Leon Lemmer: Voorstel: ‘n Monument vir Hendrik Frensch Verwoerd op Stellenbosch

Deel op

“Verwoerd het doelbewus gekies om ‘n Afrikaner te wees. Hy was die eerste student in Suid-Afrika wat sy studies, van sy voorgraadse eksamens tot sy doktorale proefskrif, in Afrikaans geskryf het” (Hermann Giliomee, Die laaste Afrikanerleiers: ‘n Opperste toets van mag, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 27-28).

Die Universiteit Stellenbosch (US) is tans besig met die formulering van ‘n beleid oor “visuele regstelling”. Dit bied die ideale geleentheid aan die US om ‘n akademies briljante oudstudente en -dosent, Hendrik Frensch Verwoerd, met ‘n monument op die kampus te vereer. Op hierdie manier kan die US konkrete bewys lewer dat hy primêr ‘n akademiese onderneming is en nie ‘n verlenging van die ANC nie.

Ek het die bostaande skrywe op 28.08.2019 na LitNet gestuur maar ná verloop van ‘n week is dit nog nie gepubliseer nie. Dit is duidelik dat dit as onpubliseerbaar geag word. As die vlag van die plaaslike blanke politieke bewind haatspraak kan wees, hoeveel te meer nie ‘n monument vir Hendrik Verwoerd nie. Daardie hofuitspraak bevestig wat Hermann Giliomee reeds jare gelede geskryf het: dat die regterlike gesag nie onafhanklik van die ANC/SAKP funksioneer nie. Daar is myns insiens nie ‘n kat se kans dat Gelyke Kanse se huidige hofsaak teen die US ‘n uitspraak ten gunste van Afrikaans gaan oplewer nie. Die beste waarop gehoop kan word, is dat regter Johan Froneman weer met ‘n sinvolle minderheidsuitspraak vorendag kom.

André Gouws het ‘n artikel oor die herstandaarisering van Afrikaans gepubliseer (LitNet 21.08.2019). Hanno Visagie het die dag daarna in sy reaksie aangehaal wat ek oor hierdie onderwerp op Praag geskryf het. My woorde is korrek aangehaal, maar die bron waaruit aangehaal word, is verswyg. Wat dit myns insiens aantoon, is dat LitNet dit ongewens ag om na Praag te verwys; dat geen publisiteit vir Praag op LitNet geduld word nie.

Hier bo het ek na die getransformeerde US as “‘n verlenging van die ANC” verwys. Eintlik moes ek geskryf het: ANC/SAKP. Die US het al amptelik genoem dat hy eredoktorsgrade uitdeel aan diegene met wie hy graag assosieer. Onder die ontvangers van hierdie akademies waardelose US-sertifikate is daar mense soos Bram Fischer, Nelson Mandela en Graça Machel. Dit toon dat die getransformeerde (eintlik: radikaal ontaarde) US met graagte en oorgawe met kommuniste geassosieer wil wees.

Een van die US se jongste skuiwe op pad na algehele transformasie is die formulering van ‘n beleid oor “visuele regstelling”. Volgens ‘n berig op die US-webtuiste is wat begeer word “new visual symbols that have African centrality as an outcome.” Die gewoonte het ontstaan dat die US homself nie ‘n Suid-Afrikaanse universiteit noem nie, maar ‘n Afrika-universiteit. Daarby in ‘n inklusiewe sin, want die produkte wat hierdie eens Afrikaner-universiteit deesdae doelbewus wil lewer, is identiteitlose “wêreldburgers”; dus noodwendig eerder Engels- as Afrikaanssprekendes. Al word blanke en veral Afrikanerbelange openlik geminag, word daar valslik beweer dat ‘n “inclusive environment” nagestreef word; ook dat daar iets soos “diverse cultures” bestaan, al het die US deesdae amptelik hoofsaaklik ooghare vir swart belange.

Die projek oor visuele regstelling is aan twee bruin teoloë toevertrou: Nico Koopman as “Vice-Rector: Social Impact, Transformation and Personnel” en as “Curator” Leslie van Rooi, “Senior Director: Social Impact and Transformation.” Aan die US is talle poste, soos dié van Van Rooi, geskep om aan die ANC/SAKP te demonstreer dat die US met oorgawe transformeer en enigiets sal doen om die ANC/SAKP ter wille te wees. Sulke politieke poste maak ernstig inbreuk op die universiteit se vermoë om broodnodige akademiese doseer- en navorsingsposte te finansier. Dit is wat gebeur as ideologiese oorwegings ‘n hoër prioriteit as akademiese belange geniet. Verlede jaar het die rektor, Wim de Villiers, en sy kollegas dit reggekry om die US-eeufees te vier sonder om ‘n enkele keer die ordentlikheid op te diep om na Jan Marais se stigtingsvoorwaarde, dat die US ‘n Afrikaanse universiteit moet wees, te verwys, asook ruiterlik te erken dat die US hom doelbewus glad nie hieraan steur nie. Die plaaslike koerant, Die Burger, het hom ook nooit verwerdig om die US hieroor aan te spreek nie.

Bruin aktiviste soos Allan Boesak het nie die vermoë om self die Belydenis van Belhar te formuleer nie. Dirkie Smit en Jaap Durand het dit namens hulle gedoen. Op ‘n soortgelyke manier het Koopman en Van Rooi blykbaar nie die vermoë om ‘n konsepbeleid oor visuele regstelling te formuleer nie. Twee blanke vroue, Lize van Robbroeck en Elmarie Constandius, het dit namens hulle gedoen. Van Robbroeck het ‘n Wits-agtergrond en het haar proefskrif oor “black art” geskryf. Constandius is, soos haar kollega, gepreokkupeer met antikolonialisme, wat uiteraard ‘n manier is om uitdrukking aan antiblanke gesindheid te gee. Hierdie twee dames is dosente in die Departement Visuele Kunste. Dit is ‘n oord waar emosie en instink dikwels ‘n groter rol as rasionaliteit en akademiese ingesteldheid speel. Die beleid, soos geformuleer, is erg teleurstellend gesien vanuit die oogpunt van transformasie-aktiviste. Eintlik het hulle ‘n muis pleks van ‘n olifant gebaar.

Die uitgangspunt is dat van eurosentries na afrosentries oorgeskakel moet word; bedoelende van blank na nieblank. Dit is swartes wat tuis op die kampus moet voel. Dit is wat deesdae onder die US se kernwaardes verstaan word. Die ontheemding wat blankes, veral Afrikaners, op die kampus ervaar, word in geen opsig aangespreek nie. Dit is ironies dat daar op bladsy 6, item 6.17, na “language diversity” verwys word terwyl dit ongetwyfeld Wim de Villiers se begeerte is om van die US ‘n eentalige Engelse universiteit te maak; dus om taalverskeidenheid, veral Afrikaans, op die kampus te verban. Op bladsy 5, item 6.3, word na “statues” verwys. Dit dui sekerlik op die lastigheid van Jan Marais, die US-stigterskenker, se standbeeld op die Marais-plein, wat deesdae tot die vreugde van ANC/SAKP-kornuite eerder die Rooiplein genoem word.

Die nodigheid van ‘n geformuleerde beleid vir visuele regstelling kan bevraagteken word. Hierdie “regstellings” het reeds deur gebruik ‘n geykte vorm op die kampus aangeneem. Byvoorbeeld, alle tekens van Afrikanerstaatshoofde is al uitgewis. Dié kernwaarde van die De Villiers-US is dat die universiteit verswart én ontwit moet word. Dit is die Henry Ford-benadering: Gee voorkeur aan motors (studente, dosente en ander personeel) in enige kleur solank hulle swart is. Die sug na diversiteit het aanvanklik beteken dat swart naas wit ingevoer word, maar op die lange duur word die grootste moontlike mate van verswarting, dus nie-diversiteit, nagestreef.

Tekenend van wat Wim de Villiers wil hê, is die verandering in 2018 van die naam van die HB Thom-teater na die Adam Small-teater. Thom was akademies ‘n reus. Vergelykenderwys was Small akademies en andersins ‘n mikrogees wat by meer as een geleentheid studiebeurse ontvang het om ‘n doktorsgraad in Londen en Oxford te voltooi, maar hy het telkens misluk. Maar akademiese oorwegings is vir die getransformeerde US nie ter sake nie. Wat vir ANC/SAKP-gedienstiges van belang is, is dat die teater nie meer na ‘n blanke vernoem word nie, maar na ‘n nieblanke. Dit word as nie-rassige visuele regstelling geloof. Dié siekte, wat chroniese afmetings aan die US aanneem, het ‘n naam: politieke byderwetsheid.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.