Brief: SAKP/ANC wil totalitêre kommunistiese staat vestig

Deel op

Aangaande die huidige grondgrypplanne, ek dink die lesers en joernaliste moet nou begin besef die SAKP / ANC se stryd het nooit werklik oor bevryding gegaan nie, maar oor die geleidelike infasering en vestiging van ‘n totalitêre kommunistiese staat. Dit het nie gegaan oor nie-rassigheid en demokrasie nie. Dit is bloot die dekmantel waaronder die werklike stryd gevoer word. As jy eers die werklike motief snap, sal jy die hele konteks begryp waarbinne die ideologiese stryd homself uitspeel in Suid-Afrika, kommunisme vs kapitalisme, totale beheer vs persoonlike vryheid.

Skielik raak die vergesogtheid van die totale aanslag nie meer so vergesog nie. Ramaphosa het immers tydens die onderhandelings van 1992 tot 1994 dit duidelik gestel dat die ANC nie alles eensklaps gaan vat nie, maar oor tyd en met verdrag. Mandela self was lid van die SAKP. Die ANC voer bloot die Mandela-plan uit.

Namate die realiteit van kommunisme al nader aan ons sakke en ons fisiese leefwêreld kruip, hoe groter werklikheid raak die totale aanslag wat as ‘n bangmaakstorie afgemaak is deur die linkses en liberales.

Dit lyk my tog die konserwatiewes en behoudendes het toe die pot nie so ver mis gesit nie.

— Willem Liebenberg

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.