Dan Roodt: Die Afrikaner kort media soos nooit tevore nie; help ons!

Deel op

Geagte leser,

NUUT!

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) word vandeesmaand 20 jaar oud. Ons is 20 in 2020. Sowel vir Afrikaans as die Afrikaner, was die stryd om voortbestaan nog nooit so fel soos tans nie. Binnekort gaan die reeds foutiewe Grondwet verander word om “onteiening sonder vergoeding” toe te laat. In Gauteng, die provinsie waarin die meeste Afrikaners woon, is die ANC-maniak Panyaza Lesufi vasbeslote om alle Afrikaanse skole af te skaf.

Die ergste is erger dat die tradisionele Afrikaanse media deur ANC-gesindes oorgeneem is. Hulle ondersteun die stelsel of die status quo, praat dit goed, sien in “Cyril” (Ramaphosa) ‘n tweede Messias naas Mandela. Wat die buiteland betref, haat hulle die nuwe patriotiese bewegings in Europa en praat links-liberale Britte en Amerikaners klakkeloos na.

Grootskaalse breinspoeling oor die verlede en die hede is aan die orde van die dag, nes in die ou Sowjetunie.

Linkse media het die Mandelakultus geskep; nou onderhou hulle dit

Weens gebrek aan fondse en ons betrokkenheid by pro-Afrikaanse aktivisme in die buiteland, kan ons nie tans die hoeveelheid berigte en meningstukke op die PRAAG-webblad plaas wat ons graag wil nie.

‘n Radikale linkse minderheid oorheers die Suid-Afrikaanse media. Engelse artikels word toenemend bloot in Afrikaans vertaal en in Beeld, Die Burger en Rapport afgedruk omdat Afrikaners nie meer toegelaat word om hul sê te sê nie. Die vyand druk sy verwronge denkbeelde in ons kele af, ons hele kultuur word “getransformeer”; elke boek, elke fliek, elke TV- en radioprogram.

Dertig jaar gelede op 2 Februarie 1990, het FW de Klerk onder invloed van die linkse media besluit om aan die ANC oor te gee sodat hulle die land kan kom plunder. Dis só eenvoudig.

Ons wil graag ons PRAAG-webblaaie, ons YouTube-kanaal en ons uitgewery uitbou tot media wat ons mense sal inlig en aanspoor om nie tou op te gooi nie. Meer: Elkeen moet elke dag met trots PRAAG kan lees en sê: “Dis hoe Afrikaans moet klink, dis hoe elke Afrikaner moet dink.”

Daar is hoop: in die VSA en Europa het ons al hoe maar vriende. Ons is deel van ‘n magtige Westerse beweging wat die liberalisme en kultuurmarxisme van ons wil wil afwerp. Binnelands val die skille van mense se oë af soos wat geweld, diefstal, krag- en wateronderbrekings toeneem.

In die Ou Testament staan daar (Hoséa 6): “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis.” In 2020 is dit waarder as ooit!

Deur terreur en veral propaganda is ons in 1994 oorwin.

‘n Paar honderd mense wat R30 per maand bydra, sal ons in staat stel om meer joernaliste aan te stel, meer rubriekskrywers te betaal, meer YouTube-video’s te maak en sodoende die linkse greep op ons land en ons mense te verbreek.

Sluit nou by PRAAG aan en help ons in dié stryd om inligting by ons mense, asook ons vriende in die buiteland, uit te kry. Ons oorlewing hang beslis daarvan af.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.