Leon Lemmer: Die oerwoud groei terug weens parasitering

Deel op

Die soeke na brandhout is ‘n geykte vorm van roofbou deur die gepeupel wat woude uitroei totdat daar soms net dongas op die kaal grond floreer. Daarteenoor is daar die spreekwoordelike oerwoud wat met die oerstaat van die mensdom geassosieer word. Namate beskawing afgetakel word, word gesê dat die oerwoud teruggroei. Dit is wat ons sedert 1994 daagliks plaaslik ervaar. Die Westerse leefwyse van veral die blankes word al hoe meer deur afrikanisering verdring.

Robert Kagan

Robert Kagan het ‘n boek geskryf wat skynbaar oor hierdie onderwerp handel: The jungle grows back: America and our imperiled world (New York: Alfred A Knopf, 2018, 193p; Amazon Kindle $12,61). Soos uit die newetitel blyk, is die teks op Amerika toegespits. Kagan verdedig die rol wat Amerika sedert die Tweede Wêreldoorlog wêreldwyd as polisieman speel. Volgens die outeur moet Amerika voortgaan om met sy finansiële en militêre vermoë vrede, wet en orde op ‘n globale skaal te bevorder. As hy dit nie doen nie, sou die wêreld glo slegter daaraan toe wees. Ons weet egter watter destruktiewe rol Amerika in Suider-Afrika gespeel het om swart regerings, insluitende ons eie ANC-regime, aan die bewind te plaas. Pleks van vrede, wet en orde het Amerika plaaslik meegehelp dat die teenoorgestelde bereik word. Ek het die indruk dat Kagan hierdie boek geskryf het om Donald Trump by te kom; veral Trump se buitelandse beleid wat daarop ingestel is om in mindere mate as voorheen in ander lande se sake in te meng.

Parasitisme

Parasitisme is afgelei van die Griekse woord parasitas wat “eet aan iemand anders se tafel” beteken. ‘n Parasiet is dus iets wat ten koste van iets anders bevoordeel word. Parasitering kom in sowel die plante- as diereryk voor. ‘n Parasiet is ‘n organisme wat op ‘n ander organisme, die gasheer, teer en dit benadeel, bv siek maak. Parasitering kan selfs tot die dood van die gasheer lei. Hierdie uiterste vorm van parasitisme word parasitoidisme genoem. As die omstandighede verander, kan die parasiet sy afhanklike lewenswyse daarby aanpas. Tensy dit daadwerklik bestry word, kan parasitering dus in ‘n selfvergenoegde langtermynverhouding, ‘n lewenswyse, ontaard; ‘n geval van die ontvangs van lewensmiddele van die gasheer sonder dat iets konstruktiefs in ruil daarvoor gedoen word. ‘n Parasiet is dus ‘n toonbeeld van uitbuiting omdat dit nie selfgenoegsaam of selftoereikend is nie maar chronies afhanklik van ‘n ander organisme is. ‘n Parasiet kan selfs op sy beurt huisvesting en lewensmiddele aan ander parasiete verskaf.

Parasiet: 1. “woekerplant of -dier wat op of ten koste van ander organismes leef.” 2. “(figuurlik) persoon wat ten koste van ander leef.” Parasiteer: “soos ‘n parasiet lewe; ten koste van ander lewe” (HAT). In hierdie rubriek gaan dit uiteraard veral om mense wat op ander mense teer, maar daar kan ook op die omgewing geparasiteer word, bv die vernietiging van woude vir brandhout sonder om bome te herplant. Parasitering is een van die verskynsels wat die mensdom se agteruitgang bevorder en sy vooruitgang belemmer.

Michel Serres

Parasitering het meesal ‘n negatiewe konnotasie, maar nie altyd nie. Die Franse filosoof, Michel Serres (1930-2019), is op 1 Junie oorlede. Hy het ‘n boek, The parasites (University of Minnesota Press, 1980/2013, 288p; Amazon Kindle $13,79), gepubliseer waarin hy parasitisme op ‘n eiesoortige manier vertolk. Hy beweer dat menseverhoudings soortgelyk aan die verband tussen ‘n parasiet en sy gasheer is. Minderheidsgroepe kan op hierdie manier groot ontwrigting in die samelewing veroorsaak deur verskeidenheid en ingewikkeldheid in die samelewing te skep, wat volgens Serres noodsaaklik vir die mens se lewe en denke is. In hierdie opsig word die parasiet beskou as ‘n geleier van alternatiewe idees; dus van ander sienings as dié wat op daardie tydstip in die samelewing in die mode is. Die homogeniteit van denke en uitdrukking wat deur bv politieke byderwetsheid vooropgestel word, word tereg deur Serres as ‘n onding beskou.

Sodanige dekonstruksie, danksy alternatiewe menings en handelinge, kan verrykende gevolge hê as dit tot verbeterings in die samelewing lei. In hierdie konteks word daar dus ‘n positiewe betekenis aan parasitering geheg. Volgens die manier waarop die blanke soms in Suid-Afrika voorgestel word, is die wit parasiet egter die ongewenste gas, besoeker of setlaar wat nuwe insigte by die vergenoegde* swart gasheer, wat glo van altyd af in Afrika is, tuisbring. Die blanke word in werklikheid gerugsteun deur eeueoue beskawing wat ‘n heeltemal ander wêreld- en lewensbeskouing aan die swarte bekend stel en wat sy tradisionele lewenswyse onberekenbaar kan verbeter.

[* Sowel Nelson Mandela as Jacob Zuma het die mite verkondig dat die swartes voor die koms van die blankes in 1652 in rus en vrede in Suid-Afrika gelewe het.]

Serres bied nie maklik verstaanbare teks aan nie. Byvoorbeeld: “Knowledge without illusion is an illusion through and through, in which everything is lost, including knowledge. A theorem of it might be sketched like this: there is no myth more innocent than that of a knowledge innocent of myth. I can think of no others so imbued are myths with knowledge, and knowledge with dreams and illusions” (Kindle 563). Ek het gevolglik Alan Murray se boek, Michel Serres: A brief introduction (2015, 57p; Amazon Kindle $3,44), waaruit hierdie aanhaling kom, gelees. Murray toon aan hoe Serres die verhouding tussen die humaniora (bv filosofie en letterkunde) en die empiriese wetenskappe, veral die natuurwetenskappe (bv fisika), uit die oogpunt van die kennisleer/epistemologie benader. Volgens Serres bied die humaniora en die empiriese wetenskappe aanvullende perspektiewe. Albei help ons om die werklikheid te leer ken en verstaan.

Ongelukkig word daar in Murray se boek niks oor parasitisme gesê nie. Maar Serres vestig die aandag op die feit dat die letterkunde ouer as die empiriese wetenskappe is. Die neiging is gevolglik om die nuwer kennis wat die wetenskappe bied as die waarheid te aanvaar en wat in die ouer literatuur staan as vals te verwerp. “We place ourselves at the highest point, closest to the truth and furthest from ignorance” (239). “It is easy to see how truth and knowledge come to be thought of as belonging to the present, scientific era, while untruth and error belonged to the pre-scientific and literary past” (361). “This association of truth and contemporaneity has become so much part of our way of thinking that we frequently use phrases such as ‘out-of-date’ or ‘antiquated’ as synonyms for ‘false’ or ‘fallacious'” (368). In werklikheid kom waarheid en valsheid in sowel ouer as nuwer tekste en kennis voor. “Modern knowledge is not always an improvement upon ancient knowledge” (248). “Serres believes that reason is as often to be found in the works of ancient and modern poets as in the works of modern physicists or biologists” (368). Dit verduidelik waarom so baie tyd deesdae steeds aan die bestudering van die werke van bv Homerus, Plato en Aristoteles bestee word.

Die punt is dat om polities byderwets te wees nie noodwendig beteken dat korrekte idees aangehang word nie. Dit kan wees dat konserwatiewes geldige tradisionele menings huldig. “Serres’s other important claim [is] that the local is not contained in the global” (675). Nasionalisme hoef dus nie plek vir globalisme te maak soos politieke byderwetsheid vereis nie. Dat daar ‘n mate van oorvleueling tussen die plaaslike en die globale is of kan wees, word egter nie betwis nie.

Douglas Carswell

Douglas Carswell (gebore in 1971) het in Uganda grootgeword. Hy was die eerste parlementslid vir die United Kingdom Independence Party (UKIP) en het Brexit geïnisieer. Hy kom vorendag met die meer geykte negatiewe siening van parasitering. Op 13 Junie het hy die volgende boek gepubliseer: Progress vs parasites: A brief history of the conflict that’s shaped our world (London: Head of Zeus, 2019, 400p; Amazon Kindle $10,91). Die teks is ‘n verwerkte weergawe van sy boek, Rebel: How to overthrow an emerging oligarchy (2017). Die oorsprong van die 2019-teks verduidelik waarom daar nie altyd skerp op die onderwerp, die vooruitgang/paratisering-verhouding, gefokus word nie. Nogtans kan gesê word dat die outeur op ‘n uitnemende manier hierdie ambisieuse projek voltooi het. Hy skets die wêreldgeskiedenis vanaf die vroegste tye tot vandag met verwysing na wat in verskeie prominente streke, ryke en lande gebeur het. Die klem val eerder op finansieel-ekonomiese as sosiale aspekte omdat hy vooruitgang/produktiwiteit, veral ekonomiese voorspoed, sowel as sodanige agteruitgang aandui en redes verskaf ter verduideliking daarvan. Hy beskou parasitering as die hoofrede vir agteruitgang omdat dit produktiwiteit kortwiek (Kindle 170).

Aanvanklik het vooruitgang baie stadig plaasgevind (122) en was die verstektoestand van die mensdom hongersnood en armoede (135, 184). Dit sou sodanig gebly het as dit nie vir kreatiewe denke en doelgerigte aktiwiteit, dus vindingrykheid, was nie. Waar dit ontbreek, behoort mense myns insiens met hongersnood en armoede vir lief te neem. Humanitêre hulp moet verkieslik nie deur produktiewes ten bate van parasiterendes oordryf word nie. Dat ons hier met ‘n saak van aktuele plaaslike belang te make het, blyk uit die volgende – ons sit immers met ‘n regime wat die herverdeling van rykdom vooropstel: “Salvation, today’s parasites suggest, as they have in every age, can only come from sacrificing our wealth and freedom to others. This book shows why calls for economic redistribution are not just wrong, but that they are today what they have always been – a persistent pretext for parasitism” (239).

Carswell se konteks is egter nie Suid-Afrika of Afrika nie. Hy skryf: “We are – for the most part – a lot safer than before” (369). Daardie kwalifisering kan op die nuwe Suid-Afrika, wat uitmunt in gewelddadigheid, van toepassing gemaak word. Die idee dat die wêreld sedert die Tweede Wêreldoorlog ‘n veiliger plek geword het, is (veral) deur Steven Pinker gepopulariseer in sy boek, The better angels of our nature: The decline of violence in history and its causes (Penguin, 2011, 784p; Amazon Kindle $14,87). Volgens Pinker het sowel geweld as rassediskriminasie afgeneem. In Suid-Afrika is die teenoorgestelde waar. Onder die opskrif, “Nothing noble about savages,” skryf Carswell dat gewelddadigheid op sigself ‘n kenmerk van primitiwiteit is (441). Dit vestig nogmaals die aandag op die kolossale ramp wat ons in 1994 getref het. Die ANC, wat die primêre opstoker en pleër van geweld vóór 1994 was, is geskik geag om die land te regeer. Wolf is tot skaapwagter bevorder.

Dit is boere en handelaars wat van die vroegste tye af daarin geslaag het om gemeenskappe dikwels meer welvarend te maak. Maar dit is juis die lede van hierdie twee beroepe wat tradisioneel deur die onproduktiewes in die opperklasse, bv konings, prinse, priesters en ander lede van die elite, uitgebuit is. “It is not so much other species that rode on the back of the first farmers, but other parasitic people” (493). Hierdie verskynsel kom steeds voor; ook plaaslik. Onteiening sonder vergoeding, bv van blankes se plase, is sekerlik ‘n uiterste voorbeeld van parasitisme. “It was dicovered that instead of simply plundering someone else’s fields, resources could be extracted from farmers through a system of taxes, tolls and tyranny” (493). “Farming, in effect, allowed farmers to be farmed” (514). Weens uitbuiting, insluitende misdaad, is potensieel lonende boerdery dikwels gereduseer tot sukkelende bestaansboerdery.

Dink aan hoeveel geld plaaslik aan sekuriteitsmaatreëls, soos omheining, sowel kapitaal- as instandhoudingsuitgawes, bestee moet word. Selfs waarmee geboer word, word soms deur misdaad bepaal, bv pleks van om voort te gaan om met skape te boer word daar eerder met wild geboer, omdat wilde diere moeiliker as skape gesteel word. Maar misdaad roei nie net die plante en diere op plase uit nie; selfs die mense op die plase moet dit dikwels ontgeld. In Suid-Afrika is plaasmoorde ongetwyfeld aan die orde van die dag, al het Cyril Ramaphosa dit in die buiteland ontken en al het hy harsstarrig geweier om plaasmoorde te veroordeel. Uitgaande van die ANC se veronderstelling dat alle mense ewe waardevol is, het Ramaphosa onlangs teruggekrabbel deur te beweer dat alle moorde in dieselfde mate veroordeel moet word. In werklikheid is die moord op ‘n boer baie meer skadelik vir die land as dié op ‘n parasiterende plakker. Let op hierdie skandalige getuigskrif vir die nuwe Suid-Afrika: “Think of the most violent countries today: Colombia, with a homocide rate of 52 per 100 000 per year, or South Africa, with a homocide rate of 69 per 100 000 per year” (600). Wat anders kan ‘n mens verwag in ‘n land waarin ‘n geweldenaar tot ikoon en rolmodel verhef is?

“Feudalism … A system based primarily on land, feudalism involved a hierarchy of authority, rights, and power that extended from the monarchy downwards. At the head of the system, the crown owned all the land. Beneath the crown, an intricate network of duties and obligations linked royalty, tenants-in-chief (such as the barons), under-tenants (knights) and villeins (serfs)” (Collins World Encyclopedia, 2003, p 337). Hierdie beskrywing het op Engeland betrekking. Feudalisme het egter wêreldwyd voorgekom. “From Laos in the Middle Ages to Buganda in the nineteenth century, we see the same essential arrangement of a small caste of warriors and priests ruling over a mass of farmers. It was this parasitic arrangement that kept people poor. Parasitic elites impoverished agricultural societies directly, by extracting from those that produced the wealth usually as much as they could” (Carswell 628). Die “extractive elites” (669) “rigged things so that they could live at the expense of the productive” (641). “The tragedy for most of human history is that the parasitic have prevailed over the productive – and productivity per person remained constant” (662). Dit is eers as die produktiewes wins maak, self die voordele van welvaart ervaar, dat produktiwiteit toeneem. “Progress remained slow for as long as parasitism prevailed over production” (669).

“The default human condition has been for the productive to be at the mercy of the parasitic. The former has long kept the latter fed. The latter ensured that only the most rudimentary division of labour was possible – and everyone remained poor as a consequence. Progress and innovation occurred in antiquity when the human habit of innovation and exchange was able to happen unhindered; when the hold of the parasites was weakened – and on two peninsulas [Greece and Rome] in the Mediterranean, the human propensity to specialize and exchange was allowed to kick in. Being free from parasites means being independent – free from external extortion – but also being free from internal extortion. To flourish, the productive need to live in a society that is not only independent, but in one which power is dispersed as a constraint against home-grown, domestic parasites as well. And at the same time, a society needs to be sufficiently open to interdependence, so that it can interact and trade with the neighbours” (788).

Oor antieke Griekeland en die Romeinse Ryk: “In both societies, slavery – perhaps the ultimate parasitic behaviour – was commonplace” (802).* “The Roman Republic enjoyed a rise in living standards due to specialization and exchange, and it’s not possible to account for it as simply the accumulation of wealth from overseas provinces” (2273). “The seeds of Rome’s collapse lay not in the arrival of barbarian predators from outside the Empire, but was due to parasitic ones within” (913). Die elite het die provinsies oorbelas en geplunder. “The mob of Rome and palace favourites produced nothing, yet continually demanded more, leading to an intolerable burden on the productive classes” (1003).

[* “The eradication of slavery – perhaps the ultimate extractive institution – seems to have coincided with a great leap in output [in America]” (2006).]

Carswell bespreek talle ander lande asook ander tye, maar die verhouding tussen vooruitgang/produktiwiteit en stagnasie/parasitisme bly dieselde. Byvoorbeeld, “From pharaonic Egypt to ancient Mesopotamia, those that created the wealth – farmers and merchants – had their wealth taken from them in the name of a divinely ordained order. This sort of patrimonial parasitism was, if you like, sanctified. Peasants were expected to yield much of their harvest to their overlords, often leaving them little more than a subsistence existence” (1652). “The priestly elites had implanted in the minds of their human hosts a bogus altruism, which demanded self-sacrifice in the interests of the divine … Sin was defined as man seeking to live on his own terms – or … his failure to hand over half of the harvest” (1665).

Thomas Malthus (1766-1834) het in sy An essay on the principle of population (1798) waargeneem dat “an increase in a nation’s food production improved the well-being of the population, but the improvement was temporary because it led to population growth, which in turn restored the original per capita production … ‘The power of population is indefinitely greater than the power in the earth to produce subsistence to man'” (Wikipedia). In Suid-Afrika neem kosproduksie af terwyl die bevolking skerp toeneem, wat volgens alle aanduidings selfs ‘n hagliker toekoms as die hede tot gevolg gaan hê.

Matthus se standpunt was “that without the practice of ‘moral restraint’ the population tends to increase at a greater rate than its means of subsistence, resulting in the population checks of war, famine, and epidemic” (Oxford Dictionary of English). By diegene wat nie buitensporig aanteel nie, vind ons deesdae dikwels oorsensitiwiteit vir die ellende waarin groepe met hoë geboortesyfers verkeer. Die gevolg is dat gesinne (insluitende/veral enkelouergesinne) met baie kinders voorgehou word as gevalle wat om verdienstelike redes op parasitering aanspraak maak. Kolonisering kan nie sonder meer die skuld vir oorbevolking gegee word nie. Byvoorbeeld, “India was locked in a Malthusian trap of her own making long before … the British … arrived” (Carswell 1487).

Ek wens die ANC-kornuite wil ter harte neem wat die Franse ekonoom, Frédéric Bastiat (1801-1850), geskryf het meer as ‘n eeu voordat Nelson Mandela sy kamerade met sy geweldsevangelie tot die vernietiging van staats- en private eiendom aangespoor het. Bastiat is bekend vanweë sy gelykenis van die gebreekte ruit. Hy het hierdie gelykenis vertel “to illustrate why destruction, and the money spent to recover from destruction, is not actually a net benefit to society” (Wikipedia). Tydens die bevrydingstryd het ek by meer as een geleentheid aanskou hoe talle ruite met klippe op ‘n universiteitskampus uitgegooi word. Ander skade aan die infrastruktuur is ook aangerig. Daarna het ek waargeneem hoe die bedrywigste vandaliste weens sulke “prestasies” tydens hulle “bevrydingstryd” in topposte aangestel word.

Wat al hierdie misdadigers gemeen het, is dat hulle hulle buitensporige salarisse in hulle sakke gesteek het en dit nooit vir ‘n oomblik oorweeg het om die skade wat hulle doelbewus aangerig het aan die staat te vergoed nie; om nie te praat van die skade wat hulle bv aan die blanke dosente se motors aangerig het nie. Maar dan is dit diesulkes wat verkondig dat hulle en hulle ANC “die hoë morele grond beklee.” Die volgende uitspraak van Bastiat is in elke opsig volkome op die ANC en sy nalopers van toepassing: “When plunder becomes a way of life for a group of men living together in society, they create for themselves in the course of time a legal system that authorizes it and a moral code that glorifies it” (Carswell 1672).

Die gewelddadige voorbeeld wat die ANC se “vryheidsvegters” gestel het, word deur hulle volgelinge tot op hede nagevolg. As hulle met iets ontevrede is, of bloot iets begeer wat hulle nie het nie, is hulle standaardreaksie om paaie te versper en beskadig en motors met klippe te bestook. Sover ek weet, is daar geen inklusiwiteit of diversiteit in hierdie groepe misdadigers soos wat verwag of vereis word as blankes groepsgewys iets sou doen nie. Daar is nooit sprake daarvan dat die skade wat aangerig is deur die misdadigers vergoed moet word nie. Nog minder vra mense uit daardie geledere verskoning vir hulle gedrag.

Daar word dikwels beweer dat blankes tradisioneel bloot op grond van velkleur teen swartes gediskrimineer het. Dit is nie die waarheid nie. Enersyds is die belangrike verskil tussen wit en swart mense nie letterlik die velkleur nie, maar kultuur, dus lewenswyse, oftewel manier van dink en doen. Andersyds lyk dit vir my al hoe meer asof pigmentasie nie die groot verskil tussen die vel van ‘n blanke en ‘n swarte is nie maar veel eerder die figuurlike veldikte. Skynbaar het baie/sommige blankes dun velletjie en voel hulle maklik skuldig en vra hulle graag (herhaaldelik) om verskoning. Swartes, daarenteen, is geneig om dikvellig te wees, voel oor niks skuldig nie en vra nooit om verskoning vir bv onsosiale gedrag nie. En die massa-inligtingsmedia moedig met loftuitings en stilswye die swartes aan op voort te gaan op hulle ingeslane weg.

“Ancient Hindu ethics held that the upper caste had belonged to a lower caste in a previous life. It would be unjust, or so they argued, for someone having paid high taxes in a former life to be expected to pay them again in this one. As for the lowly Vaisya [farmers and merchants], provided they paid their taxes on time, they would be reborn into the upper castes in the next life to enjoy their tax-free status then. Since they would be tax exempt in the next life, was it not fair that they pay them in this one?” (1708). In die ná-koloniale, polities onafhanklike Afrika word op ‘n soortgelyke manier geredeneer. Die blankes is glo in die vorige koloniale en rassesegregasie-bedeling ten koste van die swart inheemses bevoordeel, gevolglik is die ná-bevrydingsera die tydvak waarin swartes hulleself kan bevoordeel. Dit is hulle sogenaamde beurt om (KFC) te eet; dus te plunder (bv korrupsie te pleeg) en te sorg dat hulle ras- of etniese groep op ‘n geil manier op die staat parasiteer.

“In 1980, Zimbabwe became an independent state. Far from thriving as a newly liberated democracy, she became Robert Mugabe’s fiefdom, a sort of private kleptocracy. As a consequence, Zimbabwe’s GDP [gross domestic product] per person fell by almost half between 1980 and 2010. Zimbabweans ate better on the day they achieved independence than they did thirty-three years later, when they had a lower daily calorie intake. Indeed, Zimbabwe is one of the few places on the planet that is poorer today than it was in the early 1980s. But even despite such unequivocal decline, for many years both inside and outside Zimbabwe, Mugabe was lauded as a liberator by those who could not seem to see the destructive consequences of his government” (1744). Sedert 1994 is soortgelyke drastiese agteruitgang op talle terreine kenmerkend van Suid-Afrika. Carswell verwys egter nooit na Suid-Afrika in hierdie verband nie, behalwe die hoë vlak van ernstige misdaad wat hier bo genoem is. Carswell is uitnemend ingelig om hom oor die distopie in die nuwe Suid-Afrika uit te laat, maar hy doen dit nie, blykbaar omdat dit nog nie geykte praktyk in Brittanje en elders geword het om die nuwe Suid-Afrika te kritiseer nie.

Volgens Carswell was Holland die eerste land waarin die industriële revolusie plaasgevind het. In 1648 is die land van die Habsburgse aartsparasiete bevry (1783). Feudalisme is afgeskaf en die mag van die gildes ingekort. (Deesdae neem gildes die vorm van vakbonde aan.) Die belastingslas is verminder en die handel het floreer. “Dutch workers were producing so much more efficiently than anyone else, that they commanded high wages” (1812). Dit kan onder meer aan hulle protestantse werksetiek toegeskryf word (1862). “The merchant class in the Netherlands were no longer supplicants to kings, their autonomy now deemed to be ordained. The natural order was no longer submission, but autonomy. These new ideas encouraged the notion that the merchant class – the Regenten – might rule in their own right. The productive had been set righteously free” (1877). Tydens hierdie Hollandse Goue Eeu het die VOC in 1652 die halfwegstasie aan die Kaap gestig. Dit was die begin van die blanke bewind in die latere Suid-Afrika. Deesdae word die wysheid van die vestiging van blankes in Afrika al hoe meer bevraagteken. Die blankes word dikwels van uitbuiting beskuldig terwyl die onverkwiklike waarheid is dat bv hulle werkywer, kundigheid, kreatiwiteit en hoë morele waardes brutaal uitgebuit word.

“The English, like the Dutch, came to acquire each of the key ingredients needed to produce intensive economic growth: independence from external predators, dispersed power to constrain internal parasites, and interconnectedness to allow specialization and exchange” (1895).* Die magte van die Britse monarch is ingekort (1907). “Increasingly, producers were protected from the parasitism of the ruling classes” (1914). Monopolië is aan bande gelê, baie van die arbeidsbeperkinge van die gildes is opgehef en belasting is verminder. Teen die middel van die 17de eeu “output per person in England began to rise after centuries of stagnation” (1921). “If Holland had been the richest place on the planet at the end of the seventeenth century, by the end of the eighteenth it was England” (1942).

[* Later formuleer Carswell dit soos volg: “Most of humankind now enjoys, to some extent or other, the conditions that allows for economic growth: independence from predatory outsiders, openness to trade and exchange, and dispersed power” (2510). Suid-Afrika is egter nog geensins bevry van roofsugtige/parasiterende elemente van buite nie. Dit is omdat die ANC-regime sy broeder- en susterskap met die res van Afrika oorbeklemtoon; dus dat die ANC hierdie skadelike ingesteldheid dikwels hoër ag as sy verantwoordelikheid teenoor die inwoners van Suid-Afrika. Om hierdie rede is die ANC onder meer in beginsel bereid om die landsgrense af te skaf, wat sekerlik selfs ernstiger destruktiewe gevolge vir die land inhou as die sosiale en ekonomiese inploffing (bv rommelstatus) van die afgelope kwarteeu.]

In Duitsland was die pad na voorspoed soortgelyk aan dié in Holland en Engeland. In 1809 is feudalisme in Pruise afgeskaf (2067) en in 1871 het ‘n verenigde Duitsland tot stand gekom. Baie van die arbeidsbeperkings van die gildes is afgeskaf (2074). Carswell noem dat vooruitgang/produktiwiteit nie noodwendig onbepaald voortgesit word nie. Byvoorbeeld, in die geval van die stadstaat Venesië is daar mettertyd agteruit geboer. “Productive civilization is … fragile” (2146). Die nuwe Suid-Afrika is ‘n toonbeeld hiervan. “Civilized standards, attitudes and other intangibles are enormously important” (2173). Dink aan die onbenydenswaardige situasie waarin tradisionele Europese beskawing plaaslik verkeer, bv Afrikanerkultuur en Afrikaans. “It’s not possible to talk about human progress without taking into account a broad range of what one might call humanitarian considerations” (2173).

“Extractive though institutions might be in societies controlled by small elites, it is ideas that ultimately facilitate such extortion. Ideas, not institutions, account for why some societies are free, while others remain feudal” (2219). “The rebellious Dutch didn’t just overthrow an old extractive elite; they repudiated an older way of thinking, too” (2225). “Ever since the eighteenth century, a whole string of philosophers – among them Hume, Kant and Montesquieu – made much the same point about reason underlying our elevation” (2225). Maar idees/denke het nie noodwendig ‘n positiewe invloed op die samelewing nie. Dit is idees, veral in die vorm van propaganda, wat daartoe gelei het dat FW de Klerk en sy onderhandelaars feitlik sonder slag of stoot aan die bose ANC oorgegee het. Hulle het gevoel dat hulle nie ‘n (sterk) saak teen swart oorheersing het nie; dat dit immoreel sou wees om die blanke bewind en die beleid van rasseskeiding voort te sit. Wat glad nie verreken is nie, is die enorme skade wat afrikanisering aan die land en sy Europees-gebaseerde blanke beskawing aanrig.

China het veral in hierdie eeu as ‘n hoogs suksesvolle ekonomie en ‘n gedugte wêreldmoondheid op die voorgrond getree. Dit is onder meer te danke aan “the outsiders who ruled over them have been ousted” (2522). Maar die ANC-regime beweeg in die teenoorgestelde rigting: Hy laat toe dat hoofsaaklik parasiterendes uit die agterlikste kontinent hulle in groot getalle plaaslik vestig. Verder bedryf die nuwe plaaslike swart elite sedert 1994 met oorgawe parasitering wat radikaal strydig met die land se belange is. “Independence alone has never been enough to produce progress and prosperity. If a society simply swaps external predators [ie “colonials”] for internal parasites it can even find itself worse off” (2529). “Across much of Sub-Saharan Africa, independence saw an even more rapacious elite take over from foreign powers … nations’ treasuries were turned into private bank accounts for autocrats” (2562).

“Democracy per se has never been a prerequisite for progress. What counts is restraint upon the powerful” (2698). Sedert 1994 is die politieke beheer van Suid-Afrika aan die swart meerderheid toevertrou. Minderheidsgroepe, bv die blankes, het deesdae onvoldoende beheer oor wat die ANC-regime enersyds in eiebelang en andersyds ter bevoordeling van mede-swartes en ter benadeling van blankes doen. “Democracy does not necessarily produce better leaders” (2738). Afgesien van hulle groot mate van doodgewone onbekwaamheid het Suid-Afrika sedert 1994 bv nog nie ‘n nie-kommunis as staatshoof gehad nie; om van ‘n anti-kommunis nie te praat nie.

In die laaste hoofstuk is daar die volgende stelling van aktuele belang: “In every age, when wealth is allocated by redistribution, rather than by the autonomous actions of the market, those with political power are able to amass a great deal of it” (3536). FW de Klerk en sy onderhandelaars het geweet dat hulle die politieke mag in die land aan ‘n klompie kornuite oorhandig wat sterk kommunisties geneig is. Ook dat die ANC-regime pleks van die land aan die hand van ‘n gesonde ekonomiese beleid te ontwikkel eerder die makliker uitweg sou kies, naamlik die verdeling van bestaande rykdom; dus om te steel van dié wat het (die produktiewes, veral die blankes) en dit gratis te gee aan dié wat nie het nie (dikwels prestasielose parasiterendes). Alles wat herverdeel (bv onteien) word, word egter nie aan die gepeupel uitgedeel nie. Die regeringstelsel funksioneer soos ‘n filter waarin ‘n groot skeut rykdom agterbly wat deur die regerende elite vir hulleself toegeëien word.

Suid-Afrika

Carswell vestig die aandag uitsluitlik op die opperklasse wat op die laer klasse parasiteer. Dit is ‘n verskynsel wat veral sedert 1994 oorbekend in Suid-Afrika is. Die ANC is primêr daarop ingestel om eerder die belange van ANC-lede in topposte in die party en die regering te bevorder en nie dié van alle ANC-lede of al sy kiesers nie; om nie van alle inwoners te praat nie. ANC-kornuite in bv die hoofkantoor, Cosatu-huis, en in die regering ontvang (eerder as verdien) buitensporige salarisse en byvoordele (huisvesting, ampsmotors, vliegkaartjies, ens). Dink aan die buitengewoon groot kabinet bestaande uit dosyne ministers en adjunk-ministers. Hulle parasiteer uiters geil nie net tydens hulle ampstermyn nie, maar ook daarna weens makro-pensioenvoordele. Hierdie wantoestand bestaan nie net op die vlak van die sentrale regering nie, maar ook op die provinsiale en plaaslike vlak.

Sogenaamde nie-regeringsorganisasies (NGO’s – Eskom, SA Lugdiens, SABC, Denel, ens) is vir hulle voortbestaan van staatsfinansiering afhanklik terwyl hulle selfvoorsienend tydens die blanke bewind was. Soos op die drie vlakke van regering kan hierdie skandalige toedrag van sake enersyds aan ondoeltreffende funksionering en andersyds aan korrupsie toegeskryf word. Daar is ‘n groot mate van eenstemmigheid dat daar op die drie regeringsvlakke en by die NGO’s hopeloos te veel amptenare in diens teen hemelhoë vergoeding is. Die vakbonde oefen druk uit dat niks ter regstelling gedoen mag word nie en die ANC-regering gee telkens toe aan hierdie eis. Die vakbonde gaan verder en oefen druk uit dat hierdie opgeblaasde salarisse en byvoordele periodiek met meer as die inflasiekoers verhoog moet word en kom klokslag daarmee weg. Verhoging in produktiwiteit word plaaslik nie meer as ‘n geldige argument teen ondoeltreffendheid en onbekwaamheid beskou nie. Die wanfunksionering van hierdie instellings word verseker deur ‘n beleid van rassediskriminasie. Daar word vereis dat die arbeidsmag op alle vlakke en in alle (groot) werkplekke die demografie (dus 80%+ swart) moet weerspieël.

Hoe word hierdie korrupte, ondoeltreffende brousel aan die gang gehou? Enersyds deur allerhande belastings en andersyds deur diefstal, bv die onteiening van blankes se eiendom sonder vergoeding. Dit word die herverdeling van rykdom genoem. Selfs diegene wat sake-ondernemings tot stand bring, word afgesien van buitensporige inkomstebelasting verplig om ‘n deel van hulle onderneming ingevolge die beleid van swart ekonomiese bemagtiging (SEB/BEE – black economic empowerment) op suiwer rassistiese gronde aan swartes te verkwansel. Maar dan kan die ANC-regering nie begryp waarom Suid-Afrika nie nuwe beleggings lok en dus ekonomies stagneer nie. Intussen is die bevolking besig om eksponensieel toe te neem, enersyds weens “natuurlike aanwas” en andersyds weens die grootskaalse invloei van inkommers. Geen politieke party spreek hom ten gunste van ‘n veldtog vir geboortebeperking uit nie omdat groot gesinne glo tradisioneel deel van die swart kultuur is. Die intog van inkommers word ook nie met doeltreffend grensbeheer aan bande gelê nie omdat die ANC daarvan hou om wanneer dit hom pas die aanskyn van ‘n humanitêre bewind te hê, bv om toe te laat dat sy swart broers en susters uit die ellende in die res van Afrika ontsnap deur plaaslik ellende te skep, bv te parasiteer op die mediese dienste en skole. As in uitsonderlike gevalle teen straatsmouse, -bewoners en -slapers opgetree word, skop “humaniste” ‘n groot lawaai op. Daar is 6 175 parasiterende straatslapers in Kaapstad (Die Burger, 22.07.2019, p 7). Shoprite het die afgelope jaar onder 489 rooftogte deurgeloop (Netwerk24, 22.07.2019).

Dit behoort duidelik te wees dat parasitering nie net in die opperklasse van die samelewing voorkom soos deur Carswell aangetoon is nie. In die laerklasse het parasitering ‘n leefwyse geword. Dit is vir ‘n individu moontlik om lewenslank in Suid-Afrika te oorleef sonder dat daar ooit ‘n steek werk in ruil vir owerheidsubsidiëring gedoen is. Dit was ‘n belangrike faktor in die “sukses” van die ANC in die afgelope algemene verkiesing. Diegene wat sonder teenprestasie maandeliks ‘n maatskaplike toelae ontvang, stem by voorkeur en in groot getalle vir die ANC omdat hulle besef dat ‘n regering gelei deur ‘n ander politieke party nie so rojaal staatsgeld in ruil vir niks konstruktiefs sal uitdeel nie. Vir water, elektrisiteit, munisipale dienste, televisie-ontvangs, ens, betaal die gepeupel gewoonlik nie. Daar word ook van die staat verwag om bevredigende huisvesting te voorsien. As die prestasielose, parasiterende gepeupel met enigiets ontevrede is, word die Nelson Mandela-geweldsopsie by voorkeur verkies. Daar is nooit sprake dat die skade wat aangerig word deur die misdadigers vergoed moet word nie. Wat ons hier mee te make het, is uitbuiting op ‘n baie groter skaal as tydens kolonialisme, maar hieroor word polities byderwets geswyg.

Suid-Afrika is in ‘n tweetang-parasitisme gewikkel. Enersyds is daar die onbekwame, korrupte, oorwegend swart opperklas en andersyds die parasitiese leefwyse van die oorwegend swart laerklas. Die nuwe Suid-Afrika is ‘n paradys vir parasiterendes. Dit is die ANC-regering wat oogluikend toelaat dat die ontvangers van maatskaplike toelaes baie meer as die betalers van inkomstebelasting is. Die kernoorsaak van hierdie wantoestand is demokrasie gebaseer op een mens, een stem, alle stemme met gelyke waarde, terwyl dit duidelik is dat net die produktiewes voorspoed bevorder en dus stemreg behoort te hê en nie die parasiterendes wat die land al hoe meer verarm en in ellende dompel nie. Die land is besig om in sy swernoot te gaan. Die blankes word sistematies neergehaal tot tipiese Afrika-ellende. Van eksterne parasiete (bv inkommers) en interne parasiete (bv diewe en militante vakbonde) moet ontslae geraak word. Die produktiewes, hardwerkendes en eerlikes moet in beheer van die bestuur en administrasie van die land geplaas word. ‘n Heeltemal ander benadering as dié van ‘n chroniese welstaat moet gevolg word met die oog op die skepping van ‘n veilige, vreedsame, beskaafde, produktiewe, suksesvolle, vooruitstrewende land waarin misdaad en anargie doeltreffend bekamp word.

Afskeid

Ek het op 6 September 2012 die eerste keer op Praag gepubliseer. Dan Roodt het my later in kennis gestel, sonder dat ek dit opgelet het, dat hy rubriekstatus aan my skrywes toegeken het. Mettertyd het dit ‘n weeklikse rubriek geword. Dit is onwaarskynlik dat ek en Dan oor alles saamstem. Daar sal sekerlik bv klemverskille wees. Een van die kenmerke van regsgesindes is dat hulle onafhanklik probeer dink. Om hierdie rede is daar by ons onderlinge verskille pleks van eenstemmigheid. Tot Dan se eer kan ek sê dat hy nooit voorgeskryf het wat en waaroor ek moet skryf nie en my uitlatings is nooit gesensureer nie.

Ek is dankbaar dat Dan so lank ‘n platform aan my skryfwerk gebied het. Sover ek weet, is daar nêrens elders ‘n plek waar ek in Afrikaans so vryelik ten bate van Afrikaners en Afrikaans kan publiseer nie. ‘n Mens sou dink sommige van die hoofstroom-inligtingsmedia (bv die Afrikaanse Naspers/Media24-koerante) sou in die lot van Afrikaners en Afrikaans belangstel, soos vóór 1994, maar dit is glad nie die geval nie. In daardie media word geen werklike begrip getoon vir die anargie waarin die land sedert 1994 verval het nie. Wat ook ontstellend is, is dat wanneer op Netwerk24 met ‘n pro-Afrikaansopmerking gereageer word (as dit nie gesensureer word nie) daar gewoonlik geen ondersteuning is nie. Afrikaanssprekendes het in groot mate apaties oor Afrikaans geword.

Ek het die “geseënde” ouderdom van 80 jaar bereik. William F Buckley jr (1925-2008) het gesê dat ‘n mens so iemand nie gelukwens nie maar eerder met hom simpatiseer. Ek vind dat ek nie meer saans so maklik soos voorheen kan lees en skryf nie. Ook dat ek moeilike tekste al hoe meer vermy omdat ek dit al hoe moeiliker vind om hulle sinvol in woorde weer te gee. ‘n Weeklikse rubriek verg ook te veel van die bietjie tyd wat ek oor het. Wat ek probeer sê of wou sê, het ek teen hierdie tyd gesê. My opregte dank aan diegene wat dit die moeite werd gevind het om te lees wat ek skryf. Ek sal die reaksies mis. Dalk sal ek periodiek van my laat hoor maar dan seker eerder in kort mededelings of notas eerder as volwaardige artikels.

Daar is nog baie wat gedoen behoort te word om voorbrand vir die Afrikaner en Afrikaans te maak. Op 7 Desember 1907 het die komponis en dirigent, Gustav Mahler (1860-1911), ná ‘n dekade as direkteur van die Wiener Hofoper, afskeid geneem. Hy het geskryf: “Instead of something whole, rounded off, as I had dreamed, I am leaving behind unfinished bits and pieces; such is the human lot” (Henry-Louis de La Grange, Gustav Mahler, vol 3, Oxford University Press, 1999, p 780). Dit is ook hoe ek voel. Die stadium wat my leefbeurt betree, is vir my ‘n bron van hartseer. Al wat my tot groter droefheid stem, is die haglike toestand waarin die land en veral die Afrikaners en Afrikaans verval het, bv wat gaan van my kleinkinders word? Hoe is dit moontlik dat ‘n groepie Afrikaanssprekende blankes ons as Afrikaners in hierdie onbenydenswaardige situasie laat beland het? Dit druis in teen die grein van Afrikanergeskiedenis van 6 April 1652 tot 1 Februarie 1990. Ek sien uit na die dag wanneer die keurgroep Afrikaners die terreurbendes hokslaan en die anargie beëindig.

Dit het tyd geword om op te ruim. Hennie Aucamp (1934-2014) het op 75 jaar begin opruim. Hy het gesê dat hy daarna seker ‘n opgeruimde mens sou wees. Ek gaan weg, moet afskeid van alles neem, maar niks inpak nie. Dit is ‘n eienaardige situasie. Wyle Willem Botha (Universiteit Pretoria) het graag gesê: “‘n Heilige het ‘n verlede maar ‘n sondaar het ‘n toekoms.” Party mense sê dat ek nêrens heen gaan nie; dat ek niks word nie. Die predikant, daarenteen, sê dat ek êrens heen op pad is. Hy klink hoogs onseker oor waar en hoedanig die plek is wat vir my toeberei is. Hy het darem laat deurskemer dat die naam van die plek met ‘n h begin.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.