Daniel Friedman van Citizen geskors oor anti-Afrikaanse uitsprake

Deel op

Die Citizen se digitale nuusredakteur, Daniel Friedman, is geskors hangende die afhandeling van ‘n interne ondersoek.

“Die bestuur het kennis geneem van openbare kommer oor die aanlyn-redakteur, Daniel Friedman, se uitsprake op sy persoonlike Twitter-rekening, sosiale media en ander aanlynplatforms. Sommige van sy uitsprake is gemaak deur sy komedie-persona, Deep Fried Man,” verklaar die Citizen se aanlyn redakteur Charles Cilliers.

‘n Ondersoek is aan die gang en Friedman is geskors hangende die afhandeling daarvan.

The Citizen het ‘n streng beleid oor sosiale media. “Die aantygings rakende Friedman sal volgens hierdie beleid hanteer word,” meen Cilliers. “As dissiplinêre prosedures benodig word, sal dit billik en redelik uitgevoer word.”

The Citizen respekteer die onaantasbaarheid van uitdrukkingsvryheid. “In baie min gevalle sou ons ooit die onderdrukking van enige mening ondersteun, selfs as sommige dit as beledigend beskou,” sê Cilliers. “Ons onderwerp ons vrywillig aan die Suid-Afrikaanse Perskode, waar uitsprake aansienlike ruimte gegee word. Die Grondwet van Suid-Afrika en die Perskode plaas egter sekere beperkings op die uitoefening van hierdie reg, wat oorweeg sal word by die hantering van hierdie saak.

“Ons vertrou dat die publiek sal toelaat dat hierdie proses vreedsaam en ongehinderd voortgaan.”

Daniel Friedman het as die komediant “Deep Fried Man” die eerste keer bekend geraak toe hy in ‘n YouTube-video gespot het met blankes wat in Suid-Afrika doodgemaak word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.