Brief: Die vyand se vlag wapper van die Kaap tot aan die kaplyn

Deel op

Gisteraand dink ek weer aan daardie nagtelike ”river crossing” iewers diep in Angola (terloops ons troepe kon nie eintlik swem nie en ons leiergroep was heel nag in die water). Toe die skielike besef dat daar seker fokken krokodille was waarvoor ek nou 35 jaar later eers skrik, wat eindelik ‘n lig vir my aangeskakel het oor die sin van ons grensdiens.

Ek meen vir elkeen wat swaar sluk aan die sogenaamde nuwe Suid-Afrika en terugdink aan ons opofferings — baie het die hoogste offer gebring en ‘n ererit op die kanonwa verdien (erkenning aan Botties se Huilwater) — bly die sin van die oorlog ons egter ontwyk.

En die rede vir ons frustrasie en soeke na sin is so voor die hand liggend dat ons dit nie raaksien nie.

Ons is in die volgende paradigma vasgevang:

Ons weet ons het militêr meestal die oorhand gehad. Meng dit met NP-Broederbondpropaganda dat ons militêr ons doelwit bereik het, naamlik om:

  • Tyd te wen vir ‘n vreedsame skikking.
  • Angola van die Kubane te bevry.
  • Kommunisme teë te staan.
  • Die Kaapse seeroete vir die Weste te beskerm en ek weet nie watse twak nog alles nie.

Dít alles saam is wat ons verwar, frustreer en veroorsaak dat die sin van ons oorlog ons bly ontwyk, want as ons ons oë oopmaak, sien ons die vyand se vlag wapper van die Kaap tot aan die kaplyn.

En die teenstrydigheid sal jy net verstaan as jy besef dat ons die oorlog jammerlik verloor het.

Ons mog die veldslae gewen het en die militêre doelwitte bereik het in ‘n oorlog waar almal behalwe die Afrikanervolk se belange gedien is.

Ons het toe nooit baklei dat “die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly” nie, want dit was nooit die doelwit van ‘n verloopte geslag Afrikaners wat te jonk was vir die Engelse oorlog of die 1914-Boereopstand nie en te oud of sleg was om ons grensoorlog mee te maak.

Daardie geslag “Baby fokken Boomers” wat net wou geld maak en nooit ‘n druppel bloed gestort het nie en uit volle bors gesing het:

“Ons sal lewe, julle sal sterwe” (erkenning aan Freek).

Maar ek het gesê ek het gisteraand (toe ek in vertraagde reaksie skrik vir die krokodille) die eerste keer die sin verstaan van ons oorlog:

Ons was bereid, bereid tot die dood toe, bereid tot oneindige risiko vir die ideaal waarvoor ons gedink het ons veg, naamlik:

“dat die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe bly”.

Maar soos Botties die ander dag vir my geskryf het: “Dis waar Jan, die tyd stap onverbiddelik aan, maar ons gaan nog tot die 15de rondte in die kryt bly, dít moet die bliksems weet.”

—Jan Kruger

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.