Aangebied deur Praag: ʼn Baanbrekerrolprent.

Deel op

Die eerste reël van oorlewing is die rolprent wat hulle gesê het, nie kan gemaak word nie.

“Die bedryf het hekwagte opgestel om te sorg dat Afrikaanse films nie van die voorgeskrewe inhoud sal dwaal nie,” sê skrywer-regisseur Gustav Venter. “En dié inhoud is slaafse, liberale dogma.”

Vir Gustav en sy medewerkers was dit nooit ʼn opsie om ʼn rolprent wat gedienstig is aan die huidige tydsgees te maak nie. “Ons wil films maak oor wat in ons mense se gemoed is.”

Hou jy jou nie by die reëls nie, word jou inkomstestrome erg belemmer en selfs afgesny. Geen teatervrystelling of televisie-inkomste vir jou nie!

Dit gaan natuurlik oor geld. Dit wat hulle geleen kon kry, was maar skraps in vergelyking met wat tot die hoofstroomfilmmaker se beskikking is.

Die oplossing was ʼn verrassende konsep, ʼn deeglik beplande draaiboek en die regte mengsel voor en agter die kamera, meen Gustav. “Vir my as regisseur was dit maklik. Nadat die draaiboek geslyp is, was dit ʼn kwessie van: Kry twee uitstaande akteurs voor die kamera, ʼn uiters bekwame kinematograaf agter die kamera, ʼn wonderlike stemkunstenaar buite beeld… laat hulle los, bly uit hulle pad uit en kyk hoe vind betowering plaas.”

Die rolprent is deeglik voor gehore getoets. “Ons was nie voorbereid op die oorweldigende reaksie nie. Die mense gryp ‘Die eerste reël van oorlewing’ aan asof dit ʼn telegram van die Verlore Seun is. Hulle voel dis ‘hulle’ fliek. En geen filmmaker kan meer as dit vra nie.”

Dit was ʼn marathon van konsep tot voltooide produk. Nou is Die eerste reël van oorlewing in die volk se hande.

“As hulle dit ondersteun, kan ons ʼn nuwe filmbedryf daarop bou,” sê Gustav. “Maar as die film nie ʼn sukses is nie, sal daar nie weer so ʼn fliek vervaardig word nie.”

Jy skuld dit vir jouself om Die eerste reël van oorlewing te sien.

Gaan na: https://boekeboer.shopstar.co.za/products/die-eerste-rel-van-oorlewing

Om van ‘n vertolker te praat as ‘n “eerlike akteur” is die grootste lof wat jy hom kan toeswaai. Charlie Bouguenon se spel in sy deurbraakrol in “Die Eerste Reël van Oorlewing” sal jou verbyster met sy emosionele opregtheid. Beleef dit self in hierdie aangrypende uittreksel.

Die eerste 10 PRAAG-lesers wat inskryf, kan die film gratis op die internet kyk (gewoonlik kos dit R60). Stuur ‘n e-pos aan gustav@praag.org.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.