Dan Roodt: Sondagaktueel 4

Deel op

In hierdie aflewering van Sondagaktueel poog Dan Roodt om sin te maak van die aanvalle vanuit die media op ryk Afrikaners op Stellenbosch, die sogenaamde “Stellenbosse mafia”, asook die stryd tussen die Openbare Beskermer en die ANC-president, Cyril Ramaphosa. Soos verlede week belowe is, wei Karin Roodt meer uit oor die geostrategiese beginsels agter die huidige spanning tussen die VSA en Europa, met die Iranese kwessie wat vandeesweek ook sterk na vore gekom het. Duitsland word steeds “kultureel verryk” deur Moslem-immigrante en die linkse polisiehoof van Berlyn is bekommerd oor die regse neigings van haar eie amptenare.

      Sondagaktueel - Dan & Karin Roodt

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.