Dan Roodt: Boikot alle Britse goedere en maatskappye!

Deel op

Die gedrag van die Britse ambassadeur, Sir Kim Darroch, wat president Donald Trump van die VSA beledig het, is ‘n klap in die gesig van alle Westerlinge. ‘n Mens hoef nie met alles wat mnr. Trump sê saam te stem nie, maar ten minste het hy al sy kommer uitgespreek oor plaasmoorde in Suid-Afrika en is hy gekant teen onwettige immigrasie na die VSA en ander ontwikkelde lande.

Darroch se kleinlike, beledigende en agterbakse gedrag is onverskoonbaar. Só ook dié van die Britse regering wat hom aanvanklik onvoorwaardelik gesteun en toe sy bedanking aanvaar het.

Nie lank gelede nie, het ‘n Britse Konserwatiewe politikus, Jacob Rees-Mogg, sy land se konsentrasiekampe in die voormalige Boererepublieke verdedig en daarmee sy minagting vir die Afrikanerbevolking van Suid-Afrika duidelik gemaak.

Die meerderheid Afrikaners steun mnr. Trump en vind hom die mees simpatieke figuur sedert mnr. Ronald Reagan, ten minste wat Suid-Afrika betref.

Robin Renwick en Julius Malema

‘n Ander voormalige Britse ambassadeur in Washington, Baron Robin Renwick, werk nou saam met anti-blanke en anti-Westerse ekstremiste in Suid-Afrika soos Julius Malema wat aktief ‘n globale blanke volksmoord propageer.

In solidariteit met die Trump-beweging in die VSA, asook om ons afkeer van Britse ekstreemlinkse voorstanders van blanke volksmoord in Suid-Afrika en elders te betoon, waaronder Jacob Rees-Mogg, Robin Renwick en die hele Arbeidersparty, verbind ons as Afrikanervolk ons tot ‘n ekonomiese boikot teen Groot Brittanje en alle Britse maatskappye wat in Suid-Afrika teenwoordig is, soos Vodacom en BP (Britse Petroleum).

Ons doen verder ‘n beroep op almal in Europa, Amerika en elders ter wêreld wat teen volksmoord, terreur en die ekstreemlinkse bedreiging vir ons beskawing gekant is, om ons boikot teen Brittanje te steun.

Ons sal binnekort ‘n volledige lys van Britse maatskappye en produkte publiseer wat wêreldwyd geboikot moet word.

Tot die bitter einde toe!

Dr. Dan Roodt
Stigter, PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiekgroep)
Mede-stigter, Groep van 63

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.