Suid-Afrika en dr. H.F. Verwoerd

Deel op

Voor 1953 was daar kerkskole, sendingskole, wat deur die buiteland gesubsidieer was tot en met 1953. Toe Verwoerd daar oorneem, is daar ‘n klomp dinge wat hy laat ondersoek het. Dis eers van 1954 af wat die staat van die Sendingskole en kerkskole oorgeneem het. Daar was baie geweld in die skole, wat ek ook hier sal aanhaal.

Hoekom het die swart etniese groepe nie vir ‘n slag hul eie onderwysers ook voorsien om in hul eie moedertaal onderrig te verskaf nie – antwoorde wat ons nie sal kry nie, want as mens kyk hoe steek hulle vandag skole aan die brand, in hul eie gemeenskappe, dan wonder mens waar is hul leiers, veral in Trustgebiede…

Verwoerd het daarom geen bedreiging in goed opgevoede en geletterde swartmense gesien nie, maar dit as ʼn noodsaaklike voorwaarde vir vreedsame naasbestaan beskou dat ongeletterdheid uitgewis en die ontwikkeling van die swart volke bewerkstellig moet word. Hoe anders sal onderhandelinge in die toekoms oor verskeie sake wat beide groepe raak, kan plaasvind as dit nie kan geskied met leiers van die swart gemeenskap wat geletterd en opgelei is nie? (Van de Wall 2001:166).

In sy toespraak voor die Naturelle Verteenwoordigende Raad op 5 Desember 1950 was Verwoerd se gedagtegang helder en het hy die vaste oortuiging uitgespreek dat swart leiers graag hulle eie mense sal wil help op die pad van vrede en voorspoed.

“… Hy [die huidige leier van die Bantoebevolking] kan help om aan die kinders en geleerdes van sy volk ʼn kans te gee om werk te vind of hul ambisies uit te lewe ten volle binne eie terrein” (Pelzer 1963:25). Die knelpunt was, by terugskoue, die aanname dat swartmense tevrede sou wees om daardie ideaal na te streef in ʼn omskrewe grondgebied of die tuislande (Giliomee 2009:193).

Verwoerd is nooit die geleentheid gegun om aan die intellektuele begronding van sy toekomsvisie gevolg te gee onder omstandighede waarin die algemene peil van ontwikkeling van die swart
bevolking daardie leiers opgelewer het wat tot die toekomsgesprek oor vreedsame naasbestaan kon of wou toetree nie. Die studie van die ontplooiing van onderwysvoorsiening aan swart kinders deur
die Departement van Bantoe-Onderwys het gevolglik net veertien jaar gestalte gevind binne die intellektuele dampkring van Verwoerd se leierskap. Die volle ontplooiing van die gevolge van die beleid van afsonderlike ontwikkeling, soos Dr Verwoerd dit intellektueel bedink, gerasionaliseer en stapsgewys verduidelik het, is skielik onderbreek toe hy in 1966 in ʼn sluipmoordaanval vermoor is.

Na 1966 het die leiersprofiel en beginselbenadering tot die beleid van afsonderlike volksontwikkeling anders ontplooi as wat Dr Verwoerd dit bedink en gemotiveer het. Uiteindelik was daar ʼn meer kwellende realiteit met betrekking tot onderwys aan swart kinders in 1950 wat die aandag van Verwoerd geniet het – skoolbywoning. Die probleme waarmee swart onderwys te kampe gehad het, was kompleks.

Hyslop (1993:394) verwys na die “state of near
collapse” teen 1940 van die sendingskoolbedeling vir onderwys aan swart kinders. Daar was nooit voorheen in die geskiedenis van Suid-Afrika ʼn organiese of funksionele eenheid ten aansien van die beplanning, bestuur of implementering van onderwys aan swart kinders nie. Onderwys aan
swart kinders het sonder betekenisvolle inspraak en medeverantwoordelikheid van swart ouers as ʼn gemeenskap op plaaslike en nasionale vlak plaasgevind. Die aantal swart kinders tussen die ouderdom 7 en 16 jaar wat wel skool toe gegaan het, het van 4,1 persent in 1925 toegeneem tot 41 persent in 1953. Die gemiddelde aantal skooljare van daardie kinders was maar vier jaar. Teen 1949 was daar maar net 4 702 swart leerlinge in standerd agt in die hele Unie en net 471 in matriek.

Vir elke 1 000 swart kinders in graad een in die Unie in 1949, was daar net 32 in standerd twee en 10 in standerd agt. Hoewel die helfte van alle skoolgaande swart kinders in die sub-standerds was, het slegs 10 persent van die leerlinge in die sub-standerds standerd twee bereik, net ʼn halwe
persent het die Junior Sertifikaat bereik en ʼn baie klein getal matriek (Pelzer 1963:61). Hierdie hoë uitvalsyfer was ʼn besondere bron van kommer en het as motivering gedien om ʼn omvattende onderwys- en ontwikkelingsplan vir swartmense te ontwikkel. Van enige sistematiese
kleuteronderrig in kleuterskole was daar nie sprake nie en sekondêre skole het ʼn ernstige gebrek aan dissipline ondervind. In 1947 was daar onrus by beide die Lovedale Mission School en Heraldtown Mission School – twee vooraanstaande sendingskole vir swart kinders. Dit is deur die Eiselen-kommissie vertolk as die geleidelike verswakking van die sendingskoolstelsel (UG 53-1951 (Eiselen) 1951:132-135). Die sendinggenootskappe het tevore die verantwoordelikheid vir die oprigting van sekondêre skole asook opleidingskolleges vir onderwysers op hulle geneem.

Die verswakking van die dissipline en finansiële vermoë van die sendinggenootskappe het ʼn vakuum laat ontstaan wat deur die toekomstige beplanning ondervang moes word.

HOLISME, INSPRAAK EN BEMAGTIGING: ONDERWYS AAN SWART KINDERS NA 1950

Die Wet op Bantoe-onderwys, Wet Nr. 47 van 1953 was een van ʼn reeks opeenvolgende wette wat, soos De Kiewiet dit stel, ʼn eerlike en opregte opvatting was dat die hele korpus wetgewing met betrekking tot die bestuur van die swart mense in Suid-Afrika sedert 1920 ʼn wesenlike bydrae
sou lewer tot die verbetering van die lewenskwaliteit van daardie mense (De Kiewiet 1942:235).

In sy verklaring oor die Bantoe-onderwysbeleid in die Senaat op 7 Junie 1954 het Verwoerd gesê

“… die omvattende plan om aan die Bantoe ʼn opvoeding te verskaf wat nie op die belange van die enkeling konsentreer nie maar wat die vooruitgang van die Bantoe gemeenskap ten doel het” en dat “die doelstelling daarvan is om ʼn doeltreffende opboudiens te lewer”.

Bantoe-onderwys moes nie slegs enkelinge bevoordeel soos wat die geval onder die sendingskole was nie, maar “strek tot die opbou van die Bantoe-gemeenskap as sodanig” (Pelzer 1963:60).

Bantoe-onderwys is gereorganiseer onder die jurisdiksie van die nasionale Departement van Naturellesake en het ʼn geleentheid geskep om aan ʼn eenvormige nasionale Bantoe-ontwikkelingsbeleid gestalte te gee. Op streeksvlak het die leiers van die swart gemeenskap die geleentheid gekry om self verantwoordelikheid vir die bestuur daarvan te aanvaar, omdat Verwoerd juis die swart leierskorps wou betrek by die onderwys van hulle gemeenskappe. Die plaaslike bestuur van Bantoe-onderwys sou die swart leiers leer om die diens wat voorheen deur sendelinge gelewer is, nou self vir “die gemeenskap as geheel te verrig”. Bantoe-onderwys moes aan die swart leerling die “kennis, vaardighede en gesindhede” oordra wat vir hom “nuttig en bevorderlik is” en wat “tegelykertyd sy gemeenskap tot voordeel strek”. Die skoolopleiding moes swart leerlinge ook “toerus vir die eise wat die ekonomiese lewe in Suid-Afrika aan hom stel” (Pelzer 1963:68). Daar was groot ontevredenheid dat net 40 persent van skoolpligtige swart kinders inderdaad staats- en staatsondersteunde skole besoek het. Die nuwe onderwysbedeling moes swart leiers vorm en help
om “… sy eie gemeenskap in alle opsigte te bedien” (Pelzer 1963:77).

Die nuwe onderwysbedeling het in Januarie 1954 in werking getree. ʼn Afdeling Bantoeonderwys is in die Departement van Naturellesake gevestig en alle voormalige provinsiale en sendingskooladministrasie is daarheen oorgeplaas. ʼn Totaal van 5 665 staatsondersteunde skole vir swart kinders en 600 Transvaalse gemeenskapskole is na die Afdeling oorgeplaas. Ten einde die nuwe beleid regoor die Unie te implementeer, maar spesifiek gevolg te gee aan die oorkoepelende oogmerk van gemeenskapsontwikkeling, is die land in ses geografiese streke
verdeel met ʼn relatief dominante of meer homogene etnografiese samestelling. Elke streek is onder die bestuur van ʼn direkteur geplaas en verder in inspektorate onderverdeel. ʼn Blanke persoon is aanvanklik aangestel as inspekteur van skole, maar is bygestaan deur swart onderinspekteurs en toesighouers. Die hoofkantore van elk van die ses streke was Pretoria, Pietersburg, Pietermaritzburg, Bloemfontein, King Williamstown en Umtata. Voorsiening is gemaak vir vyf
kategorieë van swart skole, naamlik gemeenskapskole (kerke se skole wat aan die staat oorgedra is); staatskole vir Bantoes (skole, kolleges, tegniese- en nywerheidskole gevestig op staatseiendom), plaasskole (opgerig deur plaaseienaars vir die kinders van werknemers), myn- en fabriekskole
(opgerig vir bona fide werknemers van sekere myne en/of nywerhede) en sogenaamde “ingelyste” skole (skole waarvan die bestuur en administrasie aan spesifieke organisasies toevertrou is).

Ongeag die kategorie waarin ʼn skool was, moes die voorgeskrewe leerplanne van die Afdeling Bantoe-onderwys onderrig word. Die streekkantore se werksaamhede was toegespits op die behoeftes van bepaalde taal- en etniese groepe. Pietersburg was vir die Noord-Sotho, die Venda en Tsonga-taalgroepe; vir die Tswanasprekers, maar ook ander swart kinders in die omgewing van Pretoria en aan die Witwatersrand; Bloemfontein vir die Suid-Sotho- en Tswana-taalgroepe; die Natalse streekkantoor in Pietermaritzburg vir die Zoeloesprekendes en die Umtata-kantoor vir die Xhosa-taalgroep in die Transkei en die res van die Xhosa-groeperinge vanuit die streekkantoor in King Williamstown (Behr & Macmillan 1966:351-356). Swart amptenare in die hoof- en streekkantore het geleidelik verantwoordelikhede by wit amptenare oorgeneem namate
die kundigheid en ervaring van die swart amptenare dit moontlik gemaak het. Die uitgangspunt was duidelik: die swart gemeenskap moes gelei word om die taak self te volvoer.

In 1958 is die Afdeling Bantoe-onderwys omskep in ʼn volwaardige staatsdepartement, die Departement van Bantoe Onderwys (DBO). Die sentrale staatsdepartement is versterk met gedesentraliseerde beheer om direkte beheer nader aan die gemeenskappe te bring. In elk van die
volgende gebiede is streekkantore opgerig: Noord-Transvaal, Suid-Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal, die Ciskei en die Transkei. Elke streek het ʼn streeksdirekteur aan die hoof gehad, wat weer ʼn span onderwysinspekteurs en -adviseurs onder sy toesig gehad het. Dit was op hierdie vlak dat die betrokke swart gemeenskappe by die onderwys van hulle kinders betrek is. Daar is skoolrade en skoolkomitees op die been gebring, asook beheerrade, adviesrade en bestuurders van plaas-,
myn- en ongesubsidieerde skole. Die skoolrade en -komitees het gemeenskapskole bestuur, beheerrade was verantwoordelik vir spesiale skole en adviesrade vir die staat se swart skole. Die omvattende netwerk van administrasie en toesig het swart gemeenskappe geleidelik ingelei in die vestiging van ʼn kultuur van medeverantwoordelikheid vir die onderwys van hulle kinders. Swart ouers en leiers is betrek by die besluitneming op die laagste en streeksvlakke en het uiteindelik gelei tot die aanstelling van meer senior adviseurs en inspekteurs. Van totale apatie en onverbondenheid tot swart onderwys het die werksaamhede van die DBO geleidelik ʼn korps ervare swart onderwysers en amptenare opgelei wat later self verantwoordelikheid vir beleid en bestuur kon oorneem (DBO Jaarverslag 1961:3-5).

Die omvattende administratiewe en bestuurstruktuur is stadig maar seker beloon met groei in die skoolbywoning. Soos in Tabel 1 hieronder aangedui is, is sterk groei in skoolbywoning tussen 1950 en 1968, die eerste vyftien jaar van algemene swart onderwys, aangeteken. Die syfer vir skoolbesoek van swart leerlinge in die laer primêre skoolfase (d.w.s. leerlinge in die eerste twee skooljare, standerd een, twee en drie) het tussen 1950 en 1968 met 62,3 persent toegeneem. Tussen 1953 en 1968, dit wil sê gedurende die eerste vyftien jaar van toegespitste Bantoe-onderwys, het skoolbywoning in die laer primêre fase met 59,6 persent toegeneem. In die hoër primêre skoolfase (d.w.s. standerd vier tot standerd ses) het skoolbywoning tussen 1950 en 1968 met 65,2 persent toegeneem, terwyl die koers van toename sedert 1953 56,6 persent was. Die skoolbywoning vir sekondêre skole was uit die staanspoor laag. Skoolbywoning in hierdie skoolfase het tussen 1950
en 1968 met 71,6 persent toegeneem, maar tussen 1953 en 1968 met 67,8 persent. Die belangrikste syfer is egter die persentasie leerlinge in die sekondêre skoolfase as ʼn deel van die groottotaal. Slegs in twee jare, naamlik in 1955/56 en in 1968 het meer as 4 persent van die totale aantal kinders op skool hulle in die sekondêre fase bevind. Die toename in totale skoolbesoek oor al drie die kategorieë vermeld, het tussen 1950 en 1963 met 63,4 persent toegeneem en met 57,3 persent tussen 1953 en
1968.

ONWAAR DAT DR H VERWOERD WISKUNDE NIE IN SWART SKOLE TOEGELAAT HET NIE:

WISKUNDE WAS WEL ‘N VAK IN DIE SWART SKOLE … :

Die ondersoeke wat Verwoerd en andere gedoen het, het ook gewys dat hierdie Sending en kerkskole teen mekaar gekompeteer het … en van die oorsese mense wou nie meer die spesifieke skole subsidieer nie, die staat het destyds wel die salarisse van die onderwysers in die skole betaal. Van hierdie skole is sommer summier gestop sonder dat daardie kinders êrens anders geakkommodeer was, en dit was beslis nie Verwoerd se skuld nie. Nog minder myne of ons jeug s’n wat hoeveel jaar daarna gebore is. Net soos wat daar vandag myne gesluit word omdat swartes alles afbrand, het dit destyds ook in skole gebeur, hoe hulle afgebrand het, en Sharpeville was beslis nie die eerste gewees nie.

Die Wet op Bantoe-onderwys met die gepaardgaande oorname van kerkskole het ‘n geweldige negatiewe reaksie van die Anglikaanse biskoppe (Clayton, Alderson en Reeves) sowel as die RoomsKatolieke aartsbiskop (Dennis Hurley) uitgelok. Hul invloedsfeer is drasties ingekort. Die Anglikaanse Kerk (St. Peter’s) in Soweto het hul skool summier gesluit sonder dat daar ‘n heenkome vir die leerlinge was.

Dr. Verwoerd het sy beleid oor Swart Onderwys op 7 Junie 1954 in die Senaat breedvoerig verduidelik. Hy het sy standpunt herhaal dat Swart mense gelei moet word om hul eie mense te dien in plaas van hul hoop daarop te vestig om in die blanke gemeenskapslewe opgeneem te word.

Sy woorde “daar is vir hom bokant die peil van sekere vorms van arbeid nie plek in die blanke gemeenskap nie”, is onmiddellik verdraai om aan te dui dat hy die oorgrote meerderheid van die bevolking wil verkneg.

Nog ‘n sinsnede wat selfs vandag nog buite verband aangehaal word om sodoende te bewys dat dr. Verwoerd ‘n voorstander van minderwaardige onderwys vir Swart mense was, kom uit sy toespraak by die tweede lesing van die wetsontwerp in die Volksraad op 17 September 1953:

“Wat help dit om Matesis te leer aan ‘n Bantoekind wat dit nie prakties kan gebruik nie?”.

Die feit is dat Wiskunde wel ‘n skoolvak in Swart skole was
en die woorde van Verwoerd glad nie impliseer het dat dit nie
aangebied sou word nie.

Dit word verswyg dat dr. Verwoerd ook gesê het dat daar vir die Swartman geen plafon sal wees nie. Hy het sy erns hiermee verwoord in Wet no. 45 van 1959 waarin eie universiteite vir elke bevolkingsgroep in die vooruitsig gestel is. Dit was ‘n voortvloeisel van die Eiselen-kommissie wat bevind het dat bestaande universiteite min bydrae gelewer het tot die akademiese opheffing van die Swartes.

Vyf nuwe universiteite is deur die regering tot stand gebring
en dit moontlik gemaak vir die Swart studente om gevorderde
akademiese kwalifikasies in hul tuislande te verwerf.

Hy het bewys dat dit vir hom erns is deur Wet no. 45 van 1959 waarin die beginsel van eie universiteite vir elke volk of bevolkingsgroep in Suid-Afrika beliggaam is.

* Dit is duidelik uit bostaande uiteensetting van Rousseau dat die werklikheid en die propaganda wat die Afrikaner nasionalis in die beskuldigde bank plaas en daar probeer hou, hemelsbreed verskil en bewys dat die propaganda ‘n leuen verteenwoordig. Dit is ooglopend dat dr. Verwoerd uit sy pad uit gegaan het om die swart onderwys wat deur die liberaliste van die onderskeie Engelse kerke bedryf was uit die modder te lig en te omskep in ‘n menswaardige onderwysstelsel. Dit bevestig ook dat die Swart skoolkinders van Soweto deur rewolusionêre agitators gebruik is om ‘n politiekte standpunt te bevorder onder die dekmantel van Afrikaans as onderrigtaal in die skole. Net so is dieselfde agitators verantwoordelik vir die vernietiging van menige skoolgeboue en die agterstand wat die skoliere weens hierdie aksies opgebou het. Gemeet aan die standaard van die huidige onderwysstelsel is dit te betwyfel of die ANC/SAKP regime dieselfde vordering as Verwoerd sou kon maak as hul die onderwysstelsel van die Engelse kerke geërf het. http://www.anbsa.co.za/wp-content/uploads/2015/03/NB51a.pdf

Dit is nodig om die sluiting van die kerkskole in perspektief te sien. Die staat het 100 persent van die salaris van goedgekeurde onderwysers verbonde aan hierdie inrigtings betaal. Min regerings in die wêreld sou voortgaan om subsidies van hierdie aard te betaal indien die betrokke skole nie breedweg met die onderwys beleid van die regering saamstem nie. Eweneens sal min regerings `n voortsetting toelaat van die voor-1954 toestand dat private instellings die opleiding van onderwysers vir swart skole behartig.

AFRIKAANS moes nooit in swart skole geleer word nie, maar moedertaal, so het dr Verwoerd ook bepleit. Swartes moes liefs na hul eie skole en onderrig omgesien het, dan was alles 100% reg…

..

Daar was ook die kwessies van moedertaalonderrig en Afrikaans as voertaal wat kritiek ontlok het. Tussen 1954 en 1966 het die amptenare in die departement die aanwending van Afrikaans as voertaal in swart skole met omsigtigheid gehanteer.

Die Departement van Bantoe-onderwys het skoolrade van swart skole oor die hele land gevra watter medium op sekondêre vlak
gebruik moet word. Twee-derdes het Afrikaans en Engels verkies, een-derde Engels en een persent die moedertaal.

Die departement het die moedertaal as voertaal gebruik tot voor sekondêre skool en daarna Engels en Afrikaans, maar het tot die laat sestigerjare nie aangedring op Afrikaans as voertaal in die Transkei, Natal en dele van die Witwatersand waar onderwysers nie in Afrikaans vaardig was nie

Anthony Johnson kontrasteer die voertaalbeleid tussen 1954-1976 en 1976-1994 soos volg. Tussen 1954 en 1976 het `n swart kind ag jaar van moedertaal onderrrig gehad om sy kognitiewe vermoëns in sy eie taal te ontwikkel en om ‘n tweede en derde taal onder die knie te kry sodat hy dan na Engels of Afrikaans as voertaal kan oorskakel. Na die Soweto-opstand in 1976 is die beleid radikaal verander. Die kind moes nou na vier jaar van moedertaal onderrig oorskakel na Engels.

.Die slaagkoers onder swart matrikulante was 74% in 1979 en het geval tot 48% in 1982 en 35%-40% in die laat negentigerjare

In 2008 het Mamphela Ramphele, ` n vooormalige rektor van die Universiteit van Kaapstad, en Wendy Luhabe, `n sakeleier, verklaar dat “Bantu education served them better than the some township schools do today’s children” https://mg.co.za/article/2012-03-23-education-system-worse-than-under-apartheid-ramphele

Catryn Bosman

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.