Leon Lemmer: Angola en Mosambiek herbesoek

Deel op

Marthie Prinsloo-Voigt (gebore in 1931) het ‘n aangrypende boek geskryf: ‘n Leeftyd later: Herinneringe aan Angola (Pretoria: Protea Boekhuis, 2017, 231p, R250). Dit handel onder meer oor haar verblyf in Angola (1940-1967). Ek het die boek destyds geresenseer (Praag 10.09.2017). Ek het hierdie bespreking pas herlees en is opnuut beïndruk met Marthie se lewensloop as Afrikaner. Ná die publikasie van my resensie het sy via die uitgewery met my in verbinding getree. Sedertdien ruil ons periodiek teksboodskappe uit. Ten spyte van haar hoë ouderdom is Marthie skynbaar nog gesond. Sy het bv onlangs by haar familie in Suid-Afrika gekuier. Sy woon steeds in Namibië. Ek moet erken dat ek nogal hou van hierdie pêrels wat ek destyds uitgerol het: “‘n Vlieg is ‘n vlieg al vlieg hy nie. ‘n Dief bly ‘n dief al steel hy nie meer nie. ‘n Moordenaar bly ‘n moordenaar al moor hy nie meer nie. Insgelyks behoort ‘n terroris as ‘n terroris bekend te staan al het hy opgehou om terreurdade te pleeg.”

Die volgende boek bied interessante en omvattende aanvullende inligting oor Angola: David Birmingham, A short history of modern Angola (Johannesburg: Jonathan Ball, 2019, 161p, R220; Amazon Kindle $9,41). Dit blyk dat Jonas Savimbi (1934-2002) nie so eerbaar was as wat hy in die plaaslike koerante voorgestel is nie. Hy is bv deur die Chinese regering ondersteun – ‘n feit was destyds van ons weerhou is – as teenhanger vir die Russiese bystand aan die MPLA-regering van Agostinho Neto (1922-1979). Veral nadat Savimbi die eerste Angolese algemene verkiesing in 1992 verloor het (MPLA 49%, UNITA 40%), het hy tevergeefs ‘n burgeroorlog gevoer (met onderbrekings eintlik vanaf Angolese onafhanklikheid in 1975 tot 2002), wat tot bv groot lewensverlies en infrastrutuurvernietiging gelei het. Maar die plaaslike inligtingsmedia het teen 1992 nie meer belang gestel in wat in Angola gebeur nie omdat die blanke bewind in Suid-Afrika in 1994 sou ondergaan, soos die koloniale bewind in Angola in 1975. Wat die nuwe Angola met die nuwe Suid-Afrika gemeen het, is ondoeltreffende dienslewering en onbeteuelde korrupsie. Dit is feitlik net die inkomste uit olie wat Angola in ‘n mate finansieel in stand hou.

Al J Venter het talle boeke oor Afrika gepubliseer, onder meer Portugal’s guerrilla wars in Africa: Lisbon’s three wars in Angola, Mozambique and Portuguese Guinea. 1961-1974 (Solihull: Helion, 2013, 544p; Amazon Kindle $4,39). Hierdie boek is ‘n onbevredigende sameflansing van vorige boeke wat Venter oor hierdie onderwerp geskryf het. Dit handel veral oor Angola en Guinee-Bissau en in heelwat mindere mate oor Mosambiek. Wat baie duidelik is, is dat Portugal besig was om die stryd teen die terroriste in al drie hierdie kolonies te wen toe die staatsgreep in 1974 in Lissabon plaasgevind en Portugal halsoorkop aan Afrika onttrek het. Hiermee is ‘n groot onreg gepleeg, nie net teenoor hierdie lande nie maar ook teenoor die groot getal inheemse inwoners wat lojaal aan Portugal was.

“Dit is moeilik om te besluit of the Portugese oorgawe aan swart mag in Angola meer skandalig was as dié in Suid-Afrika twee dekades later. Vir my is die skandvlek in ons geskiedenis groter omdat die verraad deur ‘n klein groepie Afrikaanssprekende blankes gepleeg is” (Praag 10.09.2017). In Suid-Afrika is in 1994 mandaatloos aan die ANC se terreurbendes oorgegee terwyl hierdie elemente nie naasteby ‘n militêre bedreiging vir die land ingehou het nie. Wat gebeur het is so buitengewoon dat die werklike redes vir die verregaande (feitlik) algehele magsoorgawe hopelik mettertyd bekend sal word.

In Angola was daar in 1974 drie strydende groepe, die MPLA, UNITA en FNLA, wat die politieke mag by Portugal wou oorneem. In 1975 het die mag in die skoot van die MPLA geval omdat hy in beheer van die hoofstad, Luanda, was en hy Russiese steun geniet het, maar glad nie landswye steun nie. Die uitbreking van die langdurige burgeroorlog is dus maklik verklaarbaar. Vóór 1992 was daar geen verkiesing waarin die mening van die Angolese bevolking getoets is nie.

Dieselfde het in 1974 in Guinee-Bissau gebeur toe die PAIGC-terroriste die politieke mag oorgeneem het sonder dat ‘n algemene verkiesing gehou is. Die nuut verkreë onafhanklikheid is gevier deur derduisende inwoners wat aan Portugal lojaal was tereg te stel. Wat ook buitengewoon skandalig in hierdie “bevrydingstryd” was, is dat hierdie landjie vanweë sy geografiese ligging erg aan oorgrens-terreuraanvalle blootgestel was. Soos in die geval van Suid-Afrika was Portugal lugtig om oorgrensaanvalle teen terroriste in buurlande te loods omdat regerings en die hoofstroom-inligtingsmedia sulke aanvalle skerp veroordeel het, maar oor oorgrens-terreurdade teen die Portugese owerheid (goedkeurend) geswyg het.

In Mosambiek het Portgugal die politieke mag ook sonder enige algemene verkiesing in 1975 aan die Frelimo-terroriste oorgedra. Soos in Angola het ‘n eenparty-kommunistiese bewind hom in die hoofstad, Lourenço Marques (sedert 1976 Maputo) gevestig. Hierdie terroriste, anders as in Angola, het feitlik geen steun in die hoofstad en omstreke gehad nie. Wat opval, is hoe min sukses Frelimo vóór 1975 met sy militêre bedrywighede behaal het. Geen wonder nie dat hier ook ‘n burgeroorlog (1977-1992) uitgebreek het. Renamo het meerderheidsteun in plattelandse gebiede gehad. Die eerste algemene verkiesing is eers in 1994 gehou, wat deur Frelimo gewen is, met Renamo daarna as die opposisie. In 1995 het Mosambiek lid van die Statebond geword en toenemend sy rug op sy aanvanklike omarming van marxisme gekeer.

‘n Kenmerk van oorloë in Afrika en elders wat glad te min aandag ontvang, is die (beslissende) rol wat huursoldate soms speel. Hulle word deur die land se regering of opposisie gehuur, of deur buitelandse regerings wat nie self openlik by ‘n gewapende konflik betrokke wil raak nie. Al J Venter het hieroor ‘n boek geskryf: Mercenaries: Putting the world to rights with hired guns (Casemate, 2014, 344p; Amazon Kindle $3,44). Spesifiek plaaslik van belang, is Executive Outcomes, ‘n groep huursoldate wat hulle deeglike opleiding in die Suid-Afrikaanse Weermag van weleer ontvang het maar weens die MK-oorname in 1994 dadelik of mettertyd uit die weermag getree het en om den brode of uit gewoonte met ‘n militêre loopbaan voortgaan. Hulle beskik meesal nie oor ander vaardighede nie en verkoop dus hulle ervaring en kundigheid aan wie dit ook al nodig het.

Ek het voorheen verwys na die rol wat Executive Outcomes in Sierra Leone van 1995 tot 1997 in die stabilisering van daardie regering gespeel het (Praag 11.11.2018). Dit was ná hulle avonture in Angola. Een van die bevelvoerders van Executive Outcomes (EO), Roelf van Heerden, het ‘n insiggewende en aangrypende maar haas onbekende boek oor hierdie gebeure geskryf: Four ball, one tracer: Commanding Executive Outcomes in Angola and Sierra Leone (Solihull: Helion, 2012, 257p; Amazon Kindle $2,29). Soldate wat in die Suid-Afrikaanse Weermag aan die kant van UNITA geveg het, het van 1994 af as huursoldate aan die kant van die MPLA-regering teen UNITA in die Angolese burgeroorlog geveg. Moreel behoort dit sekerlik ‘n dilemma te wees, maar Van Heerden probeer om die beroep van huursoldaat te regverdig: “I was proud to be a soldier; I was equally proud to serve as a member of EO” (Kindle 250).

Die opofferings wat sodanige beroep aan lewensverlies, gestremdheid weens beserings asook in gesinsverband verg, neem in sommige gevalle buitensporige afmetings aan. Uit wat Van Heerden skryf, kan afgelei word dat hedendaagse oorlogvoering grondige kennis en vindingryke toepassings verg, te meer omdat hulle as huursoldate soms deur die minder kundige of lafhartige swart sokdate in gevaarlike situasies voorgestoot word. As huursoldaat was Van Heerden in Namibië woonagtig. Hy moes telkens in en uit daardie land beweeg om sy beroep te beoefen. In Suid-Afrika het EO dit ook hotagter gekry om hulle sake te bedryf omdat die ANC-regime nie daarvan hou dat huursoldate onder blanke leiding in die interne sake van ander swart Afrikastate inmeng nie.

Sedert Suidwes-Afrika/Namibië in 1990 onafhanklik geword het, het gebeure in daardie land plaaslik van mindere belang en dié in Angola van nog minder belang geword. Anders as Angola is Mosambiek ‘n buurland van Suid-Afrika. Sy hoofstad is naby die Suid-Afrikaanse grens. Tydens die “bevrydingstryd” het terroriste uit Mosambiek Suid-Afrika binnegedring. Jacob Zuma was een van hulle. ‘n Ander een was Mathews Phosa, wat terroriste in Mosambiek gehelp het om Afrikaans te leer sodat hulle hulle veragtelike misdade, soos die stel van landmyne, doeltreffender kon uitvoer. Phosa word sedertdien deur van ons bekendste Afrikaansinstansies vereer vir sy bevordering van Afrikaans. Byvoorbeeld, in 2007 het die Afrikaanse Taalmuseum en -monument begin met die aanbieding van ‘n jaarlikse Mathews Phosa-gedenklesing. Naspers/Media24 het selfs ‘n bundel van Phosa se Afrikaanse rympies, Deur die oog van ‘n naald (1996), gepubliseer asof hulle gedigte is. Volwaardige Afrikaanse digbundels deur blankes word deesdae egter selfde deur Naspers gepubliseer omdat dit glo nie lonend (genoeg) is nie.

Barry D Wood

Barry D Wood (gebore in 1943) is ‘n Amerikaanse joernalis wat van 1973 af drie jaar lank in Suid-Afrika gewoon het en onder meer by die Financial Mail gewerk het. Sedert 2010 het hy Suid-Afrika periodiek besoek. Oor sy politieke verligtheid kan daar geen twyfel wees nie. Hy is die outeur van die volgende boek: Exploring new Europe: A bicycle journey (2017, 206p; Amazin Kindle $5,74). Ek skryf egter na aanleiding van sy onlangse artikel, “Mozambique: 44 years from liberation” (Politicsweb 6.06.2019).

Wood het Mosambiek die eerste keer in 1974 ná die staatsgreep in Portugal besoek. “Surely, I thought, the Portuguese coup was a death knell for apartheid and minority rule in southern Africa.” Terugskouend is dit darem maklik om jouself in 2019 met sodanige insig te komplimenteer. “[The] soft Latin-style Portuguese was gentle on the ear, a welcome change from the guttural Afrikaans to which I had become accustomed.” Ek lei af dat Wood nie van apartheid, die blanke bewind, Afrikaans en Afrikaners hou nie. Die uittog van blankes uit Mosambiek na veral Portugal, Suid-Afrika en Brasilië was toe reeds in volle swang. “Portugal acceded to all Frelimo demands.” Frelimo is deur die Portugese owerheid tot die “legitimate representative of the Mozambique people” verklaar. “There would be no election, no constitution.”

Mynbedrywighede in Suid-Afrika het sedert die einde van die 19de eeu in groot mate die ekonomie van Mosambiek in stand gehou met werkgeleenthede en uitvoer via die Lourenço Marques-hawe. Wood heg ‘n negatiewe konnotasie hieraan: “The Portuguese … were complicit in a forced labor system* in which South Africa paid Portugal in gold for an annual quota of African mine labor.” Hy noem dat Cecil Rhodes in die 1890’s die spoorlyn van Salisbury/Harare na Beira gebou het (dit is in 1898 voltooi), maar hy verswyg dat in Paul Kruger se tyd die spoorlyn van Pretoria na Lourenço Marques in 1894 deur die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Spoorwegmaatschappij voltooi is.

[* “In 1899 the Portuguese government published a labour law, which imposed on all adult male Africans the obligation to work” (Newitt, bron hier onder, Kindle 1730). Baie Mosambiekers het daarna na Suid-Rhodesië/Zimbabwe en Niassaland/Malawi geëmigreer.]

Met onafhanklikheid in 1975 is daar van die inwoners verwag om te sing: “Frelimo … heroic people who, gun in hand, toppled colonialism … Our country will be the tomb of capitalism and exploitation.” In werklikheid was daar geen sprake dat Frelimo se terroriste die Portugese bewind verslaan het nie. Ná ‘n staatsgreep het die Portugese regering besluit om aan Afrika te onttrek; onder meer weens die groot koste van die miltêre stryd en die onwilligheid van jong Portugese om in Afrika diens te doen. Oor Suid-Afrika verkondig iemand soos Jonathan Jansen ‘n soortgelyke leuen: Dat die Afrikaners twee oorloë verloor het: die Anglo-Boereoorlog en die stryd teen die MK-terroriste. In werklik het FW de Klerk en sy groepie meelopers mandaatloos oorgegee toe daar geen sprake was dat MK ‘n duik in Suid-Afrika se militêre vermoë kon maak nie.

Frelimo het ‘n eenpartystaat tot stand gebring, privaat eiendom op groot skaal genasionaliseer (soos die ANC steeds ingevolge die Vryheidsmanifes van 1955 beoog om te doen), voorgeskryf wat gepubliseer mag word, bv in koerante, en heropvoedingskampe ingestel vir diegene wat nie met sy kommunistiese beleid saamgestem het nie. In landbou is “villagization” ingestel: “forced relocation into collective farms.” Só lyk vryheid in Afrika. In 1977 is ‘n vriendskapsverbond met die Sowjetunie gesluit.

Wood noem dit nie, maar dit is in hierdie eerste jare ná onafhanklikheid (1975-1989) dat Graça Machel die Mosambiekse minister van onderwys en kultuur was en sy sorg gedra het dat alle skole marxisme predik. In 1998 het sy met Nelson Mandela getrou en was sy Suid-Afrika se sogenaamde “First Lady” (1998-1999). In 1999 het sy die kanselier van die Universiteit Kaapstad geword. “Die getransformeerde Universiteit Stellenbosch het weens onblusbare kruipsug in 2008 ‘n eredoktorsgraad aan haar toegeken. Dalk uit erkentlikheid vir die kommunistiese indoktrinasie wat sy op Mosambiekse skoolkinders losgelaat het. Of moontlik weens hierdie gemene skuif: Die terroriste wat landmyne geplant het, moet [volgens haar] nie verantwoordelik gehou word vir die koste van hulle opruiming nie, maar wel diegene wat die landmyne vervaardig of verskaf het (South African History Online)” (Praag 16.09.2017). Dit gee ‘n aanduiding van die mate waarin die “rooi gevaar” hom sedert 1994 in ons midde tuisgemaak het en dít sonder dat daar luide beswaar opklink.

Die Samora Machel-bewind in Mosambiek (1975-1986) het aktiewe ondersteuning gebied aan die misdadige aktiwiteite van Robert Mugabe se terreurbendes teen die blanke bewind van Ian Smith in Rhodesië; ook aan die ANC se terroriste teen die blanke bewind in Suid-Afrika. Binne ‘n dekade ná onafhanklikheid het agteruitgang in Mosambiek sulke groot afmetings aangeneem dat Samora Machel in 1984 verplig was om ‘n nie-aanvalsverdrag met Suid-Afrika te sluit. “The agreement called for Mozambique to expel ANC militants from the country while South Africa pledged to halt its support of Renamo.” Ek kan byvoeg dat Samora Machel doodbang was dat Suid-Afrika sy land of ten minste die suide, bv Maputo, militêr sou oorneem. Nie een van die twee lande het daadwerklik uitvoering aan die 1984-ooreenkoms gegee nie.

Ná slegs ses jaar van intensiewe marxisme het Mosambiek van 1981 af al hoe meer Westersgesind geword. “By 1981 … Mozambique joined the International Monetary Fund and the World Bank became a major supplier of credit. In 1990 Frelimo dropped the term ‘People’s Republic’; the country was rechristened Republic of Mozambique … Frelimo and Renamo agreed to end the civil war … In 1994 Mozambique held its first multi-party elections. That Renamo … could win a third of the votes in that poll reveals the extent to which Frelimo was out of touch with the peasantry … By the late 1990s Mozambique had evolved into … the biggest recipient of foreign assistance in Africa.”

“China is a big winner in Mozambique. It is the country’s third biggest trade partner … Maputo’s modern airport terminal was built by the Chinese. The biggest downtown hotel is Chinese and the new high-rise Gloria on the Costa do Sol beach north of the city is Chinese. China’s highest visibility infrastructure project is a suspension bridge connecting Maputo with the southern suburb of Katembe.” Daar is ook “the huge, newly Chinese built presidential palace. It occupies an entire city block.”

“But while its economy expanded, Mozambique became aid dependent and corruption exploded … Transparency International puts Mozambique near the bottom of its corruption perception index, ranking it 158 out of 180 countries surveyed. In Africa only Somalia, Zimbabwe, Angola and seven smaller economies score lower. The US embassy in Maputo reported in 2009 … ‘Corruption is broad-based among employees of the state, particularly members of the police and customs.'” Dit gaan om “personal enrichment”. In Suid-Afrika het ons die ANC se wapenskandaal gehad. Die teenhanger in Mosambiek is “a $2 billion loan for fishing boats and maritime patrol craft,” wat in 2013 aangegaan is. “When the fraud was discovered in 2016 … Mozambique’s currency lost 40% [of its value].”

Manuel Chang was die minister van finansies (2005-2015). Suid-Afrika het Chang in Mei vanjaar nie aan Amerika uitgelewer soos hy kragtens ‘n wedersydse ooreenkoms verplig is om te doen nie, maar aan Mosambiek. Chang is steeds ‘n parlementslid. “Frelimo insists Chang will go on trial but that promise is not taken seriously as Mozambique law grants immunity to members of parliament [!]. In addition, Mozambique’s legal system is weak with the respected Global Anti-Corruption Network saying it is ‘completely under the control of the ruling party.'”

“In 2011 huge off shore gas deposits were discovered in the Indian Ocean near Mozambique’s border with Tanzania.” Dit kan help om die land se ekonomie te verbeter. ‘n Ander verwikkeling is: “Mozambique has long been a major transit route for heroin headed for Europe.” Hierdie dwelm kom van Pakistan en word in die noordelike hawens van Nampula en Nacala afgelaai. “The heroin goes by road to Maputo, then to Johannesburg, then by air to Europe … heroin has become Mozambique’s biggest export after coal.”

Wood sluit sy artikel af met ‘n sin waaroor blanke Suid-Afrikaners gerus ernstig kan besin: “You walk wondering if Frelimo, like the ruling parties in Zimbabwe or Namibia [or Angola] and even South Africa, will ever surrender power.” Hulle almal dank hulle magsposisie aan geweld, spesifiek terrorisme.

Hier bo is uitgewys dat die regering in Angola en Mosambiek korrup is. Ons weet ook dat die nuwe Suid-Afrika deurtrek van korrupsie is. Dit herinner aan ‘n waarheid wat Thabo Mbeki, ‘n kenner van swart Afrikane, kwyt geraak het. Hy het die Suid-Afrika van weleer as ‘n diktatuur beskou en gesê: “Bevryding van ‘n diktatorskap bring noodwendig [!] ook korrupsie mee” (Willie Esterhuyse, Eindstryd, Kaapstad: Tafelberg, 2012, p 166).

Malyn Newitt

Ek het herlees wat ek in ‘n vorige rubriek oor Mosambiek geskryf het (Praag 16.09.2017) en beveel aan dat lesers dieselfde doen omdat ek nie gaan herhaal wat daarin staan nie. Malyn Newitt het verskeie boeke oor Portugal en sy koloniale geskiedenis gepubliseer. Onlangs is die volgende boek van Newitt plaaslik gepubliseer: A short history of Mozambique (Johannesburg: Jonathan Ball, 2018, 267p, R250; Amazon Kindle $11,50). Ek poog voorts om slegs inligting te verskaf wat nie hier bo verstrek is nie.

In 1891 het Brittanje en Portugal ‘n ooreenkoms bereik oor die huidige grense van Mosambiek (Kindle 161, 1462, 1488). Soos tot op hede in Suid-Afrika het swartes uit buurlande hulle in Mosambiek gevestig, insluitende die Ngoni uit Suid-Afrika (242) tydens die Zoeloe-oorloë. Vasco da Gama het Mosambiek-eiland (min of meer op dieselfde breedtegraad as die suidpunt van die Malawi-meer) in 1498 besoek (248). Toe was daar reeds Moslems in hierdie gebied. “Around a quarter of the Mozambican population are believed to be Muslim, with most of them located in the extreme north of the country” (480). Hulle oorsprong kan teruggevoer word na Arabiese, Turkse en Somaliese handelaars en hulle kom veral aan die kus voor vanaf die noordgrens tot by ten minste die Sofala-hawe suid van Beira. In die vroeë 18de eeu het Indiese handelaars hulle opwagting gemaak (559).

In 1506 het die Portugese hulle op Mosambiek-eiland gevestig met die oog op hulle handel tussen Europa en die Ooste (502). Soms is skeepsverkeer hier tot ses maande lank vertraag in afwagting van die moesonwinde wat in ‘n gunstige rigting moet waai (508). Van 1593 tot 1698 was die Portugese ook die meeste van die tyd in beheer van Mombasa (530), die hoofhawe van Kenia. In 1607 en 1608 het die Hollanders twee pogings aangewend om Mosambiek-eiland by die Portugese oor te neem, maar hulle het misluk (581). “Occasionally Delagoa Bay was visited by Dutch or English ships but it was only in 1710 when the Dutch decided to set up a permanent trading post there. This ‘factory’ survived barely a decade before being forced to close due to the deteriorating relations with the local population … the [Austrian] Trieste Company [1775-1785] tried to establish a factory in the Bay in 1778. This also only lasted a few years [until 1781] but prompted the Portuguese at last to set up their own permanent post there in 1787” (738).

Mauriz Thoman (1722-1805), ‘n Duitse Jesuïtiese sendeling, het Mosambiek besoek en in 1759 ‘n heeltemal ander perspektief op die slawerny van destyds bekom as wat deesdae graag voorgehou word. Hy het waargeneem dat die meeste slawe nie werk nie. Hy skryf: “To become a slave, particularly of a European or someone descended from one, is for a kaffir more good than bad fortune. For the master must feed and clothe him and protect him from others” (824 – gepubliseer in 1788).

Newitt skryf: “For many hundreds of years slaves had been exported from the ports of eastern Africa to markets in Arabia, the Gulf and India where they were in demand as soldiers, domestic servants and sailors. From the early sixteenth century, the Portuguese, with the centre of their eastern empire in Goa, employed slaves in the same capacities as their Asian and Arab counterparts. During the 1640s, when the Dutch had temporarily occupied Angola and São Tomé, the Portuguese began to dispatch slaves round the Cape to markets in the Atlantic although this does not seem to have resulted in a major long term increase in the trade. Meanwhile, the Dutch colonies at the Cape and Mauritius bought their slaves in Indonesia and later in Madagascar, rather than on the east African coast” (877).

“Mozambique [was] … the major supplier of slaves for Brazil and Cuba” (908). Brittanje het slawehandel in 1807 verbied, Franryk in 1848 (889) en Portugal in 1842 (914). “However, by the middle of the [19th ] century [Islamic] Zanzibar and its dependencies [the Omani sultanate] had become a major importer rather than exporter of slaves” (895). “Coffee growing in Arabia increased the demand for labour and Indians were actively involved in financing the slave trade and providing shipping” (902). Die swartes uit Suid-Afrika (kyk hier bo), “the Ngoni, took slaves for their own purposes but also became major participants in the slave trade, particularly in the southern, Portuguese-controlled ports of Inhambane and Lourenço Marques” (932).

Slawerny is eers in 1888 in Brasilië afgeskaf (1517). “Although Brazil had formally ceased to import slaves in 1851, the trade in African slaves continued unabated, driven now by forces within Africa itself. When Livingstone and his companions brought the first steam boats to the Zambesi in 1858, they found the slave trade still very much alive, but now largely serving markets inside Africa itself, supplying slave soldiers to the armies of Afro-Portuguese and Islamic warlords who were carving out domains for themselves in the Mozambique lowlands. There was also growing demand for agricultural labour as the expansion of the export of African foodstuffs – in particular grains and oil seeds – was just beginning” (1102). “As Madagaskar stopped exporting slaves, it began to develop its own demand for slave imports … the establishment of French administration in 1900 finally brought it to an end” (1113).

Dit is by uitstek blankes wat deesdae oor slawerny verwyt word. Die transatlantiese slawehandel word by voorkeur as bedenklike voorbeeld voorgehou. Maar die veel groter aandadigheid aan slawerny van Arabiere, Oosterlinge (bv Indiërs) en veral swart Afrikane word meesal verswyg. By hedendaagse nie-blankes is daar skynbaar geen skuldgevoelens oor hulle voorsate se aandeel aan slawerny nie.

“A Zulu force raided Delagoa Bay in 1833” (960). Baie blankes is gedood en ‘n interessante karakter, João Albasini (1813-1888)(1262), is ontvoer. Hy was die eerste blanke wat hom in die Transvaalse Laeveld, by Pretoriuskop, gevestig het. “In 1869 the Transvaal and the Portuguese signed a treaty … the Transvaal recognised Portuguese sovereignty over the Bay and over a hinterland extending to the Lebombo mountains. It also agreed to build a road to the port. This treaty was followed in 1873 by a free trade agreement” (1274). Dit het teen die volgende agtergrond geskied: “After 1870 a wholly new market for labour opened up in South Africa as mining for diamonds, gold and coal rapidly expanded” (1169).

In hierdie tyd was Brittanje begerig om Delagoabaai in te palm, maar die arbiter, die Franse president Marshal Macmahon, het in 1875 in Portugal se guns beslis. “The Transvaal’s president, Thomas François Burgers, aware that the Bay would now not be under British control, set off for Europe to try to raise money for the building of a railway” (1280). “The Macmahon Award … gave the Transvaal the opportunity to ‘go it alone’ without Britain. Britain’s response was to invade the Transvaal and annex it to the Crown in 1877” (1285). “The Zulu War of 1879 raised the prospect of a coalition of African Kingdoms against Britain” (1303). Ná die Slag van Majuba “in 1881 Britain once again recognised Transvaal’s independence” (1309).

“The idea was mooted that Africa could become a second Brazil which could bring to metropolitan Portugal some of the benefits that it had previously derived from its great South American empire” (1315), wat hy in 1822/1825 met die onafhanklikwording van Brasilië verloor het. Die ideaal was om van Angola en Mosambiek ‘n aaneengeslote Portugese koloniale gebied te maak. Die stigting in 1888 van Cecil Rhodes se British South African Company (1402) het egter hierdie plan gefnuik. Die totstandkoming van Noord-Rhodesië (in 1911) en Suid-Rhodesië (in 1923) as Britse kolonies het dit vir Portugal onmoontlik gemaak om sy plan uit te voer. Portugal wou hom koloniaal wes/oos en Brittanje/Rhodes suid/noord (“from Cape to Cairo”) in Afrika vestig.

Verder wou Rhodes Mosambiek in twee verdeel met die spoorlyn van Salisbury/Harare na Beira omdat hy toegang tot ‘n eie seehawe wou hê (1422). Sy grief was: “Portugal controlled British Central Africa’s access to the outside world” (1478). “Beira … grew as a port and railways terminus, linked to Southern Rhodesia and developed with British capital. Here British influence was dominant and it was not until the end of the Mozambique Company’s charter in 1942 that Beira ceased to be essentially an outpost of the British empire” (1772). Die Mozambique Company is in 1891 met hoofsaaklik Britse en Franse kapitaal gestig.

Dit lyk asof daar nie ‘n perk aan Britse agterbaksheids en gierigheid was/is nie. “In 1898 Britain and Germany reached an agreement for the future partition of Portugal’s empire if, and when, Portugal was forced to turn to the international community for financial assistance” (1557). “In 1913 Britain and Germany renewed their agreement over a future partition of the Portuguese colonies should this become necessary and the same year a German consortium took control of the Niassa Company [the administrators of northern Mozambique] and with it the whole northern sector of Mozambique. German control lasted only a short time and with the outbreak of the First World War [1914-1918] the British Union Castle Company took control of the Niassa Company” (1778). In 1929 is die konsessieregte van die Niassa Company deur Portugal beëindig (1812).

Die Portugese owerheid het maatskappye soos die Mozambique Company en die Niassa Company (albei sterk onder Britse invloed) gebruik omdat hy as ‘n arm land dit nie kon bekostig om self die hele Mosambiek doeltreffend te administreer nie. Dit is onder meer om hierdie rede dat die Britte daarop ingestel was om van die Portugese kolonies oor te neem. Die Britte het Portugal stief behandel. “It was not until March 1916 that Britain agreed to accept Portugal’s entry into the [First World] War as an ally. Portugal sent two expeditionary forces to Africa and attempted an invasion of the German colony [German East Africa/Tanganyika/Tanzania] … but … the invasion was a demoralising disaster” (1784).

“Early in 1917 a German officer, von Stümer, led a raid into northern Mozambique” (1795). Daarna was daar verdere Duitse invalle (1800), maar die Duitsers het teruggetrek en toe Noord-Rhodesië binnegeval. Kort daarna het die einde van die oorlog aangebreek (1806). Jan Smuts, die Suid-Afrikaanse eerste minister, sedert 1910 aan die kant van die Britte, tydens die Versailles-vredesluiting “pressed for the mandate system, under which the former German colonies were to be governed, to include the Portuguese colonies as well. Portugal was fortunate to escape with its colonial empire intact” (1812).

“Given that the South African and Rhodesian mines and farms that recruited their labour in Mozambique were largely controlled by British capital and that the railways were also British owned, it might seem that Mozambique had become to a very large extent an adjunct of the British Empire in Africa – almost itself a British colony.* The Republican administrators in Lisbon, deeply indebted to Britain after the war, had little space in which to manoeuvre and few ideas about reconfiguring colonial policy. The government did, however, hold out against General Smuts who had wanted to bring the port and railway of Lourenço Marques under South African control in 1922 in exchange for the renewal of the labour convention. Some measures were also taken to try to eliminate the worst abuses of the labour recruiting system, particularly after the League of Nations established the Temporary Slavery Commission in 1924 and them asked the ILO [International Labour Organization] to produce a Convention on Forced Labour. This Convention was produced in 1930 but not signed by Portugal until 1956” (1823).

[* Dit verduidelik deels waarom Mosambiek in 1995 ‘n lid van die Statebond geword het. In daardie stadium was dit die enigste Statebondsland wat nooit ‘n Britse kolonie was nie; gevolg deur Rwanda in 2009.]

In 1926 het die Portugese Republiek in ‘n staatsgreep tot ‘n einde gekom. In die plek daarvan het ‘n Nuwe Staat tot stand gekom met António Salazar (1889-1970) as eerste minister (1932-1968). “In 1930 … Portugal and the colonies were declared to be a single state” (1840). “All the inhabitants of the colonies were to be Portuguese citizens but full citizenship rights were only accorded to the inhabitants of the Indian Colonies [Goa, Damao, Diu], the Cape Verde Islands and São Tomé and Principe. In Guinea[-Bissau], Angola and Mozambique most of the inhabitants retained the classification of indígenas – natives – who had to earn full citizen status through the process of assimilation” (1846). Op die Afrika-vasteland is daar dus ‘n kwalitatiewe onderskeid tussen inwoners gemaak ingevolge Portugal se “civilising mission in Africa” (1852).

In sy artikel waarna hier bo verwys is, is dit duidelik dat Wood daarvan hou dat daar nie apartheid in Mosambiek was nie. Dit beteken egter nie dat die Portugese owerheid alle inwoners gelyk of eenders verklaar het nie. Daar was ‘n bewustheid van kulturele verskille. Die regspleging vir swartes het op stamreg berus. “The rest of the population … mestizos [of mixed race], Indians, and a few privileged Africans, as well as Portuguese and other Europeans, came under Portuguese law” (1748). Swart mense is verplig om passe te dra (1991).

In die 1930’s is die “doctrine of autarky” geformuleer: “The belief that the economy of greater Portugal (Portugal and its African and Asian provinces) could become largely self-sufficient and insulate itself from the worst effects of global depression” (1870). “The numbers of the African population grew during the twenty years after the First World War. This was … the result of the ending of the constant warfare that had preceded the establishment of colonial rule” (1910). Maar dan is daar nog steeds mense wat beweer dat daar niks goeds in kolonialisme was nie. Dit kom veral voor by diegene wat ‘n anti-blanke gesindheid het.

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) het Portugal neutraal gebly. “Salazar was concerned that, if the Germans were to invade Portugal or if he moved too far in the Axis direction, Mozambique would be invaded from South Africa” (1956). Ná die oorlog is Portugese aangemoedig om hulle in die Afrika-kolonies te vestig (1985). “Between 1943 and the end of colonial rule in 1975 164 000 Portuguese arrived in Mozambique” (2032). “In the 1970 census the mestizo population was counted as 50 189” (2056). In 1961 “India seized control of Goa, Damao and Diu, the Portuguese territories on the Indian sub-continent. Britain … pointedly did not intervene and come to its rescue” (2102). Goa was Portugese besit sedert 1510 (2108).

Frelimo is in 1962 met die ondersteuning van die Kennedy-administrasie in Amerika gestig (2125). In 1964 het terrorisme in die noorde van Mosambiek ‘n aanvang geneem (2131) vanuit basisse in Tanzanië (2150). Wat Frelimo beoog het, was “not just to win independence from Portugal but to transform Mozambican society along non-tribal, non-racial, non-capitalist lines” (2167). Van die teenmaatreëls wat die Portugese owerheid getref het, is “the creation of protected villages into which eventually a million of the population were moved, and the Africanising of the armed forces through the creation of special forces” (2179).

“As late as 1970 it appeared that Portugal was winning the war in both Mozambique and Angola. The nationalist forces were split and their operations were largely confined to thinly populated border regions. There had been no significant threat to the cities or the main lines of communication and the nationalists had not been able to infiltrate the population in most regions of the centre” (2185). In April 1974 het die staatsgreep in Portugal plaasgevind en is besluit om van al die kolonies ontslae te raak.

“The guerrilla forces of Frelimo had won, not by achieving military victory, nor even, as it proved, by the mass mobilisation of the population in their cause, but by wearing down the Portuguese military and convincing the officers that a war that could not be won was ultimately pointless” (2197). “It was to some extent a phoney victory as the colonial regime had capitulated before suffering any significant defeat … By the end of the decade war had started again and the fragility of Frelimo’s victory and its lack of an effective presence in much of the country soon became apparent” (2209). In driekwart van die land “Frelimo had had no organised presence and … seven-eighths of the population … had not been directly affected by the war … In order to overcome the contradiction inherent in its claim to be a movement based on mass support, it refused to negotiate Mozambique’s independence and adopted a strategy of taking power first and seeking legitimisation agterwards” (2300). In 1977 is “an avowedly Marxist-Leninist constitution” deur Flelimo aanvaar (2381). “Only those vetted by the party could stand for election. Although there was universal adult suffrage anyone associated with the previous regime was denied the vote and many were rounded up and sent to ‘re-education camps’ … The priorities were to favour industrialisation and the creation of state farms. Next came the creation of communal villages to be run as co-operatives” (2381).

Etniese konflik is nie kenmerkend van Mosambiek nie (2237); eerder streeksgeskille (2243), met die noordelike provinsies wat erg onderontwikkeld is. “When, after independence, most (possibly 90 per cent) of the population of European origin as well as many skilled Africans and Asians left the country, the result was a severe skills shortage in all areas” (2266). “Frelimo, for its part, did little to prevent the exodus or persuade the Europeans and Asians to stay” (2311). Maar Asiate bly grootliks in beheer van die handel (2254). Renamo het die Frelimo-bewind teengestaan. “Renamo was able to move freely in the rural areas and controlled large parts of central and northern Mozambique” (2463).

Na die mislukking van die marxistiese maatreëls het Frelimo in 1987 die Internasionale Monetêre Fonds se hervormingsplan (2509) en in 1989 die beginsels van ‘n vrye mark en ‘n veelparty-grondwet aanvaar (2485). Renamo het toe ‘n politieke party geword (2514). In 1992 is vrede gesluit (2537). In 1994 is die eerste vrye, algemene verkiesing gehou (2543). Is daar sedertdien Westerse demokrasie? Nee, net so min as in Suid-Afrika. “Frelimo is guided by the single determining principle that it will not, under any circumstances, relinguish power, ever” (2749). “There is a strong faction within Frelimo that look only for an Angolan-style solution – the death of the leader of the opposition” (2767). Verkiesingsuitslae word gemanipuleer (2858). “The peasantry [are] … fundamentally hostile to the new order” (2864). “A system of identity passes … was introduced in some areas” (2906). Soos in Suid-Afrika is daar die grootskaalse insypeling van inkommers, bv uit Mali, Eritrea en Somalië (2936). In 2015 the population of Mozambique stood at 28 million having nearly doubled since the end of the civil war” (3244) in 1992.

“The interpretation of the past is hotly contested in contemporary politics” (2584). Frelimo het reeds in Tanzanië begin met die herskrywing van Mosambiek se geskiedenis, selfs voordat hy tot terrorisme oorgegaan het. “Frelimo acts as though it owns the narrative” (2584). In Suid-Afrika is die ANC al baie lank besig om dieselfde te doen; om homself goed en die blanke bewind sleg voor te stel. Die mate waarin Frelimo misluk het en steeds misluk, word verswyg, bv “the government still depended on outside aid for fifty per cent of its funding” (2610); “one of the world’s largest recipients of aid” (3021). Destyds is probeer om die Suid-Afrikaanse blanke regering die skuld te gee vir die vliegongeluk waarin Samora Machel dood is. In 2016 is daar ‘n ander verklaring verskaf: “Joaquim Chissano, who succeeded Samora Machel as president, was a KGB [Russian Committee for State Security] agent and was directly implicated in the plot that resulted in Machel’s death in a plane crash in 1986” (2690).

Mosambiek toon deesdae baie ooreenkomste met die nuwe Suid-Afrika, bv die groot werkloosheid en die verskil in welvaart by die gewone inwoner en die nuwe elite, wat privaat skoolonderrig verkies en hulle woonplekke agter mure en sekuriteitsheinings verskans (3285). “The standards of education seem to be of the lowest” (3303). “For the most part statues of Portuguese personages have disappeared” (3274), maar Portugees is die amptelike taal en die taal van selfs laerskoolonderrig (3280).

Slot

Wanneer ‘n mens oor Suidelike Afrika uit ‘n ander oogpunt lees as wat plaaslik gebruiklik is, soos in die bogenoemde boeke van Birmingham en Newitt, kom jy tot nuwe insigte. Byvoorbeeld, waarom het die Hollanders eers in 1652 ‘n verversingspos aan die Kaap gestig terwyl die Vereenighde Oostindische Compagnie [VOC] reeds in 1602 gestig is? Enersyds: Die Portugese het hulle in 1576 in Luanda gevestig, maar Holland was van 1641 tot 1648 in beheer van Luanda (Birmingham Kindle 2704). Die Hollanders is deur ‘n Brasiliaanse vloot verdryf (126). Brasilië was toe ‘n Portugese kolonie. Die Hollanders is ook uit Brasilië verdryf. Later het Nederland in daardie streek net Suriname as kolonie gehad. Andersyds: Hier bo is genoem dat Portugal hom in 1506 op Mosambiek-eiland gevestig het en dat die VOC in 1607 en 1608 onsuksesvolle pogings aangewend het om die eiland te beset. Omdat die Portugese die Hollanders eers in Mosambiek en daarna in Angola gefnuik het, het die VOC op Tafelbaai as alternatief vir hulle verversingspos besluit.

Die geskiedenis van Delagoabaai is eweneens interessant. Daar is seker baie plaaslike mense wat dink dat die Portugese teenwoordigheid in Mosambiek van die begin af in die suide in die omgewing Lourenço Marques was. In werklikheid was dit baie verder noord op Mosambiek-eiland. In 1781 het die Portugese hulle daadwerklik in Lourenço Marques gevestig, dus lank nadat Holland van 1710 af gepoog het om dieselfde te doen; volgens die Wikipedia van 1720 tot 1730 . Die hoofstad van Mosambiek is eers in 1898 van Mosambiek-eiland na Lourenço Marques verskuif. Die Britte het voor dit, in 1875, onsuksesvol probeer om internasionale erkenning vir sy aanspraak op Delagoabaai te verkry, na aanleiding van ooreenkomste wat in 1823 met opperhoofde gesluit is en die besetting van eilande in Delagoabaai in 1861. Dit het direk verband gehou met die Britse koloniale begeerte om die hele Suidelike Afrika in te palm en Delagoabaai as hawe te benut.

Soos ook hier bo genoem is, was Jan Smuts in 1922 begerig om Delagoabaai vir Suid-Afrika te bekom. Terselfdertyd het sy voorliefde – sedert 1910 – vir die Britse manier van dink en doen, hom genoop om Suid-Rhodesië by Suid-Afrika te probeer inlyf. Die blanke Rhodesiese kiesers het die plan egter in 1922 in ‘n referendum verwerp. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was daar weer die moontlikheid dat Suid-Afrika onder Smuts se leiding Mosambiek militêr sou inval as Portugal hom openlik by die Duitsers sou skaar. Nadat Mosambiek in 1975 onafhanklik geword en die Frelimo-regering ANC-terroriste openlik begin steun het, was Samora Machel doodbang dat Suid-Afrika minstens die suide van Mosambiek kon beset, vandaar die Nkomati-nie-aanvalsverdrag van 1984.

Reeds in Paul Kruger se tyd sou die hawe van Lourenço Marques groot voordele vir die Transvaal en later vir Suid-Afrika ingehou het. Vir blanke Suid-Afrikaners behoort dit by nabaat duidelik te wees dat Suid-Mosambiek liewer ‘n integrerende deel van Suid-Afrika behoort te wees. Maar dit lei tot hierdie vraag: Moes blankes hulle ooit in Afrika gevestig het? Sedert veral 1994 is dit ook plaaslik duidelik dat die blankes eerder in Europa moes gebly het. Daar is geen waardering en erkentlikheid by die kaders en kaderboeties vir wat die blankes, veral die Afrikaners, tot stand gebring het nie. Wat help dit as wat opgebou is, verval en geplunder word en ‘n eens welvarende land doodbloei weens parasitering? ‘n Beter opset as die bestaande sou wees: Europa vir die Europeërs en Afrika vir die (swart) Afrikane; dus kontinentale rasseskeiding/apartheid. Dit beteken onder meer dat die vloedgolf Afrikane wat hulle deesdae in Europa wil vestig, buite gehou moet word. Blankes uit Afrika sal baie makliker met die tradisionele Europeërs assimileer en integreer as swartes uit Afrika en ander nie-blankes, soos Moslems van waar ook al.

‘n Laaste gedagte: Die Portugese het met min geld baie in Afrika vermag. In die “bevryde” Angola en Mosambiek (soos in Suid-Afrika) word met baie geld min tot stand gebring en (seker) nog minder in stand gehou. Dit is enersyds te wyte aan ondoeltreffende regering, gerugsteun deur onvermoë, en andersyds aan endemiese korrupsie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.