Leon Lemmer: ‘n Kaapse Amerikaner oor blanke gewelddadigheid

Deel op

Soos tydens apartheid onderskei die ANC-regering vier rasgroepe. Al wat verander het, is die volgorde van voorkeur. Die ANC se hiërargie is: swart, bruin, Asiër, blank. Tydens apartheid was die volgorde: blank, bruin, Asiër, swart. In die huidige politieke bedeling is dit dus by uitstek die swartes wat bevoordeel en die blankes wat benadeel word. Tydens apartheid was dit in sommige opsigte andersom.

Naas verskillende rasse is daar onderskeibare etniese groepe binne elke rasgroep. By die swartes speel stamverwantskap steeds ‘n groot rol, bv Zoeloes en Xhosas. By die bruines is daar bv Christene en Moslems, Engels- en Afrikaanssprekendes. By die Asiërs is daar bv Hindoes en Moslems. By die blankes is daar bv Afrikaans- en Engelssprekendes. Wat opval, is dat etniese groepe, ten spyte van hulle verskille, geneig is om wanneer nodig volgens ras saam te staan; bv te mobiliseer. Die ANC is steeds verseker van die oorweldigende steun van die swartes. Daar was en is geen sprake van ‘n nie-rassige Suid-Afrika nie. Etnisiteit én ras is werklikhede wat nie weggewens kan word nie. In Suid-Afrika het die blankes histories in groot mate saamgestaan wat rasse-segregasie betref. Ivan Evans (bron hier onder) skryf bv van “the overlap between the ‘explicit racism’ of Afrikaners and the ‘implicit racism’ of English-speaking whites” (Kindle 3702).

In die politiek is daar die tradisionele verdeling van links en regs. Die skeidingslyn tussen hierdie twee is egter aan voordurende verskuiwing onderhewig. Sedert 1994 word bykans die hele spektrum plaaslik deur linksheid oorheers; deels uit oortuiging en deels weens kruipsug by die ANC deur nie-swartes. Enigiets buite hierdie dampkring word deesdae nie as regs geëtiketteer nie, maar as verregs. Dit hang saam met die verskuiwing van verwestering na afrikanisering. Soos Frantz Fanon (1925-1961) dit gestel het: “The men of African culture … speak more of African culture than of national culture” (The wretched of the earth, London: Penguin, 1961/2001, p 172). “The responsibility of the African as regards national culture is also a responsibility with regard to African-Negro culture” (199). “No one can truly wish for the spread of African culture if he does not give practical support to the creation of the conditions necessary to the existence of that culture; in other words, to the liberation of the whole continent” (189).

By implikasie gaan dit om die onderploeging van blanke invloed (en vroeëre oorheersing) en die gee van vrye teuels nie net aan afrikanisering nie, maar ook aan internasionalisering. In die plek van die tradisionele onderskeid tussen blank en nie-blank, regs en links, asook Westers en nie-Westers, is daar deesdae ‘n al hoe duideliker onderskeid tussen nasionalisme en globalisme. Fanon verwys bv na “the nationalistic virus” (232). Blankes is geneig tot individualisme en selfsorg en gee dus voorkeur aan outonome nasiestate wat op etnisiteit en ras geskoei is. Nie-blankes gee voorkeur aan groepverwantskap. Hulle tradisionele afhanklikheidsindroom, oftewel parasitering, bring mee dat hulle hulle heil in al hoe groter groepe soek; dus nie in nasiestate nie, maar in bo-nasionale, globale instansies wat as identiteitskenmerk het: die verswelgende nie-blanke (dikwels anti-blanke) aard daarvan.

Die voorafgaande berus op veralgemening, deesdae stereotipering genoem as die swartes dit as negatief takseer. Maar as dit vir swartes positief is, word veralgemening deur hulle onkrities as evangelie aanvaar. Japan en China het toenemend selfstandig en nasionalisties geword en is ongeneë om immigrante toe te laat, maar hulle verwelkom globalisme om bv Afrika-lande in hulle invloedsfeer te betrek. Afrika is die (ekonomies) agterlikste kontinent. Dit is veral Afrika-lande wat hulle aan parasitering skuldig maak. Maar Suid-Afrika was vóór 1994 die mees ontwikkelde, suksesvolste en voorspoedigste land in Afrika; ‘n Afrika-land met die aanskyn van Westerse, spesifiek Europese, beskawing. Eskom was toe ‘n betroubare verskaffer van elektrisiteit teen van die laagste tariewe ter wêreld. Sedert 1994 is die teenoorgestelde die geval. Die getransformeerde Eskom het die toonbeeld van die ondoeltreffende en korrupte nuwe Suid-Afrika geword.

Die vraag kan gestel word: Wat was die wesenskenmerk van die Suid-Afrika van weleer, dus blankbeheerde Suid-Afrika? Ook: Wat is die wesenskenmerk van die huidige Suid-Afrika, dus swart oorheersde Suid-Afrika? Deesdae word die sukses van blankes dikwels aan uitbuiting en ander negatiewe kenmerke toegeskryf. Vir my lyk dit asof blanke kundigheid, vindingrykheid, toewyding, deursettingsvermoë, ens, ‘n groot rol dwarsoor die wêreld gespeel het. As na ‘n wesenskenmerk by swartes gesoek word, veral in die konteks van politiek en (Suid-)Afrika, is gewelddadigheid ‘n (sterk) kandidaat. Fanon sou hiermee akkoord gaan. Dit is Nelson Mandela wat die potensiaal van geweld vir die verkryging van die plaaslike politieke mag deur swartes geïdentifiseer en geaktiveer het.

Soos Fanon dit in sy bogenoemde boek stel: “Decolonization is always a violent phenomenon” (27). “[The colonized] can only triumph if we use all means to turn the scale, including, of course, that of violence” (28). “The native … from birth it is clear to him that this narrow world, strewn with prohibitions, can only be called in question by absolute violence” (29). “The native discovers reality and transforms it into the pattern of his customs, into the practice of violence” (45). “The starving peasant … is the first among the exploited to discover that only violence pays” (47). “Between oppressors and oppressed everything can be solved by force” (56). “It is the intuition of the colonized masses that their liberation must and can only be achieved by force” (57). “The existence of an armed struggle shows that the people are decided to trust to violent methods only” (66). “For the native this violence represents the absolute line of action” (67). “The native has chosen the methods of counter-violence” (70). “The colonized people … have decided to reply by violence” (72). “For the colonized people this violence … binds them together as a whole, since each individual forms a violent link in the great chain, a part of the great organism of violence” (73). “Violence is a cleansing force. It frees the native from his inferiority complex and from his despair and inaction; it makes him fearless and restores his self-respect” (74). “The mass of the country people have never ceased to think of the problem of their liberation except in terms of violence, in terms of taking back the land from the foreigners, in terms of national struggle, and of armed insurrection” (101).

Mandela, wat deesdae aan ons as ‘n vredesikoon voorgehou word – hy was immers die ontvanger van die Nobel-vredesprys – sou heel moontlik iedere een van hierdie verheerlikings van geweld deur Fanon onderskryf het. Elke keer as die ANC tydens die grondwetlike onderhandelinge nie sy sin gekry het nie, het Mandela vir die armsalige FW de Klerk met geweld afgedreig en sy sin gekry; juis omdat De Klerk nooit van Mandela en die ANC vereis het dat hulle geweld afsweer nie en hulle dit ook nooit gedoen het nie. Geweld het die panasee (“cure-all”) vir die swartes se probleme geword. Onder die leiding van Mandela het die geweldskultuur in so ‘n mate by die gepeupel wortel geskied en ‘n vertroetelde wondermiddel geword dat die politieke magsoorname in 1994 glad nie ‘n einde hieraan gebring het nie. As ‘n skool te min klaskamers het, is die aangewese opsie om van die bestaande klaskamers af te brand. As daar met feitlik enigiets onder die son ontevredenheid is, word paaie, selfs hoofweë, gewelddadig deur swartes versper. Geen stappe word gedoen om met wetgewing sulke finansieel en ekonomies ontwrigtende gedrag uit te roei nie. Geweld is dié kern van die ANC se “bevrydingstryd” en voortgesette geweld is ‘n wesenskenmerk van die nuwe Suid-Afrika. Fanon skryf tereg: “The truths of a nation are in the first place its realities” (181).

In Suid-Afrika en Amerika is die gewelddadigheid van swartes ‘n onontkenbare werklikheid. Fanon se verheerliking van geweld is sedert die jare sestig deur Mandela en diesulkes in Suid-Afrika en deur die leiers van die swart burgerregtebeweging in Amerika nagevolg. In hierdie twee lande sou ‘n mens dus geneig wees om geweld eerder met swartes as met blankes te assosieer. Maar ‘n oud-Suid-Afrikaner het dit reggekry om ‘n boek oor die gewelddadigheid van blankes in Suid-Afrika en Amerika te skryf en geweldpleging deur swartes buite rekening te laat. Ek verwys na Ivan Evans (gebore in 1957) se boek, Cultures of violence: racial violence and the origins of segregation in South Africa and the American South (Manchester University Press, 2009/2011, 324p; Amazon Kindle $16,76). Aanvanklik was die newetitel: Lynching and racial killing in South Africa and the American South. Ek wou hierdie e-boek heelwat vroeër gekoop het, maar toe het dit dubbel soveel as tans gekos. Die publikasies van universiteitsuitgewerye is geneig om buitensporig duur te wees. Manchester University Press publiseer graag anti-blanke en veral anti-Afrikaner literatuur, bv Jeremy Krikler se boek (Kindle 6111) en dié van Paul Rich (7048). Evans is ook die outeur van Bureaucracy and race: Native administration in South Africa (California University Press, 1996), wat egter nie in Kindle-formaat beskikbaar is nie.

Evans begin sy 2009-boek met “having lived in South Africa and the United States for lengthy periods” (30). Wat hy nie sê nie, is dat hy ‘n gebore Suid-Afrikaner is wat ‘n student en dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland was. Hy het, soos Jonathan Jansen en talle ander bruines, studiebeurse ontvang wat hom in staat gestel het om jare lank vir ‘n magister- en doktorsgraad in Amerika te studeer. Die Amerikaanse, Britse en ander buitelandse regerings het voorkeur gegee aan die toekenning van studiebeurse aan nie-blankes en doelbewus akademies sterker blanke kandidate oor die hoof gesien. Hierdie kanker is deesdae ook plaaslik aan die orde van die dag, bv by universiteitstoelating, koshuisplasings en die toekenning van studiebeurse. In Amerika, soos deesdae in Suid-Afrika, word sterk druk uitgeoefen sodat eerder nie-blanke as blanke dosente aangestel en bevorder word. Evans is ‘n sosiologie-dosent aan die University of California San Diego. Op die internet word hy ‘n marxis genoem. In Amerika het Evans ontpop as ‘n kenner van Suid-Afrika, asook van vergelykings tussen die Suid-Afrika van weleer en die Amerikaanse Suide, dus raskwessies soos segregasie.

In die voorwoord staan: “My sincerest thanks go to Janis Grobbelaar,* a dear friend and now head of the Sociology Department at the University of Pretoria. Janis hosted me for four months while I was in Pretoria” (100). Hulle het toe heel moontlik (meesal) Afrikaans met mekaar gepraat, maar in die bibliografiese eindnotas word daar na net vyf Afrikaanse bronne verwys (6963, 6975, 7012 en twee op 7020). Engels koerante – en glad nie Afrikaanse koerante nie – is geraadpleeg. Afrikaanse woorde soos die volgende kom in die teks voor: baas (2778), baasskap (2728, 4004), bywoners (3784, 3898), gelykstelling (874, 3784), inboekseling [sic] (3983, 6994), knegte (6710), knobkerries [sic] (5506), kragdadigheid (4004), ossewa trek [sic](5813), platteland (2251, 2587), predikante (3763, 3770), swaart [sic] gevaar (4126), verkaffering (2511, 3784), die volk (3812, 3826) en volkskerk (3819, 3848).

[* Jonathan Jansen het na aanleiding van sy opvoedkunde-dekaanskap aan die Universiteit Pretoria ‘n boek geskryf waarin hy die UP van weleer van ‘n kant af slegsê. In sy erkennings bedank by “critical friends on main campus,” onder andere “Janis Grobler” (Knowledge in the blood: Confronting race and the apartheid past, Stanford University Press, 2009, p ix).]

Ek het voorheen na Grobbelaar in die konteks van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) verwys: “Die enigste blanke raadslid is Janis Grobbelaar, ‘n sosioloog (dus nie ‘n Afrikaansdosent nie) wat as ‘n militante ANC-aktivis bekend is en bv twee jaar lank aan die berugte Waarheids- en Versoeningskommissie [WVK] verbonde was. Sy sou bv geen poging aanwend om Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit van Wes-Kaapland, die Universiteit van Suid-Afrika en die Universiteit Pretoria (die drie instansies waar sy ‘n dosent was/is) heringestel te kry nie” (Praag 12.08.2018). Eintlik geld dit heel moontlik al die huidige ATM-raadslede, wat ‘n ernstige aanklag is teen die toestand waarin hierdie Afrikaner-heiligdomme verval het. Evans en Grobbelaar ken mekaar heel moontlik sedert haar dae as UWK-dosent in die jare sewentig.

Daar is klaarblyklik verskille tussen Suid-Afrika en Amerika. In Suid-Afrika is daar ‘n gesentraliseerde staat terwyl Amerika ‘n federasie van state is. In Suid-Afrika het die mynbou ‘n groot rol gespeel terwyl die Amerikaanse Suide oorwegend ‘n landbou-samelewing was (35) wat mettertyd in ‘n mate geïndustrialiseerd geraak het. Wat albei histories gemeen gehad het, is “white supremacy … a system of racial domination” (42). Wat Evans doelbewus selektief vir aandag uitsonder, is “white on black violence” (42). “This study does not address ‘black on white’ violence” (6195). Besware teen blanke oorheersing word voortdurend teen die ou Suid-Afrika en Amerika geopper. Hoe dikwels hoor ons besware teen swart oorheersing? Hoeveel keer het u al die frase “black supremacy” teëgekom? Die boek handel oor blanke geweldpleging van die 1870’s tot 1940 (6078).

Aanvanklik wou Evans sy vergelyking van Amerika en Suid-Afrika tot ‘n later datum voortsit (113). Dan sou hy die Amerikaanse burgerregtebeweging van die 1960’s en die bedrywighede van Mandela en die ANC se Umkhonto weSizwe en ander terreurbendes moes betrek het. Dit sou dan vir Evans baie moeiliker gewees het om te volhard met sy ingesteldheid dat net blankes (van nature) gewelddadig is en swartes nie uit eie beweging nie maar bloot as reaksie op blanke misdadigheid tot geweldpleging oorgaan.

Wanneer dit sy anti-blanke ingesteldheid pas, verwys Evans egter wel na wat ná die jare veertig gebeur het, bv die publikasie van die WVK-verslag in 2002 (122) en die Amerikaanse senaat wat in 2005 verskoning vir die lynching van swartes gevra het (127). Evans beweer (doelbewus) valslik oor die WVK: “a massive investigation modeled on the lines of a criminal court” (127). Dit was blote skyn van ‘n onderneming wat wesenlik en opsigtelik pro-swart en veral anti-blank ingestel was. Een van die vernaamste besware teen die VWK-bevindings is dat hulle op ongetoetste getuienis, op blote bewerings, gegrond is omdat geen kruisondervraging plaasgevind het nie. Hoewel dit buite die bestek van sy boek val, smeer die marxistiese Evans apartheid soos volg: “The development of capitalist agriculture under the Apartheid regime was accompanied by an explosive increase in both official and private violence [by whites] in the farming areas from 1948 onward” (2844). In hoeverre dit aan kommunisties-geïnspireerde terrorisme toegeskryf kan word, word uiteraard nie ter sprake gebring nie. Evans verkies die ANC-regime bo apartheid: “The ‘miracle’ of 1994 successfully terminated the horrors that the TRC so painfully exposed” (5903). Maar die swart utopie sedert 1994 sal seker nie vir Evans oorreed om na sy geboorteland terug te keer nie. Hy objekteer teen die Westminster-stelsel toe die blankes Suid-Afrika regeer het (5916), maar hy opper geen beswaar teen die huidige swart oorheersing ingevolge dieselfde Westminster-stelsel nie, waarvolgens die politieke mag in die stemme van die meerderheid kiesers gesetel is.

Soos dit ‘n nieu-Amerikaner in die oorwegend linkse akademie betaam, hamer Evans op lynchings en die nalatenskap van slawerny. In sy boek is dit die blankes wat in die beskuldigingsbank staan; nooit die swartes nie. In soverre daar gesuggereer word dat swartes, hetsy in Amerika of Suid-Afrika, gewelddadig was, word dit as reaksie teen blanke gewelddadigheid geëtiketteer. Volgens Evans het die Amerikaanse Suide histories ‘n lynch-kultuur (62). Hy erken darem dat ‘n soortgelyke kultuur, wat blankes betref en die vorm van openbare teregstellings aangeneem het, nooit in Suid-Afruika bestaan het nie (48). Die Suid-Afrikaanse histories anti-swart owerheidsbeleid word ‘n burokratiese kultuur genoem (68). Daar was “violence from two deadly sources: armed officials and individual white civilians” (75). Die polisie en weermag het rasse-segregasie afgedwing en die blanke regering het hom glo met wetgewing en die howe aan anti-swart gewelddadigheid skuldig gemaak. Hierdie sistemiese geweld is egter van ‘n ander aard as wat gewoonlik onder geweld verstaan word.

Donald Horowitz onderskei die volgende soorte geweld: “[1] protests, [2] pogroms, [3] feuds, [4] lynchings, [5] genocides, [6] terrorist attacks, [7] gang assaults and [8] ethnic fights” (190). [1] In Suid-Afrika is gewelddadige protesaksies steeds ‘n daaglikse en ‘n feitlik eksklusief swart verskynsel. Bruin mense het hulle die afgelope jare egter ook in uitsonderlike gevalle, bv by skole en teen bendes en dwelmhandelaars, hiertoe gewend. [2] ‘n Pogrom is ‘n “georganiseerde aanval op Jode en Joodse eiendom” (HAT). Pogroms deur blankes het veral in die jare dertig in Suid-Afrika voorgekom: Milton Shain, A perfect storm: Antisemitism in South Africa, 1930-1945 (Johannesburg: Jonathan Ball, 2015, 396p; Amazon Kindle $10,08). [3] Twiste/vetes (“feuds”) kom oral ter wêreld in alle gemeenskappe voor. [4] Lynchings word hier onder verder bespreek. [5] Volksmoord (“genocide”) word dikwels aan die blankes in die Amerikaanse Suide en apartheid-Suid-Afrika toegedig, maar dit is hoogs oordrewe, soos soms ook, maar seker met meer reg, beweer word van die vlaag plaaslike plaasmoorde sedert 1994. [6] Terrorisme deur terreurbendes was kenmerkend van die swartes se “bevrydingstryd” in Suid-Afrika. [7] Bendebedrywighede kom bv in bruin geledere in Suid-Afrika en by Hispaniste in Amerika voor. [8] Etnies-gemotiveerde geweld word dwarsoor die wêreld in multi-etniese gemeenskappe aangetref.

“Lynch” en “gelynch” word as Afrikaanse woorde erken. Dit beteken: “sonder geregtelike verhoor ophang, meesal deur ‘n volksmenigte” (HAT). Naas ophang kan die slagoffer egter ook geskiet of op ‘n ander manier gedood word, bv deur verbranding. As meer as drie persone, naas die slagoffer, by die teregstelling teenwoordig is, kwalifiseer die groep as ‘n menigte en die byeenkoms as ‘n openbare gebeurtenis. “Lynching is a premeditated extrajudicial killing by a group. It is most often used to characterize informal public executions by a mob in order to punish an alleged transgressor, or to intimidate a group” (Wikipedia). Daar het al baie lynchings in Suid-Afrika plaasgevind maar hulle kom eerder by die swartes as by die blankes voor. Dink aan die talle halssnoer- en ander openbare moorde gepleeg in die naam van veral die ANC om beweerde NP-regeringsinformate, swart plaaslike raadslede en bv Inkatha-ondersteuners te elimineer. Hierdie moorde is sowel polities as ras- of etnies gemotiveerd, maar omdat swartes hierdie moorde gepleeg het en steeds pleeg (“peoples’ courts”/boendoehowe, bv om vermeende misdadigers in die nuwe Suid-Afrika uit te wis) word die term lynching gewoonlik nie daarvoor gebruik nie. Soos in die geval van slawerny is dit by voorkeur blankes wat van lynching beskuldig word en die slagoffers is swart. Sowel slawerny as lynching word dus as toonbeelde van blanke rassisme voorgehou. In die Amerikaanse blanke konteks word lynching “terrorisme” genoem (2036, 2043) terwyl dit veel eerder maar heelwat later op swartes in die Suid-Afrikaanse konteks van toepassing is. “There is no doubt that slavery and the inhumane culture it spawned contributed to the cavalier [!] killing of African Americans in the New South” (280).

Lynching het ná die Amerikaanse Burgeroorlog (1861-1865) sy kop uitgesteek, toe bevryde slawe die Amerikaanse Suide op horings geneem het. Lynching was gemik teen Reconstruction, wat die Amerikaanse Suide in die Noorde se politieke en rasbestel ingedwing het; soortgelyk aan transformasie in die nuwe Suid-Afrika. Die lynchings het tot die Tweede Wêreldoorlog voortgeduur en daarna sterk afgeneem, veral namate die sentrale federale hof beheer oor die staatshowe verkry het. Die Ku Klux Klan, ‘n organisasie gestig in 1866 met die oog op die behoud van blanke oppergesag, het ‘n prominente rol in lynchings gespeel.

“State control was never so effective or total to preclude unofficial white violence against blacks” (148). Die blanke bewind in Amerika en Suid-Afrika word hiermee in die beskuldigde bank geplaas. Die kernonderskeid wat Evans maak, is dat kollektiewe rasgemotiveerde moord op swartes algemeen in die Amerikaanse Suide voorgekom het, maar dat dit ‘n uitsonderlike verskynsel in Suid-Afrika was. Plaaslik het dit net tydens inter-blanke gewelddadigheid voorgekom, te wete tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), die 1914-Rebellie en die 1922-mynwerkersstaking (148) – “collective attacks … ‘make a holiday of killing'” (2483): “In March 1922 white workers hunted down and murdered dozens of unarmed [and “innocent” – 2498] black bystanders” (2491).

Oor die Anglo-Boereoorlog skryf Evans: “Numerous blacks were executed on suspicion of being ‘spies’, sometimes as a prelude to the seizure of the victims’ stock” (2637). “In the course of the war, Boer kommandos had resorted to a policy of massacring Africans, either because they suspected them of aiding the imperial enemy or to seize their livestock” (2574). Oor ‘n derde rede swyg Evans: die verkragting van Afrikanervroue tydens die ABO deur Britse soldate en swartes. ‘n Hele hoofstuk word hieraan gewy in Hélène Opperman Lewis se boek, Apartheid: Britain’s bastard child (Praag 22.04.2017). Evans borduur voort: Ná die ABO was daar glo “the familiar kommando tradition to violently hammer home their renewed but still tenuous dominance over Africans” (2587).

“Boer atrocities do indeed bear a strong resemblance to the mob violence that dispatched hundreds of African Americans during Southern Reconstruction. Boers’ capacity for cold-blooded racial murder was without doubt the bloody fruit of decades of frontier racism, wars that dispossed Africans of their land and the inability of penurious Boer ‘republics’ [!] to impose orderly control over black ‘tribes’. When nomadic bands of Boers departed the Cape colony, one source notes, they left behind the slave-holding past but took with them ‘the presumptions that would govern race relations and farm labor.’ A sense of personal mastery over Africans was an inevitable pillar of the Boer patriarchs who controlled the wobbly [! also 3777] ‘Boer republics’ in the late 1800s” (2595). Evans skryf van “the racist views that most South African whites held” (5062). Volgens hom geld dit feitlik alle blankes: “[the] near-universal racism amongst whites” (5681). Dit lyk asof hy ten gunste van die veel geprese nie-rassigheid van nie-blankes is en dat “prolong[ed] whiteness” (6064) vir hom problematies is; dus, dat hy seker die uitwissing van blankes sou verwelkom.

Suid-Afrikaanse blankes kom glad nie goed daarvan af in Evans se relaas nie. “Some Boer atrocities were as gruesome as anything perpetrated in the course of Southerners’ uprising against Reconstruction” (2622). Individuele vermoording van swartes deur blankes het glo algemeen in sowel die Amerikaanse Suide (“the festival of violence” – 170) as in Suid-Afrika voorgekom. In Suid-Afrika “personal violence was an ineradicable feature of both white civil society and the official bureaucracy” (2327). In Suid-Afrika se geval het dit glo veral op die platteland, bv op plase, voorgekom. “Extensive physical violence became a hallmark of agricultural employment” (2258). “White labor-hungry farmers were trigger-happy” (2851). Daar was ook “trigger-happy law enforcement” (5028). “White farmers in South Africa … committed many murders that meet [the] definition of ‘private lynching'” (2914).

Daarbenewens het buitensporige sistemiese geweld deur die blanke Suid-Afrikaanse owerheid (regering, wette, howe, polisie, weermag) na bewering baie “pyn” vir swartes veroorsaak. Byvoorbeeld: “Whites in South Africa supported policies that deeply embroiled state authorities in all facets of the labor market. The result was the early emergence of a bureaucratic culture that limited institionalization of Southern-style personal [and especially communal] violence and systematically amplified the ‘structural violence’ of the state in South Africa” (2292). Veral die “authoritarian native administrators” word in hierdie verband vir kritiek uitgesonder (2334, 2341). “Structural violence became a civil religion in South Africa” (2306). Dit is glo nie bekwaamheid, ens, wat die blankes welvarend gemaak het nie: “Structural violence … was the spine of white prosperity in South Africa” (2319).

Evans smeer die Amerikaanse blankes swart met ‘n opmerking soos die volgende: “Racial violence in the South was limited only by the imagination of white killers and incorporated everything from murder to communal (or ‘spectacle’) lynchings” (203). Openbare moorde was sowat ‘n derde van alle moorde wat van 1890 tot 1930 deur Amerikaanse blankes teen swartes gepleeg is (240). Oor die plaaslike blankes beweer hy: “White South Africans certainly [!] murdered blacks in large numbers as the twentieth century proceeded” (227). Hiervoor is gewere en vuiste glo gebruik (234). In die konteks van die myne skryf Evans: “Unprovoked thrashings and attacks with bare hands, sometimes resulting in fatalities, became a staple [!] of the black worker’s underground experience” (2245). Later skryf hy egter: “Fatal assaults on Africans appear to have been extremely unusual … lethal beatings most likely did not exceed ‘more than one every year'” (2390). “Confronted with physical beatings on a daily [!] basis, black workers resisted by dissuading men in the reserves from seeking employment on the mines” (2455).

“White South Africans who rarely resorted to communal violence in the public sphere nevertheless murdered blacks in large numbers in private spaces” (309). Blankes/Afrikaners “were typically crude racists” (2735). “Farmers … were marinated in racist ideology and confident in their capacity to violate black bodies – and get away with it” (2763). “In combination, the secluded nature and the regularity of private farm violence help to account for the paucity of records documenting violence in the farming areas” (2785). ‘n Ander moontlike verklaring vir die karige rekords is dat blankes swartes nie op die buitensporige skaal aangerand en vermoor het soos wat Evans voorgee nie. Maar hy hou vol: “Many cases confirm that farmers violently assaulted and murdered farm workers for the most trivial reasons and often [!] for no discernable reason at all” (2799).

Groepsmoorde in Suid-Afrika “assumed the form of ‘massacres’ perpetrated by law enforcement agencies. Police and army units acting under standing orders regularly [!] mowed down unarmed Africans who protested against various aspects of government policy or opposed the administrative regulations that mushroomed from 1920 onwards” (240). Die swart slagoffers in Suid-Afrika word deurgaans deur Evans as ongewapen en onskuldig voorgestel. Lynching in die Amerikaanse Suide word deur George Fredrickson (White supremacy: A comparative study in American and South African history, Oxford university Press, 1981, 383p; Amazon Kindle $11,49) aan “pathological Negrophobia” toegeskryf; “a persistent insecurity about the effectiveness of white domination” en “a lack of faith in the full adequacy of legal or institutional controls over blacks” (338). Ná die Amerikaanse Burgeroorlog het die blankes in die Suide nie vertroue gehad in die sentrale federale regering en die sentrale federale geregshof nie en gevolglik met lynchings die gereg in eie hande geneem.

Godsdiens het volgens Evans ook ‘n rol gespeel in die moorde wat die blankes op swartes gepleeg het. In die geval van Suid-Afrika het paternalisme ‘n versagtende uitwerking gehad en was die blankes geneig om die regering en die howe te vertrou sodat reg en geregtigheid geskied. In die Amerikaanse Suide het godsdiens die blankes geïnspireer om self geregtigheid volgens hulle Bybel-gegronde insig te laat geskied, bv dat die moord op ‘n blanke deur ‘n swarte en die verkragting van ‘n blanke vrou deur ‘n swarte met die dood gestraf moet word. “White Southerners … normalize[d] lynching as a form of divine retribution” (3452). “Serving God meant expelling evil” (5847).”Evangelical Protestantism in the South did not ‘cause’ lynching. It did, however, establish a cultural predisposition that normalized lynching” (3639). Lynching is selfs as “ritual cannibalism” verdoem (3581). Orlando Patterson gaan so ver om christelikheid in hierdie konteks “socially cannibalistic” te noem (3639).

Let op die volgende twee mislike opmerking: “White men refused to surrender their access to black women” (733) en “No other factor in Southern life was as effective as the ‘Southern rape complex’ in providing an ever-ready excuse for white men to eliminate the sexual and economic rival that assumed the shape of the emancipated black male” (943). “The total of 1780 lynchings during the last decade of the [19th] century was, in large measure, the mob’s [whites’] effort to check this rising tide of [African American] economic independence” (1680). In die Suid-Afrikaanse konteks skryf Evans van “the fantasy of black rapists” (1019), die “myths about Black Peril” (1033) en “the ‘menace’ of Black Peril” (1096). Die wrede werklikheid waarin die plaaslike blankes sedert 1994 lewe word deur Evans as fiksie afgemaak. Wat verkragting betref erken hy self dat dit toegeneem het: “The number of assaults by blacks on white women had increased from 11 to 70 between 1901 and 1912” (1282). “White angst over Black Peril scares into an opportunity to bolster the emerging policy of segregation” (1412). In die konteks van burgerregte vir Amerikaanse swartes is rasse-segregasie selfs as “spiritual lynching” geëtiketteer (3473).

In Amerika word die doodstraf soms as ‘n “direct descendent of lynching and other forms of racial violence and racial oppression” beskou (4848). “Not the rope or fire, but the gallows [and lethal injections] became the preferred means for exercising lethal violence against blacks” (4876). In baie Amerikaanse state is die doodstraf afgeskaf; ook in Suid-Afrika. In 1994 en daarna was een van die argumente wat as klinkklare bewys vir die boosheid van die doodstraf aanvaar is, vervat in die volgende vraag: Gestel Nelson Mandela is in 1964 in die Rivonia-verhoor die doodstraf vir hoogverraad opgelê? Wat hiermee gesê word, is dat die verlies van Mandela op daardie stadium die land soveel slegter daaraan toe sou gelaat het dat alle misdadigers liewer voortaan die doodstraf moet vryspring. Dat dit eintlik ‘n valse argument is, blyk uit die talle oproepe wat sedert 1994 vir die terugbring van die doodstraf opgeklink het.

John X Merriman (1841-1926, die laaste eerste minister van die Kaapkolonie voordat die Unie van Suid-Afrika in 1910 tot stand gekom het) het ‘n eeu gelede, in 1917, profeties verklaar dat “the experiment of a white race settling in Africa [was] by no means assured” en dat Suid-Afrika “an African Mexico” kon word (3990), dus ‘n verbasterde nasie. Meer as 60% van die hedendaagse Meksikaanse bevolking is “mestizos”/hibriedes.

Evans se boek gee ‘n aanduiding van die toestand waarin akademies-wetenskaplike navorsing in heeltemal te veel gevalle verval het. Daar is te baie aktiviste wat akademiese poste beklee en (feitlik) geen poging aanwend om objektief en ewewigtig te wees nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.