misdade teen die mensdom wat hulle pleeg, duur elke dag voort. Dit kan nie langer so aangaan nie.

En laat diegene wat poog om ons spraakvryheid te beperk deur ons te wil straf omdat ons hulle onbekookte leuens, beswaddering en stigmatisering oor die verlede durf kritiseer, besef dat húlle insgelyks artikel 3 van die Konvensie teen apartheid oortree, “…by denying to members of a racial group or groups… the right to freedom of opinion and expression”.

Elkeen wat ons wil vervolg omdat ons ons mening oor apartheid uitspreek, sowel die goeie Afrikanerapartheid van die verlede as die bose ANC-apartheid van tans, oortree dus self die Konvensie teen apartheid.

Elke ANC-werfbobbejaan wat ek hier bo genoem het (Ma(r)x du Preez, Antjie Krog, Anton van Niekerk, Leopold Scholtz, Willemien Brummer, Elmien du Plessis, Lindie Koorts, Christi van der Westhuizen) en ek vra om verskoning vir die hele horde wat ek uitgelaat het, is self skuldig aan ‘n misdaad teen die mensdom omdat hulle ons nie net aktief namens hul base, die korrupte ANC-oorlogsmisdadigers, vervolg en belaster nie, maar ook omdat hulle ons ons spraakvryheid wil belet deur middel van hulle afskuwelike, Sowjetagtige sensuur en irrasionele, kranksinnige Afrikanerhaat.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.