Leon Lemmer: Die ontaarding van grondonteiening in Indië

Deel op

Grondonteiening sonder vergoeding sal plaaslik heel moontlik een van die belangrikste nuustemas in 2020 wees. Die ANC-regime is vasbeslote om ontwikkelde plase in die besit van blankes sonder vergoeding “terug te neem” en dit dan (gratis) aan swartes beskikbaar te stel. Die valse veronderstelling waarvan uitgegaan word, is dat die grond voorheen sonder vergoeding van die swartes gesteel is. Geregtigheid seëvier dus as die regering die grond terugsteel. Wat gerieflikheidshalwe verswyg word, is dat daar geen plase of ontwikkeling was voordat blankes op daardie grond begin boer het nie. Dit is dus nie ‘n geval van weerwraak deur die ANC-regime nie, maar gewoon rassistiese wraak. Geeneen van daardie plase is steeds in die besit van die eerste blankes wat daarop geboer het nie. Dit is ook uitsonderlik as ‘n plaas deur oorerwing deurgaans in die besit van die nageslag van dieselfde blanke familie gebly het. Die meeste plase in blanke besit is dus bewysbaar van die vorige eienaar gekoop.

In uitsonderlike gevalle is kontant vir die plaas betaal, maar meesal deur ‘n verband uit te neem en die koopsom, asook die oordragskoste en rente, oor baie jare te (probeer) delg. Baie blanke boere se finansiële situasie is benard, met skuld wat neig om meer as die waarde van die plaas te wees. Blanke boere vervul ‘n noodsaaklike produktiewe funksie deur kos aan die vinnig groeiende bevolking, insluitende inkommers, te voorsien. Die ANC-regime is in so ‘n mate met (marxistiese) ideologie behep dat hy nie tot ‘n realistiese siening van hierdie saak in staat is nie. Die meeste blanke boere is Afrikaners. Hulle word deur die ANC-regime as apartheidondersteuners getakseer, gevolglik is daar in owerheidsgeledere geen simpatie met hulle nie.

Dit is waarom die afskaffing van landbousubsidies een van die eerste skuiwe van die ANC-regime was. Daardie regering is uiters traag om blanke boere in enige opsig tot hulp te kom, bv beveiliging teen plaasaanvalle en -moorde, asook hulpverlening weens droogte. Wat die ANC-regime baie gou gedoen het, is om plase soos residensiële en sake-eiendom te belas. Die skroef vir toegang tot water word ook al hoe stywer aangedraai. Mineraalregte is sonder vergoeding van boere ontneem. Een van die eerste verklarings waarmee Cyril Ramaphosa ná sy verkiesing as president vorendag gekom het – en wat hy daarna verskeie kere herhaal het – is dat grond sonder vergoeding onteien gaan word, of mense daarvan hou (swartes) of nie (blankes). Waarmee die kamerade klaarblyklik besig is, is om hongersnood te skep, wat die gepeupel tot opstand kan dryf. Die resultaat kan anargie en ‘n staatkundige revolusie wees.

Die ANC-kamerade word in hulle misdadige voorneme, in hierdie geval steelsug, gesterk deur die voorbeeld wat Robert Mugabe in Zimbabwe gestel het. Mugabe en sy trawante het plase bekom deur toe te laat dat swart oproeriges ongehinderd blankes van hulle plase verdryf. Die hondersnood, ellende en verval wat daarop in Zimbabwe gevolg het, skeel die ANC-regime min. Volgens berigte het meer as 90% van die plase wat reeds in Suid-Afrika van blank na swart beheer oorgedra is, in onproduktiwiteit verval. Die land het ‘n netto invoerder van kos geword. ‘n Mens sou dink dat dit duidelik aantoon dat die ANC-regime se landboubeleid tot mislukking gedoem is. In werklikheid wil die bewindhebbers met oorgawe met hierdie strategie voortgaan, met as ideaal die nasionalisering van onder meer alle (landbou)grond.

Dit geskied ingevolge die ANC se nasionale demokratiese revolusie, wat sy inspirasie uit die bepalings van die 1955-Vryheidsmanifes put. Soms word dit radikale transformasie genoem. In werklikheid is dit ‘n teruggryping na primitiwiteit, toe daar slegs gemeenskaplike en geen private grondbesit was nie. Dit verduidelik waarom dit ANC-beleid is om geen titelaktes te gee aan die swartes wat op eens blanke plase gevestig word nie. Maar dit is moontlik, eintlik waarskynlik, dat ANC-politici en -ampsdraers (mettertyd) titelaktes vir sodanige onteiende grond sal ontvang.

Wat in Zimbabwe gebeur het, toon een manier waarop onteiening tot rampspoed lei. ‘n Tweede manier om negatiewe resultate te behaal, is die ANC-regime se huidige beleid waarvolgens blankes se plase met staatsgeld – insluitende (blanke) belastingbetalers se geld – aangekoop en aan swartes verkwansel word. Dit is ‘n resep waarvolgens produktiewe plase op ‘n feitlik onfeilbare manier in onproduktiewes omskep word. In die praktyk blyk hierdie swart “opkomende boere” om veel eerder ondergaande sukkelaars te wees. Pleks van halt te roep, is die ANC-kamerade vasbeslote om op die ingeslane weg voort te gaan, maar op ‘n vinniger en goedkoper manier, naamlik om sonder vergoeding blankes se plase te onteien.

Indië

Daar is ‘n derde manier waarop onteiening kan ontaard. Indië stel in hierdie opsig ‘n voorbeeld. Ek skryf na aanleiding van Michael Levien se boek, Dispossession without development: Land grabs in neoliberal India (New York: Oxford University Press, 2018, 336p; Amazon Kindle $11,49). Volgens ‘n internetbron verwys neoliberalisme na “market-oriented reform policies such as eliminating price controls, deregulating capital markets, lowering trade barriers and reducing state influence in the economy, especially through privatization and austerity.” Levien het in 2013 op grond van hierdie navorsing ‘n doktorsgraad aan die University of California, Berkeley, verwerf. Hy is ‘n dosent in sosiologie aan die Johns Hopkins University. Terwyl u hier onder lees oor hoe onteiening in Indië ontaard het, kan u gerus deurgaans probeer visualiseer hoe iets soortgelyks in Suid-Afrika kan gebeur. Teen die einde van hierdie rubriek skenk ek aandag hieraan.

Levien het in Oktober 2009 begin om veldwerk in Indië te doen; aanvanklik vir 16 maande. Daarna het hy vir kort periodes (in 2012, 2014, 2016, 2017) opvolgbesoeke aan Indië gebring, wat ‘n verdere 3 maande in beslag geneem het. Maar die teks weerspieël in groot mate die situasie tot 2014 (Kindle 5609). Die navorsing het sowat sewe jaar geduur en het heelwat opoffering geverg. Levien was bv tydens die veldwerk vir die meeste van die tyd ‘n loseerder in die huis van ‘n arm gesin. Hy was verplig om vooraf Hindi te leer omdat Engels nie in die onontwikkelde platteland verstaan word nie. Die fokus van sy navorsing is die staat Rajasthan in die noordweste van Indië. Dit is die Indiese staat met die grootste oppervlakte. Vir water is hierdie staat van seisoenale Moesonreën afhanklik, maar daar is ook ‘n kanaal, 8 000 kilometer lank, wat water uit die Himalajagebergtes na die Tharwoestyn aan die grens met Pakistan bring (1180).

Jaipur, die hoofstad van Rajasthan, is 268 km van Nieu-Delhi, die hoofstad van Indië. Jaipur is die 10de grootste stad in Indië en aan die hoofweg tussen Delhi en Moembai geleë. Sy geografiese ligging maak die Jaipur-omgewing geskik vir die diversivering van ondernemings wat tradisioneel in die oorbevolkte groot stede gehuisves is. Levien het die meeste van sy aandag bepaal by ‘n dorp, wat hy Rajpura noem, 25 km noordoos van Jaipur, en drie ander dorpe in die omgewing: Shivpura, Jatpura en Neempura. Meer as 400 huisgesinne het in Rajrupa gewoon. In sy gedetailleerde bestekopname het Levien 94 huishoudings in hierdie vier dorpe betrek (2733). “While most residents of ‘Rajpura’ spoke Hindi, their first language was a dialect of Rajasthani that they called Marwari” (312). Aangesien met sensitiewe inligting gehandel word, gebruik Levien skuilname vir hierdie dorpe en die inwoners om hulle teen vergelding te beskerm (317).

Vóór onafhanklikheid in 1947 en vier dekades lank ná onafhanklikheid is grond in Indië sonder noemenswaardige protes deur die regering onteien sodat bv spoorweë, paaie, lug- en seehawes, damme en kragstasies gebou kon word. Dit is in die openbare belang en met die oog op die ontwikkeling van infrastruktuur gedoen. Dit was duidelik dat die land en (van) sy inwoners hierby sou baat; dus dat onteiening breedweg in die nasionale belang was. Daar is aanvaar dat vergoeding (“fair market value” – 1142) aan die betrokke grondeienaars betaal sou word. “Compensation would be based on the land’s previous use – often as agricultural land – and not take into consideration the land’s intended use” (1142).

Teen die 1980’s het weerstand teen onteiening begin opbou, onder meer omdat die vergoeding as onvoldoende beskou is. Miljoene mense is bv in die opvanggebied van nuwe damme ontwortel en van hulle besittings en inkomste ontneem. “If they had thoughts of resisting, they were quickly met with police force. In several instances, dam authorities simply closed the spill gates to flood recalcitrant villagers out of their homes” (1342). “Over 25 000 families from hundreds of villages lost their land for just six of Rajasthan’s biggest dams” (1172). Ná hervestiging was die ontworteldes armer as voorheen.

Neoliberalisme het die situasie vererger. “Those dispossessed by development projects in Rajasthan were pitifully compensated, seldom resettled, much less ‘rehabilitated’ to their previous standard of living, and almost always further impoverished” (1203). Van owerheidskant word geredeneer: “If we give market price, then industrialists won’t come. Providing investors with cheap land meant maintaining low compensation to farmers” (1583). “Land grabs” het ‘n gonsfrase in die Indiese politiek geword (72). Om minder as die vervangings- of markwaarde by onteiening te betaal, is ‘n skelmstreek wat die Indiërs by die Britte geleer het. Dink aan die bedrag waarvolgens en die manier waarop eienaars in die Britse Ryk destyds ná die vrystelling van die slawe vergoed is. Verder is daar “the difficulty of compensating for non-monetary values” (821), soos hier onder blyk.

In die 1990’s het die Indiese regering met sy neoliberalistiese beleid begin. Die keuse was glo tussen “backwardness” en “modernization” (578). “State control over the economy should be diminished in favor of the market” (530). “Deepening marketization was accompanied by increasing use of state power to dispossess private (and common) [rural] property” (537). Vir die owerheid gaan dit nie meer om ontwikkeling in nasionale belang nie, maar om die fasilitering van “private sector-led growth” (111). Byvoorbeeld, regulasies is verslap, goedkeuringsprosedures vereenvoudig en belastingvergunnings toegestaan ten einde private beleggings uit die binneland en veral buiteland te lok en die vervaardiging en uitvoer van goedere aan te moedig. Die huidige onteiening verskil in aard van vorige onteiening. Byvoorbeeld: “The dispossession of rural land is different in important respects from urban slum demolitions” (510).

Sedert die 1990’s is daar by onteiening “great flexibility to define the ‘public purpose'” (766). “Claims to the ‘public interest’ in unequal societies are necessarily ideological. They proceed by synecdoche, [ie] attributing the interests of a part of society to the whole” [according to Antonio Gramsci (1891-1937)] … a dam, highway, or airport inevitably benefits certain sections of the ‘public’ while imposing disproportionate costs on others” (771). “The driving causes of land dispossession changed dramatically in the early 1990s when India transitioned from state-managed capitalism to neoliberalism. Having dispossed land almost exclusively for large public-sector industrial and infrastructure projects in the forty years after Independence, Indian states began to dispossess land on behalf of large private corporations for increasingly rent-heavy and non-labor-absorbing purposes, including upscale residential and commercial real estate” (402).

Reeds in die jare sestig was daar in Indië ‘n uitspraak deur die hooggeregshof teen hierdie soort privatisering: “A private industry did not constitute a public purpose and [the judges] worried that such a practice would make the government ‘a general agent for companies to acquire lands … for private profit'” (1248). Hierdie uitspraak het egter nie hierdie tendens gestuit nie. Hierdie soort onteiening het sedert die 1990’s al hoe groter momentum gekry. Dít ten spyte van die feit dat daar in die Indiese Grondwet staan: “The State shall, in particular, direct its policy towards securing … that the operation of the economic system does not result in the concentration of wealth and means of production to the common detriment” (5042). Wat sedert die 1990’s in Indië gebeur, is “premature deindustrialization” ten gunste van ‘n sogenaamde kennis-ekonomie wat kapitaalintensief is en oordrewe met die frase “jobless growth” gekarakteriseer word (5192). Dit bring ‘n afname in die aanvraag na veral ongeskoolde oftewel hande-arbeid mee.

Teen 2005 het die regering begin om landbougrond te onteien sodat dit vir ontwikkeling aan private beleggers oorgedra kon word. “Their targets now included large private investments, high-tech parks, real estate colonies, privatised infrastructure, and factories for multinational corporations. Above all, the Indian government’s post-2000 strategy of promoting privately developed Special Economic Zones (SEZs) proved to be explosive. Attempts by state governments to transfer large chunks of rural land to private developers for hundreds [over 400 – 2706] of SEZs unleased widespread and militant farmer protest across the country” (72). Daar was bv “marches and hunger strikes” (5348). “Farmer protests were not only widespread but unprecedentedly successful in stopping and stalling large capital projects” (5097). “Farmers … refused to be dispossessed” (5096). Die regering was lugtig om die indruk te wek dat hy “anti-farmer” is (5097, 5259), gevolglik is toegelaat dat die weerstand sukses behaal.

“So-called ‘land wars’ appeared to be springing up everywhere” (82). Byvoorbeeld: “In Western Uttar Pradesh, farmers engaged in a gun battle over land acquisition for the privately built Yamuna Expressway, which included upscale real estate development and a Formula 1 racetrack” (87). “Enraged at their low compensation, farmers kidnapped three officials of the Uttar Pradesh State Road Transport Corporation who were conducting a survey for the project. When the police tried to rescue them, a gunfight ensued that left two farmers and two policemen dead” (5282). Nog ‘n voorbeeld: “The opposition to land acquisition for Tata Motors’ Nano car factory in Singur, West Bengal, led to the project being shifted to Sanand, Gujarat, where then Chief Minister Narendra Modi made the required 1 000 acres available within a few weeks at a concessionary price. The high-profile relocation of the Nano factory reinforced perceptions of West Bengal as hostile to business, while shoring up Gujarat’s business-friendly image” (1377). Daar is sterk onderlinge mededinging by Indiese state om beleggings te lok.

‘n Mens moet nie vertroue in die beloftes van ‘n regering stel nie, soos ons as plaaslike blankes sedert 1994 besef. Dit geld ook vir onteiening. In Odisha is die grond van 500 gesinne in die 1990’s onteien vir die oprigting van ‘n olie-rafinadery. “The dispossessed were given low compensation [and] the promise of one job per family never materialized, and even neighboring villages did not get electricity. ‘In both cases … local people learned to discount promises of future benefits made by government officials and corporate executives alike.’ After a land-consuming IT park near Pune created few local jobs and came to a halt after the global financial crisis, [it was] observed that nearby farmers ‘refused to give up their lands for future industrial expansion.’ Farmers have also learned this lesson from prior phases of the same project: seeing what happened to those dispossessed before them, they have resolved to avoid the same fate” (5223).

In 2005 “Rajpura became one of nine villages to have its farmland and grazing commons – 3 000 acres in all – dispossed for the Mahindra World City (MWC)” (127). Die onteiende private grond hiervoor het 2 000 akker beslaan. Van die gemeenskaplike openbare grond is 1 000 akker vervreem (1076). [‘n Akker is 4 047 vk meter of 0,405 hektaar. ‘n Suid-Afrikaanse morg is 0,8 hektaar of 2 akker.] Duisende boere is ontwortel (1069). Die daarstelling van die MWC is die kerngebeurtenis wat aanleiding tot Levien se navorsing gegee het. Sy veldwerk was veral gerig op die invloed wat hierdie grondonteiening op die plaaslike boerderygemeenskap het. Die staat het paaie, elektrisiteit, water, asook inligting- en dataverbindings, aan die MWC voorsien en ook die Jaipur-lughawe vergroot. Die staat het ‘n aandeel van 26% in MWC verkry (2181) en word dus direk deur hierdie onteiening bevoordeel. Binne die MWC-enklave is die private eienaars vir die koste en voorsiening van die infrastruktuur verantwoordelik. Die MWC naby Jaipur is soortgelyk aan die een by Chennai (voorheen Madras) (2181). Mahindra is een van die grootste sake-ondernemings in Indië en bestaan uit talle maatskappye. Sommige Mahindra-voertuie word in Suid-Afrika bemark.

In Rajpura en omliggende dorpe het die landbouers meesal klein lappies grond besit waarop hulle gewoon en geboer het. Daar was ook openbare grond waarop hierdie boere hulle vee kon laat wei. Sommige inwoners het geen grond van hulle eie gehad nie en was op openbare grond vir sowel woondoeleindes as weiding aangewese. Toe hierdie onontwikkelde grond vir die MWC onteien is, het diegene wat grond besit het in ruil daarvoor geld (bv vir hulle huise) en ontwikkelde grond (dus met toegangspaaie, asook water- en elektrisiteitstoevoer) aangrensend aan die MWC ontvang, Hierdie hervestigingsgrond was egter net ‘n kwart van die grootte van hulle vorige grond. Hulle plasies is dus in baie gevalle tot huiserwe verklein. Hulle kon voortaan tweederdes minder vee aanhou. Voorheen het hulle veral waterbuffels (vir melk en as trekdiere), koeie, bokke (“the poor man’s cow” – 1982) en skape aangehou. Naas bokke is daar nou noodgedwonge oorgeskakel na hoenders en konyne (2500). Vir die verbeterings op hulle vorige grond, bv huise, het hulle minder as die vervangingswaarde ontvang (2493). Diegene wat nie grond gehad het nie, dus op openbare grond gewoon en met vee geboer het, het uiteraard niks in ruil ontvang nie en is dus van sowel hulle woonplek as lewensmiddele ontneem. Sommige van hulle het hierna in tente gewoon (2514).

Toe die moontlikheid van die MWC-ontwikkeling ‘n jaar voor die tyd rugbaar begin word het, het dit in hierdie gebied tot grootskaalse spekulasie in grond/vaste eiendom aanleiding gegee. Baie van die inwoners is ongeletterd en het beperkte insig. Hulle ervaar grond as ‘n natuurgegewe wat gebruikswaarde het; dus nie as ‘n kommoditeit wat geldwaarde het en verhandel kan word nie. “Farmers value land in multiple ways – as home, patrimony, security, and as a source of autonomy, status, identity, and community – that are not easily or necessarily translatable into price” (1507). Spekulante het baie van hierdie grond spotgoedkoop bekom. Weens gebrek aan lewensmiddele en onkunde het baie van die wat eienaars van ontwikkelde grond geword het, dit ook spoedig aan spekulante verkoop; dus voordat die grond met verloop van tyd dramaties in waarde gestyg het. Groot eiendomsontwikkeling het buite die MWC ontstaan, wat die aanvraag en waarde vir hierdie ontwikkelde grond skerp (selfs tienvoudig binne ‘n dekade – 4515) laat styg het.

Die verskuiwing van die ligging van beplande ontwikkelingskemas en (hoof)paaie kan groot veranderings in grondwaarde meebring. “Allegations of manipulating project boundaries are legion … Land dispossession for large capital projects generates land speculation on surrounding farmland, and the buyers of this farmland must go through government agencies to have it converted from agricultural to commercial or residential status, and to obtain various building permits. This may be the single largest source of illicit revenue for urban development authority officials and politicians who appoint them. Many people believe it provides the bulk of the campaign finances for Indian elections. And this is only the higher level corruption: village, sub-district, and district land record officials routinely demand bribes from those wishing to register land transactions or resolve problematic titles” (1629).

Levien het groot empatie met die armes. Ek dink ook dat daar hy hom simpatie met sommige aspekte van marxisme/kommunisme is, of dan ten minste met sosialisme. Hy steun bv sommige sienings van die marxistiese David Harvey (gebore in 1935), wat op sy beurt deur Gramsci beïnvloed is. “Privatization and commodification of public assets have been among the most criticized and disputed aspects of leoliberalism … [ie] the process of transfering property from public ownership to private ownership … The neoliberal modernity is thus, according to Harvey, a modernity in which dispossession plays a large role, and where the capital class is gaining power at the expense of the labour class” (“Accumulation by dispossession” – Wikipedia). Om openbare besit te privatiseer is die teenoorgestelde van wat marxiste verlang. Dit verduidelik deels waarom die ANC-regime so ongeneë is om mislukte semi-staatsondernemings, soos Eskom en die SA Lugdiens, te privatiseer. Levien haal ook Rosa Luxemburg (1871-1919) en Karl Polanyi (1886-1964) aan waarvolgens “dispossession was systematically connected to capitalist expansion by way of its demand for land, not labor” (719).

Polanyi se siening van grond is hier ter sake. “Polanyi argued that land commodification was central to laissez faire capitalism and also generative of political struggle. Since land is a ‘fictitious commodity’ – it is not produced for sale on the market but is ‘an element of nature inextricably intertwined with man’s institutions’ [eg agriculture] – its commodification generates social dislocations that prompt ‘counter-movements’ for social protection” (719), soos die groot weerstand teen grondonteiening wat deesdae in Indië veral onder boere bestaan. Polanyi se standpunt vind aansluiting by dié van Karl Marx (1818-1883), wat daarop gewys het dat grond as ‘n kommoditeit/handelsartikel in ‘n belangrike opsig verskil van ander kommoditeite omdat daar by grond nie “the mediation of the production process” is nie (1104). Grond is ‘n gegewe deel van die natuur. Dit is nie deur mense gemaak nie. Mense kan wel verbeterings op grond aanbring, bv barre aarde in (produktiewe) plase omskep, soos Afrikaners oor eeue in uitnemende mate gedoen het.

Die tradisionele kastestelsel bestaan steeds in ‘n groot mate in Indië. “The village remained organized into caste-segregated neighborhoods, caste endogamy prevailed, and inter-caste dining was limited. Upper castes would not drink from the same vessel as lower castes” (2053). “Untouchability still operated with particular force against the village sweepers … who could not go into temples … and whose compensation of leftover rotis [bread] was dropped into their hands from above to prevent ‘pollution’ … This routinized discrimination and segregation did not … disappear in a tide of modernization once the SEZ arrived” (2060). Die Indiese regering het hom klaarblyklik aan die opperste skynheiligheid skuldig gemaak toe hy jaarliks by die Verenigde Nasies klagtes oor apartheid, spesifiek die behandeling van Indiërs in Suid-Afrika, aanhangig gemaak het. Sedert 1994 word rassediskriminasie in Suid-Afrika voortgesit, maar die Indiese regering maak daarteen geen beswaar nie. Een van die besware teen grondonteiening in Rajpura is dat “the random assignment of compensation plots by lottery threatened to undermine caste-based residential segregation (although the majority of lower castes had already sold their plots and thus would not be living there)” (4508). Dit toon aan dat kultuurgebaseerde diskriminasie steeds ‘n belangrike rol in hedendaagse Indië speel.

Levien het bevind dat lede van die hoër kaste in baie gevalle uitermate, veral finansieel, by die onteiening gebaat het, bv as spekulante, terwyl lede van die laer kaste dikwels in groter armoede en ellende gedompel is. Hy noem dit “differentiation by speculation” (2641). Dit het nogeens aan die elite die geleentheid gebied om te “eet” (4594). Minder diere as voorheen kon deur die armes op die kleiner grondoppervlakte aangehou word. Hulle kon voorheen op die klein plasies beswaarlik ‘n bestaan maak. Op die kleiner woonerwe het hulle meer as ooit behoefte aan ander lonende werk, wat in die meeste gevalle nie gerealiseer het nie. Daar is dus by hulle die “desire to find off-farm jobs” maar terselfdertyd sou hulle graag hulle plasies wou behou het (4020). Neoliberalisme, bv SEZ’s, het nie “broad-based economic transformation” tot gevolg nie (3936, 3976). Geen wonder dat die MWC later ook tot openbare proteste aanleiding gegee het nie (4543).

Die MWC en die omliggende eiendomsontwikkeling het die aanvraag vir bv gegradueerdes laat styg terwyl daar baie minder aanvraag as voorheen vir ongeskoolde arbeid is. Vir hierdie hande-arbeiders was dit grootliks “jobless growth” (1326). “A small minority received low-paying and insecure work as gardeners, security guards, janitors and drivers … For almost no families did these jobs make up for lost argricultural assests” (1025). ‘n Klein aantal het “sanitation jobs inside the SEZ” gekry (3569). Hulle is nie deel van die formele personeel (3609), dus in kernberoepe (3617), in die MWC nie, maar “subcontracted casual wage laborers” (3625). Van die professionele personeel word ‘n graad en kennis van veral rekenaars, rekeningkunde en Engels verwag. Die voertuigbestuurders is glad nie seker van langtermyn werkgeleenthede nie. Hulle moet hulle eie voertuie gebruik sodat professionele werkers na en van die MWC kan pendel. Wanneer behuising in die MWC verskaf word, sal baie voertuigbestuurders hulle werk kwyt wees. Die sekuriteitswagte het ook nie werksekerheid nie. Een instansie het besluit “to replace the village security guards with non-local retired soldiers” (4894). Die boubedrywighede in en rondom die MWC maak, deur bemiddeling van werkverskaffingsburo’s, by voorkeur van werkers van elders gebruik omdat op hierdie manier meer bestendige of betroubare werkers verkry word. Die resultaat is groot werkloosheid in die omgewing van die MWC.

Hierdie onteiening is “coercive redistribution” (424) of “coercive state-orchestrated dispossession” (461) van sowel grond as welstand, omdat bv die hoër kaste, die reeds welvarendes, eerder as die armes, die laer kaste, daarby baat vind. Grondonteiening in Indië het ontaard in “ongoing plunder of subaltern populations” (548). In navolging van David Harvey verwys Levien hierna as “a particularly predatory neoliberal phase of capitalism” (706). Die owerheid gee bv nie genoeg aandag aan onteiendes se “resettlement and rehabilitation” (474) nie. Dit kan insluit (of behoort in te sluit): “promises of employment, replacement land, [and/]or improved infrastructure and services (electricity, water, roads, schools, clinics, etc)” (827). Sulke beloftes moet gestand gedoen word. Welsyndienste is ook heeltemal onvoldoende om daadwerklik ‘n verskil te maak.

Maar waarom die dwang? “Liberal economists believe that government coercion is necessary to make land find its ‘highest and best use'” (607). Die staat gebruik drie maniere om onteiening te bewerkstellig: “coercion, legitimization, and … material compensation” (810). Dit is net die regering wat die mag het om die klein lappies grond met talle verskillende eienaars deur onteiening in besit te neem en dan hierdie groot areas na private instansies vir meer ekonomiese benutting oor te dra. “Landholdings in India are among the smallest in the world and are only shrinking with the relentless march of generational subdivision. Of the 101 million operational holdings in rural India in 2003, 70% were less than one hectare. In Rajpura alone, the land acquired for the Mahindra World City was previously divided into 2 950 parcels owned by 391 different families” (1515). Rajpura is net een van die nege dorpe wat ten gunste van die MWC onteien is.

Any purpose representing a ‘higher value’ than agriculture warrants dispossession” (613). Dit word “accumulation by dispossession” genoem (706). Dus, die staat en private instansies (“the robbers”) lê beslag op besittings (“the loot”) wat onder dwang van landbouers ontneem is (766). “The income from this land brokering constitutes a significant and growing source of government revenue” (1615). “The story of Rajpura’s transformation, I suggest, is one of dispossession without development” (451) – as ‘n mens daarna uit die oogpunt van die landbouers kyk. Onteiening het, in die woorde van Marx, ‘n “surplus population” opgelewer, dus “labor power in excess of capitalism’s requirements” (3459). In Indië is daar “an already massive oversupply of labor” (3892). Dit geld vir alle vlakke, van hande-arbeiders tot gegradueerdes.

“Industrialization is far less labor-absorbing today than during Europe’s industrial revolution” (3899). Dink aan die afmetings wat meganisering en outomatisering, bv robotisering, deesdae aanneem. Dit is “‘jobless growth’, which is especially non-labor-intensive” (3907). Private ontwikkeling van onteiende grond kan omtrent enigiets insluit: “hotels, motels, golf courses, gyms, sport complexes, health centres, zoo/botanical gardens, skating rinks, educational institutions … housing colonies (1668) … amusement parks for ‘water related games’, artificial sea waves, fast food” (1675). Dit is te betwyfel of baie van die werkloses/armes enigsins by die beskikbaarstelling van sulke geriewe baat.

“When I arrived in 2009 … the MWC was up and running [since 2008], with campuses for Infosys and Deutsche Bank already operational” (127). “MWC’s marketing materials described it as an ‘integrated industrial city’ where one could ‘work, live, learn and play'” (2252). Die area wat reeds ontwikkel is, is afgeskei met ‘n 2,5 meter hoë muur en omskep in “privileged elite enclaves only tenuously linked to their surroundings” (451). Landbou is deur veral die dienste- en kennis-ekonomie vervang, bv “information technology (IT) and IT-enabled services (ITES)” (906). Sedert die 1990’s het Indië “a popular offshoring destination for ‘back-office’ services” geword want arbeidskoste “were typically 70% cheaper than in Western countries” (1406). “In addition to campuses for IT and Business Process Outsourcing (BPO) firms and four other zones for export-oriented industries, the MWC would feature a ‘Lifestyle Zone’ with elite residential colonies, private schools, hospitals, parks, and shopping malls. As landlord of this private city, Mahindra would resell plots of land to private companies and build high-end residential and commercial real estate” (1076).

Dit gaan veral om die “so-called ‘FIRE’ industries – finance, insurance, and real estate” (1395). “The BPO sector grew rapidly in the 1990s and even faster in the 2000s, as outsourcing became standard business practice for Western corporations” (1406). “Credit expansion, combined with the booming demand for commercial office space by India’s IT industry and pent-up demand for housing by a burgeoning middle class (itself augmented by the IT industry), precipitated a real estate boom by die mid-2000s. Between 2001 and 2011, housing finance expanded by a factor of eight, and real estate values increased by at least a factor of five (2.5 times the rate of inflation)” (1453). “Crucially, the SEZ Act [2005] only required that 35% of the land acquired for SEZs be used for the manufacturing of goods or the rendering of services, giving developers freedom with the rest – after protests against them quickly emerged, the ‘processing area’ was increased to 50%. Since the highest-value land use is housing, most developers saw SEZs as an opportunity to built satellite cities on cheap land at the urban periphery during the unprecedented real estate boom of the mid-2000s” (1484).

Daar is ‘n sone van 700 akker vir IT/ITES en “a 500 acre Domestic Tariff Area” vir maatskappye wat nie goedere uitvoer nie (2252). Van die uitvoer van vervaardigde goedere het daar blykbaar min tereg gekom. Die “Lifestyle Zone” beslaan 1 000 akker (2259). Oor die styging in die waarde van die grond wat onteien is, skryf Levien: “The rate of accumulation by dispossession was roughly 250% on the industrial land and would likely be more than 1 745% in the ‘Lifestyle Zone'” (2281). Die beoogde ontwikkelings in die MWC het egter nie so vinnig plaasgevind as wat aanvanklik in die vooruitsig gestel is nie (5609). Die IT/ITES-sone was die enigste deel wat tydens Levien se aanvanklike veldwerk operasioneel was, danksy Infosys (190 akker, 600 personeellede) en Deutsche Bank (500 personeellede). “While other large IT companies had bought land in the MWC, the 2008 financial crisis prompted them to delay construction” (2334). Teen 2012 was daar ook ‘n enkele tekstielfabriek en ‘n ingenieursonderneming. In 2014 het ‘n fabriek vir grondverskuiwingstoerusting bygekom. Ander banke het reeds grond gekoop maar dit nog nie ontwikkel nie (2319). Slegs sowat ‘n derde van die totale MWC-area is teen 2017 benut. Met die “Lifestyle”-ontwikkeling is nog nie begin nie (5616). Die onontwikkelde MWC-area is nie met ‘n muur nie maar met “temporary barbed wire fencing” afgesper. “In several places, grazers had cut open fencing and pushed over supports, allowing livestock to freely graze inside” (4923).

Levien het sy navorsing nie uitsluitlik tot die staat Rajasthan en veral die dorp Rajpura beperk nie. “I interviewed government officials involved in land acquisition in six other states, visited a half dozen SEZs across India, and interviewed both their developers and dispossessed farmers where possible” (956). “I conducted 116 formal interviews, not counting more numerous informal ethnographic conversations” (961). Daar kan seker vertroue gestel word in die feite wat Levien aanbied, sonder om noodwendig (al) sy vertolkings te aanvaar.

Suid-Afrika

Sedert 1994 sit ons met swart meerderheidsregering in Suid-Afrika. Die blanke kiesers het nooit hiertoe ingestem nie. Die plaaslike blankes is deur ‘n groepie blanke Afrikaanssprekendes uit hulle toekoms verneuk. My standpunt is dus dat die ANC-regime ‘n onwettige regering is. Bloot op grond hiervan is dit eintlik al noodsaaklik dat wat hierdie regime ook al doen, dit deur die blankes teengestaan behoort te word.

‘n Ander uitgangspunt van my, wat net so geldig is as dié in die vorige paragraaf, is dat die ANC-regime deurtrek van misdadigheid is; aanvanklik veral terrorisme en sedertdien veral korrupsie. Ek dink dit is ‘n onomstootlike feit dat die ANC-regime by verre die immoreelste en misdadigste regering ooit in die Suid-Afrikaanse geskiedenis is. Dit is die soort regering wat so laag moontlik kan daal terwyl daar voorgegee word dat hy hom op die moreel hoë grond bevind. Dít is net so vals soos die ANC se telkens herhaalde vermetele aanspraak vóór die 1994-verkiesing dat hy “ready to govern” was. Ná verloop van ‘n kwarteeu van wanbestuur is dit duidelik dat die ANC gewoon nie die vermoë het (of ooit sal hê) om ‘n eens gesofistikeerde Westerse land doeltreffend te bestuur en administreer nie. ‘n Terreurbeweging kan kwalik in ‘n suksesvolle regering getransformeer word. Die vermoë om ‘n AK47-geweer regom vas te hou en met bomme dood en verwoesting te saai, verskil radikaal van wat nodig is om ‘n land doeltreffend te regeer en voorspoedig te maak.

Onteiening in die openbare belang is iets waartoe seker alle regerings soms verplig is. Maar dit is iets wat met die grootste moontlike omsigtigheid gedoen behoort te word omdat dit ‘n radikale aantasting van die regte, bv eiendomsreg, van die betrokke individue is. Ek onthou hoe gegrief sommige blanke inwoners van Oakdale, Bellville, in die vorige eeu was toe hulle wonings met die oog op nuwe paaie onteien is. Die Nasionale Party het tydens die uitvoering van sy apartheidsbeleid eintlik groot simpatie met individue (blank en nieblank) getoon wat vanweë woongebiedskeiding elders heen moes verhuis. Aan die betrokke eienaars is lank voor die tyd skriftelik kennis gegee en volle vergoeding is ingevolge markwaarde, bv soos bepaal tydens ‘n veiling, betaal. Aan huurders van onteiende wonings is alternatiewe en dikwels beter huisvesting verskaf. Dit is wat gebeur het toe die krotbuurt en misdaadnes Distrik Ses onteien is. Dit het in hierdie geval nie net om aparte woongebiede gegaan nie, maar ook sodat snelweë gebou kon word. Maar al wat ‘n mens deesdae tot vervelens toe moet aanhoor, is dat stootskrapers op ‘n dag onaangekondig en heeltemal onverwags opgedaag het om die hele Distrik Ses plat te stoot en dat die inwoners op die “windverwaaide Kaapse vlakte neergesmyt” is.

Onteiening ís ‘n radikale ingryping in die lewens van die betrokke mense. Maar dit kan versag word deur daarvoor te (probeer) vergoed, bv met geld, alternatiewe verblyfplek, ander werksgeleenthede, ens. Wat feitlik ongehoord en onverskoonbaar is, is onteiening sonder vergoeding. Dit neem nie die monitêre waarde van bv ‘n plaas in ag nie en natuurlik ook nie die nie-monitêre waardes (soos hier bo genoem) van eiendom wat bv geslagte lank aan ‘n familie ‘n tuiste gebied het en hulle lewensbron was nie. Onteiening sonder vergoeding is die radikaalste vorm wat onteiening kan aanneem. Dit is ook iets wat net deur die allermisdaadigste en -immoreelste regerings, soos die ANC-regrime, verkondig en onderneem sal word. Die uitgangspunt van die ANC was seker nog nooit die bevordering van die openbare belang, in die sin van (teoreties) alle inwoners se belang, nie. Vir die ANC gaan dit in die eerste plek om eiebelang, dus dié van sy politici en ampsdraers, en daarna om die belang van sy ondersteuners, dus die swart kiesers.

Anders as in demokratiese Indië is daar in “demokratiese” Suid-Afrika vir die ANC-regime geen rede om lugtig te wees vir ‘n openlik anti-boer-gesindheid nie. Sedert die 1990/94-verraad is blanke kiesers ‘n onbeduidende politieke faktor. Die ANC is met oorgawe anti-blank en veral anti-Boer gesind. Dit verduidelik sy jongste radikale beleid, naamlik om blankes se plase sonder vergoeding te onteien. As hy hiermee slaag, sal die eiendom van ander blankes waarskynlik in sy visier kom. Die uitgesproke einddoel van die ANC-regime is immers om al die inwoners in alle opsigte gelyk te maak; dus die (blanke) rykes te verarm totdat hulle so arm soos die armste van die armes sal wees.

Ek het nie naasteby alles gelees wat daar plaaslik oor onteiening sonder vergoeding geskryf is nie. Maar daar is ‘n belangrike faktor in die plaaslike onteieningsdebat wat skynbaar nog glad nie aandag geniet het nie. Wat beteken “in die openbare belang” in die konteks van die nuwe Suid-Afrika? Ingevolge die ANC se gesindheid beteken dit enigiets wat in die belang van die swart meerderheid is. Die blankes is met hulle Europese beskawing, kundigheid, toewyding, ens, die gom wat hierdie disfunksionele Afrika-staat aanmekaar hou, maar hulle belange word van die ANC se “in die openbare belang” uitgesluit. Die swartes is 80+% van die bevolking en hulle geledere word deurlopend met hoë geboortesyfers en (onwettige) inkommers aangevul. Hierdie opset bring mee dat die belange van nie-swartes (bruines, Asiate en veral blankes) nie net kwantitatief al hoe meer ignoreerbaar word nie, maar ook dat hulle doelbewus al hoe meer benadeel kan word. Die ANC het sy mes toenemend in vir die Asiate omdat hulle, danksy bv hulle handelsvermoë en ander kundigheid, daarin slaag om meer welvarend as die swartes te wees. Die punt is: Onteiening, selfs sonder vergoeding (dus diefstal), van wat ook al in blanke besit is, kan in ons situasie deur die ANC as “in die openbare belang” voorgestel word. In hierdie opsig kan die swart meerderheid onder die leiding van bv die ANC sonder demper voortgaan totdat daar niks in blanke besit oor is wat steelbaar is nie. Hierdie steelsug kan ook ten koste van die ander ras- en etniese minderheidsgroepe uitgeleef word.

‘n Ander faktor wat plaaslik skynbaar nog geen aandag ontvang het nie, is die nasorg, bv hervestiging en rehabilitasie, van die blankes wat van hulle eiendom ontneem is. Daar word blykbaar sonder meer veronderstel dat daar geen nasorg sal wees nie. Die ANC se standpunt is skynbaar: “Ons gaan na hartelus van die blankes steel en hulle sal maar moet sien hoe kom klaar.” Net soos hy die fundamentele misdadigheid van sy terrorisme (waaronder swartes meer as blankes gely het) ontken, sal die ANC die misdadigheid van sy onteieningsbeleid ontken deur dit as “regstellende geregtigheid” te propageer.

Daar is groot verskille tussen onteiening in Indië en die nuwe Suid-Afrika. (1) In Indië word onteiening kapitalisties bedryf. In Suid-Afrika is die motivering marxisties/kommunisties, dus om alles uiteindelik staatsbesit te maak. (2) In Indië geld vergoeding as ‘n vanselfsprekende teenprestasie, al is dit dikwels onvoldoende. In Suid-Afrika is daar blykbaar geen voorneme by die ANC-regime om hom te steur aan die lot van blankes wat bv hulle plase sonder enige vergoeding verloor het nie. (3) In Indië word landbougrond ingevolge die ekonomiese beleid van die neoliberalistiese regering onteien. In Suid-Afrika gaan dit om rasgebaseerde politieke wraak. (4) In Indië is daar pogings om nasorg aan die slagoffers van onteiening te verskaf. In Suid-Afrika is daar geen sprake hiervan nie.

In Indië het onteiening aanvanklik sonder noemenswaardige teenstand geskied. Met verloop van tyd het die boere hulle al hoe meer verset en daarin geslaag om projekte te vertraag of selfs te laat opskort en hulle het ook beter vergoeding beding. In Suid-Afrika is daar nog geen daadwerklike verset nie. Die indruk wat Agri SA wek, is dat hy eerder met die ANC-regime wil saamwerk as om daardie fundamentele boosheid met mag en mening teen te staan. Die Transvaalse Landbou-unie wek darem die indruk dat hy nie sonder meer onteiening sonder vergoeding sal toelaat nie. Sterker verset op talle maniere is noodsaaklik. Sonder daadwerklike verset sal die ANC-regime hom al hoe meer vry voel om die blankes rot en kaal te besteel. Toe ek jare gelede in ‘n swart tuisland gewoon en gewerk het, het ek gou agtergekom dat die strategie van die swartes is om bietjie vir bietjie te steel, sodat ‘n mens dit nie so gou en maklik agterkom nie. Ek verwag dus dat die ANC-regime aanvanklik hier en daar plase sal onteien; dus plase wat ver van mekaar geleë is, sodat sterk verset onder die Boere in ‘n streek nie so maklik opbou nie. ANC-politici en -ampsdraers sal aanvanklik seker ook lugtig wees om sulke plase sonder meer vir hulleself toe te eien.

Wat noodsaaklik is, is ‘n verenigde front van blankes, veral Afrikaners, teen die bose ANC. Een van die swakhede in die Indiese opset is boere “divided among themselves” (4466). Die resultaat in Rajpura is “a village full of grievances but largely devoid of solidarity” (5019). Net in die gebiede waar die boere saamgestaan het, is sukses behaal. Dit hou ‘n belangrike les vir Suid-Afrikaanse blankes in.

‘n Ander belangrike les wat uit die Indiese voorbeeld geleer kan word, is dat so vroeg moontlik en so sterk moontlik teen onteiening beswaar gemaak moet word. Die dag van saligheid is nou. Uitstel van optrede sal wrange gevolge soortgelyk aan die mandaatlose 1990/94-magsoorgawe hê. Toe was daar geen daadwerklike verset nie. Verset moes ‘n aanvang geneem het toe die blankes nog in beheer van die weermag en polisiediens was. Met verloop van tyd het dit al hoe meer onmoontlik geword om die onverkwiklike situasie te beredder. Die mate van verset wat daar teen die MWC in Rajpura was (4543), het te laat gekom. “Once the land is gone, its former occupiers have far less leverage to make demands on the state or on the land’s new owner” (4335). Soos ‘n Indiese waarnemer dit gestel het: “Everyone has become wise only after they have been ruined” (4529). In Suid-Afrika is dit noodsaaklik dat die blanke boere onder leiding van hulle landbou-instansies saamstaan. Maar hulle het ook die daadwerklike ondersteuning van politieke partye, soos die Vryheidsfront Plus, nodig. “Without political organization to defend them, such reoccupations are an adaptation to defeat” (4941). Wat onteiening betref is die dag van saligheid nou/vandag. Die roemlose 1994-ramp hoef nie in die 2020’s herhaal te word nie.

In Indië is onteiening aanvanklik (grootliks) in die openbare of nasionale belang onderneem. Met verloop van tyd het dit radikaal verander en het dit onteiening primêr in die belang van private instansies, asook die staat, geword. Toe private instansies as die bevoordeeldes van onteiening hulle intrede gemaak het, het korrupsie eksponensieel toegeneem. Ons weet hoe korrup die ANC-regime is as hulle bv met private instansies, soos wapenhandelaars of tenderaars van watter aard ook al, te make het. Hoewel baie Indiërs lugtig vir die ANC is, is daar ook diegene, bv die Guptas, wat tot wedersydse voordeel hartlik met hierdie kamerade saamgewerk het.

As die plase van blankes onteien en met of sonder transportakte na swart beheer oorgedra word, is daar beperkte korrupsie-moontlikhede, hoewel toe-eiening deur ANC-kamerade moontlik is. As private instansies toegelaat word om by onteiening sonder vergoeding baat te vind, sal daar vir ANC-kornuite baie meer korrupsie-potensiaal wees. Dit is dus heeltemal moontlik dat onteiening plaaslik op ‘n manier soortgelyk aan in Indië sal ontaard. Plaaslik is daar heelwat Indiërs wat in die dampkring van die ANC beweeg en die aandag kan vestig op die korrupsie-moontlikhede wat die Indiese voorbeeld inhou.

Die ANC se kommunistiese ingesteldheid sal nie ‘n hindernis wees nie. Die kamerade het die afgelope kwarteeu getoon dat hulle lippediens aan kommunisme kan bewys terwyl hulle hulleself soveel moontlik verryk. In geen era van die Suid-Afrikaanse geskiedenis het daar so baie mense (grootliks merieteloos) so vinnig en buitensporig ryk geword nie. Die resultaat van die ANC se onteieningsbeleid sal ‘n selfs donkerder finansiële nag as die huidige vir Suid-Afrika wees. Blankes loop die wesenlike gevaar dat enigiets wat hulle besit deur die ANC-regime onteien en ná betaling van korrupte tussengangerskommissie aan ander individue of instansies vervreem kan word.

Die ANC-regime en goeie regering is so ver soos die Ooste en Weste van mekaar verwyder. Onteiening – en daarby sonder vergoeding – van hulle private eiendom deur die ANC-regime sal die wese van die plaaslike blankes se individualiteit asook dié van hulle instansies aantas. “Private property serves as the guarantee for the autonomy of individuals, as well as for all organised spheres of civil society … Socialist movements seize property … thus confiscating the citizenry’s material means. In that way they seek to ensure that people are stripped of the material prerequisite for a sense of independence and that there are no organisations of civil society to act as a rampant against overt governmental power … The protection of property … lies at the very core of the constitutional idea. It provides the oxygen for free, active and politically participating citizens, and forms the basis for the autonomous institutions of civil society which secures freedom by acting as check and balance against bad government” (Koos Malan, There is no supreme constitution, Stellenbosch: Sun Press, 2019, p 282-283).

Eiendom maak van die blankes/Afrikaners iets waarmee rekening gehou moet word. Deur eiebelang eerste te stel en daarna die belang van swart kiesers, verkies die ANC dat die blankes/Afrikaners nie iets moet wees nie; dat hulle liefs niks moet hê op grond waarvan hulle iets (begeerliks) kan wees nie. Om dit te bereik, wil die ANC-regime die Grondwet verander sodat (blanke) eiendom sonder vergoeding onteien kan word. Soos gestel in die eerste paragraaf hier bo, is die hoofmotivering skynbaar rassistiese wraak. Maar wette, soos die Grondwet, en die regspleging is veronderstel om geregtigheid (“justice”), bv “goodness and fairness”, te bevorder. “Unjust law is no law at all” (Malan 9). Die blankes moet nie toelaat dat die beoogde hersiening van die Grondwet hulle afskrik nie. Ná die verlies van politieke mag, insluitende minderheidsregte, kan ons as blankes/Afrikaners eintlik vanselfsprekend nie ook ons eiendom verloor nie. ‘n Streep sal in die sand getrek moet word.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.