Die verhaal van twee Partye

Deel op

ImageDie titel van Charles Dickens se boek : ”A tale of two cities” het my laat dink om twee politieke partye te vergelyk.  Noem dit die ‘Verhaal van twee partye’.

By Kaapstad Universiteit se Sakeskool het ons allerhande slimmighede geleer, ondermeer ook oor bemarkingstrategie.  Prof Brink was ‘n Amerikaner met sy Afrikaansklinkende naam.  Aan die einde van die kursus het ons hom as die mees uitstaande dosent aangewys. 

Prof Brink het verduidelik dat daar basies twee bemarkingstrategieë is wat organisasies kan volg om hul dienste te bemark, naamlik, ‘n produk-oriëntasie, dws waar die produk en die voordele wat dit bied aan kliënte voorgehou word.  Die kliënt word dan oorgehaal om dit te koop.  Die sleutelaspek is die geloof in – en kennis van ‘n beproefde produk.  (Dink byvoorbeeld aan die Audi reklame van “Voorsprong deur Tegnologie.”)

Die tweede opsie is ‘n mark-oriëntasie.  Hiermee word die behoefte en sentimente van die mark verstaan en ontleed met die doel om die markbehoefte te bevredig.  Daar word dan staatgemaak op nuwe oplossings vir bepaalde probleme, liewer as om markte te soek vir voorafverpakte produkte.  ‘n Wetenskaplike kennis van die markbehoefte word met hierdie benadering vereis.  Daarvoor is marksegmentering kritiek belangrik.  Die regte behoeftes moet met die regte oplossing bevredig word.  As algemene riglyn het Prof Brink hierdie benadering aanbeveel as die mees toepaslike een vir diensverskaffers en organisasies wat sosiale dienste of produkreekse bemark. Hier dink mens aan kerke, skole, sportklubs, politieke partye, ens.

Eenvoudig gestel:  Met ‘n markbenadering moet jy vasstel wat jou kliente se behoefte is sodat jy oplossings vir daardie behoeftes kan formuleer en deur jou kundigheid en bepaalde insigte bepaalde behoeftes kan bevredig.
Aan die hand van hierdie twee opsies wil ek nou die DA en die VF+ bekyk.  Die DA met sy mark-oriëntasie en die VF+ met sy produk benadering.  Hierby wil ek twee sleuteleienskappe, naamlik pragmatisme of beginselvastheid as groeidempers of groeiprikkels kontrasteer.

Volgens hul kiesersgetalle was die twee partye in 1994 baie dieselfde grootte.  Die VF kon reken op 425,000 kiesers op nasionale en 460,000 op provinsiale vlak.  Die DP was byna 20% kleiner met sy 338,000 stemme.

Die DP het ‘n troebel geskiedenis van samesmeltings en van liberale leiers soos Helen Suzman, Van Zyl Slabbert, Zach de Beer en Colin Eglin gehad. Teen 1994 was die DP ‘n party wat nog op internasionale liberalistiese beginsels gefundeer was.  Hulle was  gekenmerk deur ‘n onverkwiklike produkbenadering.  Maar daardie DP was besig om te sterf, omdat liberalisme nie staanplek kon kry in kommunitêre Suid-Afrika nie.  Slegs ‘n baie klein ondersteunersgroepie het die party lewend gehou.

Tony Leon het die basiese vonk verskaf wat die party se rigting en styl verander het.  Hy wou leier wees van ‘n dinamiese party, op soek na mag.  Hy wou die DP in ‘n alternatiewe regeringsparty omskep.  In die toekoms sou ‘n liberale gesindheid die DP lei, en alle vorms van identiteitspolitiek as verdelend verwerp word. (Dink aan hul slagspreuk ‘Een volk een toekoms.’) Eng beginselvastheid moes deur inklusiewe pragmatisme vervang word. Daar is selfs vir Afrikaanses plekgemaak.

Hulle het hul visier ingestel op ‘n steil groeikurwe, nie soseer om die nasie te red nie, maar om die beeld van ‘n sterk party te vestig.  Die Suid-Afrikaanse kieserspubliek wat die ANC as ‘n bedreiging gesien het, wou klaarblyklik ‘n kragdadige politieke party as alternatief vir die ANC hê.  Hoewel die NP byna 4 miljoen kiesers in 1994 gehad het teenoor die 338,000 van die DP, was hy reeds terminaal.  Die NP se oormatige

In 1999 sluk die sardyn toe die walvis in. Die DA verower byna ‘n miljoen kiesers van die NNP.

In 1999 spog die DP met 1,527 miljoen teenoor die NP se 1,1 miljoen ondersteuners.  Uit ‘n suiwer politieke party oogpunt gesien was FW en Kortbroek se manewales die teken vir al die opposissiepartye om vernuwend te dink en om uit te beweeg vanuit die benouende pre-1994 denkrame om die loslopende kiesers in hulle partynette te vang. Die DP het die geleentheid aangegryp en die voortydige dood van die NNP verhaas deur realpolitik te beoefen.  Terselfdertyd het die DP die VF ‘n gevoelige slag toegedien deur byna 70% van sy 1994-kiesers af te rokkel.  Klaarblyklik was die DP se bemarkingstrategie in die kol.

Voor die verkiesing was groot verwagtings gekoester dat die VF ‘n sterk teenvoeter sou wees vir die destydse NP.  Die verkiesing het ‘n emosionele aanloop gehad vanaf die beleg van Pretoria, die referendum van twee jaar vantevore, die Mmabatho fiasko, asook die wyd gepubliseerde Akkoord tussen die Afrikaner Volksfront en die ANC.  Bonop was die beroemde Generaal Viljoen die leier.  Al hierdie faktore het byna ‘n halfmiljoen kiesers vir die VF laat stem.

Die meeste VF stemme was waarskynlik protesstemme van regsgesinde NP ondersteuners asook KP ondersteuners wat tog bereid was om te stem.  Dit was duidelik dat daardie kiesers nie vir ‘n bestaande liberale een-man-een-stem-oplossing sou stem nie.  Hulle het waarskynlik teen die alternatiewe oplossing, wat deur die Codesa- onderhandelings op hulle afgedwing was, gestem.   VF kiesers het verwag dat die nuwe party vir wie hulle gestem het ‘n beter oplossing sou bied.

Na 1994 het die VF egter sy mark se werklike behoeftes verkeerd gelees.  Waar sommige binne die die VF leierskap geglo het dat die volkstaatgedagte die produk was wat verkoop moes word omdat hulle dit as ‘n lewensvatbare ideologie beskou het, wou ander weer die party as ‘n politieke tuiste vir alle Afrikaners uitbou. 

Die produk wat verkoop moes word was Orania as groeipunt vir ‘n toekomstige volkstaat.  Duisende woorde is geskryf om die konsep van nuwe groeipunte te verklaar of te verdedig.  Die voorstaanders daarvaan wou eenvoudig nie aanvaar dat ekonomiese dryfvere altyd bo kultuurkragte sal seëvier nie. 

Sedert 1994 het Pretoria-Oos se bevolking meer as verdubbel.  Vanweë ekonomiese kragte het miljarde rande se ontwikkeling daar plaasgevind.  Die blanke dele van Witbank, Middelburg, Newcastle, Bloemfontein ens het gedurende dieselfde tydperk oneindig meer gegroei as Orania.  Die kieserspubliek het dit alles self beleef.

Benewens ‘n akademiese ondersoek in 1995 rondom die Pretoria gebied is ek nie bewus van enige marknavorsing wat die VF gedoen het om sy kiesers se houding en behoeftes te bepaal nie.  Dit was die produk wat die knoop moes deurhaak, nie ‘n groeistrategie nie.

Binne slegs vyf jaar, vanaf 1994 tot 1999, val die VF se stembasis dus van 435,000 na 127,000.  Binne die daaropvolgende tien jaar kon hy darem staande bly met 146,000 stemme in 2009. Die produk was duidelik onverkoopbaar.  Mens sou verwag dat enige onderneming onmiddellik nuwe strategië sou ontwikkel wat op deeglike marknavorsing gebaseer is.  Die res is geskiedenis.

Hoewel vingers na die leierskaap en in ander rigtings gewys het, was dit duidelik dat ‘n produkoriëntasie duidelik verkeerd was.  Die produk was onverkoopbaar en die kliëntebasis ‘n minderheid van die minderheid.  Vanselfsprekend het dit ‘n plafon op kiesersgetalle geplaas. 

‘n Ander strategie was duidelik nodig binne ‘n parlementêre stelsel waar miljoene swart kiesers altyd die finale seggenskap sal hê.

конструктор домикФильчаков прокурор отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.