‘Il y a de l’espoir’ — Daar is hoop!

Deel op

Ek dink soms mense raak te moedeloos oor Suid-Afrika. Ek is vas oortuig ons kán ekonomies oorleef as Afrikaners net onder mekaar begin saamwerk en al die buitelandse markte begin ontgin. Die tegnologie is ons redding!

Dan ‘n tweede punt: Nóg die ANC, nóg die hopelose en dom linkse meningsprekers in Suid-Afrika besef op watter mespunt Europa en veral dan Wes-Europa verkeer. As ‘n enkele land soos Frankryk of Nederland ‘n regse regering sou kry, gee ek die ANC ses maande tot ‘n jaar alvorens hulle tot ‘n val sou kom. Dan sal ons so te sê teruggaan na die ou Suid-Afrika toe. Die rampspoedige eksperiment in Afrodemokrasie sal afgeskaf word en ‘n meer pragmatiese, werkbare stelsel sal in die plek daarvan ingestel word.

Onthou net dít: Die ANC het die land oorgeneem as gevolg van linkse blankes oorsee wat die stryd gevoer het namens ‘n paar figurante soos Mandela wat hulpeloos in die tronk gesit en krepeer het. As daardie blankes oorsee besluit dis nou in hulle belang om weer ‘n Afrikanerregering in Suid-Afrika aan bewind te stel, sal dit binne maande gebeur.

Onlangse meningsopnames toon dat die totale polisie- en weermag in Frankryk hul bankvas agter Marine Le Pen skaar. Dit is slegs die linkse Paryse media wat haar daarvan weerhou om president van die land te word. Frankryk is lid van die Veiligheidsraad, ‘n kernmoondheid, een van ons stamlande – Afrikaners se vele Franse vanne maak steeds baie Franse se harte week – asook ‘n vorige wapenverskaffer van die NP-bewind.

Op ‘n manier verkeer ons lot nie in ons eie hande nie, maar dis miskien ook maar goed so, want laas toe dit was, het ons leiers soos FW de Klerk en Roelf Meyer gehad. Ek het baie meer vertroue in regse Europeërs as in enige Broederbondkliek of groepie Kruiperkaners in Suid-Afrika.

Al wat ons Afrikaners behoort te doen, is om ons eie groepsbewussyn te versterk deur kultuur, simbole, asook die verheerliking van ons geskiedenis en alles wat daarmee saamhang. Steve Hofmeyr en Bok van Blerk doen alreeds wonderlike werk in dié verband.

Sing, dig, skryf en maak films in Afrikaans, maar hou ook die dialoog met regse Europeërs in stand. Vroeër of later gaan en sál die wiel draai.

Die oranje-blanje-blou sal weer wapper! Glo my. Dis om die draai.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.