In hierdie sesde episode van Sondagaktueel word daar gepraat oor Panyaza Lesufi wat ‘n prokureursbrief aan Dan Roodt gestuur het, asook die moord op die Kaapse ruiter, Meghan Cremer. Die onteiening van siekefondse se reserwes deur die ANC-bewind is nog ‘n negatiewe aankondiging vandeesweek. Maar elke donker wolk het ‘n silwer randjie en op Reddersburg is inwoners besig om na hulself om te sien, sonder hulp van die ANC-munisipaliteit. Ook “Kragdag” oos van Pretoria het vanjaar ‘n groot opkoms gehad en Afrikaners ontdek hul verborge talent as entrepreneurs.
Internasionaal het die skietery in El Paso en Dayton, Ohio, geweldige reaksie ontlok. Maar is dit waar dat blanke mans vir die meeste voorvalle van massaskietery in die VSA pleeg? Verder het Matteo Salvini met die Amerikaanse akteur Richard Gere slaags geraak oor Italië se migrantekrisis.
En nog vele meer; luister gerus en moenie vergeet om hier onder op Disqus kommentaar te lewer nie!