Leon Lemmer: Ruan Kemp oor die rigting waarin die wind waai

Deel op

Ruan Kemp het ‘n boek gepubliseer, Gedeeltelik bewolk: ‘n Lewensbeskrywing van ‘n mal man (Kaapstad: Tafelberg, 2019, 293p, R319.99; Amazon Kindle $26.45). Ek het die boek op Afrikaansdag teen 25% afslag, R239.99, bekom. Daar is gerugte van plagiaat. Dit lyk asof daar meer as een skryfstyl gebruik is. Ek wend hier geen poging aan om ‘n afgeronde artikel te skryf nie. Ek gaan ook nie hervertel waaroor die boek handel nie. Ek gaan eerder ‘n aanduiding gee van hoe die boek is. Daar is baie drieletterwoorde en ander obseniteite asook aanstootlikhede, waaronder die onnodige gebruik van Engelse woorde. Kyk die aanhalings hier onder.

  • Daar word op ‘n onheilige manier met godsdiens omgegaan. Die “engeekerk” word eintlik die enneemkerk. ‘n Oorbekende sin uit ‘n gebed van Johan Degenaar word aangehaal: “Here, U het u seun gestuur om van mense Christene te maak, help ons nou om van Christene mense te maak” (p 83). “Nee, my basie … hier drink niemand nie. Hier raak ons dronk op die liefde van die Here” (147). “Hie by ons is jou vegifnis gewaabog, o you money back … Let us pay fo the emission of ou sins” (258). “‘n Gehekelde Onse Vader so groot soos die genade van die Here hang aan ‘n skewe spykertjie” (268).
  • Daar is oulike woordsamestellings, byvoorbeeld: “Ousie?” “Officer in Command” (127). “Die boersoekvroue wat toustaan” (159). “Jolliejeuk” (177). “Taxi- [Taksie-] faksie” (222). “Woordenaar” (261, 262).
  • Daar is heelwat waarvan militante feministe nie sal hou nie, byvoorbeeld:

“Jy gaan hom voer.” … “Nee, nee, daai is die ma se werk, daarvoor het sy borste gekry” (138). “Die perfekte tiet … pas perfek in ‘n vlak sjampanjeglas” (156). “Haar bors[te is] chirurgies verkleineer” (170).

Die Skedelverdikkingskommissie het daarvoor gesorg dat “vroue vir die eerste keer gelyke salarisse met mans ontvang” (140).

“Vroue maak nie goeie speurders nie … vir hulle is meer as een ding op een slag waar” (265).

  • Soos in die newe-titel van die boek aangedui word, is daar heelwat irrasionaliteit, byvoorbeeld:

“Die maanlanding het nooit plaasgevind nie … Dis verfilm op ‘n moerse blok gaatjieskaas. Ná die tyd het hulle kaas uitgevoer Afrika toe waar dit op die swartmark verkoop is as verblankingsmiddels. NASA het die gaatjies vir hulleself gehou” (274).

“George voer die papegaai ‘n Eno’tjie, hy’t êrens gelees dat voëls nie kan burp nie, sit op die stoep en kettingrook, wag vir die papegaai om te ontplof” (285).

“Vertel ons bietjie hoekom jy in ‘n rolstoel is, oom Jaap.” “Oom Jaap het homself gekwes, dis hoekom. Hy was bang hy kry seer wanneer hy val, toe gaan sit hy toe hy die sneller trek” (285).

  • Daar is baie slimmighede, byvoorbeeld:

“Elke mens het twee skaduwees … Die een is van die son, en die ander is van die voorvaders. Wit mense se ander skaduwee is die kleurlinge” (21).

“Daar’s ‘n gaatjie in die Afrikanerpsige … Dis my keelgat” (54).

“Onregverdigheid is ‘n ding waarvoor mens baie respek moet hê, anders word mens nooit groot nie” (58). “Om te aanvaar die lewe is onregverdig is om grootmens te wees” (67).

“Wat is jou politieke oriëntasie?” (80). “Ek sal sê goedgaar konserwatief … met anargisme vir garnering” (81).

“As jy jouself dom hou, inval by die stroom, dan is die lewe baie makliker, dan kan jy sê: ‘Dis uit my hande.’ Dis ‘n slapgat lewensfilosofie, maar vir die meeste mense maak dit sin” (116).

“Wat is die verskil tussen ‘n boerbok en ‘n kafferbok?” “Die eienaar” (122).

“Crime is a gold mine in this country” (130).

“Dis mense wat menseregteskendings moontlik maak.” “So? Joernaliste is ook mense. Vat byvoorbeeld Leni Riefenstahl. Sy was mens genoeg om Hitler se beuel te blaas” (137). “Dis wetsgehoorsaamheid wat menseregteskendings moontlik maak” (248).

“Koerantlesers is produkte wat aan adverteerders verkoop word. Jy koop nie die koerant nie. Die koerant verkoop jou” (164).

“Het jy jouself al afgevra hoekom niemand van Robbeneiland af probeer swem nie?” “Sien, die soortlike gewig van Bantoes is anders, hulle sal sink as hulle probeer swem” (182).

“Ek moes met haar trou, om te bewys dat dit nie kan werk nie” (194).

“Dis belangrik dat vriende so nou en dan saam dronk raak” (224).

“Pasop vir die Engelse” (245).

“Conventional newsroom wisdom held that blacks loved to read about sex, soccer and crime” (248).

“Burokrasie is die strop in die tou waaraan die antirevolusionêr homself ophang” (258).

“Mense wat lunch vat omdat dit lunch-tyd is, en nie omdat hulle honger is nie” (259).

“Dis my treinrytrui. Hy’s roofbestand” (265).

“Daar is mense wat nooit skool ontgroei nie. Die meeste van hulle word onderwysers” (272).

“Wat het ons gehad voor vigs? … Fokkol. Ons het nie eers mekaar geken nie. En nou? Nou’t ons selfs kongresse” (282).

  • Daar is treffende beskrywings, byvoorbeeld:

“En toe sy seun vir hom ‘Pa’ sê, kan hy die geluid van die skepping daarin hoor eggo, ‘n plofklankie amper onhoorbaar waarop ‘n suiwer alfa volg” (147).

“Hy het self ingeklim met ‘n byl om die arbeiders te help, dat hulle kan sien hoe ‘n wit man werk, kyk hoe kan Baas Daniël werk, kyk hoe fok hy daai perskeboompie op” (160).

Iemand wat getrou het, sê: “Nou’s ons ónder die eg” (177).

“Dan katvoet sy die skuur binne” (233).

“Dis die dawerende lompheid van die menslike liggaam in die dieragtige stryd om die lewe” (268).

“Die mans by Ommiedraai[-ouetehuis] is almal oor die muur, maar die dames kan nog nesskop, kloekgeluide maak” (276).

Oprah Winfrey word “die hoëpriester van blaam” genoem (284).

  • Praaglesers sal seker die meeste in die politiek belangstel, byvoorbeeld:

Oor PW Botha se beroerte toe hy die staatspresident was: “‘Mense,’ sê Maximax … ‘Ek sê vir julle, daai was ‘n stroke of luck.'” Japie: “Met hierdie vinger het Peewee ‘n pad deur die rooi see geswaai!” “‘Laat die volk kan deur,’ weergalm sy grappie.” “‘Met hierdie vinger het Peewee die Rubicon laat opdroog,’ troef Maximax hom.” “‘Lag maar,’ lag George. ‘Peewee is daai klein Hollandse mannetjie met sy vinger in die dyk. Dis daai vinger wat keer dat ons nie oorspoel word nie.'” “Maximax val op die vloer soos hy lag: ‘Sy vinger in die dyke,’ ruik aan sy wysvinger. ‘Stinkvinger Peewee,’ lag hy” (180). Daar word verwys na Die alternatiewe koerant (178, 191, 193, 198), wat min twyfel laat wie Maximax veronderstel is om te wees.

“Apartheid is ‘n manier om die land te beredder, dis eintlik al” (187). Aan sy kind sê hy: “Dis soos ek en jou ma wat nie in dieselfde dorp bly nie. Dit is apartheid, ‘n manier om die vrede te bewaar. En dis soos ek en Griet wat nie in dieselfde kamer bly nie. Dit is ook apartheid.” “Maar julle is dan albei wit,” sê die kind (188).

“De Klerk kondig aan dat Mandela vrygelaat gaan word.” Uit Albert Camus se boek, The rebel, word soos volg met verwysing na die markies De Sade aangehaal: “Twenty-seven years in prison do not, in fact, produce a very conciliatory form of intelligence. Such a lengthy confinement makes a man either a weakling or a killer – sometimes both. If the mind is strong enough to construct, in a prison cell, a moral philosophy which is not one of submission, it will generally be one of domination.” Die hoofkaraker se kommentaar daarop is: “Ons is gefok” (194).

“Hoekom het kleurlinge altyd sulke stupid name?” (228). “Dit is altyd sulke fucked up goed soos Calvin hartjie Luzihannah, Dexter Shirlezene Forever, nou die dag sien ek ‘n Moeggemat plus Jacqueliza” (229).

Oor hardkoppigheid: “Die verdikking van die skedel onder die Afrikaner is ‘n verskynsel wat aanvanklik met groot bekommernis begroet is, en toegesmeer is, maar later, ná verskeie geheime vergaderings, aanvaar is as ‘n godgegewe gawe, en as sulks blinkgevryf is as wapen. Die oordragbaarheid van dikskedelgeit … die fokus [het] na propagasie verskuif, om ‘n nasie te kweek wat taai en hardkoppig is” (242-243).

“Jy sien, Simon, regstellende aksie is ‘n ding waarmee Verwoerd in die dertigerjare al gekom het, en daarmee hierdie hele helse fokop van ‘n ding begin het. Toe was dit die armblankes, maar die filosofie was dieselfde, dat dit kamtig in die hele land se belang is as ‘n sogenaamd voorheen benadeelde groep vir ‘n rukkie voorgetrek word, maar die ding is, daardie rukkie is nooit in toom gehou nie, en dis wat gelei het tot hulle val, en wat gaan lei tot die ANC se val. Jy sal sien, die ANC is in elke opsig ‘n herhaling van Malan se Gesuiwerde Nasionale Party.” “Ek dink Pa oordryf so bietjie” (259).

“Stikland[-hospitaal] is nie meer wat dit was nie. Die geboue behoort nog aan die staat, maar die binnegoed is up for grabs” (271).

“Die sielkundige het gisteraand in Pumla Gobodo-Madikizela se boek gelees hoe sy aan Eugene de Kock se hand gevat het, sy snellerhand nogal. Pumla was haar lektor op universiteit. Pumla is haar held. Die vergifnis waartoe daardie vrou in staat is, dis iets verskrikliks! En haar empatiese vermoëns, dit, dit dryf die spot met swaartekrag!” (274).

“Oeboentoe is … ‘n filosofie wat sê, ek is omdat ons is … In samelewings waar mense die individu bo die groep plaas, word krane nie uit publieke toilette gesteel nie, word koperdrade nie van die telefoonpale af gesteel nie” (274). “In samelewings waar die groep belangriker as die individu is, word die wiel nie uitgevind nie maar aan die brand gesteek as hulle nie hulle sin kry nie” (275).

“Verslaan, gemoker, gekelder … Dis haatspraak. Sommer hier in die sportblaaie” (283).

“In watse era leef jy? … Die wêreld behoort lankal nie meer aan jou soort nie” (237).

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.