Thys Human: Die rugby-euforie

Deel op

Volgens ‘n berig op Naspes se Netnuus loop Steve Hofmeyr glo deur oor ‘n twiet wat hy geplaas het.

Die Twiet:

Dis duidelik dat Hofmeyr hier verwys na die oorstelpende jubeling oor die sg. Springbokke se oorwinnning in die RWB.  Wat dit eintlik, na my mening, sê is dat hierdie jubeling oor ‘n getransformeerde rugbyspan deur die ANC gebruik gaan word om te beweer dat wittes – en veral Afrikaners – nou vierkantig agter die ANC staan en dat hulle nou kan maak wat hulle wil, want steun aan hierdie bontspan is gelyk aan steun vir die ANC en sy ganse beleid.

Hofmeyr is weer eens reg – absoluut in die kol.

Maar ek wil verder gaan as Hofmeyr:

  • Enige steun vir enige SA sportspan is verraad teen die Afrikaner
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy aanvaar die ANC-regime se reg om oor jou en jou toekoms te besluit
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy vereenselwig jou met die konsep van “One Nation” wat in wese en uiteindelik ‘n totale swart “nasie” sal wees.
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy aanvaar dat Afrikaans verguis en ondergrawe word – soos op die oomblik besig is om te gebeur.
  • Enige steun vir enige sportspan sê jy sal jou verheug as jou dogter met ‘n swart sportman (of enige swartman) uitgaan.
  • As jy lustig saamsing wanneer Die Stem gespeel word, maar nie saamsing met Nkosi Sikelela nie, is jy vals en gaan jy nog van rassehaat aangekla word. Maar as jy tog Nkosi saamsing, is jy ‘n banggat, slapgat Afrikaner.
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy stem toe tot korrupsie en wanbesteding van jou belastinggeld.
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy stem in met swart regstellende aksie en dat wit werkers en kundiges stelselmatig uit hulle werk en poste gedruk mag word – en verarm.
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê wit boere se grond mag sonder vergoeding van hulle weggeneem word en aan ‘n klomp skelm, onbekwame swartes uitgedeel word. (Soos Hofmeyr tereg uitwys.)
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê dit skeel jou niks dat wit boere (en ander gewone wittes) beroof, vermink en vermoor word nie.
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy is bereid om jou huis met twee (of meer) swart gesinne te deel – en sommer vir al hulle huishoudelike goed te betaal. (Ja, moenie lag nie, dit kom, sommer een van die dae.)
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jou voorvaders in hierdie land was ‘n spul vieslike onderdrukkers en grondgrypers.
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy skel en vervloek die handjie vol Afrikaners wat poog om een of ander vorm van selfbeskikking vir wit Afrikaners te bewerkstellig.
  • Enige steun vir enige SA sportspan sê jy sal graag in jou kar klim en in Soweto vir die sokkerspan gaan skreeu. As jy dit nie doen nie, is jy vals en ‘n rassis!

Is hierdie standpunte van my iets nuuts? Allermins. Ek het reeds in 1992 gesê toe Mandela (2 jaar voor hy president geword het) “toestemming” gegee het dat die SA krieketspan aan daardie jaar se Wêreldbekerreeks mag deelneem. Ek het gesien hoe julle jubel, en gewaarsku dat dit julle duur gaan kos. Dit het toe. Julle het die Afrikaner se toekoms vir die pot lensiesop van internasionale sport verkoop. Ek het net daar besluit dat ek nooit weer ‘n SA sportspan sal steun nie – en ek hou steeds by daardie standpunt.

Benewens bostaande standpunte, eis ek dat Die Stem as een van die land se “volksliedere” afgeskaf word. Dit is nie die swartes se volkslied nie. Dis ons Afrikaners s’n – en dit mag net deur ware Afrikaners gesing word. Ek swaai ook nie die ou Unievlag rond nie. Dit is uitgedien, dit verteenwoordig die verlede en uitverkoop aan ’n swart meerderheid. (Dis miskien tyd dat ons ons eie vlag ontwerp – iets op die basis van die ou Prinsevlag.)

En as jy my uitlag vir hierdie standpunte en dit afmaak as regse twak, wil ek verder niks met jou en jou mede-jubelaars te doen hê nie.

Fokof uit my pad en my lewe.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.