Leon Lemmer: Die kolonisering van Algerië en Suid-Afrika — ‘n vergelyking

Deel op

Daar was ‘n tyd toe Afrikaners in talle lande in Suider-Afrika ‘n beskawende bydrae gelewer het. In Kenia, op die hoogland, het joiners in 1908 ‘n Afrikaanse gemeenskap begin, wat mettertyd voortreflik uitgebou is. Mau Mau-terrorisme, oftewel politieke “bevryding”, het teen 1963 ‘n einde hieraan gebring. ‘n Afrikanergemeenskap het ná die Anglo-Boereoorlog ook in Angola ontstaan, wat om dieselfde rede as in Kenia teen 1975 tot niet gegaan het. Dit is by uitstek Afrikaners wat die ooste van Rhodesië tot ‘n suksesvolle landbougebied ontwikkel het. Maar dit is juis hier waar Robert Mugabe se terroriste eerste en daarna deurlopend op groot skaal toegeslaan het. Ná die politieke onafhanklikheid van Zimbabwe in 1980 het Mugabe in 2000 begin om die plase van blankes sistematies te onteien. Die voorbeeld wat Mugabe met hierdie soort rasgebaseerde diefstal gestel het, word tans deur die ANC-regime met die oog op plaaslike toepassing nagevolg. In 1990 het Suidwes-Afrika, as Namibië, polities onafhanklik geword. Met die hartlike samewerking van die Nasionale Party-regering in Suid-Afrika het die Swapo-terroriste beheer oor die land verkry en is die blankes, veral Afrikaners, sedertdien aan die genade van bv die Ovambo-meerderheid uitgelewer. Ná die Anglo-Boereoorlog het sowat 600 Afrikaners hulle in Patagonië, Argentinië, gevestig. Hierdie gemeenskap is vinnig besig om te verdwyn vanweë trouery buite die Afrikanerdom, asook heeltemal te verspaans. Brian Murray du Toit het twee boeke oor Afrikaners gepubliseer: dié in Kenia (1998) en dié in Argentinië (1995). Nicol Stassen het ‘n boek elk oor die Afrikaners in Angola (2009) en die Dorslandtrek (2015) gepubliseer.

Dit is eintlik net in Namibië en Suid-Afrika waar Afrikaners steeds as ‘n sigbare etniese minderheid funksioneer. Hierdie Afrikaners het hulle reg op selfregering weens die onbevoegdheid en verraad van ‘n klein groepie Afrikaanssprekende blanke politici verloor. In die geval van Suid-Afrika het dit in 1994 mandaatloos gebeur toe ANC/SAKP-terroriste politieke beheer oor die land verkry het. Dit is om van te ween. Sedertdien het meer as ‘n miljoen blankes Suid-Afrika verlaat. Daar is ‘n ander Afrikaland wat ook meer as ‘n miljoen blanke inwoners verloor het. In 1962 het Algerië polities onafhanklik geword toe die Nasionale Bevrydingsfront, die Moslem FLN-terroriste, aan die bewind gekom het. Alexis de Tocqueville het hierdie moontlikheid meer as ‘n eeu vroeër voorsien toe hy geskryf het: “I … wondered what could be the future of a country subjected to such men, and where this flood of violence and injustices would end, if not in the revolt of the natives and the ruin of the Europeans?” (Tocqueville, bron hier onder, Kindle 1159). “Such men” verwys bv na ‘n Franse militêre bevelvoerder in Algerië wat gesê het: “Nothing but force and terror, gentlemen, succeeds with these people” (1151). Maar Tocqueville het mettertyd agtergekom dat hoë Europese moraliteit nie altyd maklik na Afrika/Algerië oorgeplaas kan word nie.

Die verraad wat teen die blankes in Suid-Afrika gepleeg is, kan primêr aan FW de Klerk toegeskryf word. In die geval van Algerië is die verraad teen die blanke inwoners deur die Franse staatshoof, Charles de Gaulle, gepleeg. Wat Tocqueville “France’s greatest affair, that of Algeria” genoem het, het daarmee tot ‘n einde gekom (2075). Wat nie algemeen besef word nie, is dat De Gaulle se verraad aan De Klerk die voorbeeld vir sý verraad kon gestel het. Ek het by ‘n vorige geleentheid hieroor geskryf, toe ek die “bevrydingstryd” in Algerië en Suid-Afrika vergelyk het (Praag 27.01.2019). Sedertdien het Rina Venter hierdie vermoede moontlik bevestig (Praag 26.10.2019). Soos De Gaulle het De Klerk doelbewus ‘n onbeduidende vraag in die 1992-referendum aan die blanke kiesers voorgelê: “De Klerk wil die vraag sodanig formuleer dat hy loskom van sy onderneming dat kiesers die finale seggenskap oor ‘n onderhandelde skikking het” (Venter Kindle 7431).

Algerië het in 1830 met die besetting van die hoofstad, Algiers, ‘n Franse kolonie geword. Die land is in 1834 geannekseer nadat die ander groot stad, Oran, verower is. In 1848 is Algerië tot ‘n provinsie of integrerende deel van Frankryk verklaar. Daar was drie départements: Oran in die westelike, Algiers in die sentrale en Constantine in die oostelike deel van Algerië. “These departments were granted representation in the Chamber of Deputies [in Paris], but the franchise was limited to Europeans and to a small minority of indigenous Algerians, who were required to renounce Islam in order to obtain French citizenship” (Tocqueville 411).

Die verraad wat teen die blankes in Suid-Afrika gepleeg is, is veel erger as dié in Algerië omdat Suid-Afrika sedert 1652, dus oor ‘n baie langer periode, ‘n blanke bevolking het, met vryburgers wat hulle sedert 1657 met lyf en eiendom aan die lot van hierdie land verbind het. Dit was vir die blanke Algeryne – veral Franse, Spanjaarde en Italianers – in 1962 veel makliker om die honderde kilometers oor die Middellandse See na hulle historiese geboortelande af te lê as vir die Afrikaners, wat duisende kilometers weg van Europa is en na verloop van eeue eintlik geen aanspraak op burgerskap van ‘n Europese land het nie. Maar dit is juis hierdie verskil in afstand van Europa wat die uitsonderlike prestasies van Afrikaners so merkwaardig maak.

Reeds in die antieke en klassieke tye, bv tydens die Romeinse Ryk, is die noordkus van Afrika, aan die Middellandse See, ingrypend deur Midde-Oosterse (bv Fenisiese vanaf 600 vC) en Europese beskawing beïnvloed. Die gebied wat tans die Maghreb genoem word, het lank as Numidia bekend gestaan. Dink aan Kartago (9de eeu vC tot 146 vC en 45 vC tot 698 nC), naby Tunis. Toe die Europese blankes met Suidelike Afrika kennisgemaak het, bv die Portugese ontdekkingsreisigers vanaf die 15de eeu en Jan van Riebeeck en sy geselskap in 1652, was daar plaaslik nog geen sprake van Europese beïnvloeding nie. Daardie voortreflikheid het saam met die blankes hier aangekom en wortel geskiet. Dit is by uitstek Afrikaners wat Suid-Afrika tot die ontwikkeldste en welvarendste land in Afrika uitgebou het. Pleks van hulle hiervoor te eer en hulle regmatig te bevoordeel, word die Afrikaners sedert 1994 veroordeel en verguis en ontsien die ANC-regime geen moeite om blatant teen die blankes, veral die mans en by uitstek die Afrikaners, te diskrimineer nie. Amptelik word dit graag, maar hoogs vals, die nie-rassistiese, nie-seksistiese nuwe Suid-Afrika genoem.

Ek het onlangs na Alexis de Tocqueville (1805-1859) verwys (Praag 2.11.2019), wat bekendheid vanweë twee boeke verwerf het: Democracy in America (2 boekdele, 1835 en 1840) en The Old Regime and the French Revolution (1856). Hy het beoog om twee verdere boekdele oor die Franse geskiedenis te skryf, maar weens tuberkulose/tering was sy gesondheid van jongs af delikaat en kon hy nie hierdie taak voltooi nie. Tocqueville was van 1839 tot 1851 ‘n parlementslid en in 1849 vyf maande lank die Franse minister van buitelandse sake. Wat minder bekend as sy twee genoemde boeke is, is dat hy in die periode tussenin intens in Algerië belanggestel en oor daardie land geskryf het. Sommige van hierdie geskrifte is eers redelik onlangs gepubliseer. Ek skryf vandag na aanleiding van Jennifer Pitts se redigering en vertaling van Tocqueville se geskrifte oor Algerië: Writings on empire and slavery (Baltimore: Johns Hopkins University Press, 2001, 319p; Amazon Kindle $28.16). Sommige hoofstukke is direk uit die oorspronklike manuskripte vertaal.

Op grond van tweedehandse bronne het ek op 2.11.2019 soos volg oor Algerië geskryf: “Tocqueville het die land twee keer besoek en het rasseskeiding bepleit asook twee regerings: een vir die blanke koloniste en een vir die Moslems. Volgens hom moet die Franse regering nie poog om beheer oor die hele Algerië uit te oefen nie, maar slegs oor gekoloniseerde streke, soos die hoofstad Algiers en omliggende gebiede, wat dan eintlik ‘n blanke tuisland word.” Hierdie samevatting is wesenlik korrek, maar Pitts se bundel gee in baie opsigte waardevolle aanvullende perspektiewe op die aanvangsjare van die Algerynse kolonisering, wat in sommige opsigte sterk kontrasteer met die kolonisering van Suid-Afrika.

Tocqueville skryf: “If we did not want to colonize it [Algeria], domination would be easier; for above all what makes the Arabs take up arms is the idea that we want to dispossess them and sooner or later settle on the land they have inherited from their ancestors” (1214). Wat belangrik is, is “to know where to stop in the occupation of a barbarous land” (2226). “France should immediately and completely abandon the idea of dominating the interior and limit ourselves to occupying the political points of the coast and to colonizing around them” (1228). “France must not seek domination as our goal; rather, domination is the necessary means we must use for achieving tranquil possession of the coast and the colonization of a part of the territory, the real and serious goal of our efforts. We shall never have either security or any future on the coast if we do not somehow manage to make our authority respected in the interior, or, at the very least, prevent the different tribes there from uniting under a single leader. In a word, partial colonization and total domination” (1267). “It is clear to me that we shall never succeed if we undertake to place our new [indigenous] Algerian subjects under French administration” (731). “Above all, in Algeria we must take care to give up this taste for uniformity that torments us, and to realize that it would be as dangerous as it is absurd to apply the same laws to different beings” (737). “It would also be necessary for the legislation that governs the French in Africa not to be exactly the same as that in force in France” (745). “A colony needs a simpler administration, one more expeditious and independent of the central power than those that direct the continental provinces of the empire” (749).

“How can we manage to create in Africa a French population with our laws, our mores, our civilization, while still preserving vis-à-vis the indigenous people all the regard that justice, humanity, our interest well understood, and … our honor strictly oblige us to preserve? The question has these two sides. One cannot usefully imagine the first without seeing the second” (265). Tocqueville het dit as idealistiese liberalis geskryf. In die praktyk het sy ideaal onhaalbaar geblyk te wees. “The dominant strand of liberalism that was forged during this period was to be exclusionary and nationalist” (374). Pitts verwys na Tocqueville se “ill-known contours of … liberalism: its susceptibility to the notion of national glory as a substitute for political virtue; its willing exclusion of unfamiliar peoples from moral consideration for the sake of national consolidation” (377). “French glory justified any aggression the nation could muster” (386).

Tocqueville het homself graag ‘n liberalis genoem maar terselfdertyd bedenkinge oor ekstreme demokratisering gehad. Byvoorbeeld: “Tocqueville suggested … that both Amerindians, whom he classed among ‘savage nations’, and slaves were incapable of participating in democratic order and thus destined to remain excluded” (109). Hy het albei groepe “American without being democratic” genoem (122). ‘n Vraag wat hier in die midde gelê kan word (na aanleiding van my vorige skrywe – Praag 2.11.2019), is: Kan ons in vele opsigte praat van “African without being democratic?” Ek dink so en die ANC-regime is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Tocqueville het gespekuleer oor verskillende stadia van ontwikkeling: bv “savage, barbarian, civilized, and commercial” (140). Hy was diep bewus van die aanhangers van Jean-Jacques Rousseau (1712-1778) se leer van die edele barbaar. Hy skryf bv: “The most civilized European becomes a passionate lover of the savage life” (434, 3599). “If Rousseau had known the Kabyles [of Algeria] … he would not have uttered such nonsence about the Caribs and other Indians of America” (496). Roger Boesche het ‘n hele boek oor The strange liberalism of Alexis de Tocqueville (1987) geskryf.

Tocqueville het in 1835 met ‘n Engelse vrou, Mary Mottley, getrou. Dit het onder meer meegebring dat hy op die hoogte van Britse kolonisering gebly het. Hy was ten gunste daarvan dat die Franse koloniale amptenare, soos die Britte, vooraf deeglik opgelei word. Ook dat die Britse voorbeeld nagevolg moet word deur ‘n eie ministerie vir die kolonies te skep. Volgens hom moes die Franse slawe op ‘n manier soortgelyk aan die Britse voorbeeld vrygestel word. Tocqueville het aan die Britse stelsel van indirekte koloniale regering voorkeur gegee, dus dat die plaaslike inwoners by die regering betrek word, bv: “To govern Arabs through Arabs” (1116). Ook dat die plaaslike regering volgens die koloniale behoeftes moet kan regeer en nie alle besluite vooraf vir goedkeuring aan die sentrale regering van die koloniale moondheid hoef voor te lê nie.

“It was vexing to have a country governed by officials without any kind of control on the part of the governed; it was all the more so in a colony where officials, who are never more than passing through, are always foreigners, and especially in a colony such as Algiers [Algeria] where the law, in preventing them from becoming property owners, takes away even the chance that any of them might happen to identify with the country” (1024). Naas die amptenare is soldate ook nie toegelaat om vaste-eiendom in Algerië te koop nie. “The soldiers cannot own land. The idea that they spill their blood to make the fortunes of those who come here only to enrich themselves [the white farmers and land speculators] drives them mad” (1162). Om hierdie rede was daar deurgaans ‘n slegte verhouding tussen die soldate en die setlaars. Tocqueville het voorgestel dat Algerië eerder ‘n eie weermag moet hê (1420). Dan kon die soldate ‘n verbondenheid met die land ontwikkel.

Tocqueville en John Stuart Mill (1806-1873) het in korrespondensie menings oor bv kolonisering gewissel. Mill het bv geskryf: “Despotism is a legitimate mode of government in dealing with barbarians, provided the end be their improvement” (362). Tocqueville wou bitter graag Brits-Indië (die Raj) besoek, maar sy gesondheid het dit nie toegelaat nie. Hy het in 1831 wel Kanada tydens sy reise in Amerika besoek, asook Engeland en Ierland in 1835 en Algerië in 1841 en 1846.

Voorts bepaal ek my by Pitts se bundel. Ek sou die boek graag baie vroeër wou gelees het, maar die hoë prys het my aanvanklik daarvan weerhou. Pitts het ‘n lang inleiding tot Tocqueville se tekste geskryf. Die aanhalings wat volg, is dus enersyds wat Pitts oor Tocqueville skryf (tot by 421) en andersyds wat Tocqueville self geskryf het. Om tussen die twee outeurs te onderskei, is nie van wesenlike belang nie omdat Pitts op grond van deeglike, omvattende navorsing Tocqueville se tekste betroubaar en gesaghebbend vertolk.

In 1833 het Tocqueville dit sterk oorweeg om grond in Algerië te koop en hom daar te vestig. Sy ideaal was: “Settlers must encounter a ‘perfect image of their homeland’ in Algeria, or they would never stay and the colony would fail” (217, 1895). “We should set out to create not a colony properly speaking in Algeria, but rather the extension of France itself across the Mediterranean. It is not a matter of creating a new people, with its own laws, its customs, its interests, and, sooner or later, its separate nationality, but of implanting in Africa a population that resembles us in everything” (414, 2576). Die Franse kolonisering van Algerië het eers in 1841 daadwerklik begin. Hoewel Tocqueville in Frankryk bly woon het, “he remained convinced that colonization of Algeria was essential to France’s interests” (73).

“Tocqueville argued repeatedly that France’s power and reputation within Europe would rely, increasingly, on its colonial possessions” (89). “Tocqueville consistently rejected the arguments of critics of the French imperial project who claimed it was immoral, illegitimate or imprudent” (80). Melvin Richter lees hierin “an indication of how deeply rooted was the European sense of superiority to the rest of the world” (86). In hierdie sin het Tocqueville nasionalisme hoër as liberalisme geag (86). Daar was by hom geen sprake van die gelyk- of eendersverklaring van mense nie. “He held that Muslims were not fellow citizens or equals” (275). “It is not along the road of our European civilization that they [Muslims] must, of the present, be pushed, but in the direction proper to them” (2344).

Naas die blankes was daar veral twee etniese groepe in Algerië. Enersyds die inheemse en gesete/gevestigde (“sedentary”) Berbers, met die Kabyle as die grootste groep, in die Atlasgebergte (of Tell) en die rondtrekkende Tuaregs in die Sahara. “It is estimated that in 1830 the Berbers made up half the total population of three million (witin the current borders of Algeria)” (3577). Andersyds die nomadiese Arabiere in die kusstreke. “Like all half-savage peoples … they love war, pomp and tumult … often excessive in their actions and always more willing to feel than to think” (546). Daar is teorieë dat die Berbers/Tuaregs oorspronklik blank was. Hulle het ‘n eie taal, Berber (of Tamazight) en kultuur (493). Die Franse het makliker met hulle as met die Arabiere oor die weg gekom (688). Die probleem is dat dit by uitstek die grond van die gewelddadige Arabiere is wat deur die setlaars beset is. “The means of governing Arab tribes even in peacetime closely resemble the procedures of war” (1666).

Die strategie van die Arabiere was soortgelyk aan dié van die ANC/SAKP: “When we tell the Arabs they started the war, they deny it passionately and claim that we were the ones to start it” (1060). Volgens Tocqueville is dit belangrik dat die Arabiere nie toegelaat moet word om onder die beheer van ‘n enkele leier, soos Abd-el-Kader, te verenig nie (716). “Anarchy will create Abd-el-Kader’s power” (723) – soortgelyk aan die chaos wat FW de Klerk in 1990/94 in Suid-Afrika toegelaat het en waaruit Nelson Mandela as die leier van die “nasie” te voorskyn getree het. Die Arabiere het op ‘n manier soortgelyk aan Mandela geredeneer: “In the end, the French will only being us to despair, and then, having lost all hope of peace, we shall do them far more harm than we have done so far” (1056).

Die Berbers is onder dwang tot die Sunni-Moslemgeloof bekeer nadat Arabiese inkommers hulle van die 8ste eeu af in die Maghreb gevestig het en hulle die Berbers teen die 10de eeu getalsgewys verswelg het. Vanaf 1516 (toe Oran beset is – 3626) tot 1830 het die Turkse Ottomans in Algerië regeer, nadat die Spanjaarde ook uit Algiers verdryf is. Dit het gevolg nadat die Moslem More, wat Spanje in 711 binnegeval het, teen 1492 uit Spanje verdryf is. “The Moors were a Muslim population of mixed Spanish (Andalusian), Arab, and Berber origins who had fled the Spanish Reconquista and settled as refugees in North Africa between the eleventh and seventeenth centuries” (3637). Tocqueville beskou die nageslag van hierdie More as ‘n derde inheemse etniese groep in Algerië, wat veral as handelaars in Algerynse stede en dorpe aangetref is (593) en geredelik met die Franse koloniste oor die weg gekom het. “The Moorish population deserves our consideration because of its peaceful character” (1567). Sommige van hulle beskou hulleself as Iberies (489) of Vandale (493) eerder as Arabiere (489).

‘n Vierde inheemse etniese groep in Algerië is die Koulouglis, die nageslag van Turkse soldate en Arabiese vroue, wat nie gewone Arabiere nie as hul gelykes wou aanvaar nie. Hulle het selfs militêr met die Franse saamgewerk (4255). Maar die destydse Turkse heersers sien op hulle beurt neer op die Koulouglis. “These Turks were so proud of their country that they despised their own children born of Arab women” (553).

Twee vrae kan in hierdie konteks gestel word. Eerstens, waarom word dit sonder meer aanvaar dat Turkye oor twee kontinente (Asië en Europa) kan strek maar nie Frankryk (Europa en Afrika) nie? Tweedens, waarom word die Arabiese inkommers deesdae sonder meer as die regmatige regeerders van Algerië beskou maar nie die Franse koloniste nie? Omdat die Arabiere vóór die Franse daar aangekom het? Maar waarom geld dieselfde reg dan nie vir die blankes in die suidwestelike helfte van Suid-Afrika nie? Die blankes was daar lank voordat die swartes uit die noordooste inbeweeg het. Die heillose ANC beskou die plaaslike blankes eintlik steeds as onwelkome setlaars, maar dit word nooit van die nageslag van die slawe gesê wat vanaf 1658, dus ná die blankes, hulle opwagting hier gemaak het nie. Die punt is: Dubbele standaarde word gebruik asof dit evangelie is.

“Two aspects of Tocqueville’s early colonial writings are most striking: first, his interest in Arab forms of political organization and self-governance, and second, his desire to see the integration of French settlers and [indigenous] Algerians through a policy of toleration and pluralism. Both would largely disappear in his later works as he became convinced that integration was impossible” (175). “Those who have been there [in Algeria] know that unfortunately Muslim society and Christian society do not have a single tie, that they form two bodies that are juxtaposed but completely separate” (1901). “The fusion of these two populations is a chimera that people dream of only when they have not been to these places. There can, therefore, and there must, be two very distinct legislative systems in Africa, because there are two very separate societies there” (1904). “The [later] reports proposed a vision of a separate European society in Algeria, again drawing frequently on Tocqueville’s knowledge of the British [colonial] experience” (284). Die Britse beleid van rasseskeiding is vanaf 1948 deur die NP-regering as sy apartheidsbeleid voortgesit en later tot die beleid van afsonderlike ontwikkeling aangepas. Maar ANC-kamerade verwyt nie die Britte nie maar Afrikaners vir rasseskeiding. Hiervolgens is nie Engels nie maar Afrikaans die taal van verdrukking.

“[Muslims], no matter how accommodating to their French invaders, must always be treated as a separate and subject population” (208). In Amerika was daar voorheen vertroue in die “melting pot”, maar later het sowel die blankes as die swartes besef dat rasse-integrasie meesal nie haalbaar is nie. Tocqueville het dieselfde paadjie geloop. In Suid-Afrika word die teenoorgestelde waargeneem: Aanvanklik was Suid-Afrika ‘n suksesvolle land met rasseskeiding as regeringsbeleid, gevolg deur gedwonge rasse-integrasie in ‘n vervalle land met onverkwiklike rommelstatus. Daar kan dalk (skrale) moed uit die volgende woorde van Tocqueville geput word: “People sometimes submit to humiliation, to tyranny, to conquest, but they never endure anarchy for long … this [is a] general law of humanity” (644).

“It was impossible to establish a secure border [in Algeria], so wars at the frontier would continue indefinitely … the imperial goal justified the means” (191). “Military domination without colonization was a futile strategy. As the Arab population would be unrelentingly hostile to the expropriation of land necessary for widespread European settlement, the French would have to adopt uncompromising strategies for defeating the inevitable Arab resistance” (211). Tocqueville skryf: “The quarrel is no longer between governments, but between races … the day a European plow touches the soil” (214). “Nothing irritates and alarms the natives more than the introduction of European farmers” (1488, ook 1502). Wat vir die setlaars belangrik is, is “security of persons and property” (220). Wat die blankes betref, ontbreek albei in die nuwe Suid-Afrika.

Dit gaan nie bloot om landbougrond wat na bewering tydens kolonialisme van die inheemses weggeneem is nie. Daar is ‘n sterk element van jaloesie teenwoordig. Die blankes het hulle as suksesvolle boere in Algerië, Suid-Afrika, Rhodesië/Zimbabwe en elders bewys, wat nie van die Arabiere en swartes gesê kan word nie. Die Voortrekkers het in gebiede ingetrek wat weens swart stamoorloë grootliks ontvolk was. Die blankes se teenwoordigheid was nie so steurend soos wat dit deesdae in ANC-propaganda voorgestel word nie. In Algerië was die situasie soortgelyk: “The country is occupied, it is true, but it is not full, not even actually owned. The indigenous population there is very sparse and thinly scattered. Thus the conquering population can be introduced onto the land without disturbing the conquered population” (2765).

“While it would be wrong to leave the best land for the Arabs, the French must be scrupulous about indemnifying indigenous property holders for the property they took” (275). “In general, nothing is more dangerous in a new country than the frequent use of forced expropriation” (1575). Volgens die ANC ís Suid-Afrika ‘n nuwe land wat in 1994 tot stand gekom het. “Forced expropriations [are] disastrous in principle” (223). ‘n Mens wens dat die ANC-regime hierdie waarheid wil besef. “To grant the general ability to expropriate and to issue as a final decree the intention to expropriate cultivated lands in order to place new colonists on them: that seems to me barbarous and insane” (996). In ‘n (eens) ontwikkelde samelewing, met eienaars wat kaart en transport van hulle eiendomme het, soos die Suid-Afrikaanse blanke boeregemeenskap, bestaan daar geen werklike regverdiging vir onteiening sonder vergoeding nie.

Histories was die situasie heeltemal anders. Die nomadiese Arabiere in Algerië en die nomadiese Khoi-San en swartes in Suid-Afrika kon nie met reg aanspraak maak op al die grond waaroor hulle beweeg het nie. Die blankes wat daardie grond tot produktiewe plase ontwikkel het, het ‘n sterker aanspraak op eiendomsreg as diegene wat bloot die natuur misbruik het, bv vir brandhout, (oor)beweiding (met dongas as bonus) en die jag van wilde diere. In Algerië het blankes in baie gevalle grond van die inheemse inwoners gekoop (1571, 2603, 3721). Later het ander mense as die verkopers beweer dat die grond eintlik aan hulle behoort. In sommige gevalle is dieselfde grond meerdere kere deur verskillende “eienaars” aan die blankes verkwansel. Omdat die grootte van die grond nie landmeterkundig vasgelê is nie, het dispute oor die grense ontstaan (2603). In 1847 is bereken “that the property sold amounted to more than twice the area that existed” (3804). Om hierdie chaostiese situasie te ontlont, is bepaal dat die setlaars grond slegs via die koloniale regering kon bekom (3011). “In barbarous or half-civilized countries, all titles that do not originate with the state provide only an unstable claim to property” (2600). “Once property is well established by a title originally granted by the state, people must not have to fear that it will be taken away” (2617). Hierop sê die verderflike ANC-regime: Aikôna.

Op sy eerste besoek aan Algerië skryf Tocqueville: “A promised land, if one didn’t have to farm with gun in hand” (877). Dieselfde kan van die nuwe Suid-Afrika gesê word. Veral blanke boere was noodsaaklik vir die behoud van Algerië as Franse grondgebied; nie enkelinge nie maar gesinne (1599) “Until we have a European population in Algeria, we shall never establish ourselves there but shall remain camped on the African coast” (1471). “Domination over semi-barbarous nomadic tribes, such as those around us, can never be so complete that a civilized, sedentary population could settle nearby without any fear or precaution. Armed marauding will long oulast war itself. Even if the war were over, it would be necessary before colonizing to adopt certain means of security and self-protection” (1474).

Sedert 1994 is die terroriste-oorlog in Suid-Afrika verby maar nie die “armed marauding” nie. Die beste manier van beskerming is “a continuous barrier around the territory … it is indeed the only means of defence that could succeed against the Arabs” (1539). Met die oog hierop het die soldate gesorg vir loopgrawe rondom die gekoloniseerde gebiede van Algiers (1545) en Oran (3801). “The ‘continuous barrier’ composed of a trench and a wall four meters high flanked by blockhouses was conceived in France” (3797). Die oprigting van mure is noodsaaklik geag (1646). ‘n Ander veiligheidsmaatreël wat voorgestel is, is “the necessity of not allowing the population to scatter into the countryside, but rather of forcing them to live in villages that the state fortifies at its own cost” (1585).

By die sogenaamde inheemses wat in die vorige eeu politieke beheer oor die eertydse kolonies in Afrika verkry het, is daar geen werklike begrip vir die ontberings en opofferings van die blanke koloniste nie. “All these artificial and complicated means of populating Africa could appeal only to those theoretical men who have never seen the landscape of colonial society for themselves. Those who have studied the matter practically know, to the contrary, that what is required to fight against the innumerable difficulties of an original settlement is nothing less than all the energy of the passions to which individual property gives rise; that is, at the harsh early stages it is necessary to keep the colonist’s movements as free as possible, and to give his hopes as broad a horizon as possible. We must never forget … that the colonists are not serfs but independent and mobile men who can choose not to come or not to stay” (1610).

“The administration must … acquire land in order to sell it to the colonists unencumbered and at a low price. It should fix the location of the villages, lay them out, fortify and arm them, build each a fountain, a church, a school, and a town hall, and provide for the needs of the priest and the schoolmaster” (1620). Sulke dorpies “have been created and supported by the presence of our army” (2872). Wat die regering in Algerië gedoen het, is “provided the colonists, in addition to land, with help in building their houses and clearing their land” (2826). In party gevalle “it [the government] gave them seeds, it lent them farm implements” (2858). Die koloniste lei egter “a very weak and precarious existence … The government, after having created them, is forced to help them survive” (2840).

Omdat die blanke Algeryne se voortbestaan deurlopend deur die gewelddadige Arabiere bedreig is, is soldate aangemoedig om boere te word en terselfdertyd te help met burgerlike beveiliging. “The soldier who has been chosen to become a colonist is placed on a property with his wife; the state gives him furniture, animals, farm implements, trees to plant, and seeds; for three years it continues to give him his pay and clothing, and provides him and his family with provisions. Until his term of service expires, that is, for three years, he remains subject to military discipline, and the time he spends in this situation counts as if he had spent it doing military service. After three years, the military colonists enter the civilian regime” (2879).

Die volgende inligting word oor die nedersetting Saint-Ferdinand, wat in 1843 tot stand gekom het, verskaf. “Colonists were offered a house with an area of 60 to 64 square meters, twelve hectares of arable land, of which four were cleared and trees were planted. The colonists could also request the construction of a lean-to for their livestock, and they were promised a church at the state’s expense” (3964). Soos tydens die VOC-bewind aan die Kaap was die blanke boere in Algerië verplig om hulle produkte teen onekonomiese lae pryse aan die staat te verkoop. “Until now, the military administration has appeared to be preoccupied only with obtaining the colonists’ goods at the lowest possible price. Thus, while the government was making great sacrifices to settle farmers in Algeria, it refused to make farming profitable” (3067).

Dit is duidelik dat die Franse koloniale owerheid veel meer vir die koloniste in Algerië gedoen het as die Hollandse en Britse owerheid in Suid-Afrika. Die vryburgers was van 1657 af grootliks op hulleself aangewese. Die Khoi-Khoin kon skape oppas en steel, maar nie ‘n dag se behoorlike werk doen nie. Slawe is gevolglik van 1658 af ingevoer. Pleks van die skuld vir slawerny op die onbruikbare, leeglêende Khoi-Khoin te pak, word die blankes (koloniste en regering) deesdae hiervoor verwyt. Die blanke boere was grootliks op hulleself vir hulle eie beskerming aangewese. In Algerië, daarenteen, “we have four times as many soldiers as colonists” (1907). Hier verwys “colonists” waarskynlik na landbouers. “It was estimated that out of 100 000 Europeans, only 7 000 made their living in agriculture, and of those 5 000 were market gardeners on the outskirts of the towns” (3859).

Soos die Arabiere in Algerië was die swartes in Suid-Afrika “a formidable enemy that constantly circles around you to take your property or your life” (1705). Tocqueville beweer: “Nowhere has she [Britain] encountered a population as warlike as the Arabs” (2042), maar hy was moontlik onbewus van die mate waarin bv die Britse setlaars van 1820 aan die Kaapse oosgrens uitgemoor is. Dit sou nie so maklik en algemeen in Algerië gebeur het nie. In 1846 het daar bv meer as 100 000 soldate diens gedoen (2218). “What must be done first of all [is] to give to men’s liberty and property the guarantees that one has a right to demand of the government in all civilized countries” (1959). Sedert 1994 word die blankes se vryheid en hulle eiendomsregte egter in vele opsigte deur die ANC-regime geminag.

As al die moeite wat die Franse regering gedoen het om blanke boere as setlaars na Algerië te trek en die groot koste wat van owerheidsweë aangegaan is om hulle te vestig en beveilig, in ag geneem word, kan ‘n mens net die hoogste agting hê vir die blankes wat hulle ver van Europa in Suidelike Afrika gevestig het. Al is hulle in uiters gevaarlike omstandighede grootliks aan hulle eie lot oorgelaat en al was die blankes meesal brandarm, het hulle in hierdie wye en droewe land ‘n groot positiewe bydrae gelewer. Van absolute onontwikkeldheid is die land onder die kundige en toegewyde leiding van blankes uitgebou tot die suksesvolste en voortreflikste in Afrika. Maar daarvoor ontvang hulle en hulle voorgeslagte deesdae daagliks stank vir dank. Ons moet nie toelaat dat propaganda enigsins afbreuk doen aan die blankes se bewese uitsonderlike prestasies nie.

Die ander kant van die munt, die Mandela-kant, is: Daar is tans meer as 29 000 staatsamptenare in Suid-Afrika wat elk meer as ‘n miljoen rand per jaar aan salaris ontvang (eerder as verdien). Hulle is aangestel en word bevorder ingevolge die ANC se nie-rassistiese en nie-seksistiese beleid. Hulle is met min uitsonderings voorheen benadeeldes wat tot tans bevoordeeldes getransformeer is. Welvaart het nooit so gou en so maklik in die skoot van die plaaslike blankes geval nie. Hulle moes hulle inkomste en besittings op ‘n nie-korrupte manier met harde werk oor geslagte heen verdien.

In Algerië het die setlaars bruikbare inheemse werkers van mekaar afgerokkel. Na aanleiding van die Britse voorbeeld het Tocqueville ‘n pasboekstelsel voorgestel: “To require workers to carry a booklet in which they would register contracts of this kind; then an action for damages could be brought against a landowner who hired any worker carrying a booklet that proved that he was missing his prior engagement” (951). Tocqueville het heel moontlik die idee van ‘n pasboekstelsel by die Britte oorgeneem. Die eerste paswet in Suid-Afrika het in 1797 tydens die eerste Britse besetting van die Kaap in werking getree. Nogtans word die NP-regering, dus Afrikaanssprekendes, en nie die Britte nie, dikwels vir die sogenaamde “dompas” verwyt.

Reeds in 1847 het Tocqueville die Algerynse oorlog (1954-1962) voorsien: “Sooner or later, Algeria would become a closed field, a walled arena, where the two peoples would have to fight without mercy, and where one of the two would have to die. May God save us, gentlemen, from such a destiny!” (2392). Sedert 1962 het Algerië ‘n 99% homogene Moslem bevolking. Die blanke element, eens 10% van die bevolking, is grootliks uitgewis. In 1846 het Tocqueville as parlementslid profeties gesê: “I think that to trust to the goodwill of the natives to keep us in Africa is a pure illusion, to which it would be insane to attach ourselves” (1997) en “Beware of going to Africa: the country is beautiful, the soil is good, the climate is healthy, but as long as Africa remains as it is today, without a real government [the ANC?!], don’t go to Africa, for there you will find only misery or death” (2028).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.